Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gebaretaal
Gebaretaal [boodskap #60330] Ma, 15 April 2002 13:55 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Vanoggend hoor ek dat mense van verskillende tale, lande en kulturele
agtergronde mekaar gouer en beter verstaan as hulle gebaretaal ( soos wat
die dowe mense praat) gebruik.

Dis mos nou 'n kitsoplossing om van esperanto, fanagalo en tolke ontslae te
raak:))

Ons leer net almal gebaretaal, en die Kaap is Hollands.!

Annette
Re: Gebaretaal [boodskap #60366 is 'n antwoord op boodskap #60330] Di, 16 April 2002 07:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Jy sal dus nie verbaas wees om te hoor dat in fabrieke waar die geraasvlak
hoër as 85(?)dB is en almal verplig word om oorbeskerming te gebruik almal
baie vinnig leer gebaretaal praat nie. Daar is klein verskille tussen
verskillende aanlegte, maar in beginsel gebruik hulle almal dieselfde
tekens. Party van die ouens wat 10+jaar onder sulke omstandighede gewerk
het kan 'n volledige gesprek hou sonder om 'n geluid te maak.

"Annette" skryf in boodskap news:a9f11o$2ma6t$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Vanoggend hoor ek dat mense van verskillende tale, lande en kulturele
> agtergronde mekaar gouer en beter verstaan as hulle gebaretaal ( soos wat
> die dowe mense praat) gebruik.
>
> Dis mos nou 'n kitsoplossing om van esperanto, fanagalo en tolke ontslae te
> raak:))
>
> Ons leer net almal gebaretaal, en die Kaap is Hollands.!
>
> Annette
>
Re: Gebaretaal [boodskap #60369 is 'n antwoord op boodskap #60330] Di, 16 April 2002 09:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ockie van Schalkwyk  is tans af-lyn  Ockie van Schalkwyk
Boodskappe: 153
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
Hmmm. Ek ken al een vir Gloudina! 'n Lang middelvinger na bo........

"Annette" skryf in boodskap news:a9f11o$2ma6t$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Vanoggend hoor ek dat mense van verskillende tale, lande en kulturele
> agtergronde mekaar gouer en beter verstaan as hulle gebaretaal ( soos wat
> die dowe mense praat) gebruik.
>
> Dis mos nou 'n kitsoplossing om van esperanto, fanagalo en tolke ontslae te
> raak:))
>
> Ons leer net almal gebaretaal, en die Kaap is Hollands.!
>
> Annette
>
Re: Gebaretaal [boodskap #60370 is 'n antwoord op boodskap #60366] Di, 16 April 2002 09:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wonderlike nuus - ek neem aan daar is baie min egskeidings onder daardie
werkers?:)

Grappie: Man kom by prokureur en vra of die prokureur dink hy het genoeg
gronde vir 'n egskeiding
Prokureur: As jy getroud is, het jy genoeg gronde vir 'n egskeiding.
:))

Op 'n ietwat meer ernstige noot: Onthou julle van 3 weke gelede se Advokaat
Barbie in die Huisgenoot?
Ma vertel my daar is glo die week 'n artikel in die Huisgenoot van die kind
se ma - wat beweer die huidige gedrag van haar eens vroom en voorbeeldige
kind ( tot September verlede jaar) het daartoe gelei dat sy ( die ma) nou
onlangs geskei is van die kind se pa.
Sien? Daar is altyd 'n oorsaak vir skei - al klink dit ook hoe
onwaarskynlik.

Hierdie nuwe manier van Huisgenoot "lees" werk vir my - ek kry net die
opsomming van een of twee artikels, sonder dat ek my hoef te vervies en
grief:))

Annette

Sakkie skryf in boodskap news:3cbbd178$0$235@hades.is.co.za...
> Jy sal dus nie verbaas wees om te hoor dat in fabrieke waar die geraasvlak
> hoër as 85(?)dB is en almal verplig word om oorbeskerming te gebruik almal
> baie vinnig leer gebaretaal praat nie. Daar is klein verskille tussen
> verskillende aanlegte, maar in beginsel gebruik hulle almal dieselfde
> tekens. Party van die ouens wat 10+jaar onder sulke omstandighede gewerk
> het kan 'n volledige gesprek hou sonder om 'n geluid te maak.
>
> "Annette" wrote in message
> news:a9f11o$2ma6t$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Vanoggend hoor ek dat mense van verskillende tale, lande en kulturele
>> agtergronde mekaar gouer en beter verstaan as hulle gebaretaal ( soos wat
>> die dowe mense praat) gebruik.
>>
>> Dis mos nou 'n kitsoplossing om van esperanto, fanagalo en tolke ontslae
> te
>> raak:))
>>
>> Ons leer net almal gebaretaal, en die Kaap is Hollands.!
>>
>> Annette
>>
>
Re: Gebaretaal [boodskap #60374 is 'n antwoord op boodskap #60369] Di, 16 April 2002 09:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Met die palm na binne gedraai?:)))

Een storietjie wat glo ook aan Anneline Kriel toegedig word - met die
bekendstelling van haar plaat - wou sy vir die sugtende bewonderaars wys hoe
goed dit gaan en vir hulle die V teken - a la Winston - gee.
Ongelukkig was haar palm na binne gedraai:))
Annette

Suidwester skryf in boodskap news:a9gqc2$1cd9$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> Hmmm. Ek ken al een vir Gloudina! 'n Lang middelvinger na bo........
> "Annette" wrote in message
> news:a9f11o$2ma6t$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Vanoggend hoor ek dat mense van verskillende tale, lande en kulturele
>> agtergronde mekaar gouer en beter verstaan as hulle gebaretaal ( soos wat
>> die dowe mense praat) gebruik.
>>
>> Dis mos nou 'n kitsoplossing om van esperanto, fanagalo en tolke ontslae
> te
>> raak:))
>>
>> Ons leer net almal gebaretaal, en die Kaap is Hollands.!
>>
>> Annette
>>
>
Re: Gebaretaal [boodskap #60382 is 'n antwoord op boodskap #60366] Di, 16 April 2002 12:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Sakkie wrote:

Daar is klein verskille tussen
> verskillende aanlegte, maar in beginsel gebruik hulle almal dieselfde
> tekens. Party van die ouens wat 10+jaar onder sulke omstandighede gewerk
> het kan 'n volledige gesprek hou sonder om 'n geluid te maak.

Ek was ook verbaas om te sien hoeveel
kursusse daar is vir horendes wat
gebaretaal wil studeer hier in Kanada,
en watter goeie werksaangeleenthede dit
skep vir mense wat spesiaal daarvoor
opgelei is.

Gloudina
Re: Gebaretaal [boodskap #60389 is 'n antwoord op boodskap #60382] Di, 16 April 2002 13:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3CBC1E3C.5040100@rogers.com...
>
> Sakkie wrote:
>
> Daar is klein verskille tussen
>> verskillende aanlegte, maar in beginsel gebruik hulle almal dieselfde
>> tekens. Party van die ouens wat 10+jaar onder sulke omstandighede gewerk
>> het kan 'n volledige gesprek hou sonder om 'n geluid te maak.
>
> Ek was ook verbaas om te sien hoeveel
> kursusse daar is vir horendes wat
> gebaretaal wil studeer hier in Kanada,
> en watter goeie werksaangeleenthede dit
> skep vir mense wat spesiaal daarvoor
> opgelei is.
>
> Gloudina

Ons moet onderskeid tref tussen vingertaal soos beoefen deur doofstom mense
en die gebaretaal wat in fabrieke gebruik word. Daar is 'n geweldige
verskil.
Re: Gebaretaal [boodskap #60408 is 'n antwoord op boodskap #60382] Di, 16 April 2002 19:34 Na vorige boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 16 Apr 2002 12:49:39 GMT, "@rogers.com" wrote:

> en watter goeie werksaangeleenthede dit
> skep vir mense wat spesiaal daarvoor
> opgelei is.
>
> Gloudina

Goeie taalgebruik sou 'werksgeleenthede' gewees het.
Daai klippe en die glashuise, onthou.

DD
Vorige onderwerp: BAIE GELUK WOUTER BASSON !!
Volgende onderwerp: Sommige briewe...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 06:10:45 MGT 2024