Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Selfbeskikkingreg.
Re: Selfbeskikkingreg. [boodskap #6051] Vr, 22 Maart 1996 00:00
Frank Snyckers  is tans af-lyn  Frank Snyckers
Boodskappe: 68
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
Antonie skryf oor Bosniese dinge, en oor erkenning van state deur die
wêreldgemeenskap, en beslis dat daar huigelagtige standaarde toegepas
word as dit by selfbeskikking kom. Antonie het reg. Maar daar is 'n
verskil, 'n bietjie hoender-en-eier, maar tog deurslaggewend, wat hierdie
sakie betref. Die erkenning van state was maar altyd 'n snaakse ding, wat
op feitelike toestande en regtelike beginsels gerus het. Dikwels kan die
volkegemeenskap net nie anders as om aan 'n nuwe staat erkenning te gee
nie, bloot omdat die ding so groot daar sit, en niemand hom kan miskyk
nie. Net so dikwels kom die gemeenskap se aand- en m^orepraatjies nie
ooreen wat die erkenningsvoorvereistes betref nie. Die Europese
gemeenskap het bv besluit om geen nuwe state te erken as hulle nie
demokratiese grondwette het nie, en toe gaan erken Duitsland vir Kroasi"e
voor iemand nog kon sê "pay-back time". Maar, behalwe as die volkstaters
beplan om 'n oorlog te voer, te wen, en die ashoop wat oorbly in 'n min
of meer erkenbare hoekie van die land in te vee en daarop te gaan sit,
sal daar van sulke "mosterd na die maal"-erkenning geen sprake wees nie.
En ek hoop nie dis wat hulle beplan nie; dit sal miskien net die Zoeloes
laat besluit hierdie bloedbad-storie is dalk glad nie so 'n slegte
idee nie. Of ek dan nog sal praat van "soorte guts" is ook weer 'n ander
vraag.

alweerbaai
Frank
Re: Selfbeskikkingreg. [boodskap #6052 is 'n antwoord op boodskap #6051] Vr, 22 Maart 1996 00:00 Na vorige boodskap
Frank Snyckers  is tans af-lyn  Frank Snyckers
Boodskappe: 68
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
On Fri, 22 Mar 1996, Freek Eek wrote:

> Franck skryf
[Freek, dis FRANK.]

Freek:
> Ek kan ook glad nie aanvaar dat TAAL die enigste ding is wat 'n volk
> identifiseer nie. As dit waar sou wees, sal alle Engelsprekendes
> Engelse wees.

[Nee, Freek. Ek het nooit voorgehou dat taal die enigste ding is wat 'n
volk identifiseer nie. Dit draai meesal om vereenselwiging met 'n konsep
en 'n beeld, en dan om wedersydse aanvaarding - deur die lid en die groep.
En dis waar die nasionalistiese masjien die hardste gewerk het om die
"Algemeen Beskaafde" Afrikaans te skep en terselfdertyd die produk aan
blankwees te koppel. En dit het gewerk; dit het ek mos toegegee.]

Freekweer:
> Ek weet van geen groep in die land wat 'n volkstaat wat op ras gebaseer
> is wil bou nie.

[O, Freaky. Nou kyk jy weer die geskiedenis mis. Eers werk jy
hard daaraan om die rasgebondenheid van die "Afrikaner"-identiteit as 'n
soort toeval van die geskiedenis te verdedig, dan sê jy weer jy weet nie
waarvan die mense praat as hulle sê die volkstaat-idee is rassisties nie.

Al jou verwysings na die VVO en die internasionale volkeregtelike reg op
selfbeskikking sal nie help om die mense in Den Haag te oorreed dat jou
volksbeeld die soort selfbeskikking beskryf wat deur die internasionale
gemeenskap aanvaar sal word nie. Die selfbeskikkingsreg het 'n baie
besliste konteksgebondenheid: dit was 'n begrip wat in die volkereg
aanvaar is as "customary international law", om die de-koloniseringsproses
te verskans, en aan die "national liberation movements" (soos die ANC) se
gewelddadige veldtogte gemeenregtelike outoriteit te verleen. Die hele
idee was dat rassediskriminasie sekere gemeenskappe, wat as etniese
groeperings beskou kon word, die kans om hulle self te regeer dmv
kolonisering ontneem het.

Nou kan jy miskien logies vra hoekom die Afrikaner, wat, hoe dit ook al
sy, nou wel 'n spesifieke volk vorm, nie soortgelyke beskerming verdien
nie. Daar is drie redes. Die een is dat die "selfbeskikkingsreg"-begrip,
noudat de-kolonisering afgehandel is, vir die internasionale
regsgemeenskap een groot pyn is - iets wat meer probleme skep as wat die
moeite werd is. Die howe en geleerdes probeer hulle bes om die begrip
meer en meer aan sy geskiedkundige konteks te koppel, en hom sodoende
onskadelik te stel. Die tweede rede is dat die VVO (wiese beginsels die
Afrikaner deurgans verwerp het, moet jy onthou) al telke male onderstreep
het dat die selfbeskikkingsreg NIE "misbruik" mag word deur groepe wat
die gevolge van rassediskriminasie daarmee wil verskans nie.

Maar die belangrikste rede, wat die reg betref, en wat met die eerste
twee redes saamhang, is dat die selfbeskikkingsreg as 'n internasionale
gemeenregtelike konsep nooit die "territorial integrity" van aanvaarde
nasionale state kon omverwerp nie. M.a.w. die reg op selfbeskikking
behels nie 'n reg op afskeiding nie. Daar bly moontlikhede vir argumente
om vir uitsonderings te vra. Maar in 'n land soos Suid-Afrika, waar die
volkstaatpogings amper deur ieder en elkeen beskou word as pogings om
Apartheid 'n tweede kans te gun en die demokratiese bestel te ontvlug, en
waar argumente dat die demokratiese bestel die "territorial integrity"
van die unit^ere staat benodig baie simpatie verdien, en sal ontvang, is
die kanse bra skraal dat internasionale reg die "maar-dit-het-dan-niks-
met-ras-uit-te-waai-nie" redenasies sal aanvaar.

Ek bedank jou in elk geval vir die gesprek, en wil ook maar net byvoeg
dat ek nie sonder begrip en simpatie vir jou gedagtes is nie.

Nou moet ek gaan werk.

Is Freek Eek jou regte naam? In middel-Engels beteken "eek" "ook".
Dus lees dit: "ook 'n frats". :-) :-[@]

Baai
Frank.
Vorige onderwerp: Re: Emigrante en immigrante
Volgende onderwerp: Re: Joop benodig inligting
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 17:28:58 MGT 2024