Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » onskillig, antie.
onskillig, antie. [boodskap #60274] So, 14 April 2002 17:17 na volgende boodskap
hennerietjie  is tans af-lyn  hennerietjie
Boodskappe: 46
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Volle Lid
hellou my antie,

na driehonnertenvyftag jaar is die kaap weer hollans antie. so sê my
pa nalat jats hartsenberg gesê het oom wouterjie is onskillig van
allie goed waarvan hy beskillig is. my pa sê hy is bly lat die hof nog
die hoogste gesag innie land is en lat hy hom nie moet laat ly deur
die soesijale gevoel soos wat oom tim vannie koerant gesê het toe oom
nelson moes hof toe gaan vir oom loeis lyt nie.

weet antie lat die staatsaanklaers vir jats hartsenberg gevra het om
na die saak te kyk soos wat 'n jurie sou maak. toe sê die jats hille
moenie mal wees nie want 'n jurie het ook na oom oujy simpson se saak
gekyk. ma' my pa sê wat hom warrie is lat veldmaarskalk smuts
inkomjama sê lat die ytspraak 'n bespotting maak van versoening.
veldmaarskalk smuts is 'n grootkop innie a-en-see antie en my pa sê hy
wonner of die a-en-see in die regering se howwe glo. oom hansie vannie
pênnelbieters sê miskien is die a-en-see jys die moer in virrie howwe
omlat die hof gesê het hille moet nevverapien virrie yds mammies gee.
en allie tyd sê hille nog nevver.

ma' miskien is veldmaarskalk smuts reg antie ma' hy praat yntlik
vannie wraak en versoenings koemissie wat perdalks 'n verspotting was.
my pa sê da' wassie ondervraging onner die krys soos inne hof nie en
elkeen kon sy eie strooistorie gaan virtel terwyl biskop toetoe sit en
hyl. soos die ou op potgietersrus wat nou mokopane is wat gesê het die
koemmandoe lede het hom gedwing om sy eie strooi op te vreet. toe kry
die premier vannie noordelike provinsie wat nou limpoepoe is hom so
jammer lat hy vir hom geld gee. ma' onner onnervraging vannie krys sê
hy hy het strooi gepraat oor die strooi.

ma' my pa sê wat hy nie hard wil sê nie is lat die ytspraak vannie hof
oor oom wouter dalk nog deel is van negentienvierennegentig se
onnerskikte handeling. my pa sê hy dink oom wouter weet goed wat
handig kan wees vir oom taboe se regering soos wat dit was vir oom
peewee sin. het antie al ooit gewonner hoekom biskop toetoe vir oom
peewee eers hof toe gevat het om vorie koemiessie te kom getuig toe
die koemiessie oor was.

my pa sê ek moet vir antie vra of antie weet wanner koning dawid en
die fillistyne een dag 'n onderskikkende handeling sal hê en of antie
geld daarop sal wet.

koebaai antie

hennerietjie (dink antie koning dawid werk nog aan die lobola wat hy
vir mikal moes betaal)
Re: onskillig, antie. [boodskap #60278 is 'n antwoord op boodskap #60274] So, 14 April 2002 18:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

hennerietjie wrote:

> veldmaarskalk smuts is 'n grootkop innie a-en-see antie en my pa sê hy
> wonner of die a-en-see in die regering se howwe glo. oom hansie vannie
> pênnelbieters sê miskien is die a-en-see jys die moer in virrie howwe
> omlat die hof gesê het hille moet nevverapien virrie yds mammies gee.
> en allie tyd sê hille nog nevver.

Hennerietjie, sê vir jou pa solank die
mense nog nie geboue afbreek en brande
steek in die strate as so 'n hofbevel
afkom nie, dan wys dit nog dat die mense
die howe respekteer.
Bygesê, in die ou dae van die apartheids-
omies het die howe ook vreeslike uitsprake
gelewer, en toe was daar nie brande en op-
stande onder die Afrikaners nie, so miskien
moet mens maar net aanneem die bevolking van
SA is meer vredeliewend as die van die VSA.
Ek wonder hoe voel Tannie Elize Botha se
seun Frederik vandag, nadat hy as staatsgetuie
sy sê gesê het.

Tannie Gloudina
Re: onskillig, antie. [boodskap #60279 is 'n antwoord op boodskap #60274] So, 14 April 2002 18:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

hennerietjie wrote:

het antie al ooit gewonner hoekom biskop toetoe vir oom
> peewee eers hof toe gevat het om vorie koemiessie te kom getuig toe
> die koemiessie oor was.

So jou pa dink dat die ou en die nuwe
regime kop in een mus is as dit by
staatsgeheime kom?
Dit verklaar dan hoekom oom P.W. nie
soos Oom Milosevitch in Den Haag sit en
ginnegaap nie. Tannie is nog altyd kwaad
vir die ANC dat hulle nie vir Oom P.W.
en sommige van sy adjudante as oorlogs-
misdadigers voor die hof gesleep het nie.

Tannie Gloudina
Re: onskillig, antie. [boodskap #60280 is 'n antwoord op boodskap #60274] So, 14 April 2002 18:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

hennerietjie wrote:

dink antie koning dawid werk nog aan die lobola wat hy
> vir mikal moes betaal)

Al wat ek weet is dat hulle Koning Dawid moet
kry om die probleem in die Middel-Ooste op te
los soos hy in die ou dae die probleem van die
twee mammies opgelos het. Al wat op die oomblik
wen, is Osama bin Laden, wat 'n oorlog wou sien
ontketen tussen die Moslems en die Weste.

Tannie Gloudina
Re: onskillig, antie. [boodskap #60294 is 'n antwoord op boodskap #60280] Ma, 15 April 2002 01:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 14 Apr 2002 18:47:03 GMT, "@rogers.com" wrote:

> Al wat ek weet is dat hulle Koning Dawid moet
> kry om die probleem in die Middel-Ooste op te
> los soos hy in die ou dae die probleem van die
> twee mammies opgelos het.

Jy het jou konings deurmekaar. Dit was Salomo.
Dawid sou net meer oorlog wou maak om sake op te los...
Re: onskillig, antie. [boodskap #60304 is 'n antwoord op boodskap #60294] Ma, 15 April 2002 06:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Yup - die Israelies gebruik nie verniet sy ster op hulle vlag nie.

Katryn wrote:
>
> On Sun, 14 Apr 2002 18:47:03 GMT, "@rogers.com" wrote:
>
>> Al wat ek weet is dat hulle Koning Dawid moet
>> kry om die probleem in die Middel-Ooste op te
>> los soos hy in die ou dae die probleem van die
>> twee mammies opgelos het.
>
> Jy het jou konings deurmekaar. Dit was Salomo.
> Dawid sou net meer oorlog wou maak om sake op te los...
Re: onskillig, antie. [boodskap #60406 is 'n antwoord op boodskap #60294] Di, 16 April 2002 19:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 14 Apr 2002 21:04:57 -0400, Katryn wrote:

> On Sun, 14 Apr 2002 18:47:03 GMT, "@rogers.com" wrote:
>
>> Al wat ek weet is dat hulle Koning Dawid moet
>> kry om die probleem in die Middel-Ooste op te
>> los soos hy in die ou dae die probleem van die
>> twee mammies opgelos het.
>

Thys, hoor hoe stupid is die vrou. Koning Dawid en die twee mammies!
Verstaan jy nou waarom Lou gesê het dat ons moet loop?
Verstaan jy waarom ek sê dat sy agtertoeër en agtertoeër raak?
Re: onskillig, antie. [boodskap #60540 is 'n antwoord op boodskap #60406] Do, 18 April 2002 12:49 Na vorige boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
DIDI !!!!
--
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Latest news from Luanda
Vars nuus uit Luanda
http://walk.isat.co.za
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
"Didi"
@rogers.com
Al wat ek weet is dat hulle Koning Dawid moet
kry om die probleem in die Middel-Ooste op te
los soos hy in die ou dae die probleem van die
twee mammies opgelos het.

> Thys, hoor hoe stupid is die vrou.
Vorige onderwerp: Kytie Koekblik (Sakkie - kyk annerpad!) :-)
Volgende onderwerp: Hollandse krisis...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 05 20:09:41 MGT 2024