Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Mense sonder standpunte
Re: Mense sonder standpunte [boodskap #6027] Do, 21 Maart 1996 00:00 na volgende boodskap
Frank Snyckers  is tans af-lyn  Frank Snyckers
Boodskappe: 68
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
On Wed, 20 Mar 1996, Freek Eek wrote:

> Seker nie gelees wat ek geskryf het nie. Of dalk dit nie verstaan
> nie.
>
> Dit herinner my aan 'n kleuter wat nie iets wil hoor nie, en dan maar
> 'n liedjie sing sodat hy dit nie hoef te hoor nie.
>
> Franck, ek gee jou die geleentheid om die Afrikaner te definieer in
> algemeen aanvaarde volkekundige of etnologiese terme, sodanig dat dit
> strook met die geskiedenis en geskiedkundige beskrywings van die
> Afrikaner, wat verskil van myne. In plaas daarvan om allerhande
> duistere motiewe aan my siening toe te ken, gee my jou beskrywing dat
> ons dit kan toets teen die werklikheid (let wel nie teen droomideale
> nie, maar die werklikheid).

Freek, ek wil nie weer vir eeue aangaan nie, maar 'n paar dinge moet seker
maar geseg word, wat plek in beslag gaan neem.

Eerstens is daar nie eintlik "algemeen aanvaarde volkekundige of
etnologiese" definisies van 'n volk, nasie of kultuur nie
(as daar was, sou daar nie soveel ruimte gewees het vir boeke vol debatte
omtrent wat dit nou eintlik beteken om 'n "kultuur" of "gemeenskap" of
"volk" te wees nie). Tweedens het hierdie juiste kwessie, wat die
Afrikaner betref, 'n sekere patroon gevolg wat met politieke nasionalisme en
rassisme so' nou saamgebind was dat die ontknopingstaak een te veel vir
enige gesonde verstand is. Ek gee toe dat die "Afrikaner" in 'n redelik
duidelik definieerbare kernkonsep ontwikkel het, wat sterk "etnies" - in
die sin van die woord wat jy gebruik - en ook rasgebonde, is (mense wat
dit ontken, kyk 'n deel van die geskiedenis mis). Lidmaadskap van 'n
"kultuur" of 'n volk blyk beslis om (watookal andersins) om
persoonlike identifikasie met 'n sekere begrip en 'n beeld te wentel. En
daardie beeld het vir verskeie redes ontwikkel in wat meeste mense
deesdae as "Die Afrikaner" beskou.

Maar daardie beeld het in sy vormingsjare tot 'n asemrowende mate sterk 'n
suiwer ideologies-rassistiese, en selfbewus volgehoude, poging bevat om die
begrip op Blankwees te baseer, en om die groot bruin gemeenskap, wat
sterk die taal se wortels beinvloed het, uit te sluit. Dit was een van
die wonderbaarlike suksesse van die Nasionaliste dat hulle so vinnig 'n
komiteebesluit-agtige konsep van kunsmatigheid kon beroof en 'n
identiteit om die taal (vinnig omskep in 'n "Standaardvorm", met 'n
woordeskatskeppende industrie om die amptelikheid van die taal dag en nag
te heg en te timmer) en die Blankweesbeeld te bou. Die Mynstakings, die
Ossewa Brandwag, en Apartheid het elkeen hewig op hierdie perdjie gery -
met alle mag en krag moes die Blankwees van die Afrikaneridentiteit
verskans word, totdat die verskansingsproses finaal afgehandel is, en dit
vir almal baie moeilik was om die Afrikanerkultuur van die
"Afrikaner"-politiek te skei - in 'n sekere sin 'n onmoontlikheid.

Noudat die hele spul in sy maai is, ondervind die beeld en identiteit
weer druk om homself te herdefinieer. Daar's neurotiese pogings om die
Blankweesproses op ander maniere te behou - bv deur 'n volkstaat te skep,
wat op ras ook gebaseer is. (Dis miskien werklik nie 'n slegte idee
nie, as dit kon klaarkom sonder 'n soort rasgebaseerde
apartheidstelsel.) Daar's andere wat probeer voorhou dat die
Afrikanerkultuur nog nooit 'n polities-eksklusiewe ideologiese element as
grondpilaar bevat het nie. En so aan. Nou waar pas jy in? Ek het jou
boodskappe van Februarie af gelees, en (miskien verkeerdelik) 'n
eksklusiwiteitsindroom by jou bespeur. Die poslysgesprekke het eers om
genetiese raskwessies gewentel, soos gesprekke in Duitsland in die 30s.
Toe kom die tier-kat-hond-vark besigheid, en boer-blankwees by. In jou
gesprekke met Joop het jy eers die blankwees in Europees laat verander,
en toe van Europees na "etnies-en-nie-noodwendig-ras-nie" beweeg. En
as ek dit nie mis het nie, was jou benadering tot dusver sterk eksklusief
- die tipe ding wat Potgietersrus aan die brand gehad het, en die
Afrikaner se pogings om kulturele voorregte te geniet dag vir dag meer
kelder. Jy hou nie van die "duistere motiewe" nie, so miskien is ek heel
verkeerd, maar ek dink nie so nie.

Ons kan nie help om meer "Europees" as "Afrikaan" te wees in ons waardes
nie. Maar ons kan, as ons wil, die kleinlikheid en lelikheid van die
eksklusiwiteit wat aan die "Taal-kultuur"-identiteit help bou het, erken,
en dan verwerp, en ordentlik ons plek in die Suid-Afrikaanse samelewing
inneem, om ons mede-Afrikaanssprekendes saam te laat staan vir die behoud
van gemene Afrikaanse dinge. Dis in elk geval ons enigste kans, en is die
moeite werd. Daarvoor hoef ons ook nie al die groot kosbaarhede van die
Boeregeskiedenis, en die Afrikanergeskiedenis, prys te gee nie. Maar
sonder inklusiwiteit sal ons niemand se respek verdien nie.

Droomideale? Nee wat. Ysterharde werklikheid. Ek weet nie eers mooi waar
dit alles vir ons gaan los nie. Ons, met ons Europese waardes, sit in
Afrika (ek op hierdie oomblik nie!), met 'n werkloosheidsyfer van 45%,
met armoede wat baie harde werk gaan kos om toe te stop voor dit ons
verswelg, en met mense wat met regverdiging ietsie uit die storie wil kry.
En 'n president waarvoor ons ons sterre kan dank.

Baai
Frank
Re: Mense sonder standpunte [boodskap #6038 is 'n antwoord op boodskap #6027] Vr, 22 Maart 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Afrikaner: Bees met wegle^ -horings.
Vorige onderwerp: Cirkelredenering
Volgende onderwerp: Die Boere wat "weghol"
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 14:18:30 MGT 2024