Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Een leuk taaltje?
Een leuk taaltje? [boodskap #60329] Ma, 15 April 2002 13:49 na volgende boodskap
Duiwels Advokaat  is tans af-lyn  Duiwels Advokaat
Boodskappe: 16
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Junior Lid
Pollux, Rapport 13 April 2002 skryf:

Een leuk taaltje?

'n Onbetroubare klikbek vertel vir Pollux 'n instruksie is
glo by die Nederlandse ambassade uitgereik dat alle
personeel Engels moet praat, nie Nederlands of Afrikaans
nie. Dis nou weens Afrikaans se assosiasie met die
verlede en met apartheid.

As dit so is, is ons Hollandse familie effe agter die tyd.
Minder en minder swart Suid-Afrikaners dink deesdae
aan Afrikaans as die taal van apartheid.

Hulle eis Afrikaans op as hul eie, as 'n inheemse taal
en verwerp die drogredenasie dat 'n taal besmet word
as van sy sprekers wandade pleeg.

Maar Nederlands het sy eie smette. Daar is nou soveel
Engelse woorde in Nederlands dat hulle moet pasop:
Nou-nou sê die Engelse hul taal is "besmet" deur sy
assosiasie met Nederlands.
Re: Een leuk taaltje? [boodskap #60339 is 'n antwoord op boodskap #60329] Ma, 15 April 2002 17:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Janee - ek is hoogs ontsteld oorlat die Hollandse ambassade mense hulle so
opstêrs hou.:))
Sou dit wees omdat ons hulle in elk geval nie verstaan as hulle Hollands met
ons praat nie?
Annette

Duiwels Advokaat skryf in boodskap news:3cbada65$0$234@hades.is.co.za...
> Pollux, Rapport 13 April 2002 skryf:
>
> Een leuk taaltje?
>
> 'n Onbetroubare klikbek vertel vir Pollux 'n instruksie is
> glo by die Nederlandse ambassade uitgereik dat alle
> personeel Engels moet praat, nie Nederlands of Afrikaans
> nie. Dis nou weens Afrikaans se assosiasie met die
> verlede en met apartheid.
>
> As dit so is, is ons Hollandse familie effe agter die tyd.
> Minder en minder swart Suid-Afrikaners dink deesdae
> aan Afrikaans as die taal van apartheid.
>
> Hulle eis Afrikaans op as hul eie, as 'n inheemse taal
> en verwerp die drogredenasie dat 'n taal besmet word
> as van sy sprekers wandade pleeg.
>
> Maar Nederlands het sy eie smette. Daar is nou soveel
> Engelse woorde in Nederlands dat hulle moet pasop:
> Nou-nou sê die Engelse hul taal is "besmet" deur sy
> assosiasie met Nederlands.
>
Re: Een leuk taaltje? [boodskap #60340 is 'n antwoord op boodskap #60329] Ma, 15 April 2002 17:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Duiwels Advokaat" schreef...
> Pollux, Rapport 13 April 2002 skryf:
>
> Een leuk taaltje?
>
> 'n Onbetroubare klikbek vertel vir Pollux 'n instruksie is
> glo by die Nederlandse ambassade uitgereik dat alle
> personeel Engels moet praat, nie Nederlands of Afrikaans
> nie. Dis nou weens Afrikaans se assosiasie met die
> verlede en met apartheid.
>
> As dit so is, is ons Hollandse familie effe agter die tyd.
> Minder en minder swart Suid-Afrikaners dink deesdae
> aan Afrikaans as die taal van apartheid.

Dis ongelooflik, ek gaan direk 'n email skryf aan die ministerie van
Buitenlandse Zaken of watter ministerie ook al oor die ambassades gaan! Het
jy 'n adres op die Web waar ek na kan verwys? En wat is 'Pollux'?

> Hulle eis Afrikaans op as hul eie, as 'n inheemse taal
> en verwerp die drogredenasie dat 'n taal besmet word
> as van sy sprekers wandade pleeg.
>
> Maar Nederlands het sy eie smette. Daar is nou soveel
> Engelse woorde in Nederlands dat hulle moet pasop:
> Nou-nou sê die Engelse hul taal is "besmet" deur sy
> assosiasie met Nederlands.

:) Jy oordryf, daar is glad nie so baie Engelse woorde in Nederlands as in
die Afrikaans wat ek hier dikwels op die nuusgroep raak sien!

Groete,
Arthur
Re: Een leuk taaltje? [boodskap #60341 is 'n antwoord op boodskap #60340] Ma, 15 April 2002 17:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Arthur. Pollux is die skuilnaam van die persoon wat 'n weeklikse rubriek
skryf in Rapport.
Hy skryf altyd oor iets waar daar 'n rokie te bespeur is.
Annette

Arthur skryf in boodskap news:a9f31n$2gsi$1@news.kabelfoon.nl...
> "Duiwels Advokaat" schreef...
>> Pollux, Rapport 13 April 2002 skryf:
>>
>> Een leuk taaltje?
>>
>> 'n Onbetroubare klikbek vertel vir Pollux 'n instruksie is
>> glo by die Nederlandse ambassade uitgereik dat alle
>> personeel Engels moet praat, nie Nederlands of Afrikaans
>> nie. Dis nou weens Afrikaans se assosiasie met die
>> verlede en met apartheid.
>>
>> As dit so is, is ons Hollandse familie effe agter die tyd.
>> Minder en minder swart Suid-Afrikaners dink deesdae
>> aan Afrikaans as die taal van apartheid.
>
> Dis ongelooflik, ek gaan direk 'n email skryf aan die ministerie van
> Buitenlandse Zaken of watter ministerie ook al oor die ambassades gaan! Het
> jy 'n adres op die Web waar ek na kan verwys? En wat is 'Pollux'?
>
>> Hulle eis Afrikaans op as hul eie, as 'n inheemse taal
>> en verwerp die drogredenasie dat 'n taal besmet word
>> as van sy sprekers wandade pleeg.
>>
>> Maar Nederlands het sy eie smette. Daar is nou soveel
>> Engelse woorde in Nederlands dat hulle moet pasop:
>> Nou-nou sê die Engelse hul taal is "besmet" deur sy
>> assosiasie met Nederlands.
>
> :) Jy oordryf, daar is glad nie so baie Engelse woorde in Nederlands as in
> die Afrikaans wat ek hier dikwels op die nuusgroep raak sien!
>
> Groete,
> Arthur
>
Re: Een leuk taaltje? [boodskap #60344 is 'n antwoord op boodskap #60341] Ma, 15 April 2002 18:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" schreef...
> Arthur. Pollux is die skuilnaam van die persoon wat 'n weeklikse rubriek
> skryf in Rapport.
> Hy skryf altyd oor iets waar daar 'n rokie te bespeur is.

Oh, ek wil hierdie vuurtjie graag verder aanblaas! En berig is reeds
verstuur na die ministerie ...

Ek kan die artikel van Pollux oorigens nie op Rapport se webpagina terugvind
nie. Miskien kan Sakkie dit vir my skandeer?

Groete,
Arthur

> Arthur wrote...
>> "Duiwels Advokaat" schreef...
>>> Pollux, Rapport 13 April 2002 skryf:
>>>
>>> Een leuk taaltje?
>>>
>>> 'n Onbetroubare klikbek vertel vir Pollux 'n instruksie is
>>> glo by die Nederlandse ambassade uitgereik dat alle
>>> personeel Engels moet praat, nie Nederlands of Afrikaans
>>> nie. Dis nou weens Afrikaans se assosiasie met die
>>> verlede en met apartheid.
>>>
>>> As dit so is, is ons Hollandse familie effe agter die tyd.
>>> Minder en minder swart Suid-Afrikaners dink deesdae
>>> aan Afrikaans as die taal van apartheid.
>>
>> Dis ongelooflik, ek gaan direk 'n email skryf aan die ministerie van
>> Buitenlandse Zaken of watter ministerie ook al oor die ambassades gaan!
>> Het jy 'n adres op die Web waar ek na kan verwys? En wat is 'Pollux'?
>>
>>> Hulle eis Afrikaans op as hul eie, as 'n inheemse taal
>>> en verwerp die drogredenasie dat 'n taal besmet word
>>> as van sy sprekers wandade pleeg.
>>>
>>> Maar Nederlands het sy eie smette. Daar is nou soveel
>>> Engelse woorde in Nederlands dat hulle moet pasop:
>>> Nou-nou sê die Engelse hul taal is "besmet" deur sy
>>> assosiasie met Nederlands.
>>
>> :) Jy oordryf, daar is glad nie so baie Engelse woorde in Nederlands as in
>> die Afrikaans wat ek hier dikwels op die nuusgroep raak sien!
>>
>> Groete,
>> Arthur
>>
>
Re: Een leuk taaltje? [boodskap #60345 is 'n antwoord op boodskap #60344] Ma, 15 April 2002 18:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Arthur - dit staan in Rapport geskryf net soos wat Duiwels Advokaat dit daar
geskryf het.
Annette

Arthur  skryf in boodskap news:a9f5ji$2kd9$1@news.kabelfoon.nl...
>  "Annette" schreef...
>>  Arthur. Pollux is die skuilnaam van die persoon wat 'n weeklikse rubriek
>>  skryf in Rapport.
>>  Hy skryf altyd oor iets waar daar 'n rokie te bespeur is.
>
>  Oh, ek wil hierdie vuurtjie graag verder aanblaas! En berig is reeds
>  verstuur na die ministerie ...
>
>  Ek kan die artikel van Pollux oorigens nie op Rapport se webpagina terugvind
>  nie. Miskien kan Sakkie dit vir my skandeer?
>
>  Groete,
>  Arthur
>
>>  Arthur wrote...
>>>  "Duiwels Advokaat" schreef...
>>>>  Pollux, Rapport 13 April 2002 skryf:
>>>>
>>>>  Een leuk taaltje?
>>>>
>>>>  'n Onbetroubare klikbek vertel vir Pollux 'n instruksie is
>>>>  glo by die Nederlandse ambassade uitgereik dat alle
>>>>  personeel Engels moet praat, nie Nederlands of Afrikaans
>>>>  nie.  Dis nou weens Afrikaans se assosiasie met die
>>>>  verlede en met apartheid.
>>>>
>>>>  As dit so is, is ons Hollandse familie effe agter die tyd.
>>>>  Minder en minder swart Suid-Afrikaners dink deesdae
>>>>  aan Afrikaans as die taal van apartheid.
>>>
>>>  Dis ongelooflik, ek gaan direk 'n email skryf aan die ministerie van
>>>  Buitenlandse Zaken of watter ministerie ook al oor die ambassades gaan!
>>>  Het jy 'n adres op die Web waar ek na kan verwys? En wat is 'Pollux'?
>>>
>>>>  Hulle eis Afrikaans op as hul eie, as 'n inheemse taal
>>>>  en verwerp die drogredenasie dat 'n taal besmet word
>>>>  as van sy sprekers wandade pleeg.
>>>>
>>>>  Maar Nederlands het sy eie smette. Daar is nou soveel
>>>>  Engelse woorde in Nederlands dat hulle moet pasop:
>>>>  Nou-nou sê die Engelse hul taal is "besmet" deur sy
>>>>  assosiasie met Nederlands.
>>>
>>>  :) Jy oordryf, daar is glad nie so baie Engelse woorde in Nederlands as in
>>>  die Afrikaans wat ek hier dikwels op die nuusgroep raak sien!
>>>
>>>  Groete,
>>>  Arthur
>>>
>>
>
Re: Een leuk taaltje? [boodskap #60346 is 'n antwoord op boodskap #60340] Ma, 15 April 2002 19:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Duiwels Advokaat  is tans af-lyn  Duiwels Advokaat
Boodskappe: 16
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Junior Lid
Arthur
Dis ongelooflik, ek gaan direk 'n email skryf aan die
ministerie van Buitenlandse Zaken of watter ministerie
ook al oor die ambassades gaan! Het jy 'n adres op
die Web waar ek na kan verwys? En wat is 'Pollux'?

Duiwel
Rapport:  http://www.news24.com/Rapport/
Pollux se artikels is onder rubrieke, of direk by :
http://www.news24.com/Rapport/rapportcatarttextnew/0,4205,75 2-801_1167983~A,
00.html

Die leuk taaltje is die derde storie:

13/04/2002 04:54 PM - (SA)
'n Party in die greep van jappie-griep
Pollux

Thabo Mbeki se ANC is geen gelukkige familie nie.

Broksgewys kom inligting na vore wat daarop dui dat die regerende party lank
nie meer die besielde organisasie is nie wat met soveel vlugvoetigheid
onderhandel het en met begeestering Projek Nuwe Suid-Afrika in 1994 aangepak
het.

Oral sien Pollux tekens van politieke jappie-griep in die ANC. Klaerig,
knieserig, knorrig en onkapabel.

Die getal ingeskrewe lede is op sy laagste vlak nog - minder as 100 000
teenoor naby 'n miljoen in 1994. Meningspeilings wys dalende steun.

Op die laaste vergadering van die Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) is
Nelson Mandela (van alle mense!) gehekel toe hy sy standpunte oor nevirapien
verduidelik het. Toe hy die NUK meedeel dat die president al drie maande
lank geen telefoonoproep van hom neem of beantwoord nie, het almal met strak
gesigte gesit.

Net twee lede het die moed gehad om halfhartig aan sy kant te gaan staan:
Pallo Jordan, LP, en Cyril Ramaphosa, sakeman. Die meeste waarvoor hulle
kans gesien het, was vurige pleidooie vir die tradisie van vrye
meningsuiting in die ANC.

Nou wonder Pollux: sou die ANC vir P.W. Botha as 'n konsultant aangestel
het?

O, so simpel

Welgedaan aan Khanyi Dhlomo-Mkhize, die raakvat-redakteur van True Love en
gewilde TV-nuusleser.

Verlede week, toe die Amerikaanse TV-persoonlikheid Oprah Winfrey die SA
weergawe van haar tydskrif O in Johannesburg bekend gestel het, het Oprah 'n
nare steek probeer inkry na True Love.

Oprah het in 'n video wat by die funksie gespeel is, gesê haar tydskrif sal
lesers help "om hul volle potensiaal te bereik", iets wat kwansuis nie
moontlik is met True Love nie.

Dit nou van 'n uitgewer wat so min omgee vir die mense van Suid-Afrika dat
sy nie eens die moeite gedoen het om die bekendstelling self by te woon nie.

After all, sy is Oprah, sy is van Amerika en sy weet wat ons hier in die
verre suidpunt van Afrika wil hê.

Wel, ons weet wat ons wil hê.

En dis True Love met haar 1,9 miljoen lesers wat pas deur Advantage aangewys
is as Suid-Afrika se beste tydskrif.

Pollux hoop O loop die pad van Ebony, wat True Love ook probeer aanvat het
en sy alie gesien het.

Amerikaanse "schmalz" en emosionele spookasem aard nie in Afrika nie.

Een leuk taaltje?

'n Onbetroubare klikbek vertel vir Pollux 'n instruksie is glo by die
Nederlandse ambassade uitgereik dat alle personeel Engels moet praat, nie
Nederlands of Afrikaans nie. Dis nou weens Afrikaans se assosiasie met die
verlede en met apartheid.

As dit so is, is ons Hollandse familie effe agter die tyd. Minder en minder
swart Suid-Afrikaners dink deesdae aan Afrikaans as die taal van apartheid.

Hulle eis Afrikaans op as hul eie, as 'n inheemse taal en verwerp die
drogredenasie dat 'n taal besmet word as van sy sprekers wandade pleeg.

Maar Nederlands het sy eie smette. Daar is nou soveel Engelse woorde in
Nederlands dat hulle moet pasop:
  Nou-nou sê die Engelse hul taal is "besmet" deur sy assosiasie met
Nederlands.

Bou die ark!

Op die feesdiens verlede Sondag in die Groote Kerk in Kaapstad ter
herdenking van die 350 jaar van die gereformeerde geloof, wat saamgeval het
met die koms van Van Riebeeck, het burgemeester Peter Marais vanaf die
kansel gepleit dat 'n "hedendaagse ark" gebou moet word waarin mense veilig
voel en waar hulle kan leer om ander inwoners van die ark te verdra.

"As God sê 'bou 'n ark', moet Christene nie begin om die weer te voorspel
nie . . . dan moet hulle bóú," het hy gesê.

Pollux is g'n weervoorspeller nie (en in die Kaap is die weer juis
onvoorspelbaar) maar hy weet net dat as daar 'n tyd is om 'n politieke ark
in dié provinsie te bou, dit nóú is.

Hier kom sommer groot reën.

Kaap van 'Gates'

Dis lankal nie meer die Kaap van Storms nie. Dis nou die Kaap van "Gates".
Soos in Watergate.

Eers was dit "Cape Gate", die spioenasiedebakel in die Wes-Kaapse wetgewer,
met die ouddirekteur-generaal van Nasionale Intelligensie dr. Niel Barnard.

Nou's dit "Morkelgate", met aantygings dat 'n internasionale voortvlugtige
wat weens beweerde belastingontduiking gesoek word, finansiële gunsies
gedoen het vir die Demokratiese Alliansie en vir burgemeester Gerald Morkel
in sy dae as premier.

Morkel ontken alle onbetaamlikhede. Maar die interessante reaksie kom van
mnr. Nick Clelland-Stokes, LP en nasionale woordvoeder van die DA.

Hy weier om iets te sê omdat dit " 'n provinsiale aangeleentheid" is.

Maar toe mnr. Peter Marais gefussileer moes word, het die nasionale leier en
sy kornuite nie gehuiwer om in te meng in 'n munisipale aangeleentheid nie.

Sterkte met dié warm patat, Nick.

Speel die dodemars!

Ene mnr. Arthur Hammond, duidelik 'n Suid-Afrikaner, skryf dié week uit
Dubai 'n brief aan die Johannesburgse dagblad The Star.

Dinsdagagaand, toe hy TV kyk, kon hy kies tussen 'n volledige dekking van
die koninklike begrafnis van die Britse koningin-moeder en die
eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en Australië.

Hy was duidelik nie lus vir 'n hartseer affêre nie.

"Toe kyk ek maar na die begrafnis," skryf mnr. Hammond aan The Star.

As Pollux so kyk na ons sportspanne se kalender vir die res van die jaar en
hul prestasies tot dusver, hoop hy vir mnr. Hammond en sy eie onthalwe daar
is nog 'n paar "royals" wat die emmer gaan skop . . .

Resep vir vrede

Pollux kry dié brokkie van 'n konstruktiewe korrespondent. Verskoon die
Ingels, maar dis nie vertaalbaar nie.

If we want world peace, we must let go of our attachments and truly live
like nomads. That's where I no mad at you, you no mad at me. That way,
there'll surely be no madness on the planet.

And peace begins with each of us. A little peace here, a little peace there,
pretty soon all the peaces will fit together to make one big peace
everywhere.

Nou's als gesteel

Gehoor van die man wat met sy een hand op die heup in die straat afgestap
kom? 'n Ander voetganger wat agter hom loop, se nuuskierigheid is geprikkel
en hy klop die man op die skouer. "Maat, hoekom stap jy so hand op die heup?
Dit lyk nogal snaaks."

Vervaard swaai die man om: "Misdaad ruk nou handuit! Moet tog nie vir my sê
iemand het my waatlemoen gesteel nie!"

"Duiwels Advokaat" schreef...
>  Pollux, Rapport 13 April 2002 skryf:
>
>  Een leuk taaltje?
>
>  'n Onbetroubare klikbek vertel vir Pollux 'n instruksie is
>  glo by die Nederlandse ambassade uitgereik dat alle
>  personeel Engels moet praat, nie Nederlands of Afrikaans
>  nie.  Dis nou weens Afrikaans se assosiasie met die
>  verlede en met apartheid.
>
>  As dit so is, is ons Hollandse familie effe agter die tyd.
>  Minder en minder swart Suid-Afrikaners dink deesdae
>  aan Afrikaans as die taal van apartheid.

>  Hulle eis Afrikaans op as hul eie, as 'n inheemse taal
>  en verwerp die drogredenasie dat 'n taal besmet word
>  as van sy sprekers wandade pleeg.
>
>  Maar Nederlands het sy eie smette. Daar is nou soveel
>  Engelse woorde in Nederlands dat hulle moet pasop:
>  Nou-nou sê die Engelse hul taal is "besmet" deur sy
>  assosiasie met Nederlands.

:) Jy oordryf, daar is glad nie so baie Engelse woorde in Nederlands as in
die Afrikaans wat ek hier dikwels op die nuusgroep raak sien!

Groete,
Arthur
Re: Een leuk taaltje? [boodskap #60349 is 'n antwoord op boodskap #60341] Ma, 15 April 2002 19:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

>> "Duiwels Advokaat" schreef...

>>> Pollux, Rapport 13 April 2002 skryf:
>
>>> Een leuk taaltje?
>
>>> 'n Onbetroubare klikbek vertel vir Pollux 'n instruksie is
>>> glo by die Nederlandse ambassade uitgereik dat alle
>>> personeel Engels moet praat, nie Nederlands of Afrikaans
>>> nie. Dis nou weens Afrikaans se assosiasie met die
>>> verlede en met apartheid.

Vireers, dis 'n "onbetroubare klikbek" wat glo
die inligting vir "Pollux" gegee het. So die ou
by Rapport sê self die inligting is onbetroubaar.
Tweedens, SA is 'n land waar meer as neëtig
persent van die bevolking hulle in Engels sal
bedien wanneer hulle na die Nederlandse ambassade
gaan.Dit is dus rasioneel om van die Nederlandse
lede van die Ambassade in Pretoria te verwag dat
hulle vlot en goeie Engels moet praat.

Gloudina
Re: Een leuk taaltje? [boodskap #60350 is 'n antwoord op boodskap #60349] Ma, 15 April 2002 19:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina schreef...
>>> "Duiwels Advokaat" schreef...
>
>>>> Pollux, Rapport 13 April 2002 skryf:
>>
>>>> Een leuk taaltje?
>>
>>>> 'n Onbetroubare klikbek vertel vir Pollux 'n instruksie is
>>>> glo by die Nederlandse ambassade uitgereik dat alle
>>>> personeel Engels moet praat, nie Nederlands of Afrikaans
>>>> nie. Dis nou weens Afrikaans se assosiasie met die
>>>> verlede en met apartheid.
>
> Vireers, dis 'n "onbetroubare klikbek" wat glo
> die inligting vir "Pollux" gegee het. So die ou
> by Rapport sê self die inligting is onbetroubaar.

Ek het die ministerie net gevra of daar 'n grond van waarheid in die
beweringe van 'Pollux' is. Ek het laat blyk ek hoop dis nie waar nie. Om
enige taal met 'n (foute) regiem te assosieer is dom. Ons gaan mos nie mense
verbied om Arabies te praat omdat Sadam en Osama ook daardie taal gebruik
nie?

Die webpagina van die ministerie sê ek sal binne twee werkda� antwoord kry
....

> Tweedens, SA is 'n land waar meer as ne�tig
> persent van die bevolking hulle in Engels sal
> bedien wanneer hulle na die Nederlandse ambassade
> gaan.Dit is dus rasioneel om van die Nederlandse
> lede van die Ambassade in Pretoria te verwag dat
> hulle vlot en goeie Engels moet praat.

Natuurlik, maar die beteken nie die personeel MOET Engels praat. As ek na
enige Nederlandse ambassade gaan verwag ek dat ek my eie taal kan praat.

Arthur
Re: Een leuk taaltje? [boodskap #60351 is 'n antwoord op boodskap #60346] Ma, 15 April 2002 19:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 15 Apr 2002 21:06:17 +0200, "Duiwels Advokaat"
wrote:

> Resep vir vrede

(hey - NIKS met Jode te doen nie!!) :-))

> And peace begins with each of us. A little peace here, a little peace there,

Hierdie laat my nou dink aan 'n vriend van my en sy bekkige
laatlammetjie. Ons sit eendag by hulle aan tafel en gesels, terwyl
ousus baie gretig is om vir kleinsus te leer tel (sy was sowat 2 en 'n
bietjie op daardie stadium, as ek reg onthou). Doe oudste dogtertjie
hou haar twee vingers in die lug, die wysvinger en middelvinger, en
vra toe vir kleinsus hoeveel vingers sy ophou. Nou moet julle weet
die storie gaan darem nou al vir ure aan, en ousus begin nou al moeg
raak.
Elkgeval, die kleinding was ook nie op haar mond geval nie, en so ewe
ernstig antwoord sy: "PEACE"!
:-)
Re: Een leuk taaltje? [boodskap #60354 is 'n antwoord op boodskap #60340] Ma, 15 April 2002 22:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Duiwels Advokaat" schreef...
> Pollux, Rapport 13 April 2002 skryf:

> Een leuk taaltje?
> 'n Onbetroubare klikbek vertel vir Pollux 'n instruksie is
> glo by die Nederlandse ambassade uitgereik dat alle
> personeel Engels moet praat, nie Nederlands of Afrikaans
> nie. Dis nou weens Afrikaans se assosiasie met die
> verlede en met apartheid.

Arthur
Dis ongelooflik, ek gaan direk 'n email skryf aan die ministerie van
Buitenlandse Zaken of watter ministerie ook al oor die ambassades
gaan! Het jy 'n adres op die Web waar ek na kan verwys?

Wouter
http://www.news24.com/Rapport/rapportcatarttextnew/0,4205,75 2-801_1167983~A,
00.html

Die skakel sal waarskynlik omvou.
Die volledige Pollux-rubriek is by dié skakel, blaai af tot by die leuk
taaltje
Re: Een leuk taaltje? [boodskap #60387 is 'n antwoord op boodskap #60349] Di, 16 April 2002 13:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dina, jy trap ook in die slagyster ... Daardie "vireers" van jou is 'n
direkte vertaling van "firstly".
Die mooi Afrikaanse woord is "eerstens." Nie so nie?

Ek moet se ek vind die bespreking rondom die taal uiters interrisant. (ek
hoop ek het laasgenoemde woord korrek gespel!) Ek hoop ons kan op hierdie
trant voortbou en die ewige ou politiek so bietjie agterlaat vir 'n slag.

HK

> Vireers, dis 'n "onbetroubare klikbek" wat glo
> die inligting vir "Pollux" gegee het.
Re: Een leuk taaltje? [boodskap #60390 is 'n antwoord op boodskap #60387] Di, 16 April 2002 14:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Hantamkind wrote:

> Dina, jy trap ook in die slagyster ... Daardie "vireers" van jou is 'n
> direkte vertaling van "firstly".
> Die mooi Afrikaanse woord is "eerstens." Nie so nie?
>
> Ek moet se ek vind die bespreking rondom die taal uiters interrisant. (ek
> hoop ek het laasgenoemde woord korrek gespel!) Ek hoop ons kan op hierdie
> trant voortbou en die ewige ou politiek so bietjie agterlaat vir 'n slag.

Ja, ek dink dis 'n goeie ding om oor
die Afrikaanse taal te praat. Ek dink
nie die mense in SA besef aldag hoe
kosbaar die taal vir ons is wat buite
die land bly nie. En ek dink nie die
mense binne SA gee aldag vir ons die
reg om oor Afrikaans saam te praat nie.
Oor die "vireers." Snaaks, ek kry
altyd 'n gevoel dat ek die ding verkeerd
spel, en wonder of dit nie "vereers" moet
wees nie. Toe jy nou die saak aanroer, toe
gaan kyk ek in die woordeboek. Blykbaar
is beide "vireers" en "vereers" toelaatbaar,
met die betekenis "for the present, for the
time being, to begin with." Dus, volgens
ons Afrikaanse woordeboek is "vireers/vereers"
goeie Afrikaans.
Snaaks, ek dink nie ek gebruik ooit
"firstly" in Engels nie. Ek dink nie baie
Engelse in Engeland gebruik "firstly" nie.
Ek het 'n spesmaas dis 'n Amerikanisme,
want ek dink Amerikaners gebruik dit baie.
(Dit is dus heelwaarskynlik 'n ou Engelse
vorm wat in Amerikaans voortbestaan, maar
wat nie meer so baie in moderne Engels gebruik
word nie.) Ek dink meeste Engelse praat
van "in the first place."
En dis "interessant."

Gloudina
Cheers Vireers [boodskap #60393 is 'n antwoord op boodskap #60390] Di, 16 April 2002 14:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3CBC2FC4.8020600@rogers.com...
>
>
> Hantamkind wrote:
>
>> Dina, jy trap ook in die slagyster ... Daardie "vireers" van jou is 'n
>> direkte vertaling van "firstly".
>> Die mooi Afrikaanse woord is "eerstens." Nie so nie?
>>
>> Ek moet se ek vind die bespreking rondom die taal uiters interrisant. (ek
>> hoop ek het laasgenoemde woord korrek gespel!) Ek hoop ons kan op hierdie
>> trant voortbou en die ewige ou politiek so bietjie agterlaat vir 'n
slag.
> Gloudina
> Ja, ek dink dis 'n goeie ding om oor
> die Afrikaanse taal te praat. Ek dink
> nie die mense in SA besef aldag hoe
> kosbaar die taal vir ons is wat buite
> die land bly nie. En ek dink nie die
> mense binne SA gee aldag vir ons die
> reg om oor Afrikaans saam te praat nie.
> Oor die "vireers." Snaaks, ek kry
> altyd 'n gevoel dat ek die ding verkeerd
> spel, en wonder of dit nie "vereers" moet
> wees nie. Toe jy nou die saak aanroer, toe
> gaan kyk ek in die woordeboek. Blykbaar
> is beide "vireers" en "vereers" toelaatbaar,
> met die betekenis "for the present, for the
> time being, to begin with."

Sakkie (ek het aangesteek Wouter)
Ek wil nie so lekker byt aan jou woordeboek se verklaring nie. "for the
present", ja, "for the time being" ja, maar "to begin with" is 'eerstens' en
nie 'vireers' nie. Ek hou nie 'n woordeboek naby nie. Wil iemand nie in
verskillende woordeboeke opslaan en kyk wat die ander sê nie.
Re: Een leuk taaltje? [boodskap #60407 is 'n antwoord op boodskap #60349] Di, 16 April 2002 19:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 15 Apr 2002 19:18:00 GMT, "@rogers.com" wrote:

>> Ag tog, my liewe toggie. Hy kritiseer
>> Wouter vir sy taalgebruik, en spel dan
>> "aanname" verkeerd.

>>> Tant Hessie van die agterste van Helsdingens.

> Tweedens, SA is 'n land waar meer as neëtig
> persent van die bevolking hulle in Engels sal
> bedien wanneer hulle na die Nederlandse ambassade
> gaan.
> Gloudina
>
>

'Mense wat in glashuise woon..."
Moet nie my spelling kritiseer
as jy nie eens neëntig of negentig
kan spel nie. Hê jou woordeboek
langs jou as jy met klippe wil gooi.

DD
Re: Cheers Vireers [boodskap #60428 is 'n antwoord op boodskap #60393] Wo, 17 April 2002 05:31 Na vorige boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina
>               Oor die "vireers." Snaaks, ek kry
>            altyd 'n gevoel dat ek die ding verkeerd
>            spel, en wonder of dit nie "vereers" moet
>            wees nie. Toe jy nou die saak aanroer, toe
>            gaan kyk ek in die woordeboek. Blykbaar
>            is beide "vireers" en "vereers" toelaatbaar,
>            met die betekenis "for the present, for the
>            time being, to begin with."

Sakkie (ek het aangesteek Wouter)
Ek wil nie so lekker byt aan jou woordeboek se verklaring nie. "for the
present", ja, "for the time being" ja, maar "to begin with" is 'eerstens' en
nie 'vireers' nie.  Ek hou nie 'n woordeboek naby nie.  Wil iemand nie in
verskillende woordeboeke opslaan en kyk wat die ander sê nie.

Wouter
Ek ken nie "vireers" as 'n enkel woord nie en kry dit ook nie in enige van
'n paar moderne woordeboeke wat ek nageslaan het nie "Vereers" is
vir my totaal vreemd maar word wel as 'n verouderde vorm van "vir eers"
gelys in Van Schaik se verklarende Afrikaanse woordeboek van 1993.

Uit Pharos se tweetalige fraseboek kry, onder "eers" :
vir eers nie - not just yet;
vir eers - to begin/start with, for a start §;
             first of all, in the first place, firstly; for the moment/present,
             for now, for the time being; for one thing …

En uit woordeboeke:
eer´stens. -  In die eerste plek.          (verklarend)
eer´stens -  first(ly), in the first place.  (Afr/Eng)

Die frasewoordeboek gee ook onder "begin":
to begin with - vir eers, om (mee) te begin; allereers,
                      vooraf, in die eerste plek.
Vorige onderwerp: Snaaksie
Volgende onderwerp: Afrikaans-kursus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 01:09:36 MGT 2024