Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Davis blues
Re: Davis blues [boodskap #6069] Ma, 25 Maart 1996 00:00
Frank Snyckers  is tans af-lyn  Frank Snyckers
Boodskappe: 68
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
On Mon, 25 Mar 1996 Antonie wrote:

> Onthou net, wat vir jou eties is is nie noodwendig vir 'n ander persoon
> eties nie.

Beslis waar. En dis hoekom ek baie benoud word as mense wetgewing op
etiese gronde verdedig. My "etiese beroep" was 'n persoonlike gevoel, wat
geensins op algemene geldigheid aanspraak gemaak het nie.

Antonie skryf verder oor Dennis Davis se onderonsie met Barney Pityana en
die Makgoba-storie by Wits as voorbeelde van onregverdige en
kommerwekkende antagonisme teenoor blankes wat die land groot skade sal kos.

Ek moet weer met hom saamstem. Ek ken vir Davis goed. Ek verskil met hom
wat ideologie betref (hy's redelik entoesiasties oor staatsinmenging,
soos Antonie sê), maar het groot respek veral vir sy onafhanklike denke. Hy
sal nie skroom om enige iemand te kritiseer as hy nie met daardie persoon
saamstem nie. Die insident is uiters kommerwekkend. Net so kommerwekkend
is die hele Makgoba-sage. Mense aan die Wits regsfakulteit vir wie ek net
respek en bewondering het, is ontsaglik sleg behandel, en as rassiste
uitgekryt, wat belaglik is. Hulle het bloot hulle professionele plig
gedoen, en is redelik verpletter deur wat gebeur het.

Ja, daar's probleme. En mens kan nie verwag almal moet die huidige
situasie en mense se relatiewe posisies met 'n gebalanseerde houding
aanskou nie. Die mensdom is nie so nie. Ek het nie die Davis-storie
gevolg nie (ek kyk elke nou en dan na die SA koerante op die internet),
maar ek kan my kop op 'n blok sit dat die oorweldigende reaksie (in
invloedryke kringe) op Petyana se "rassis"-beskuldigings in Davis se guns
was, en is. Nes die denkende oordeel beslis het die Witsdekane was nie
"rassiste" nie. Mens kan net hoop dat die belaglike gebruik van die
"raskaart" die wenslikheid om hierdie troef altyd te speel sal verminder,
eerder as om presedente te skep vir verdere belaglike gebruik. So lank
ons persvryheid en vryheid van spraak geniet (wat deesdae groter is as
ooit onder apartheid), is daar hoop vir kritiek om die regte mense te
beinvloed. Sien, onse Dennis het 'n goeie ding gedoen om die moontlike
ernstige gevolge van sulke onnoselheid aan die pers te verklaar. Want hy
gee om vir die land. En sy uitsprake beteken soveel meer, weens sy
onmiskenbare simpatieke houdings in die verlede.

Wat staan ons dus te doen?
1) Aanvaar ons sit met 'n plofbare situasie, wat net met moeite op die
regte pad gehou kan word, maar wat moes kom, omdat apartheid moes weg, en
wat 'n miljoen keer beter is as wat omtrent almal verwag het.
2) Verwerp die situasie en maak oorlog of emigreer.

Ek voel keuse nommer een verdien nog 'n kansie of wat.

Baai
Frank
Vorige onderwerp: De nieuwe Grote Trek
Volgende onderwerp: Re: Die Koolstof-14 ouderdomstoets
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 03:10:24 MGT 2024