Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die komende lente-nagewening
Die komende lente-nagewening [boodskap #5999] Di, 19 Maart 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
A, in die noordelike halfrond het die here Bezemer en
Snyckers, aan verskillende kante van die Noordsee,
vriende gemaak en gaan hulle hopelik 'n biertjie saam-
drink. Wonder of dit iets te doen het met die komende
lente nagewening.

Hier by ons in oostelike Ontario begin die riviere nou
stadig ontvries en sien jy hier en daar blou water tussen
die nog groot oppervlaktes ys. Op die oomblik het ons
mooi stil sonskyndae en die sneeu op die grond word
stadig maar seker minder onder die sterker strale van die
son. As ons egter nou baie reën kry, en die rivier sterk
afkom, kan die ysblokke wat nog op die rivier is, ophoop
op sommige oewers en "ice-jams" veroorsaak wat baie
skade kan verrig.

Die laaste Saterdag in Maart begin ons "daylight-saving
time" (D.S.T.) saam met die V.S.A. Ons namiddae is dan
skielik langer lig en die oggende bly 'n uur later donker.
Almal herhaal die rympie "Spring forward, fall back" om
hulle te herinner wat hulle moet doen met hulle klokke en
horlosies, maar sommige kom nog gereeld te laat aan
vir 'n bestelling die volgende dag, wat gelukkig 'n Sondag
is.

Daar is natuurlik 'n hele klomp tydsones in Kanada. Hier
in Ottawa is ons in die Oostelike tydsone, saam met state
soos New York. Die Maritieme provinsies (Nova Scotia,
New Brunswick, Prince Edward Island) is op Atlantiese
Standaard Tyd. Newfoundland is nog 'n halfuur later. Dit
lei tot die standaardgrap in Kanada: "The world will come
to an end at 10:00 tonight, 10:30 in Newfoundland."
Vorige onderwerp: hollands nieuwe woorden/spellingboek
Volgende onderwerp: Boeken (Re:)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 03:09:27 MGT 2024