Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Om mnr Mbeki te verstaan...
Om mnr Mbeki te verstaan... [boodskap #60050] Do, 11 April 2002 11:45 na volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Mnr Mbeki se standpunt oor vigs is, soos wat ek kan uitmaak, in iets dieper
begrond as bloot 'n opinieverskil oor die herkoms daarvan. Iets daarvan is
te lese in 'n toespraak wat hy by Fort Hare gegee het, waarin hy sê dat die
huidige internasionale benadering oor die siekte swart mense weerspieël as
synde "draers van 'n bose kiem", en dat hy hom nie daarmee kan vereenselwig
nie.

In sy skrywe op die ANC se webwerf beskuldig hy die Vigs-aktiviste daarvan
dat hulle "a whole people" beledig. Dit kan nie bra anders verklaar word as
dat hy die miv/vigs-koppeling as 'n persoonlike belediging teenoor 'n hele
ras beleef nie.

Dit fassineer my. Kan hy nie op 'n manier oortuig word dat dit 'n MENS-ding
is en nie 'n RAS-ding nie? Hy behoort dit tog te kan sien in die groeisyfers
onder mense van alle rasse.

Koot
Re: Om mnr Mbeki te verstaan... [boodskap #60057 is 'n antwoord op boodskap #60050] Do, 11 April 2002 14:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Koot Ja - gisteraand in die Argus is daar in die briewekolom toe iemand ,
wat of baie jonk is, of 'n baie jeugdige uitkyk op die lewe het, wat vir
ons vertel dat ons nie Die Prez verstaan nie, en hoe eenvoudig dit tog vir
enige mens behoort te wees om Die Prez se vigs argument te begryp.:)))
"simple" was die woord wat sy telkens gebruik het.
Ek weet dit was stout van my om die arme mens se brief - wat sy duidelik in
dodelike erns geskryf het - te sien as 'n wonderlike stukkie humor.
Nodeloos om te sê dat dit wat jy aangehaal het, glad nie gemeld word deur
haar nie.

Bo en behalwe bogenoemde, wonder sy ook hoekom geen koerant ooit in hul
hoofartikels iets oor Onse Prez se vigsbeleid iets te sê gehad het, of hulle
teen of voor dit uitgespreek het as dit dan nou so ernstig sou wees nie, en
sluit sy toe af met die juweeltjie - dat die mense moet besef dat dit slegs
Onse Prez is, al mens op aarde in haar woorde , wat vir Mugabe met Zimbabwe
kan help.
Is dit nie kostelik nie?
Ek kan nie wag op die reaksie nie.

Jy moet erken dat Onse Prez konsekwent is -
Hy sal nie toelaat daar dat enige mens iets swaks dink van sy swart mense
nie, en hy sal nie toelaat dat sy swart mense op groot skaal deur middels
soos navirapine vergiftig word nie.

Annette

Koot Pieterse skryf in boodskap news:a93t19$38s$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Mnr Mbeki se standpunt oor vigs is, soos wat ek kan uitmaak, in iets dieper
> begrond as bloot 'n opinieverskil oor die herkoms daarvan. Iets daarvan is
> te lese in 'n toespraak wat hy by Fort Hare gegee het, waarin hy sê dat die
> huidige internasionale benadering oor die siekte swart mense weerspieël as
> synde "draers van 'n bose kiem", en dat hy hom nie daarmee kan vereenselwig
> nie.
>
> In sy skrywe op die ANC se webwerf beskuldig hy die Vigs-aktiviste daarvan
> dat hulle "a whole people" beledig. Dit kan nie bra anders verklaar word as
> dat hy die miv/vigs-koppeling as 'n persoonlike belediging teenoor 'n hele
> ras beleef nie.
>
> Dit fassineer my. Kan hy nie op 'n manier oortuig word dat dit 'n MENS-ding
> is en nie 'n RAS-ding nie? Hy behoort dit tog te kan sien in die groeisyfers
> onder mense van alle rasse.
>
> Koot
>
Re: Om mnr Mbeki te verstaan... [boodskap #60060 is 'n antwoord op boodskap #60057] Do, 11 April 2002 15:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Iemand moet in ons president se oor fluister dat die Mediese Navorsings Raad
in samewerking met SA Statistieke 'n tegniese verslag saamgestel het wat
hierdie probleem in fyn besonderhede uiteensit. Lees dit gerus. Kry dit by
www.mrc.ac.za/bod . Ek sê in sy oor fluister want dit is blykbaar al
wanneer hy luister.

Harde feite, nie iemand se idees van wat aangaan nie. Maak nie regtig saak
wat die oorsaak is nie, die feit is dat die sterfte syfer van mans tussen
die ouderdomme van 20 en 45 het verdubbel en in plaas dat die meeste
sterftes plaasvind in die 65-70 jaar ouderdomsgroep gebeur dit nou(2000
syfers) tussen 30-35. By vrouens was die sterftesyfer in die ouderdoms
groep 20-45 in 2000 vyf keer hoër as 1988 en die gemiddelde ouderdom waar
die meeste sterftes voorgekom het gedaal van 70-75 na 20-25. Hierdie
verandering het ook nog nie gestabiliseer nie en gaan nog meer afwyk van
normaal.

Maak nie saak waaraan ons president dit wil toeskryf nie, as hy nie iets
daadwerkliks daaraan gaan doen nie, gaan hy binne twee dekades nie meer 'n
volk hê om oor te regeer nie.

"Annette" skryf in boodskap news:a9465k$5in1$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Koot Ja - gisteraand in die Argus is daar in die briewekolom toe iemand ,
> wat of baie jonk is, of 'n baie jeugdige uitkyk op die lewe het, wat vir
> ons vertel dat ons nie Die Prez verstaan nie, en hoe eenvoudig dit tog vir
> enige mens behoort te wees om Die Prez se vigs argument te begryp.:)))
> "simple" was die woord wat sy telkens gebruik het.
> Ek weet dit was stout van my om die arme mens se brief - wat sy duidelik in
> dodelike erns geskryf het - te sien as 'n wonderlike stukkie humor.
> Nodeloos om te sê dat dit wat jy aangehaal het, glad nie gemeld word deur
> haar nie.
>
> Bo en behalwe bogenoemde, wonder sy ook hoekom geen koerant ooit in hul
> hoofartikels iets oor Onse Prez se vigsbeleid iets te sê gehad het, of hulle
> teen of voor dit uitgespreek het as dit dan nou so ernstig sou wees nie, en
> sluit sy toe af met die juweeltjie - dat die mense moet besef dat dit slegs
> Onse Prez is, al mens op aarde in haar woorde , wat vir Mugabe met Zimbabwe
> kan help.
> Is dit nie kostelik nie?
> Ek kan nie wag op die reaksie nie.
>
> Jy moet erken dat Onse Prez konsekwent is -
> Hy sal nie toelaat daar dat enige mens iets swaks dink van sy swart mense
> nie, en hy sal nie toelaat dat sy swart mense op groot skaal deur middels
> soos navirapine vergiftig word nie.
>
> Annette
>
>
>
> Koot Pieterse wrote in message
> news:a93t19$38s$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>> Mnr Mbeki se standpunt oor vigs is, soos wat ek kan uitmaak, in iets
> dieper
>> begrond as bloot 'n opinieverskil oor die herkoms daarvan. Iets daarvan is
>> te lese in 'n toespraak wat hy by Fort Hare gegee het, waarin hy sê dat
> die
>> huidige internasionale benadering oor die siekte swart mense weerspieël as
>> synde "draers van 'n bose kiem", en dat hy hom nie daarmee kan
> vereenselwig
>> nie.
>>
>> In sy skrywe op die ANC se webwerf beskuldig hy die Vigs-aktiviste daarvan
>> dat hulle "a whole people" beledig. Dit kan nie bra anders verklaar word
> as
>> dat hy die miv/vigs-koppeling as 'n persoonlike belediging teenoor 'n hele
>> ras beleef nie.
>>
>> Dit fassineer my. Kan hy nie op 'n manier oortuig word dat dit 'n
> MENS-ding
>> is en nie 'n RAS-ding nie? Hy behoort dit tog te kan sien in die
> groeisyfers
>> onder mense van alle rasse.
>>
>> Koot
>>
>
Re: Om mnr Mbeki te verstaan... [boodskap #60066 is 'n antwoord op boodskap #60060] Do, 11 April 2002 16:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Sakkie hierdie een gaan nie help nie, fluister ofte not.
Onse Prez het dit al klaar in sy kop - volgens Peter Mokaba- dat die storie
dat mense by die honderde doodgaan agv vigs net eenvoudig nie waar is nie.
Sy segspersoon het deesdae net een antwoord as iemand hul mond oopmaak ook
vigs of Zimbabwe -
The President refuses to discuss anything that is based on vicious rumours,
where the sole purpose is to discredit him.

Dit raak soms erg as mens bg antwoord tot vervelens toe lees in die
koerant - soms tot drie maal binne die eerste twee blaaie.

Annette

Sakkie skryf in boodskap news:3cb5a929$0$225@hades.is.co.za...
> Iemand moet in ons president se oor fluister dat die Mediese Navorsings Raad
> in samewerking met SA Statistieke 'n tegniese verslag saamgestel het wat
> hierdie probleem in fyn besonderhede uiteensit. Lees dit gerus. Kry dit by
> www.mrc.ac.za/bod . Ek sê in sy oor fluister want dit is blykbaar al
> wanneer hy luister.
>
> Harde feite, nie iemand se idees van wat aangaan nie. Maak nie regtig saak
> wat die oorsaak is nie, die feit is dat die sterfte syfer van mans tussen
> die ouderdomme van 20 en 45 het verdubbel en in plaas dat die meeste
> sterftes plaasvind in die 65-70 jaar ouderdomsgroep gebeur dit nou(2000
> syfers) tussen 30-35. By vrouens was die sterftesyfer in die ouderdoms
> groep 20-45 in 2000 vyf keer hoër as 1988 en die gemiddelde ouderdom waar
> die meeste sterftes voorgekom het gedaal van 70-75 na 20-25. Hierdie
> verandering het ook nog nie gestabiliseer nie en gaan nog meer afwyk van
> normaal.
>
> Maak nie saak waaraan ons president dit wil toeskryf nie, as hy nie iets
> daadwerkliks daaraan gaan doen nie, gaan hy binne twee dekades nie meer 'n
> volk hê om oor te regeer nie.
>
> "Annette" wrote in message
> news:a9465k$5in1$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Koot Ja - gisteraand in die Argus is daar in die briewekolom toe iemand ,
>> wat of baie jonk is, of 'n baie jeugdige uitkyk op die lewe het, wat vir
>> ons vertel dat ons nie Die Prez verstaan nie, en hoe eenvoudig dit tog
> vir
>> enige mens behoort te wees om Die Prez se vigs argument te begryp.:)))
>> "simple" was die woord wat sy telkens gebruik het.
>> Ek weet dit was stout van my om die arme mens se brief - wat sy duidelik
> in
>> dodelike erns geskryf het - te sien as 'n wonderlike stukkie humor.
>> Nodeloos om te sê dat dit wat jy aangehaal het, glad nie gemeld word deur
>> haar nie.
>>
>> Bo en behalwe bogenoemde, wonder sy ook hoekom geen koerant ooit in hul
>> hoofartikels iets oor Onse Prez se vigsbeleid iets te sê gehad het, of
> hulle
>> teen of voor dit uitgespreek het as dit dan nou so ernstig sou wees
nie,
> en
>> sluit sy toe af met die juweeltjie - dat die mense moet besef dat dit
> slegs
>> Onse Prez is, al mens op aarde in haar woorde , wat vir Mugabe met
> Zimbabwe
>> kan help.
>> Is dit nie kostelik nie?
>> Ek kan nie wag op die reaksie nie.
>>
>> Jy moet erken dat Onse Prez konsekwent is -
>> Hy sal nie toelaat daar dat enige mens iets swaks dink van sy swart mense
>> nie, en hy sal nie toelaat dat sy swart mense op groot skaal deur middels
>> soos navirapine vergiftig word nie.
>>
>> Annette
>>
>>
>>
>> Koot Pieterse wrote in message
>> news:a93t19$38s$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>>> Mnr Mbeki se standpunt oor vigs is, soos wat ek kan uitmaak, in iets
>> dieper
>>> begrond as bloot 'n opinieverskil oor die herkoms daarvan. Iets
daarvan
> is
>>> te lese in 'n toespraak wat hy by Fort Hare gegee het, waarin hy sê
dat
>> die
>>> huidige internasionale benadering oor die siekte swart mense
weerspieël
> as
>>> synde "draers van 'n bose kiem", en dat hy hom nie daarmee kan
>> vereenselwig
>>> nie.
>>>
>>> In sy skrywe op die ANC se webwerf beskuldig hy die Vigs-aktiviste
> daarvan
>>> dat hulle "a whole people" beledig. Dit kan nie bra anders verklaar
word
>> as
>>> dat hy die miv/vigs-koppeling as 'n persoonlike belediging teenoor 'n
> hele
>>> ras beleef nie.
>>>
>>> Dit fassineer my. Kan hy nie op 'n manier oortuig word dat dit 'n
>> MENS-ding
>>> is en nie 'n RAS-ding nie? Hy behoort dit tog te kan sien in die
>> groeisyfers
>>> onder mense van alle rasse.
>>>
>>> Koot
>>>
>>
>
Re: Om mnr Mbeki te verstaan... [boodskap #60079 is 'n antwoord op boodskap #60050] Do, 11 April 2002 18:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 11 Apr 2002 13:45:46 +0200, "Koot Pieterse"
wrote:

>
> Dit fassineer my. Kan hy nie op 'n manier oortuig word dat dit 'n MENS-ding
> is en nie 'n RAS-ding nie? Hy behoort dit tog te kan sien in die groeisyfers
> onder mense van alle rasse.
>
> Koot
>

Die realisme wat die mense openbaar Koot, word weerspieël in die feit
dat hy en sy adjunk uiteenlopende menings oor die regverdigheid van
die ZIM verkiesing uitgespreek het. Zuma het dit as vry en regverdig
bestempel terwyl Mbeki dit as rede vir 'n skorsing van Mugabe gesien
het.
Re: Om mnr Mbeki te verstaan... [boodskap #60113 is 'n antwoord op boodskap #60079] Vr, 12 April 2002 04:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek stem saam met die ANC se standpunt oor vigs en die beskikbaarstelling van
die teen-vigs middel.

Wie gaan die vigs-wesies versorg wanneer die moeder afgesterwe het?
Klaarblyklik sal daar jaarliks 'n gemiddelde toename van 80,000 van die
wesies tot die bevolking toegevoed word.

Ek vind dit eienaardig en onverantwoordelik dat almal hierdie enkele
probleem ignoreer. Dit is ook gewoonlik dieselfde klompie wat pro-aborsie
is.

"Davie Davis" skryf in boodskap news:0hlbbucu3riq26hvflpe4uk4u1vgchd1tp@4ax.com...
> On Thu, 11 Apr 2002 13:45:46 +0200, "Koot Pieterse"
> wrote:
>
>
>>
>> Dit fassineer my. Kan hy nie op 'n manier oortuig word dat dit 'n MENS-ding
>> is en nie 'n RAS-ding nie? Hy behoort dit tog te kan sien in die groeisyfers
>> onder mense van alle rasse.
>>
>> Koot
>>
>
> Die realisme wat die mense openbaar Koot, word weerspieël in die feit
> dat hy en sy adjunk uiteenlopende menings oor die regverdigheid van
> die ZIM verkiesing uitgespreek het. Zuma het dit as vry en regverdig
> bestempel terwyl Mbeki dit as rede vir 'n skorsing van Mugabe gesien
> het.
>
Re: Om mnr Mbeki te verstaan... [boodskap #60117 is 'n antwoord op boodskap #60113] Vr, 12 April 2002 05:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jonas, waar skryf Onse Prez dat dit die rede is hoekom hy nie die mense wil
help nie?
Annete

Jonas skryf in boodskap news:a95o86$45r$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Ek stem saam met die ANC se standpunt oor vigs en die beskikbaarstelling van
> die teen-vigs middel.
>
> Wie gaan die vigs-wesies versorg wanneer die moeder afgesterwe het?
> Klaarblyklik sal daar jaarliks 'n gemiddelde toename van 80,000 van die
> wesies tot die bevolking toegevoed word.
>
> Ek vind dit eienaardig en onverantwoordelik dat almal hierdie enkele
> probleem ignoreer. Dit is ook gewoonlik dieselfde klompie wat pro-aborsie
> is.
>
> "Davie Davis" wrote in message
> news:0hlbbucu3riq26hvflpe4uk4u1vgchd1tp@4ax.com...
>> On Thu, 11 Apr 2002 13:45:46 +0200, "Koot Pieterse"
>> wrote:
>>
>>
>>>
>>> Dit fassineer my. Kan hy nie op 'n manier oortuig word dat dit 'n
> MENS-ding
>>> is en nie 'n RAS-ding nie? Hy behoort dit tog te kan sien in die
> groeisyfers
>>> onder mense van alle rasse.
>>>
>>> Koot
>>>
>>
>> Die realisme wat die mense openbaar Koot, word weerspieël in die feit
>> dat hy en sy adjunk uiteenlopende menings oor die regverdigheid van
>> die ZIM verkiesing uitgespreek het. Zuma het dit as vry en regverdig
>> bestempel terwyl Mbeki dit as rede vir 'n skorsing van Mugabe gesien
>> het.
>>
>
Re: Om mnr Mbeki te verstaan... [boodskap #60122 is 'n antwoord op boodskap #60060] Vr, 12 April 2002 06:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
'n Ander aspek van sy siening is dat hy omgekrap is daarmee dat, soos hy sê,
mense armoede miskyk as die groot oorsaak van sterftes. Dis vir my 'n
vreeslike moeilike argument om met hom te voer, want soos ek dit sien, word
daar nie juis fondse herlei vanaf die bekamping van armoede na die
bestryding van vigs nie. Is dit moontlik dat dit 'n "meer aanvaarbare"
rookskerm is om sy ware besware te versteek?

As dit so is, is die kwessie regtig interessant.

K

"Sakkie" skryf in boodskap news:3cb5a929$0$225@hades.is.co.za...
> Iemand moet in ons president se oor fluister dat die Mediese Navorsings Raad
> in samewerking met SA Statistieke 'n tegniese verslag saamgestel het wat
> hierdie probleem in fyn besonderhede uiteensit. Lees dit gerus. Kry dit by
> www.mrc.ac.za/bod . Ek sê in sy oor fluister want dit is blykbaar al
> wanneer hy luister.
>
> Harde feite, nie iemand se idees van wat aangaan nie. Maak nie regtig saak
> wat die oorsaak is nie, die feit is dat die sterfte syfer van mans tussen
> die ouderdomme van 20 en 45 het verdubbel en in plaas dat die meeste
> sterftes plaasvind in die 65-70 jaar ouderdomsgroep gebeur dit nou(2000
> syfers) tussen 30-35. By vrouens was die sterftesyfer in die ouderdoms
> groep 20-45 in 2000 vyf keer hoër as 1988 en die gemiddelde ouderdom waar
> die meeste sterftes voorgekom het gedaal van 70-75 na 20-25. Hierdie
> verandering het ook nog nie gestabiliseer nie en gaan nog meer afwyk van
> normaal.
>
> Maak nie saak waaraan ons president dit wil toeskryf nie, as hy nie iets
> daadwerkliks daaraan gaan doen nie, gaan hy binne twee dekades nie meer 'n
> volk hê om oor te regeer nie.
>
> "Annette" wrote in message
> news:a9465k$5in1$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Koot Ja - gisteraand in die Argus is daar in die briewekolom toe iemand ,
>> wat of baie jonk is, of 'n baie jeugdige uitkyk op die lewe het, wat vir
>> ons vertel dat ons nie Die Prez verstaan nie, en hoe eenvoudig dit tog
> vir
>> enige mens behoort te wees om Die Prez se vigs argument te begryp.:)))
>> "simple" was die woord wat sy telkens gebruik het.
>> Ek weet dit was stout van my om die arme mens se brief - wat sy duidelik
> in
>> dodelike erns geskryf het - te sien as 'n wonderlike stukkie humor.
>> Nodeloos om te sê dat dit wat jy aangehaal het, glad nie gemeld word deur
>> haar nie.
>>
>> Bo en behalwe bogenoemde, wonder sy ook hoekom geen koerant ooit in hul
>> hoofartikels iets oor Onse Prez se vigsbeleid iets te sê gehad het, of
> hulle
>> teen of voor dit uitgespreek het as dit dan nou so ernstig sou wees
nie,
> en
>> sluit sy toe af met die juweeltjie - dat die mense moet besef dat dit
> slegs
>> Onse Prez is, al mens op aarde in haar woorde , wat vir Mugabe met
> Zimbabwe
>> kan help.
>> Is dit nie kostelik nie?
>> Ek kan nie wag op die reaksie nie.
>>
>> Jy moet erken dat Onse Prez konsekwent is -
>> Hy sal nie toelaat daar dat enige mens iets swaks dink van sy swart mense
>> nie, en hy sal nie toelaat dat sy swart mense op groot skaal deur middels
>> soos navirapine vergiftig word nie.
>>
>> Annette
>>
>>
>>
>> Koot Pieterse wrote in message
>> news:a93t19$38s$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>>> Mnr Mbeki se standpunt oor vigs is, soos wat ek kan uitmaak, in iets
>> dieper
>>> begrond as bloot 'n opinieverskil oor die herkoms daarvan. Iets
daarvan
> is
>>> te lese in 'n toespraak wat hy by Fort Hare gegee het, waarin hy sê
dat
>> die
>>> huidige internasionale benadering oor die siekte swart mense
weerspieël
> as
>>> synde "draers van 'n bose kiem", en dat hy hom nie daarmee kan
>> vereenselwig
>>> nie.
>>>
>>> In sy skrywe op die ANC se webwerf beskuldig hy die Vigs-aktiviste
> daarvan
>>> dat hulle "a whole people" beledig. Dit kan nie bra anders verklaar
word
>> as
>>> dat hy die miv/vigs-koppeling as 'n persoonlike belediging teenoor 'n
> hele
>>> ras beleef nie.
>>>
>>> Dit fassineer my. Kan hy nie op 'n manier oortuig word dat dit 'n
>> MENS-ding
>>> is en nie 'n RAS-ding nie? Hy behoort dit tog te kan sien in die
>> groeisyfers
>>> onder mense van alle rasse.
>>>
>>> Koot
>>>
>>
>
Re: Om mnr Mbeki te verstaan... [boodskap #60148 is 'n antwoord op boodskap #60117] Vr, 12 April 2002 16:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
'n Prez segsman wat nou dood is (waarskynlik aan vigs) (ene Parks
Magashlana) (hierdie van is foneties) het dit kwytgeraak in die media toe
die vigs-onderwerp met die Prez begin het - en, dit is nie weer daarna
herhaal nie. Maar ek glo werklik dat dit die Prez se werklike (stille) denke
is in die verband - en ke sal (stilweg) saamstem.

"Annette" skryf in boodskap news:a95sns$i81b$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Jonas, waar skryf Onse Prez dat dit die rede is hoekom hy nie die mense wil
> help nie?
> Annete
>
> Jonas wrote in message
> news:a95o86$45r$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>> Ek stem saam met die ANC se standpunt oor vigs en die beskikbaarstelling
> van
>> die teen-vigs middel.
>>
>> Wie gaan die vigs-wesies versorg wanneer die moeder afgesterwe het?
>> Klaarblyklik sal daar jaarliks 'n gemiddelde toename van 80,000 van die
>> wesies tot die bevolking toegevoed word.
>>
>> Ek vind dit eienaardig en onverantwoordelik dat almal hierdie enkele
>> probleem ignoreer. Dit is ook gewoonlik dieselfde klompie wat pro-aborsie
>> is.
>>
>> "Davie Davis" wrote in message
>> news:0hlbbucu3riq26hvflpe4uk4u1vgchd1tp@4ax.com...
>>> On Thu, 11 Apr 2002 13:45:46 +0200, "Koot Pieterse"
>>> wrote:
>>>
>>>
>>>>
>>>> Dit fassineer my. Kan hy nie op 'n manier oortuig word dat dit 'n
>> MENS-ding
>>>> is en nie 'n RAS-ding nie? Hy behoort dit tog te kan sien in die
>> groeisyfers
>>>> onder mense van alle rasse.
>>>>
>>>> Koot
>>>>
>>>
>>> Die realisme wat die mense openbaar Koot, word weerspieël in die feit
>>> dat hy en sy adjunk uiteenlopende menings oor die regverdigheid van
>>> die ZIM verkiesing uitgespreek het. Zuma het dit as vry en regverdig
>>> bestempel terwyl Mbeki dit as rede vir 'n skorsing van Mugabe gesien
>>> het.
>>>
>>
>
Re: Om mnr Mbeki te verstaan... [boodskap #60151 is 'n antwoord op boodskap #60113] Vr, 12 April 2002 17:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 12 Apr 2002 06:36:09 +0200, "Jonas" wrote:

> Ek stem saam met die ANC se standpunt oor vigs en die beskikbaarstelling van
> die teen-vigs middel.
>
> Wie gaan die vigs-wesies versorg wanneer die moeder afgesterwe het?

Prakties beredeneer steek daar iets in wat jy sê maar dit is té
prakties. Dit is sò prakties dat dit geen ruimte laat om met die
gewete daaroor te gesels nie. En ek hoor wat jy sê as jy sê dat
sentiment nie kos koop nie maar 'n vol maag verseker nie
noodwendig 'n rustige nag nie.

Didi in 'n filosofiese bui...
Re: Om mnr Mbeki te verstaan... [boodskap #60157 is 'n antwoord op boodskap #60148] Vr, 12 April 2002 18:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jonas, nee - werklik - eergister in die Argus - soos wat ek geskryf het -
die woorde van die nuwe segsman - Bheki Khumalo dink ek.
Annette

Jonas skryf in boodskap news:a971kf$d40$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> 'n Prez segsman wat nou dood is (waarskynlik aan vigs) (ene Parks
> Magashlana) (hierdie van is foneties) het dit kwytgeraak in die media toe
> die vigs-onderwerp met die Prez begin het - en, dit is nie weer daarna
> herhaal nie. Maar ek glo werklik dat dit die Prez se werklike (stille) denke
> is in die verband - en ke sal (stilweg) saamstem.
> "Annette" wrote in message
> news:a95sns$i81b$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Jonas, waar skryf Onse Prez dat dit die rede is hoekom hy nie die mense
> wil
>> help nie?
>> Annete
>>
>> Jonas wrote in message
>> news:a95o86$45r$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>>> Ek stem saam met die ANC se standpunt oor vigs en die
beskikbaarstelling
>> van
>>> die teen-vigs middel.
>>>
>>> Wie gaan die vigs-wesies versorg wanneer die moeder afgesterwe het?
>>> Klaarblyklik sal daar jaarliks 'n gemiddelde toename van 80,000 van die
>>> wesies tot die bevolking toegevoed word.
>>>
>>> Ek vind dit eienaardig en onverantwoordelik dat almal hierdie enkele
>>> probleem ignoreer. Dit is ook gewoonlik dieselfde klompie wat
> pro-aborsie
>>> is.
>>>
>>> "Davie Davis" wrote in message
>>> news:0hlbbucu3riq26hvflpe4uk4u1vgchd1tp@4ax.com...
>>>> On Thu, 11 Apr 2002 13:45:46 +0200, "Koot Pieterse"
>>>> wrote:
>>>>
>>>>
>>>> >
>>>> >Dit fassineer my. Kan hy nie op 'n manier oortuig word dat dit 'n
>>> MENS-ding
>>>> >is en nie 'n RAS-ding nie? Hy behoort dit tog te kan sien in die
>>> groeisyfers
>>>> >onder mense van alle rasse.
>>>> >
>>>> >Koot
>>>> >
>>>>
>>>> Die realisme wat die mense openbaar Koot, word weerspieël in die feit
>>>> dat hy en sy adjunk uiteenlopende menings oor die regverdigheid van
>>>> die ZIM verkiesing uitgespreek het. Zuma het dit as vry en regverdig
>>>> bestempel terwyl Mbeki dit as rede vir 'n skorsing van Mugabe gesien
>>>> het.
>>>>
>>>
>>
>
Re: Om mnr Mbeki te verstaan... [boodskap #60160 is 'n antwoord op boodskap #60151] Vr, 12 April 2002 18:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Het 'n lang bespreking met iemand vanoggend daaroor gehad - vir my gaan dit
in die eerste plek dat Die Prez en sy mense dit ( die voeding van al die
wesies) nie as 'n argument gebruik in hulle vigs argument nie .

Ek het ook 'n eenvoudige sommetjie gedoen - en eenvoudig in konsep gee ek
toe :-
Gabaseer op World Vision dat R10 'n kind per maand kan voed, en dat ek dan
die kind 20 jaar wil voed - dan gaan die eerste jaar se 80 000 wesies die
staat 196 miljoen kos om te voed die volgende 20 jaar.

Nou het ons egter nie 'n kommissie van ondersoek in die eerste plek om te
bepaal dat daar nie geld vir die wesies is nie.

Ons gaan die wapens hê, maar nie die mense om die wapens te gebruik nie:))

Annette

Didi skryf in boodskap news:4l7ebuginup91ng3bnrr3vr06mcaaffli6@4ax.com...
> On Fri, 12 Apr 2002 06:36:09 +0200, "Jonas"
> wrote:
>
>> Ek stem saam met die ANC se standpunt oor vigs en die beskikbaarstelling van
>> die teen-vigs middel.
>>
>> Wie gaan die vigs-wesies versorg wanneer die moeder afgesterwe het?
>
>
> Prakties beredeneer steek daar iets in wat jy sê maar dit is t�
> prakties. Dit is sê prakties dat dit geen ruimte laat om met die
> gewete daaroor te gesels nie. En ek hoor wat jy sê as jy sê dat
> sentiment nie kos koop nie maar 'n vol maag verseker nie
> noodwendig 'n rustige nag nie.
>
> Didi in 'n filosofiese bui...
Re: Om mnr Mbeki te verstaan... [boodskap #60204 is 'n antwoord op boodskap #60151] Sa, 13 April 2002 09:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Didi - my gewete is 'n langtermyn ene - en daarom handhaaf ek dit.

Dit is wat my ook verstom oor die ouens wat pro die vigsmiddel is. Hulle
behoort hulle energie te kanaliseer om voorsiening te maak vir hierdie
vigswesies - want, dit is eintlik waar onse probleem gesetel gaan wees.

"Didi" skryf in boodskap news:4l7ebuginup91ng3bnrr3vr06mcaaffli6@4ax.com...
> On Fri, 12 Apr 2002 06:36:09 +0200, "Jonas"
> wrote:
>
>> Ek stem saam met die ANC se standpunt oor vigs en die beskikbaarstelling van
>> die teen-vigs middel.
>>
>> Wie gaan die vigs-wesies versorg wanneer die moeder afgesterwe het?
>
>
> Prakties beredeneer steek daar iets in wat jy sê maar dit is t�
> prakties. Dit is sê prakties dat dit geen ruimte laat om met die
> gewete daaroor te gesels nie. En ek hoor wat jy sê as jy sê dat
> sentiment nie kos koop nie maar 'n vol maag verseker nie
> noodwendig 'n rustige nag nie.
>
> Didi in 'n filosofiese bui...
Re: Om mnr Mbeki te verstaan... [boodskap #60205 is 'n antwoord op boodskap #60160] Sa, 13 April 2002 09:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette

Jammer maar jou beraming rym nie.

Jy weet dat benewes die kos is blyplek, klerasie, opvoeding, gesondheidssorg
ens. nog nie in die berekening gebring nie. (Ek weet wat dit kos om 'n
"normale" kind groot te maak.)

Maak weer 'n beraming - onthou ons praat van 80,000 ekstra straatkindertjies
per jaar.

"Annette" skryf in boodskap news:a97a4u$1034h$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Het 'n lang bespreking met iemand vanoggend daaroor gehad - vir my gaan dit
> in die eerste plek dat Die Prez en sy mense dit ( die voeding van al die
> wesies) nie as 'n argument gebruik in hulle vigs argument nie .
>
> Ek het ook 'n eenvoudige sommetjie gedoen - en eenvoudig in konsep gee ek
> toe :-
> Gabaseer op World Vision dat R10 'n kind per maand kan voed, en dat ek dan
> die kind 20 jaar wil voed - dan gaan die eerste jaar se 80 000 wesies die
> staat 196 miljoen kos om te voed die volgende 20 jaar.
>
> Nou het ons egter nie 'n kommissie van ondersoek in die eerste plek om te
> bepaal dat daar nie geld vir die wesies is nie.
>
> Ons gaan die wapens hê, maar nie die mense om die wapens te gebruik nie:))
>
> Annette
>
> Didi wrote in message
> news:4l7ebuginup91ng3bnrr3vr06mcaaffli6@4ax.com...
>> On Fri, 12 Apr 2002 06:36:09 +0200, "Jonas"
>> wrote:
>>
>>> Ek stem saam met die ANC se standpunt oor vigs en die
beskikbaarstelling
> van
>>> die teen-vigs middel.
>>>
>>> Wie gaan die vigs-wesies versorg wanneer die moeder afgesterwe het?
>>
>>
>> Prakties beredeneer steek daar iets in wat jy sê maar dit is t�
>> prakties. Dit is sê prakties dat dit geen ruimte laat om met die
>> gewete daaroor te gesels nie. En ek hoor wat jy sê as jy sê dat
>> sentiment nie kos koop nie maar 'n vol maag verseker nie
>> noodwendig 'n rustige nag nie.
>>
>> Didi in 'n filosofiese bui...
>
Re: Om mnr Mbeki te verstaan... [boodskap #60214 is 'n antwoord op boodskap #60205] Sa, 13 April 2002 11:11 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek weet Jonas - dis hoekom ek dit duidelik so geskryf het. :)))

Maar vir my gaan die hele absurde Mbeki vigskwessie juis daaroor dat die
voeding ( of nie) van die vigswese glad nie as 'n rede gegee word hoekom hy
nie die middel wil toelaat nie.

Annette

Jonas skryf in boodskap news:a98tdm$1ct$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Annette
>
> Jammer maar jou beraming rym nie.
>
> Jy weet dat benewes die kos is blyplek, klerasie, opvoeding, gesondheidssorg
> ens. nog nie in die berekening gebring nie. (Ek weet wat dit kos om 'n
> "normale" kind groot te maak.)
>
> Maak weer 'n beraming - onthou ons praat van 80,000 ekstra straatkindertjies
> per jaar.
>
>
> "Annette" wrote in message
> news:a97a4u$1034h$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Het 'n lang bespreking met iemand vanoggend daaroor gehad - vir my gaan
> dit
>> in die eerste plek dat Die Prez en sy mense dit ( die voeding van al die
>> wesies) nie as 'n argument gebruik in hulle vigs argument nie .
>>
>> Ek het ook 'n eenvoudige sommetjie gedoen - en eenvoudig in konsep gee ek
>> toe :-
>> Gabaseer op World Vision dat R10 'n kind per maand kan voed, en dat ek dan
>> die kind 20 jaar wil voed - dan gaan die eerste jaar se 80 000 wesies die
>> staat 196 miljoen kos om te voed die volgende 20 jaar.
>>
>> Nou het ons egter nie 'n kommissie van ondersoek in die eerste plek om te
>> bepaal dat daar nie geld vir die wesies is nie.
>>
>> Ons gaan die wapens hê, maar nie die mense om die wapens te gebruik nie:))
>>
>> Annette
>>
>> Didi wrote in message
>> news:4l7ebuginup91ng3bnrr3vr06mcaaffli6@4ax.com...
>>> On Fri, 12 Apr 2002 06:36:09 +0200, "Jonas"
>>> wrote:
>>>
>>>> Ek stem saam met die ANC se standpunt oor vigs en die
> beskikbaarstelling
>> van
>>>> die teen-vigs middel.
>>>>
>>>> Wie gaan die vigs-wesies versorg wanneer die moeder afgesterwe het?
>>>
>>>
>>> Prakties beredeneer steek daar iets in wat jy sê maar dit is t�
>>> prakties. Dit is sê prakties dat dit geen ruimte laat om met die
>>> gewete daaroor te gesels nie. En ek hoor wat jy sê as jy sê dat
>>> sentiment nie kos koop nie maar 'n vol maag verseker nie
>>> noodwendig 'n rustige nag nie.
>>>
>>> Didi in 'n filosofiese bui...
>>
>
Vorige onderwerp: Re: Reginald Bosanquet speaks from the abyss - Mugabe = Hitler
Volgende onderwerp: Waarom?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 02:50:37 MGT 2024