Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » My Nuwe Pelle in Nigerie (gedeeltelik Engels)
My Nuwe Pelle in Nigerie (gedeeltelik Engels) [boodskap #60240] Sa, 13 April 2002 20:53 na volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Kry toe die volgende in die pos...

"First, I must solicit your strictest confidence in this transaction. This
is by virtue of its nature as being utterly confidential and "top secret".
We are top officials of the Federal Government Contract Review Panel who are
interested in importation of goods into our country with funds that are
presently trapped in Nigeria. In order to commence this business, we solicit
your assistance to enable us transfer into your account the said-trapped
funds.

The source of the fund is as follows: During the regime of the last Military
transitional government of Gen. Abdulsalami Abubakar, government officials
set up companies and awarded themselves contracts which were grossly over
invoiced in various ministries.
The present democratic government of President Olusegun Obasanjo set up the
Contract Review Panel and we have identified a lot of inflated contract
funds that are presently floating in the Central Bank of Nigeria ready for
payment. However, by virtue of our position as civil servants and members of
this panel, we cannot acquire this money in our names. I have therefore been
delegated as a matter of trust by my colleagues in the panel, to look for an
oversea partner into whose account we would transfer the sum of
US$31,320,000.00 (Thirty-One Million, Three Hundred and Twenty thousand
United States Dollars) in which we hope to use in purchasing Agro Allied
equipment, and to enable us to own properties and invest in the stable
economy of your country. Hence, we are sending you this email message. We
have agreed to share the money thus:

1. 20% for the account owner (you)
2. 70% for us (the officials of the CRP)
3. 10% to be used in settling taxation and all local and foreign expenses."

Lyk my die Nigeriese regering wil graag vir my $6,264,000 gee. Hoe
vriendelik... en ek ken die mense skaars.

Wie 'dare' my? Maar onthou, julle mag vir niemand vertel nie, want hierdie
is hoogs geheim... belowe!

Q
Re: My Nuwe Pelle in Nigerie (gedeeltelik Engels) [boodskap #60242 is 'n antwoord op boodskap #60240] Sa, 13 April 2002 21:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wel, jy het twee opsies - die eerste een is wat ek gedoen het - vir hulle
geskryf en die aanbod van die hand gewys het, en hulle toe ook meegedeel het
dat ek hierdie ooglopende bedrogspul aangegee het by die betrokke owerhede -
Tot nou toe nog net nooit weer van hulle gehoor nie.
Die tweede een is natuurlik om 'n bankrekening oop te maak met 'n
minimumbedrag - daaruit te onttrek tot net R1 daarin is - en dan vir hulle
te laat weet right, betaal maar in, en hoe vreeslik dankbaar jy vir hulle
aanbod uit die bloute is;))
Annette

Q skryf in boodskap news:1T0u8.39861$dn6.392513@NewsReader...
> Kry toe die volgende in die pos...
>
> "First, I must solicit your strictest confidence in this transaction. This
> is by virtue of its nature as being utterly confidential and "top secret".
> We are top officials of the Federal Government Contract Review Panel who are
> interested in importation of goods into our country with funds that are
> presently trapped in Nigeria. In order to commence this business, we solicit
> your assistance to enable us transfer into your account the said-trapped
> funds.
>
> The source of the fund is as follows: During the regime of the last Military
> transitional government of Gen. Abdulsalami Abubakar, government officials
> set up companies and awarded themselves contracts which were grossly over
> invoiced in various ministries.
> The present democratic government of President Olusegun Obasanjo set up the
> Contract Review Panel and we have identified a lot of inflated contract
> funds that are presently floating in the Central Bank of Nigeria ready for
> payment. However, by virtue of our position as civil servants and members of
> this panel, we cannot acquire this money in our names. I have therefore been
> delegated as a matter of trust by my colleagues in the panel, to look for an
> oversea partner into whose account we would transfer the sum of
> US$31,320,000.00 (Thirty-One Million, Three Hundred and Twenty thousand
> United States Dollars) in which we hope to use in purchasing Agro Allied
> equipment, and to enable us to own properties and invest in the stable
> economy of your country. Hence, we are sending you this email message. We
> have agreed to share the money thus:
>
> 1. 20% for the account owner (you)
> 2. 70% for us (the officials of the CRP)
> 3. 10% to be used in settling taxation and all local and foreign expenses."
>
> Lyk my die Nigeriese regering wil graag vir my $6,264,000 gee. Hoe
> vriendelik... en ek ken die mense skaars.
>
> Wie 'dare' my? Maar onthou, julle mag vir niemand vertel nie, want hierdie
> is hoogs geheim... belowe!
>
> Q
>
Re: My Nuwe Pelle in Nigerie (gedeeltelik Engels) [boodskap #60245 is 'n antwoord op boodskap #60240] Sa, 13 April 2002 21:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 13 Apr 2002 21:53:21 +0100, "Q" wrote:

> Kry toe die volgende in die pos...
>

>
> Q
>

Ek wonder of daar iemand tussen ons is wat
nou nog nie daardie brief gekry het nie. Di e
polisie het nou onlangs 'n nes van hulle
oopgekrap (in 'n weelde hui) in Morningside
Durban.
Hulle het honderde duisende van daardie
in kaste gevind wat natuurlik beteken dat
epos nie hul enigste middel is nie. Daardie
brief word teen so 'n tempo versprei dat ek
dit al twee keer gekry het met verskillende
afsender name.
Natuurlik het ek ook vir 'n oomblik aan
Annette se idee gedink soos om vir hulle
'n rekening te skep, (en dan te skep!)
maar glo my dat hulle meer professioneel
is as wat vele mense miskien dink.
Re: My Nuwe Pelle in Nigerie (gedeeltelik Engels) [boodskap #60246 is 'n antwoord op boodskap #60245] Sa, 13 April 2002 23:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf in boodskap news:ps9hbu48vh4rs78rcirudoeig6i9ogf4lo@4ax.com...
> Natuurlik het ek ook vir 'n oomblik aan
> Annette se idee gedink soos om vir hulle
> 'n rekening te skep, (en dan te skep!)
> maar glo my dat hulle meer professioneel
> is as wat vele mense miskien dink.

Ag nee, DD... wil julle dan nou voorgee dat my nuwe pelle se intensies nie
eerbaar is nie en dat dit dalk 'n voorbeeld van die sogenaamde '4-1-9 scam'
is? Ek wed julle is net jaloers omdat die mense vir my as die uitverkorene
aangewys het, en nei vir julle nie. Ek is seker dat die ouens wat vir julle
geskryf het, die skuim van die aarde is, maar myne klink na 'n opregte
Nigeriese patriot.

Grappies ter syde... volgens die Amerikaanse Geheime Diens (die ouens wat
die VSA se baas oppas - maar ek het vannaand toe ook geleer dat hulle
oorspronklik in die lewe geroep is om 'funny money' te bestry) werk dit as
volg:

1. Ek moet blanko briefhoofde en ander detail (bank goeters) aan hulle
deurstuur. Die briefhoofde sal, volgens my pelle, gebruik word om 'invoices'
(watsie Afrikaans nou weer) te skep teen die een of ander olie maatskappy
(of so iets) vir werk gelewer vir die volledige bedrag... en dis die eerste
gedeelte van die skelmstreek want hierdie briefhoofde word dan gebruik om
aansoeke om visums te maak in Lagos by die betrokke ambassade.

2. Nou sal ek 'n magdom amptelike dokumentasie van my pelle ontvang wat die
bestaan van die geld bewys, asook die verwerking van my kleim. En dis
hierheen en dan daarheen.

Hierna kan een van twee dinge gebeur:

a. Dit is moontlik dat my pelle sal aandui dat ek nou na 'n buurstaat toe
moet reis en hulle by 'n grenspos ontmoet. Amptenare sal dan omgekoop word
(met my geld) om my die land binne te laat sonder 'n visum (ons wil mos nie
rekord hou van ons ooreenkoms nie). Omdat dit 'n misdaad is om Nigerie
sonder visum te betree, sal my nuwe pelle nou oor die vermoe beskik om my te
'oorreed' om fondse vry te stel - so 'n tipe 'blackmail' (watsie Afrikaans
nou weer). Blykbaar is daar reeds een Amerikaner in Nigerie vermoor tydens
so 'n besoek, en verskeie word vermis.

b. Die alternatief is dat die ooreenkoms baie vlot verloop en net voordat
die geld vrygestel word, ontstaan daar 'n klein probleempie. Maar my pelle
sal my verseker dat dit niks ernstig is nie... dalk 'n amptenaar wat vir sy
kind nuwe Nike hardloopskoene wil koop, of dalk 'n onvoorsiende tarief of
belasting. Sal ek dalk so gaaf wees om GBP______ (vul self die bedrag in),
aan te stuur, en dan sal hulle gou-gou die probleempie oplos. Ek stuur
natuurlik die geld, want in vergelyking wat ek gaan maak uit hierdie
ooreenkoms, is dit 'peanuts'... En die 'Lads from Lagos' (soos hulle genoem
word), bedank my en nou gaan dinge weer voor die wind. Geld sal more
inbetaal word. More is daar natuurlik niks nie, behalwe 'n pos wat lui
'jussie, raai wat... toe is daar nog 'n amptenaar wat nuwe taaiers vir sy
BMW wil he. Wees asseblief so gaaf...' En so sal dit aangaan totdat ek nie
meer geld het nie, of totdat ek breins kry.

Hoe lui die Engelse gesegde: "If it sounds too good to be true, it usually
is...". Wat sal die Afrikaanse eweknie wees (of moet ons een optower)?

Q
Re: My Nuwe Pelle in Nigerie (gedeeltelik Engels) [boodskap #60247 is 'n antwoord op boodskap #60245] So, 14 April 2002 01:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

DD wrote:

> Ek wonder of daar iemand tussen ons is wat
> nou nog nie daardie brief gekry het nie. Di e
> polisie het nou onlangs 'n nes van hulle
> oopgekrap (in 'n weelde hui) in Morningside
> Durban.

Ja, en nie lank gelede nie is 'n
persoon met 'n Afrikanernaam en
'n Australiër wat tydelik in SA is,
aangekla vir hierdie soort gemors.
Die ding wat my die meeste irriteer
is die feit dat hulle mens wil oortuig
dat dit Nigeriërs is wat so dom is.

Gloudina
Re: My Nuwe Pelle in Nigerie (gedeeltelik Engels) [boodskap #60249 is 'n antwoord op boodskap #60247] So, 14 April 2002 02:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3CB8D4E9.4000105@rogers.com...
>
> DD wrote:

>> Ek wonder of daar iemand tussen ons is wat
>> nou nog nie daardie brief gekry het nie.

> Ja, en nie lank gelede nie is 'n
> persoon met 'n Afrikanernaam en
> 'n Australiër wat tydelik in SA is,
> aangekla vir hierdie soort gemors.
>

Dit wassie ekke nie! Maar snaaks genoeg, ek het nog nooit een van dié
ontvang nie... So Didi, dit kan okkie jy wees nie!
Re: My Nuwe Pelle in Nigerie (gedeeltelik Engels) [boodskap #60252 is 'n antwoord op boodskap #60246] So, 14 April 2002 04:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Invoice - faktuur
Blackmail - afpersing

Sal dit agv hierdie Lads from Lagos wees dat die Profeet Joshua ook van
Lagos kom?:))

Janee Q, soos jy daar skryf van hul modus operandi - dis hoe ons dit hier
ook verstaan - nee wat, ek dink ek stuur maar hulle boodskappies weer deur
na die betrokke owerhede - het in elk geval nie tyd om soontoe te reis nie

Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind

Q skryf in boodskap news:iX2u8.13643$LN2.154199@NewsReader...
>
> "DD" wrote in message
> news:ps9hbu48vh4rs78rcirudoeig6i9ogf4lo@4ax.com...
>> Natuurlik het ek ook vir 'n oomblik aan
>> Annette se idee gedink soos om vir hulle
>> 'n rekening te skep, (en dan te skep!)
>> maar glo my dat hulle meer professioneel
>> is as wat vele mense miskien dink.
>
> Ag nee, DD... wil julle dan nou voorgee dat my nuwe pelle se intensies nie
> eerbaar is nie en dat dit dalk 'n voorbeeld van die sogenaamde '4-1-9 scam'
> is? Ek wed julle is net jaloers omdat die mense vir my as die uitverkorene
> aangewys het, en nei vir julle nie. Ek is seker dat die ouens wat vir julle
> geskryf het, die skuim van die aarde is, maar myne klink na 'n opregte
> Nigeriese patriot.
>
> Grappies ter syde... volgens die Amerikaanse Geheime Diens (die ouens wat
> die VSA se baas oppas - maar ek het vannaand toe ook geleer dat hulle
> oorspronklik in die lewe geroep is om 'funny money' te bestry) werk dit as
> volg:
>
> 1. Ek moet blanko briefhoofde en ander detail (bank goeters) aan hulle
> deurstuur. Die briefhoofde sal, volgens my pelle, gebruik word om 'invoices'
> (watsie Afrikaans nou weer) te skep teen die een of ander olie maatskappy
> (of so iets) vir werk gelewer vir die volledige bedrag... en dis die eerste
> gedeelte van die skelmstreek want hierdie briefhoofde word dan gebruik om
> aansoeke om visums te maak in Lagos by die betrokke ambassade.
>
> 2. Nou sal ek 'n magdom amptelike dokumentasie van my pelle ontvang wat die
> bestaan van die geld bewys, asook die verwerking van my kleim. En dis
> hierheen en dan daarheen.
>
> Hierna kan een van twee dinge gebeur:
>
> a. Dit is moontlik dat my pelle sal aandui dat ek nou na 'n buurstaat toe
> moet reis en hulle by 'n grenspos ontmoet. Amptenare sal dan omgekoop word
> (met my geld) om my die land binne te laat sonder 'n visum (ons wil mos nie
> rekord hou van ons ooreenkoms nie). Omdat dit 'n misdaad is om Nigerie
> sonder visum te betree, sal my nuwe pelle nou oor die vermoe beskik om my te
> 'oorreed' om fondse vry te stel - so 'n tipe 'blackmail' (watsie Afrikaans
> nou weer). Blykbaar is daar reeds een Amerikaner in Nigerie vermoor tydens
> so 'n besoek, en verskeie word vermis.
>
> b. Die alternatief is dat die ooreenkoms baie vlot verloop en net voordat
> die geld vrygestel word, ontstaan daar 'n klein probleempie. Maar my pelle
> sal my verseker dat dit niks ernstig is nie... dalk 'n amptenaar wat vir sy
> kind nuwe Nike hardloopskoene wil koop, of dalk 'n onvoorsiende tarief of
> belasting. Sal ek dalk so gaaf wees om GBP______ (vul self die bedrag in),
> aan te stuur, en dan sal hulle gou-gou die probleempie oplos. Ek stuur
> natuurlik die geld, want in vergelyking wat ek gaan maak uit hierdie
> ooreenkoms, is dit 'peanuts'... En die 'Lads from Lagos' (soos hulle genoem
> word), bedank my en nou gaan dinge weer voor die wind. Geld sal more
> inbetaal word. More is daar natuurlik niks nie, behalwe 'n pos wat lui
> 'jussie, raai wat... toe is daar nog 'n amptenaar wat nuwe taaiers vir sy
> BMW wil he. Wees asseblief so gaaf...' En so sal dit aangaan totdat ek nie
> meer geld het nie, of totdat ek breins kry.
>
> Hoe lui die Engelse gesegde: "If it sounds too good to be true, it usually
> is...". Wat sal die Afrikaanse eweknie wees (of moet ons een optower)?
>
> Q
>
Re: My Nuwe Pelle in Nigerie (gedeeltelik Engels) [boodskap #60259 is 'n antwoord op boodskap #60249] So, 14 April 2002 07:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 14 Apr 2002 12:52:49 +1000, "me & bobby magee"
wrote:

> Dit wassie ekke nie! Maar snaaks genoeg, ek het nog nooit een van dié
> ontvang nie... So Didi, dit kan okkie jy wees nie!
>

Maar, met al die kennisse wat ons nou hier het, kan jy
en ek gerus daaraan dink om ons eie veldtog te loots.
Ek meen, ons behoort darem op beter ondersteuning
as die Nigeriërs staat te kan maak:-) ¿?
Besef jy hoe groot ons kliënteveld sal wees? Regdeur
van Kanada tot by HK in Australië; Euros, Dollars en
Ponde! Emmy sal jòu ondersteun in boetvaardigheid
en die tannie weer vir my om te wys sy is afterall nie
sò sleg soos ons dink nie! (mensig, niémand kàn règtig
sò sleg wees nie!) Daai poppie in Georgia se dollars
gaan sò groei Pinky gaan skatryk word. Tobie gaan
MaCaw's (sp?) koop en Sakkie 'n Porche. :-O

Didi
Re: My Nuwe Pelle in Nigerie (gedeeltelik Engels) [boodskap #60263 is 'n antwoord op boodskap #60259] So, 14 April 2002 07:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Goeie gedagte Davie, net jammer ons sal moet aliasse kry en deur 'n offshore
ISP werk - die aantie het alweer aan die wye wêreld klaar verkondig dat dit
net SA's en Aussies is wat die werklike stouterds is;))
Annette - wat 'n eiland sal koop met haar winsie

DD skryf in boodskap news:mu8ibu0ukp14fnsk6ludpqb9l12tpn722v@4ax.com...
> On Sun, 14 Apr 2002 12:52:49 +1000, "me & bobby magee"
> wrote:
>
>
>> Dit wassie ekke nie! Maar snaaks genoeg, ek het nog nooit een van dié
>> ontvang nie... So Didi, dit kan okkie jy wees nie!
>>
>
> Maar, met al die kennisse wat ons nou hier het, kan jy
> en ek gerus daaraan dink om ons eie veldtog te loots.
> Ek meen, ons behoort darem op beter ondersteuning
> as die Nigeriërs staat te kan maak:-) �?
> Besef jy hoe groot ons kliënteveld sal wees? Regdeur
> van Kanada tot by HK in Australië; Euros, Dollars en
> Ponde! Emmy sal j�u ondersteun in boetvaardigheid
> en die tannie weer vir my om te wys sy is afterall nie
> sê sleg soos ons dink nie! (mensig, ni�mand kón regtig
> sê sleg wees nie!) Daai poppie in Georgia se dollars
> gaan sê groei Pinky gaan skatryk word. Tobie gaan
> MaCaw's (sp?) koop en Sakkie 'n Porche. :-O
>
> Didi
>
Re: My Nuwe Pelle in Nigerie (gedeeltelik Engels) [boodskap #60267 is 'n antwoord op boodskap #60247] So, 14 April 2002 09:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3CB8D4E9.4000105@rogers.com...
> Die ding wat my die meeste irriteer
> is die feit dat hulle mens wil oortuig
> dat dit Nigeriërs is wat so dom is.

Gloudina,

(Of slim is...dit word beraam dat hierdie ouens al miljoene gemaak het). Dis
deel van die slenterslag. Jy moet erken dat lande soos Nigerie ongelukkig
nie juis 'n goeie rekord het betreffende korrupsie nie. Nie omdat hulle
eksklusiwiteit re korrupsie het nie, (die kry mens maar die wereld oor),
maar omdat korrupsie onder amptenare by tye die norm was eerder as die
uitsondering. Ter selfde tyd het Nigerie ongelooflike bronne van rou
materiale

Daarom maak dit die storie wat die prooi gevoer word, 'n bietjie meer
geloofwaardig. As die prooi 'n sekere verwysingsraamwerk het en homself in
'n finansiele posisie bevind waar hy graag sal wil he dat die 'aas' die
waarheid moet wees, dan is die soveel meer effektief as die prooi van
oortuiging is dat die storie waarskynlik waar is. So 'n persoon sal maar
redelik langtand raak aan 'n soortgelyke kommunikasie wat van 'n Europese
Unie verteenwoordiger kom.

Die mees effektiewe liegstorie is daai een met 'n greintjie waarheid in.

Ek glo ook nie vir 'n oomblik dat my nuwe pelle Nigeries is nie, (dit maak
ook nie eers saak nie - dit kan net sowel Koos Botha van Avondsrus wees - en
as daar so ou bestaan, sorrie...), maar hierdie slenterslag het sy oorsprong
in Nigerie (daarom die naam 4-1-9 wat na die relevante seksie in die
Nigeriese Kriminele Kode verwys). Blykbaar het die regte Sentrale Bank van
Nigerie al vol en halfblad advertensies in die meeste groot Amerikaanse
koerante geplaas om hulle van hierdie slenterslag te distansieer. Die FBI
het 'n spesifieke verteenwoordigheid in Nigerie as gevolg van hierdie scam
en hulle het spesiale dienste daar om Amerikaners wat in die knyp is, uit te
help. Die huidige Nigeriese regering aanvaar ook dat hulle 'n probleem het
en het 'n diplomatieke aksiegroep wat met ander regerings saamwerk om die
boodskap daar buite te kry dat hierdie 'n slenterslag is.

Q
Re: My Nuwe Pelle in Nigerie (gedeeltelik Engels) [boodskap #60271 is 'n antwoord op boodskap #60267] So, 14 April 2002 15:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Q wrote:

Jy moet erken dat lande soos Nigerie ongelukkig
> nie juis 'n goeie rekord het betreffende korrupsie nie

> Daarom maak dit die storie wat die prooi gevoer word, 'n bietjie meer
> geloofwaardig. As die prooi 'n sekere verwysingsraamwerk het en homself in
> 'n finansiele posisie bevind waar hy graag sal wil he dat die 'aas' die
> waarheid moet wees, dan is die soveel meer effektief as die prooi van
> oortuiging is dat die storie waarskynlik waar is.

Ja, die stupid, stupid prooie. En nie net stupid
nie, maar ook met 'n klomp cliches in hulle kop
van hoe "korrup" die Nigeriërs is, terwyl hulle
in SA of in die VSA, waar hulle ookal sit, net soveel
korrupsie kan opdiep as hulle net hulle oë wil
oopmaak. Hulle is dan prooie van hulle eie stupid
opinie dat "Migeriërs meestal korrup is en witmense
meestal eerlik."
Dit neem mens lank om sommige van hierdie kulturele
"opinies" te leer ken. Een van die eienaardigste wat
ek teengekom het, is die volgende: toe ek in swart skole
begin skoolhou het, en dus baie met swart onderwysers
in aanraking gekom het, was ek verbaas oor hoe suspisieus
hulle was oor mense se akademiese grade. Hulle het altyd
'n punt daarvan gemaak om uit te vind presies waar die
persoon sy doktorsgraad gekry het en wat sy agtergrond is.
Toe kom ek agter dis omdat daar in die VSA instansies is
waar hulle 'n doktorsgraad omtrent verniet weggee of selfs
verkoop, en dat die swart mense in SA meer bewus was daarvan
dat nie almal met Dr. voor sy naam 'n regte graad besit nie.
(Dit was dan ook 'n swart man wat my daarop gewys het dat mens
'n M.A. van Oxford of Cambridge kan kry bloot deur vyf jaar te
wag na jou B.A of B.Sc. en dan vir die M.A. applikasie te doen
en natuurlik geld daarvoor te betaal.)
Iets soortgelyks het onder my aandag gekom toe 'n ou wat
in 'n apostoliese kerk hier in Kanada is, vir my vertel het dat
nie al die predikante in hulle kerk met 'n Dr. voor sy naam
'n "regte" doktorsgraad het nie. Hy sê dat elke klein kollege
wat predikante vir sy kerk oplei, elke nou en dan vir iemand 'n
"doktorsgraad" toeken, al het die man somtyds nie eers 'n
hoërskoolsertifikaat agter sy blad nie.

Gloudina
Die arme prooie [boodskap #60276 is 'n antwoord op boodskap #60271] So, 14 April 2002 17:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 14 Apr 2002 15:54:32 GMT, "@rogers.com" wrote:

> Ja, die stupid, stupid prooie. En nie net stupid
> nie, maar ook met 'n klomp cliches in hulle kop
> van hoe "korrup" die Nigeriërs is,

En daarby nog geldgierig ook. Foeitog - die arme drommels....

> Hulle het altyd
> 'n punt daarvan gemaak om uit te vind presies waar die
> persoon sy doktorsgraad gekry het en wat sy agtergrond is.
> Toe kom ek agter dis omdat daar in die VSA instansies is
> waar hulle 'n doktorsgraad omtrent verniet weggee of selfs
> verkoop, en dat die swart mense in SA meer bewus was daarvan
> dat nie almal met Dr. voor sy naam 'n regte graad besit nie.

Ek weet nie of dit die rede is nie. Dit is mos algemene praktyk as jy
iemand aanstel in 'n akademiese posisie om sy grade te verifieer. Dit
word tog oral gedoen. Ek kan mos nie sommer net by 'n akademiese
instansie (of enige ander instansie) instap en anneem dat dit wat op
daardie papiere staan, eg is nie. Hier in Amerika moet mens
byvoorbeeld eers jou grade laat vertaal deur 'n amptelik erkende
vertaler (indien jy jou grade in die buiteland verwerf het), en daarna
word die gehalte van die graad geevalueer deur 'n spesifieke instansie
wat kennis het van die gehalte van Universiteite dwarsoor die wereld.
Eers DAN kan jy aansoek doen vir verdere post-grad/post-doc (of soos
ons dit altyd genoem het - post-dog) studies ens.
Dieselfde geld vir grade verwerf hier in Amerika. Daar is
"universiteite" wat gladnie erken word nie, en as jy 'n sogenaamde
graad van so instansie verwerf het, sal dit absoluut NIKS beteken nie
- selfs nie eens by UGA nie! :-)

So, ek glo nie dat die rede wat jy aanvoer die eintlike rede vir
hierdie swart onderwysers se suspisie was nie. Ek gee hulle bietjie
meer krediet as dit. Hulle het net gedoen wat oral in die res van die
wereld gedoen word, en as die norm aanvaar word.

> (Dit was dan ook 'n swart man wat my daarop gewys het dat mens
> 'n M.A. van Oxford of Cambridge kan kry bloot deur vyf jaar te
> wag na jou B.A of B.Sc. en dan vir die M.A. applikasie te doen
> en natuurlik geld daarvoor te betaal.)

Interessant. Wat doen mens dan met daardie M.A? (Gewoonlik doen jy
'n M.Sc as jy nie verder wil studeer in jou vakgebied nie)

> Iets soortgelyks het onder my aandag gekom toe 'n ou wat
> in 'n apostoliese kerk hier in Kanada is, vir my vertel het dat
> nie al die predikante in hulle kerk met 'n Dr. voor sy naam
> 'n "regte" doktorsgraad het nie. Hy sê dat elke klein kollege
> wat predikante vir sy kerk oplei, elke nou en dan vir iemand 'n
> "doktorsgraad" toeken, al het die man somtyds nie eers 'n
> hoërskoolsertifikaat agter sy blad nie.

100% verifieerbaar! Ek weet dit gebeur. Onthou net altyd dat daardie
"graad" minder as niks beteken buite daardie persoon se kerk nie.
Geen ander kerk sal hom of haar aanstel met daardie titel nie.
Die titel van "doktor" is net geldig binne daardie spesifieke
denominasie en nerens anders nie. Dis in elkgeval hoe ek dit
verstaan.
Re: Die arme prooie [boodskap #60281 is 'n antwoord op boodskap #60276] So, 14 April 2002 18:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Katryn wrote:

> Ek weet nie of dit die rede is nie. Dit is mos algemene praktyk as jy
> iemand aanstel in 'n akademiese posisie om sy grade te verifieer. Dit
> word tog oral gedoen.

Ons praat in hierdie geval nie oor wat
akademiese inrigtings oor grade dink nie.
Dis wat die gewone swart man in 'n staf-
kamer oor akademiese grade dink wat hier
ter sprake is. En in my geval was dit regtig
'n skok om die sterkte van hulle opinies oor
die saak te hoor. Afrikaners het nog altyd
groot ontsag vir akademiese agtergrond gehad,
anders as in die VSA en Kanada, waar hierdie
soort dinge nie veel tel nie.

Gloudina
Re: Die arme prooie [boodskap #60282 is 'n antwoord op boodskap #60276] So, 14 April 2002 18:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Katryn wrote:

>> (Dit was dan ook 'n swart man wat my daarop gewys het dat mens
>> 'n M.A. van Oxford of Cambridge kan kry bloot deur vyf jaar te
>> wag na jou B.A of B.Sc. en dan vir die M.A. applikasie te doen
>> en natuurlik geld daarvoor te betaal.)

>
> Interessant. Wat doen mens dan met daardie M.A? (Gewoonlik doen jy
> 'n M.Sc as jy nie verder wil studeer in jou vakgebied nie)

Wel, ek ken baie mense wat ondergraadse studie
in Oxford en Cambridge gedoen het, en dan gesorg
het dat die M.A. binne vyf jaar agter hul naam
verskyn. Ek het 'n Engelse vriendin gehad wat
uiteindelik met 'n Amerikaner getroud is, en lekker
poste in allerhande Amerikaanse inrigtings gekry
het met haar Cambridge agtergrond. Maar toe sy die
dag met 'n doktorsgraad wil begin by die Universiteit
van Pennsylvanie, en haar M.A. op haar aansoekvorm sit,
toe vra die ou wat haar keur, of die M.A. 'n "real M.A."
was, of 'n "Cambridge M.A."

Gloudina
Re: My Nuwe Pelle in Nigerie (gedeeltelik Engels) [boodskap #60284 is 'n antwoord op boodskap #60267] So, 14 April 2002 21:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Q
(Of slim is...dit word beraam dat hierdie ouens al miljoene gemaak het). Dis
deel van die slenterslag. Jy moet erken dat lande soos Nigerie ongelukkig
nie juis 'n goeie rekord het betreffende korrupsie nie. Nie omdat hulle
eksklusiwiteit re korrupsie het nie, (die kry mens maar die wereld oor),
maar omdat korrupsie onder amptenare by tye die norm was eerder as die
uitsondering. Ter selfde tyd het Nigerie ongelooflike bronne van rou
materiale Die huidige Nigeriese regering aanvaar ook dat hulle
'n probleem het en het 'n diplomatieke aksiegroep wat met ander
regerings saamwerk om die boodskap daar buite te kry dat hierdie 'n
slenterslag is.

Wouter
Ek verstaan dat sedert so twee of drie jaar gelede slaan die Nigeriese
owerhede baie hard toe op bedrog. Die klomp bedrieërs wat uit
Nigerië opgetree het het blykbaar getrek, die wêreld is nou daar vir
hulle te warm, hulle is ook nie almal Nigeriërs nie. SA huisves
vermoedelik die grootste deel van hulle, die persepsie (feit?) is dat
ons sag op misdaad is.
Re: My Nuwe Pelle in Nigerie (gedeeltelik Engels) [boodskap #60287 is 'n antwoord op boodskap #60284] So, 14 April 2002 22:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dave Du Plessis  is tans af-lyn  Dave Du Plessis
Boodskappe: 81
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Sun, 14 Apr 2002 23:04:27 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

> , die persepsie (feit?) is dat
> ons sag op misdaad is.
>

die aaname is...
Re: Die arme prooie [boodskap #60288 is 'n antwoord op boodskap #60282] So, 14 April 2002 22:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 14 Apr 2002 18:59:08 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Wel, ek ken baie mense wat ondergraadse studie
> in Oxford en Cambridge gedoen het, en dan gesorg
> het dat die M.A. binne vyf jaar agter hul naam
> verskyn. Ek het 'n Engelse vriendin gehad wat
> uiteindelik met 'n Amerikaner getroud is, en lekker
> poste in allerhande Amerikaanse inrigtings gekry
> het met haar Cambridge agtergrond. Maar toe sy die
> dag met 'n doktorsgraad wil begin by die Universiteit
> van Pennsylvanie, en haar M.A. op haar aansoekvorm sit,
> toe vra die ou wat haar keur, of die M.A. 'n "real M.A."
> was, of 'n "Cambridge M.A."

LOL! Love it. :-)
Maar dit bewys maar net weereens dat mens nie rerig veel kan uitrig
met 'n "fake" graad nie. Ek is seker dat daardie Amerikaanse
inrigtings waar sy werk gekry het, nie alleenlik na haar akademiese
agtergrond gekyk het nie, maar ook na ander dinge soos verwysings,
gepubliseerde artikels, persoonlikheid, karakter, ens. Dalk was die
basis vereiste vir die poste waarvoor sy aansoek gedoen het 'n gewone
B.A of B.Sc of watookal.
Re: My Nuwe Pelle in Nigerie (gedeeltelik Engels) [boodskap #60290 is 'n antwoord op boodskap #60284] So, 14 April 2002 23:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 14 Apr 2002 23:04:27 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

> Wouter
> Ek verstaan dat sedert so twee of drie jaar gelede slaan die Nigeriese
> owerhede baie hard toe op bedrog. Die klomp bedrieërs wat uit
> Nigerië opgetree het het blykbaar getrek, die wêreld is nou daar vir
> hulle te warm, hulle is ook nie almal Nigerieërs nie. SA huisves
> vermoedelik die grootste deel van hulle, die persepsie (feit?) is dat
> ons sag op misdaad is.

Iewers het ek gelees dat SA nou ook 'n "veilige hawe vir baie "drug
dealers" is. Juis oor die hierdie persepsie dat julle sag op misdaad
is. Wat dink jy? Is die ANC sag op misdaad, en kan daar iets aan
gedoen word?
Ek sien dat jy "feit" met 'n vraagteken daar plaas. Dink jy dis 'n
feit of 'n persepsie?
Dit lyk vir my na 'n feit van hier af. Maar ek sal graag verkeerd
bewys wil word.
Re: My Nuwe Pelle in Nigerie (gedeeltelik Engels) [boodskap #60291 is 'n antwoord op boodskap #60287] So, 14 April 2002 23:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 15 Apr 2002 00:07:40 +0200, Dave Du Plessis
wrote:

> On Sun, 14 Apr 2002 23:04:27 +0200, "Wouter Plaasvark"
> wrote:
>
>
>> , die persepsie (feit?) is dat
>> ons sag op misdaad is.

>
> die aaname is...

Die aanname is dat jy baie regs en konserwatief is, want jy kan nie
spel nie?
:-))))
Re: My Nuwe Pelle in Nigerie (gedeeltelik Engels) [boodskap #60292 is 'n antwoord op boodskap #60287] Ma, 15 April 2002 00:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Dave Du Plessis wrote:

"Wouter Plaasvark"
> wrote:

>> , die persepsie (feit?) is dat
>> ons sag op misdaad is.

> die aaname is...

Ag tog, my liewe toggie. Hy kritiseer
Wouter vir sy taalgebruik, en spel dan
"aanname" verkeerd.

Tant Hessie van die agterste van Helsdingens.
Re: Die arme prooie [boodskap #60293 is 'n antwoord op boodskap #60288] Ma, 15 April 2002 00:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Katryn wrote:

Ek is seker dat daardie Amerikaanse
> inrigtings waar sy werk gekry het, nie alleenlik na haar akademiese
> agtergrond gekyk het nie, maar ook na ander dinge soos verwysings,
> gepubliseerde artikels, persoonlikheid, karakter, ens. Dalk was die
> basis vereiste vir die poste waarvoor sy aansoek gedoen het 'n gewone
> B.A of B.Sc of watookal.

Nee, ek is baie seker dat die feit dat sy
ondergraads aan Cambridge studeer het, iets
daarmee te doen het. Cambridge, miskien meer
as Oxford, het met rede 'n goeie reputasie as
'n eersteklas-universiteit. En Amerikaners
het 'n heilige respek vir hulle. Sy het nou
nie professorate by groot universiteite beklee
nie, maar gewerk by (gewoonlik Katolieke)
liberal arts colleges as 'n dosent in Engels.

Gloudina
Re: My Nuwe Pelle in Nigerie (gedeeltelik Engels) [boodskap #60295 is 'n antwoord op boodskap #60259] Ma, 15 April 2002 02:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 14 Apr 2002 09:01:38 +0200, DD wrote:

> Daai poppie in Georgia se dollars
> gaan sò groei Pinky gaan skatryk word.

JGMS!!!
Re: My Nuwe Pelle in Nigerie (gedeeltelik Engels) [boodskap #60296 is 'n antwoord op boodskap #60284] Ma, 15 April 2002 03:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
> Q
> (Of slim is...dit word beraam dat hierdie ouens al miljoene gemaak het). Dis
> deel van die slenterslag. Jy moet erken dat lande soos Nigerie ongelukkig
> nie juis 'n goeie rekord het betreffende korrupsie nie. Nie omdat hulle
> eksklusiwiteit re korrupsie het nie, (die kry mens maar die wereld oor),
> maar omdat korrupsie onder amptenare by tye die norm was eerder as die
> uitsondering. Ter selfde tyd het Nigerie ongelooflike bronne van rou
> materiale Die huidige Nigeriese regering aanvaar ook dat hulle
> 'n probleem het en het 'n diplomatieke aksiegroep wat met ander
> regerings saamwerk om die boodskap daar buite te kry dat hierdie 'n
> slenterslag is.
>
> Wouter
> Ek verstaan dat sedert so twee of drie jaar gelede slaan die Nigeriese
> owerhede baie hard toe op bedrog. Die klomp bedrieërs wat uit
> Nigerië opgetree het het blykbaar getrek, die wêreld is nou daar vir
> hulle te warm, hulle is ook nie almal Nigeriërs nie. SA huisves
> vermoedelik die grootste deel van hulle, die persepsie (feit?) is dat
> ons sag op misdaad is.

Annette:
Daar was gister in die Sunday Times 'n groot artikel re hierdie 419 storie.
Mens kon nogal baie uit die artikel wys word - en ja, ons hier word as die
mekka beskou waaruit die mense opereer - die artikel meld van 5 verskillende
Nigeriese 419 baronne wat uit SA die storie wêreldwyd bedryf.

>
Re: My Nuwe Pelle in Nigerie (gedeeltelik Engels) [boodskap #60297 is 'n antwoord op boodskap #60246] Ma, 15 April 2002 06:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Daar i s'n hele web-saait wat die verskillende briewe op het - nogal
snaaks om te besoek - sal kyk of ek dit weer kan kry...

Q wrote:
>
> "DD" wrote in message
> news:ps9hbu48vh4rs78rcirudoeig6i9ogf4lo@4ax.com...
>> Natuurlik het ek ook vir 'n oomblik aan
>> Annette se idee gedink soos om vir hulle
>> 'n rekening te skep, (en dan te skep!)
>> maar glo my dat hulle meer professioneel
>> is as wat vele mense miskien dink.
>
> Ag nee, DD... wil julle dan nou voorgee dat my nuwe pelle se intensies nie
> eerbaar is nie en dat dit dalk 'n voorbeeld van die sogenaamde '4-1-9 scam'
> is? Ek wed julle is net jaloers omdat die mense vir my as die uitverkorene
> aangewys het, en nei vir julle nie. Ek is seker dat die ouens wat vir julle
> geskryf het, die skuim van die aarde is, maar myne klink na 'n opregte
> Nigeriese patriot.
>
> Grappies ter syde... volgens die Amerikaanse Geheime Diens (die ouens wat
> die VSA se baas oppas - maar ek het vannaand toe ook geleer dat hulle
> oorspronklik in die lewe geroep is om 'funny money' te bestry) werk dit as
> volg:
>
> 1. Ek moet blanko briefhoofde en ander detail (bank goeters) aan hulle
> deurstuur. Die briefhoofde sal, volgens my pelle, gebruik word om 'invoices'
> (watsie Afrikaans nou weer) te skep teen die een of ander olie maatskappy
> (of so iets) vir werk gelewer vir die volledige bedrag... en dis die eerste
> gedeelte van die skelmstreek want hierdie briefhoofde word dan gebruik om
> aansoeke om visums te maak in Lagos by die betrokke ambassade.
>
> 2. Nou sal ek 'n magdom amptelike dokumentasie van my pelle ontvang wat die
> bestaan van die geld bewys, asook die verwerking van my kleim. En dis
> hierheen en dan daarheen.
>
> Hierna kan een van twee dinge gebeur:
>
> a. Dit is moontlik dat my pelle sal aandui dat ek nou na 'n buurstaat toe
> moet reis en hulle by 'n grenspos ontmoet. Amptenare sal dan omgekoop word
> (met my geld) om my die land binne te laat sonder 'n visum (ons wil mos nie
> rekord hou van ons ooreenkoms nie). Omdat dit 'n misdaad is om Nigerie
> sonder visum te betree, sal my nuwe pelle nou oor die vermoe beskik om my te
> 'oorreed' om fondse vry te stel - so 'n tipe 'blackmail' (watsie Afrikaans
> nou weer). Blykbaar is daar reeds een Amerikaner in Nigerie vermoor tydens
> so 'n besoek, en verskeie word vermis.
>
> b. Die alternatief is dat die ooreenkoms baie vlot verloop en net voordat
> die geld vrygestel word, ontstaan daar 'n klein probleempie. Maar my pelle
> sal my verseker dat dit niks ernstig is nie... dalk 'n amptenaar wat vir sy
> kind nuwe Nike hardloopskoene wil koop, of dalk 'n onvoorsiende tarief of
> belasting. Sal ek dalk so gaaf wees om GBP______ (vul self die bedrag in),
> aan te stuur, en dan sal hulle gou-gou die probleempie oplos. Ek stuur
> natuurlik die geld, want in vergelyking wat ek gaan maak uit hierdie
> ooreenkoms, is dit 'peanuts'... En die 'Lads from Lagos' (soos hulle genoem
> word), bedank my en nou gaan dinge weer voor die wind. Geld sal more
> inbetaal word. More is daar natuurlik niks nie, behalwe 'n pos wat lui
> 'jussie, raai wat... toe is daar nog 'n amptenaar wat nuwe taaiers vir sy
> BMW wil he. Wees asseblief so gaaf...' En so sal dit aangaan totdat ek nie
> meer geld het nie, of totdat ek breins kry.
>
> Hoe lui die Engelse gesegde: "If it sounds too good to be true, it usually
> is...". Wat sal die Afrikaanse eweknie wees (of moet ons een optower)?
>
> Q
Re: My Nuwe Pelle in Nigerie (gedeeltelik Engels) [boodskap #60302 is 'n antwoord op boodskap #60271] Ma, 15 April 2002 06:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:
>
> Q wrote:
>
> Jy moet erken dat lande soos Nigerie ongelukkig
>> nie juis 'n goeie rekord het betreffende korrupsie nie
>
>> Daarom maak dit die storie wat die prooi gevoer word, 'n bietjie meer
>> geloofwaardig. As die prooi 'n sekere verwysingsraamwerk het en homself in
>> 'n finansiele posisie bevind waar hy graag sal wil he dat die 'aas' die
>> waarheid moet wees, dan is die soveel meer effektief as die prooi van
>> oortuiging is dat die storie waarskynlik waar is.
>
> Ja, die stupid, stupid prooie. En nie net stupid
> nie, maar ook met 'n klomp cliches in hulle kop
> van hoe "korrup" die Nigeriërs is, terwyl hulle
> in SA of in die VSA, waar hulle ookal sit, net soveel
> korrupsie kan opdiep as hulle net hulle oë wil
> oopmaak. Hulle is dan prooie van hulle eie stupid
> opinie dat "Migeriërs meestal korrup is en witmense
> meestal eerlik."

Trust jou om 'n rasse issue hiervan te maak - die feite is egter -

1) Die slenter het sy onstaan in Nigerie gehad.
2) Dit word steeds uit Nigerie (onder andere) bedryf.
3) Aangesien die tipe skelsms oor die algemeen slimmer as hulle
slagoffers is is dit redelik om te aanvaar dat die slenter ook nou in
ander lande gebruik word aangesien Nigerie nie alleen reg op skelm
streke het nie.
4) Uit die Afrika lande is Nigerie een van die mees problematiese om
besigheid mee te doen - vra vir enige groot SA maatskappy met planne om
in afrika uit te brei.

Byvoorbeeld - dievolgende is op die RCMP website - duidelik is daar
kanadese ook betrokke maar nog duideliker beweer die RCMP dat die
kanadese groep deel is van 'n groter Nigeriese groep - en ek is seker
hule lsal hule lfeite toets voordat hulel soiets die wereld instuur:

July 10, 2001 — (Toronto, Ontario) — The Royal Canadian Mounted Police
Toronto West Detachment Commercial Crime Section today announces the
results of a three year investigation that has successfully dismantled a
highly sophisticated international criminal organization operating in
the Greater Toronto Area and victimizing people around the world.

This alleged criminal group has been perpetrating a large scale
international fraud known as the West African-based Organized Advance
Fee Fraud or more commonly known as the "Nigerian letter scam". The RCMP
alleges that this criminal group is part of a larger criminal
organization based in Nigeria and that this group has been perpetrating
this scam for over 8 years in the Greater Toronto Area.

(Sien http://www.rcmp-grc.gc.ca/news/nr-01-11.htm vir volle berig)
Re: My Nuwe Pelle in Nigerie (gedeeltelik Engels) [boodskap #60317 is 'n antwoord op boodskap #60290] Ma, 15 April 2002 09:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn"
Iewers het ek gelees dat SA nou ook 'n "veilige hawe vir baie "drug
dealers" is. Juis oor die hierdie persepsie dat julle sag op misdaad
is. Wat dink jy? Is die ANC sag op misdaad, en kan daar iets aan
gedoen word? Ek sien dat jy "feit" met 'n vraagteken daar plaas.
Dink jy dis 'n feit of 'n persepsie? Dit lyk vir my na 'n feit van hier
af. Maar ek sal graag verkeerd bewys wil word.

Wouter
Dit is 'n feit dat SA se wetstoepassing minder effektief is as
vroeër. Die polisie het baie kundigheid verloor en hulle taak is
ook baie moeiliker as vroeër, hulle kan bv nie meer paswette
gebruik om areas skoon te hou van sekere misdadige elemente
nie. Ons groter menseregtefokus gee die misdadigers ook
baie meer regte, wat die wetstoepassers se saak bemoeilik.

Of ons wetstoepassing swakker as dié van ons buurlande is,
weet ek nie. Daarom het ek dit as feit bevraagteken.

Ek reken nie die regering is inherent "sag" op misdaad nie, dit
sou totaal onnosel wees, want die grootste slagoffers van
misdaad is in die swart gemeenskappe, waar die ANC se
natuurlike stembasis is. Die probleem is eerder dat hulle
sukkel om met die beskikbare geld effektiewe misdaad
effektief te bestry. Die probleem lê in die uitvoering, nie in
die gesindheid of politieke wil nie.

Maar dit is die Regering se enkele grootste swak area. Hulle
het wel 'n baie groot struktuurprobleem geërf (minder fondse,
nuwe wette, 'n nuwe menseregtekultuur, 'n gediskrediteerde
polisiemag en groot verlies aan kundigheid) maar hulle moes
baie verder gevorder het na 8 jaar in die kussings.

'n Mens hoor gelukkig al hoe meer anekdotiese getuienis
van goeie polisieoptrede wat mense aangenaam verras
het. Miskien is daar lig op die pad. Maar ongelukkig
hoor 'n mens ook nog van baie negatiewe ervarings.
Re: My Nuwe Pelle in Nigerie (gedeeltelik Engels) [boodskap #60319 is 'n antwoord op boodskap #60317] Ma, 15 April 2002 10:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gister se koerant vertel juis van so 'n flinke swart polisieman, wat die
Nigeriese skelm ( wat 'n swart Suid -Afrikaanse vrou het) agternagesit het.
Die uiteinde van die saak was dat die skelm toe daar in die polisiekantoor
sit, duur groen linnepakbroek papnat gepiepie:)))
Annette

Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:3cbaa107.0@news1.mweb.co.za...
> "Katryn"
> Iewers het ek gelees dat SA nou ook 'n "veilige hawe vir baie "drug
> dealers" is. Juis oor die hierdie persepsie dat julle sag op misdaad
> is. Wat dink jy? Is die ANC sag op misdaad, en kan daar iets aan
> gedoen word? Ek sien dat jy "feit" met 'n vraagteken daar plaas.
> Dink jy dis 'n feit of 'n persepsie? Dit lyk vir my na 'n feit van hier
> af. Maar ek sal graag verkeerd bewys wil word.
>
> Wouter
> Dit is 'n feit dat SA se wetstoepassing minder effektief is as
> vroeër. Die polisie het baie kundigheid verloor en hulle taak is
> ook baie moeiliker as vroeër, hulle kan bv nie meer paswette
> gebruik om areas skoon te hou van sekere misdadige elemente
> nie. Ons groter menseregtefokus gee die misdadigers ook
> baie meer regte, wat die wetstoepassers se saak bemoeilik.
>
> Of ons wetstoepassing swakker as dié van ons buurlande is,
> weet ek nie. Daarom het ek dit as feit bevraagteken.
>
> Ek reken nie die regering is inherent "sag" op misdaad nie, dit
> sou totaal onnosel wees, want die grootste slagoffers van
> misdaad is in die swart gemeenskappe, waar die ANC se
> natuurlike stembasis is. Die probleem is eerder dat hulle
> sukkel om met die beskikbare geld effektiewe misdaad
> effektief te bestry. Die probleem lê in die uitvoering, nie in
> die gesindheid of politieke wil nie.
>
> Maar dit is die Regering se enkele grootste swak area. Hulle
> het wel 'n baie groot struktuurprobleem geërf (minder fondse,
> nuwe wette, 'n nuwe menseregtekultuur, 'n gediskrediteerde
> polisiemag en groot verlies aan kundigheid) maar hulle moes
> baie verder gevorder het na 8 jaar in die kussings.
>
> 'n Mens hoor gelukkig al hoe meer anekdotiese getuienis
> van goeie polisieoptrede wat mense aangenaam verras
> het. Miskien is daar lig op die pad. Maar ongelukkig
> hoor 'n mens ook nog van baie negatiewe ervarings.
>
Re: My Nuwe Pelle in Nigerie (gedeeltelik Engels) [boodskap #60331 is 'n antwoord op boodskap #60317] Ma, 15 April 2002 13:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:


> Of ons wetstoepassing swakker as dié van ons buurlande is,
> weet ek nie. Daarom het ek dit as feit bevraagteken.

'n nuwe menseregtekultuur

SA is ongelukkig in dieselfde boot as Kanada,
wat gedurig beskuldig word dat hulle te sag
is as dit by die wet kom, veral deur hulle
bure suid van die grens. Maar mens moet kies
of jy menseregte respekteer of nie, en die
gevolge daarvan dra.
Die Amerikaners was baie vinnig om die vinger
te wys na Kanada na Sept. 11, en vir die eerste
paar dae het hulle vas geglo dat sommige van die
suicide bombers uit Kanada gekom het. Dis eers nou
dat hulle besef dat meeste van daardie mense in die
VSA was vir jare, sommige van hulle wettig.

Gloudina
Re: My Nuwe Pelle in Nigerie (gedeeltelik Engels) [boodskap #60336 is 'n antwoord op boodskap #60247] Ma, 15 April 2002 15:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ockie van Schalkwyk  is tans af-lyn  Ockie van Schalkwyk
Boodskappe: 153
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
Tant Gloudina, is jy stupid of maak jy maar net so? Jy steek jou neus uit
en elke keer chop hulle dit af vir jou? Die eige Nigeriese ambassade
waarsku al vir jare en jare in Namibië teen hierdie soort bedrog wat uit hul
land floreer........maar jy sê dis die alweer apartheid se skuld? Jy praat
tog twak!
skryf in boodskap news:3CB8D4E9.4000105@rogers.com...
>
> DD wrote:
>
>
>> Ek wonder of daar iemand tussen ons is wat
>> nou nog nie daardie brief gekry het nie. Di e
>> polisie het nou onlangs 'n nes van hulle
>> oopgekrap (in 'n weelde hui) in Morningside
>> Durban.
>
> Ja, en nie lank gelede nie is 'n
> persoon met 'n Afrikanernaam en
> 'n Australiër wat tydelik in SA is,
> aangekla vir hierdie soort gemors.
> Die ding wat my die meeste irriteer
> is die feit dat hulle mens wil oortuig
> dat dit Nigeriërs is wat so dom is.
>
> Gloudina
>
Re: My Nuwe Pelle in Nigerie (gedeeltelik Engels) [boodskap #60383 is 'n antwoord op boodskap #60336] Di, 16 April 2002 12:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

> Tant Gloudina, is jy stupid of maak jy maar net so? Jy steek jou neus uit
> en elke keer chop hulle dit af vir jou? Die eige Nigeriese ambassade
> waarsku al vir jare en jare in Namibië teen hierdie soort bedrog wat uit hul
> land floreer........maar jy sê dis die alweer apartheid se skuld? Jy praat
> tog twak!

En is jy nou stupid. Lees weer wat jy
geskryf het. Wie waarsku vir jou om nie
te glo wat mense skryf onder die naam
van Nigeriërs nie? En wie is onlangs in
SA in hegtenis geneem vir oortredings op
hierdie gebied - 'n prokureur in Stellenbosch
met 'n Afrikaanse naam en 'n Australiër.
En hou tog nou maar op met daardie frase
"maar jy sê dis alweer apartheid se skuld."
Sien jy hoe joggies soos jy daardie frase
gebruik as 'n stok om mense mee te slaan?
Dan voel jy tog so grênd dat jy dit nou weer
oor jou tong kan laat rol, en jy merk nie
eers dat jy dit op 'n plek gebruik waar dit
niks met die prys van eiers te doen het nie.
So, as jy met tannie wil gesels, word groot
as jy met grootmense wil praat.

Tant Hessie van die Spergebied.
Re: My Nuwe Pelle in Nigerie (gedeeltelik Engels) [boodskap #60395 is 'n antwoord op boodskap #60383] Di, 16 April 2002 15:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ockie van Schalkwyk  is tans af-lyn  Ockie van Schalkwyk
Boodskappe: 153
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
En jy lees net wat jy wil! Lank voor SA nog onafhanklik geraak het, was
Namibië steeds toegegooi onder die Nigeriese bedrog. Haai foeitog antie,
jy kon seker doerie tyd nog nie 'n rekenaar werk nie? Mense in Nigerië is
vasgetrap oor hierdie skema. Jou ou kop raak nou dof......
skryf in boodskap news:3CBC206D.8030503@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>> Tant Gloudina, is jy stupid of maak jy maar net so? Jy steek jou neus uit
>> en elke keer chop hulle dit af vir jou? Die eige Nigeriese ambassade
>> waarsku al vir jare en jare in Namibië teen hierdie soort bedrog wat uit hul
>> land floreer........maar jy sê dis die alweer apartheid se skuld? Jy praat
>> tog twak!
>
>
> En is jy nou stupid. Lees weer wat jy
> geskryf het. Wie waarsku vir jou om nie
> te glo wat mense skryf onder die naam
> van Nigeriërs nie? En wie is onlangs in
> SA in hegtenis geneem vir oortredings op
> hierdie gebied - 'n prokureur in Stellenbosch
> met 'n Afrikaanse naam en 'n Australiër.
> En hou tog nou maar op met daardie frase
> "maar jy sê dis alweer apartheid se skuld."
> Sien jy hoe joggies soos jy daardie frase
> gebruik as 'n stok om mense mee te slaan?
> Dan voel jy tog so grênd dat jy dit nou weer
> oor jou tong kan laat rol, en jy merk nie
> eers dat jy dit op 'n plek gebruik waar dit
> niks met die prys van eiers te doen het nie.
> So, as jy met tannie wil gesels, word groot
> as jy met grootmense wil praat.
>
> Tant Hessie van die Spergebied.
>
Re: My Nuwe Pelle in Nigerie (gedeeltelik Engels) [boodskap #60404 is 'n antwoord op boodskap #60291] Di, 16 April 2002 19:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 14 Apr 2002 19:45:31 -0400, Katryn wrote:


>> die aaname is...
>
> Die aanname is dat jy baie regs en konserwatief is, want jy kan nie
> spel nie?
> :-))))

Een moontlikheid is dat ek dit verkeerd geskryf het
en 'n ander is (nie beslis nie maar wel baie moontlik!)
dat die toets nie die tweede keer geregistreer het nie
bv:
Di e
>> polisie het nou onlangs 'n nes van hulle
>> oopgekrap (in 'n weelde hui) in Morningside
>> Durban.
So, daar is tog 'n moontlikheid dat ek 'n baie regse
en konserwatiewe goeie speller is, maar wel
agterlosig poppie!

Dawie
Re: My Nuwe Pelle in Nigerie (gedeeltelik Engels) [boodskap #60405 is 'n antwoord op boodskap #60292] Di, 16 April 2002 19:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 15 Apr 2002 00:03:54 GMT, "@rogers.com" wrote:

> Ag tog, my liewe toggie. Hy kritiseer
> Wouter vir sy taalgebruik, en spel dan
> "aanname" verkeerd.
>
> Tant Hessie van die agterste van Helsdingens.
>
>
anti lyk vir my elke dag bietjie meer en meer agtertoeërrrr.
Agter wat? [boodskap #60427 is 'n antwoord op boodskap #60404] Wo, 17 April 2002 05:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
>> Didi : die aaname is...

> Katryn : Die aanname is dat jy baie regs en konserwatief is,
> want jy kan nie spel nie? :-))))

Didi
Een moontlikheid is dat ek dit verkeerd geskryf het
en 'n ander is (nie beslis nie maar wel baie moontlik!)
dat die toets nie die tweede keer geregistreer het nie

Wouter
Dan het jy mos daardie (tweede) toets gedop...

Didi
So, daar is tog 'n moontlikheid dat ek 'n baie regse
en konserwatiewe goeie speller is, maar wel
agterlosig poppie!

Wouter
Miskien moet jy liewers die meer gebruiklike term agtelosig
gebruik, anders dink ons dalk jy is alweer agtelosig wanneer
jy jouself agterlosig noem?

Of het jy dalk agter die brug bedoel (so saam met die "poppie")? :-))

As jy klippe na 'n ander se glashuis (terug)gooi, moet jy ook nie
kla oor 'n paar skerfies wat terugspat nie :-)

Dawie
Wouter Kabouter? [boodskap #60452 is 'n antwoord op boodskap #60427] Wo, 17 April 2002 10:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:...
>> Wouter
> Miskien moet jy liewers die meer gebruiklike term agtelosig
> gebruik, anders dink ons dalk jy is alweer agtelosig wanneer
> jy jouself agterlosig noem?
>
> Of het jy dalk agter die brug bedoel (so saam met die "poppie")? :-))
>
> As jy klippe na 'n ander se glashuis (terug)gooi, moet jy ook nie
> kla oor 'n paar skerfies wat terugspat nie :-)
>
>
>
> Dawie

KinkY: Het jy n persoonlikheidsverandering ondergaan, Dawie? Of is dit Wouter?
Re: Wouter Kabouter? [boodskap #60470 is 'n antwoord op boodskap #60452] Wo, 17 April 2002 15:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Dawie

KinkY:
Het jy n persoonlikheidsverandering ondergaan, Dawie?
Of is dit Wouter?

Wouter:
Dit was ek wat nie Dave/Didi/du Plessis/Veldmuis
se Dawie geknip het nie :-)

Hou jy van kinky kabouters, Kinky?
Re: Wouter Kabouter? [boodskap #60491 is 'n antwoord op boodskap #60470] Do, 18 April 2002 02:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:...
>> Dawie
>
> KinkY:
> Het jy n persoonlikheidsverandering ondergaan, Dawie?
> Of is dit Wouter?
>
> Wouter:
> Dit was ek wat nie Dave/Didi/du Plessis/Veldmuis
> se Dawie geknip het nie :-)
>
> Hou jy van kinky kabouters, Kinky?

KinkY: Nog nie n kienkie Kabouter ontmoet nie, Wouter.
Maar hoekom vra jy???
Re: Wouter Kabouter? [boodskap #60526 is 'n antwoord op boodskap #60491] Do, 18 April 2002 11:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> KinkY:
> Of is dit Wouter?
>
> Wouter:
> Hou jy van kinky kabouters, Kinky?

KinkY: Nog nie n kienkie Kabouter ontmoet nie, Wouter.
Maar hoekom vra jy???

Wouter:
Die opskrif wat jy hier gekies het, het my laat wonder......
Re: Wouter Kabouter? [boodskap #60564 is 'n antwoord op boodskap #60526] Do, 18 April 2002 18:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:...
>> KinkY:
>> Of is dit Wouter?
>>
>> Wouter:
>> Hou jy van kinky kabouters, Kinky?
>
> KinkY: Nog nie n kienkie Kabouter ontmoet nie, Wouter.
> Maar hoekom vra jy???
>
> Wouter:
> Die opskrif wat jy hier gekies het, het my laat wonder......

KinkY: O, so? Eintlik het daar mos Dawie onderaan die eerste briefie
gestaan? En Dawie was n kabouter karaktertjie uit my prille jeug maar
toe hoor ek hoe mooi rym dit met Wouter. Sien? So. Net so.

Wouter is nie n kleine Kabouter
Nee sommer net n kuberstouter
Wat soms hier terg en speel
En niemand raak dan ooit verveel

Kan kabouters kienkie wees is die vraag
Wie sal dan weet as Wouter nie wil waag
Skielik lyk hy vir my alte skaam
Dan kry KinkY maar weer die blaam!

KinkY kwel haar mos nie oor n plaasvark
want dit is n donkie waaroor sy mos vrek!
En dié het gaan wei in n verre land
en eesaam wag sy aand na aand . . .
O die donkie [boodskap #60572 is 'n antwoord op boodskap #60564] Do, 18 April 2002 19:41 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Piet Pompdonkie  is tans af-lyn  Piet Pompdonkie
Boodskappe: 126
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
KinkY:
Wouter is nie n kleine Kabouter
Nee sommer net n kuberstouter
Wat soms hier terg en speel
En niemand raak dan ooit verveel

Kan kabouters kienkie wees is die vraag
Wie sal dan weet as Wouter nie wil waag
Skielik lyk hy vir my alte skaam
Dan kry KinkY maar weer die blaam!

KinkY kwel haar mos nie oor n plaasvark
want dit is n donkie waaroor sy mos vrek!
En dié het gaan wei in n verre land
en eensaam wag sy aand na aand . . .

Pompdonkie
Kinky! Jy het my gemis, sowaar
Ek was nie weg, nooit hiervandaar
Ek loer vir julle hier van die plaas
Maar het my met skryf nie juis gehaas

Want Vroetelfrien was baie hier
Sy laaik tog so om my te plesier
Maar ek het baie verlang, ja wel
Na my Kinky en my Tinkerbell

Maar my missie hier was eers voltooi
Gloudina het verduidelik, ja so mooi
Nou hoef ek my nie meer te kwel
Oor waddehel is 'n villanelle :-)
Vorige onderwerp: Besonderse Rugbywedstryd
Volgende onderwerp: Re: Afrikanns = Nederlands, van wanneer af?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 13:34:50 MGT 2024