Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Roer julle Litte
Roer julle Litte [boodskap #60322] Ma, 15 April 2002 12:01 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Diegene wat nog 'n produksie wil aanbied op Aardklop.!!

Idees moet ingestuur word, en dan sal die kommittee besluit watter
produksies aangebied sal word.
Ek wou voorstel dat AfrSoc 'n gesamentlike dingetjie kon uitdink , maar dit
sal nie werk nie. - ons sal nie eers konsensus oor die naam kan bereik
nie;)))

Annette
Re: Roer julle Litte [boodskap #60332 is 'n antwoord op boodskap #60322] Ma, 15 April 2002 14:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

kommittee

Ai tog. Ai toggie tog.

Tant Hessie van die Derde Republiek se taalkomitee.
Re: Roer julle Litte [boodskap #60365 is 'n antwoord op boodskap #60332] Di, 16 April 2002 06:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ons is toepaslik stomgeslaan en tot beskeidenheid gedwing oor jou sorgsame
toewyding om hierdie nuusgroep te suiwer van elke sweem van onvolmaaktheid.
Ons is ook diep onder die indruk van jou sublieme taalvaardigheid om die
spelfout te kon opspoor en dit aan die volk bloot te stel.

Ek kan maar net afkyk en prewel: "Dankie, dankie"....

Koot

skryf in boodskap news:3CBADDCC.5090009@rogers.com...
>
> Annette wrote:
>
> kommittee
>
>
>
> Ai tog. Ai toggie tog.
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek se taalkomitee.
>
Re: Roer julle Litte [boodskap #60375 is 'n antwoord op boodskap #60365] Di, 16 April 2002 09:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ja Koot - ek is ook diep getref, en selfs diep bewoë dat die aantie daar
ver so getrou oor my waak:))
Annette

Koot Pieterse skryf in boodskap news:a9ghuu$bjb$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Ons is toepaslik stomgeslaan en tot beskeidenheid gedwing oor jou sorgsame
> toewyding om hierdie nuusgroep te suiwer van elke sweem van onvolmaaktheid.
> Ons is ook diep onder die indruk van jou sublieme taalvaardigheid om die
> spelfout te kon opspoor en dit aan die volk bloot te stel.
>
> Ek kan maar net afkyk en prewel: "Dankie, dankie"....
>
> Koot
>
> skryf in boodskap news:3CBADDCC.5090009@rogers.com...
>>
>> Annette wrote:
>>
>> kommittee
>>
>>
>>
>> Ai tog. Ai toggie tog.
>>
>> Tant Hessie van die Derde Republiek se taalkomitee.
>>
>
Re: Roer julle Litte [boodskap #60381 is 'n antwoord op boodskap #60365] Di, 16 April 2002 12:45 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Koot Pieterse wrote:

> Ons is toepaslik stomgeslaan en tot beskeidenheid gedwing oor jou sorgsame
> toewyding om hierdie nuusgroep te suiwer van elke sweem van onvolmaaktheid.
> Ons is ook diep onder die indruk van jou sublieme taalvaardigheid om die
> spelfout te kon opspoor en dit aan die volk bloot te stel.
>
> Ek kan maar net afkyk en prewel: "Dankie, dankie"....

>> Annette wrote:

>> kommittee

Ag, ou Koot, jy is heeltemal welkom.
(Daar gebruik ek nou 'n Amerikanisme-
"you are welcome" - so on-afrikaans.)
Tannie sit nou hier in Kanada en as
tannie nie haar oog hou op die taal-
gebruik van die Derde Republiek nie,
dan gee dit 'n kans vir ouens soos
Annette om heel sedig te sit en pontifikeer
oor hoe dit ouers se verantwoordelikheid
is om vir hulle kinders goeie Afikaans te
laat praat, ens. ens. Maar as dit nou
by spelling en taalgebruik self kom, dan
laat hulle maar los lê, en kan nie sien
dat hulle nie praktiseer wat hulle preek
nie (dis nou die token anglisisme in my
taal vanoggend.)
Buitendien, mens kan sekere spellingfoute
nie help nie, maar enige Afrikaans-sprekende
wat nie "komitee" en "kommissie" kan spel nie,
behoort terug te gaan na die laerskool.
Tannie heb gezegd.

Tant Hessie van die Derde Republiek
se ruggraat-komitee.
Vorige onderwerp: TJ - Kan jy help asseblief?
Volgende onderwerp: BAIE GELUK WOUTER BASSON !!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 15 12:16:19 MGT 2024