Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: emu-eiers
Re: emu-eiers [boodskap #6089] Wo, 27 Maart 1996 00:00
Frank Snyckers  is tans af-lyn  Frank Snyckers
Boodskappe: 68
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
Jammer Julius, man. Ja, ek het eintlik so gedink (dat dit die vertalings
was waarna jy verwys het, maar was toe skielik nie meer so seker nie). Is
julle mense nou al weer wakker daar down under of wat?

Terloops, Duits sê Donnerwetter, wat nog meer direk met die
weerstoestande te doen het as "donder". In Duits kan mens ook oor die
algemeen "Scheisse" gebruik in kringe waar jy nie sal droom om "shit" of
"kak" te gebruik nie - as 'n uitdrukking, nie letterlik nie, moet ek
byvoeg - e..oeps, ek bedoel 'n woord (my hartlike omverskoning aan die
gemeentes en
kindertjies wat lekker saamlees, maar dis ernstige dinge hierdie).

Daar's 'n vreeslike oulike boek van 'n ou Professor van my, Geoffrey
Hughes, wat "Oaths in Time" heet, wat die etimologie van al die Engelse
vloekwoorde nagaan. Miskien moet die woordboumanne vir ons 'n boek
uitbring met die titel "Die Wet van Transvaal".

Baai
Frank
Vorige onderwerp: Vrede Uit OZ
Volgende onderwerp: Eina Winnie!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 06:58:15 MGT 2024