Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Mensliewendheid
Mensliewendheid [boodskap #6075] Ma, 25 Maart 1996 00:00 na volgende boodskap
Frank Snyckers  is tans af-lyn  Frank Snyckers
Boodskappe: 68
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
On Mon, 25 Mar 1996, Abi Coetzee wrote:
>
[siteer my beskrywings van breedvoerige en gewelddadige rassisme wat ek
onder menige Afrikaners te"egekom het]

> Frank , hierdie is 'n baie eensydige beskouing van wat jy onder die siek
> krimineele elemente waargeneem het. Netso kan kan ek vir jou ook 'n
> paar verhale vertel.

[gaan voort en vertel van verskriklike wreedhede wat swartmense op
blankes uitgevoer het]

> Ek sal dus voorstel dat jy die prentjie van byde kante af bekyk. Geensins praat
> ek die dade goed nie. 'n Mens moet net oppas dat dit nie vir politieke gewin na
> die een kant toe opgeblaas word nie.

Abie, ek het nie probeer om 'n volledige prentjie te skets nie. Ek het
net Paul se stelling dat die Afrikaner "mensliewend" is, van nader
beskou. Sien my boodskap "die hele vis". Politieke gewin het ek ook beslis
nie in gedagte nie.

"Democracy: running the circus from the monkey cage" - HL Mencken.

Frank
Re: Mensliewendheid [boodskap #6080 is 'n antwoord op boodskap #6075] Di, 26 Maart 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
"Abi Coetzee" wrote:
<<>Ek sal dus voorstel dat jy die prentjie van byde kante af bekyk. Geensins praat
> ek die dade goed nie. 'n Mens moet net oppas dat dit nie vir politieke gewin na
> die een kant toe opgeblaas word nie.>>

Kan ek maar hier inspring?
Ek dink die issue is onder meer ook dat Afrikaners in die algemeen
hulle mede-Afrikaners as beskaafd en aangenaam beskou en nie maklik
sal toegee dat sulke optrede redelik algemeen was of is nie terwyl
die meeste swartmense waarskynlik (nie omdat hulle heilig is nie,
maar vanwee hul ervarings) sonder probleme sal toegee dat sulke
geweld gebeur gepleeg deur ander swartmense.
Swartmense sal jou byvoorbeeld aanraai om nie in sekere gebiede te
gaan want daar is "slegte mense" daar.
Ek dink nie Afrikaners van Pretoria gaan maklik aan swartmense aanraai
om nie in seker gebiede te gaan "want daar is slegte mense daar". --
of is ek verkeerd?
Vorige onderwerp: Re: "Pay-back time"
Volgende onderwerp: Netherlands
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 16:14:27 MGT 2024