Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » SA Resep
SA Resep [boodskap #60880] Di, 23 April 2002 08:55 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hanepoot Hoender Roerbraai gereg.

Verhit 30ml ( 2 e) olyfolie ( regte olyfolie, hoor?:)) ) in 'n braaipan, en
smoor 6 klein uitjies, gehalveer, en 500ml ( 2 k) butternut ( botterskorsie)
in blokkies gesny vir 2 minute - die pampoen behoort dan halfgaar te wees.
Sny 6 ontbeende ( en sonder vel) hoenderborsies in 4 stukke elkeen. Voeg by
uie en pampoen in braaipan en braai vir 1 minuut.
( hierdie onder het hulle vergeet om in te sit, maar aangesien dit by die
bestanddele is, dink ek dit moet hier inkom:
2 rooi rissies gerasper ( ek los dit uit)
6 gedroogde vye - gehalveer ( ek hou baaaaaie van vye)
Voeg by mengsel en braai 'n verdere 2 minute of tot vye deurskynend is- die
prentjie wys die vye so)

Voeg 250ml( 1k) soet Hanepootwyn ( lekkkkerrrrr!), en 125ml ( 1/2 k)
hoenderaftreksel by vleismengsel en kook 1 minuut of totdat die
hoenderstukke sag is.

Annette
Re: SA Resep [boodskap #60884 is 'n antwoord op boodskap #60880] Di, 23 April 2002 11:53 Na vorige boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Hm, ek glo dat as Annette het geleef so rond die jare toe die
Engelsman die Kaapprovinsie het oorgeneem en se resep toe vir die
Engelsman sou klaargemaak het, dat dan agteraf die relasies met die
Engelse baie beter sou gewees het. Soos ons in Vlaams sê: die liefde
van die man gaan deur se maag. Nog steeds.

Die groete van

Norbert (uit Vlaanderen)

"Annette" schreef:

> Hanepoot Hoender Roerbraai gereg.
>
> Verhit 30ml ( 2 e) olyfolie ( regte olyfolie, hoor?:)) ) in 'n braaipan, en
> smoor 6 klein uitjies, gehalveer, en 500ml ( 2 k) butternut ( botterskorsie)
> in blokkies gesny vir 2 minute - die pampoen behoort dan halfgaar te wees.
> Sny 6 ontbeende ( en sonder vel) hoenderborsies in 4 stukke elkeen. Voeg by
> uie en pampoen in braaipan en braai vir 1 minuut.
> ( hierdie onder het hulle vergeet om in te sit, maar aangesien dit by die
> bestanddele is, dink ek dit moet hier inkom:
> 2 rooi rissies gerasper ( ek los dit uit)
> 6 gedroogde vye - gehalveer ( ek hou baaaaaie van vye)
> Voeg by mengsel en braai 'n verdere 2 minute of tot vye deurskynend is- die
> prentjie wys die vye so)
>
> Voeg 250ml( 1k) soet Hanepootwyn ( lekkkkerrrrr!), en 125ml ( 1/2 k)
> hoenderaftreksel by vleismengsel en kook 1 minuut of totdat die
> hoenderstukke sag is.
>
> Annette
>
Vorige onderwerp: Vleisvragie
Volgende onderwerp: Biltong is Nederlands.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 20:16:06 MGT 2024