Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Taak van Koerante
Taak van Koerante [boodskap #59541] Vr, 05 April 2002 06:38 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
In die Engelse koerante word daar gekla oor die swak Engels in berigte.
Dit is seker ook die geval in Afrikaanse koerante.
Al wat my werklik grief is wanneer daar nie suiwer Afrkaans gepraat word
nie, en woorde soos cool, hip, stunning, ens in berigte gebruik word.

Ek voel sterk dat koerante - behalwe om nuus weer te gee, en kunstenaars te
kritiseer ( :)) ) , ook 'n baie belangrike opvoedingstaak het - naamlik om
die taal waarin hulle publiseer so korrek moontlik te gebruik.
Dit is selfs hulle taak om advertensies - nadat dit met die adverteerder
bespreek is, reg te stel .

In gister se Burger 'n advertensie - werk word aangebied - en die laaste
reeltjie is die stukkie wat my grief:

Hyt... ( naam van onderneming) is 'n gelyke geleentheid werkgewer.

Duidelik 'n vertaling - maar dit maak dit nie reg nie.
Hoe dink julle sou die regte Afrikaans gewees het vir daardie laaste
sinnetjie?

Enige persoon bo 21 mag aansoek doen - dit is wat ek sou gesê het.

Annette
Re: Taak van Koerante [boodskap #59552 is 'n antwoord op boodskap #59541] Vr, 05 April 2002 13:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette ek vind dit ook interessant maar kommerwekkend.

Mense wat aan die eenkant hulself ten gunste van die behoud van Afrikaans
uitspreek - maar in dieselfde sin gebruik hulle 'n Engelse woord. Terwyl
daar 'n "beter" Afrikaanse woord bestaan.

Ek hoor dit op RSG en op DSTV - tydens sportuitsendings. Dan wonder ek hoe
die omroeper sy aanstelling gekry het - taalvermoë is seker 'n (kritieke)
kriterium in die verband?

Is daar 'n gevoel aan die ontwikkel dat jy "in" is deur die enkele Engelse
woord tussendeur laat val? Of aap die ouens die Hollanders na? (Nogal maklik
om Hollanders na te aap ...)

"Annette" skryf in boodskap news:a8jgse$sok2b$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> In die Engelse koerante word daar gekla oor die swak Engels in berigte.
> Dit is seker ook die geval in Afrikaanse koerante.
> Al wat my werklik grief is wanneer daar nie suiwer Afrkaans gepraat word
> nie, en woorde soos cool, hip, stunning, ens in berigte gebruik word.
>
> Ek voel sterk dat koerante - behalwe om nuus weer te gee, en kunstenaars te
> kritiseer ( :)) ) , ook 'n baie belangrike opvoedingstaak het - naamlik om
> die taal waarin hulle publiseer so korrek moontlik te gebruik.
> Dit is selfs hulle taak om advertensies - nadat dit met die adverteerder
> bespreek is, reg te stel .
>
> In gister se Burger 'n advertensie - werk word aangebied - en die laaste
> reeltjie is die stukkie wat my grief:
>
> Hyt... ( naam van onderneming) is 'n gelyke geleentheid werkgewer.
>
> Duidelik 'n vertaling - maar dit maak dit nie reg nie.
> Hoe dink julle sou die regte Afrikaans gewees het vir daardie laaste
> sinnetjie?
>
> Enige persoon bo 21 mag aansoek doen - dit is wat ek sou gesê het.
>
> Annette
>
Re: Taak van Koerante [boodskap #59555 is 'n antwoord op boodskap #59552] Vr, 05 April 2002 15:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jonas - ek dink nie ons kan die arme Hollanders hierdie keer die skuld gee
nie - nee - ongelukkig is dit die gevoel dat as hulle so praat is hulle "in"
met vandag se jongmense - hulle potensiele luisterpubliek oor so 5 jaar -
maar met daardie siening kan dinge net afdraend gaan - want in plaasvan om
net eenvoudige suiwer Afrikaans te praat - word hierdie "in" woorde ingegooi
dat die kinders kan dink daar word op hulle vlak beweeg en hulle kan dan glo
"verstaan" wat gesê word.
Alles bog natuurlik.

Nou kom ons by die geval Johan Botha - Maandagaande op die tiener rubriek
praat hy die deurmekaartaal - en Sondagaande op Ons en Die Opera praat hy
hogere Afrikaans - nie 'n Engelse of 'n "in" woord nie . - maar hy gebruik
soms terme in Afrikaans wat nie eers in die algemene spreektaal gebruik word
nie.
Nou vra ek - wat is die mannetjie se ou probleempie -
duidelik gebruik hy die brabbelafrikaans in opdrag van sy base.
Die ergste is - as mense inskryf en daaroor kla, dan word aan hulle vertel
dit is die tieners se rubriek, en as hulle nie daarna wil luister nie - kan
hulle na iets anders luister of die radio afskakel.
Hoe kortsigtig kan mense tog wees wat wel 'n verskil kan maak?

Ek is nou nie juis 'n Dan Roodt wat hellevuur verkondig om Afrikaans te red
nie - maar as elkeen van ons net gewoonweg suiwer algemene Afrikaans praat,
en gesinne slegs dit in hul huise toelaat, dan sal Afrikaans bly staan -
ongeag watter taal slegs deur die staat, advertensiewese en SABC1 gebruik
word;))

Annette

Jonas skryf in boodskap news:a8ka8i$fju$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Annette ek vind dit ook interessant maar kommerwekkend.
>
> Mense wat aan die eenkant hulself ten gunste van die behoud van Afrikaans
> uitspreek - maar in dieselfde sin gebruik hulle 'n Engelse woord. Terwyl
> daar 'n "beter" Afrikaanse woord bestaan.
>
> Ek hoor dit op RSG en op DSTV - tydens sportuitsendings. Dan wonder ek hoe
> die omroeper sy aanstelling gekry het - taalvermoë is seker 'n (kritieke)
> kriterium in die verband?
>
> Is daar 'n gevoel aan die ontwikkel dat jy "in" is deur die enkele Engelse
> woord tussendeur laat val? Of aap die ouens die Hollanders na? (Nogal maklik
> om Hollanders na te aap ...)
>
>
> "Annette" wrote in message
> news:a8jgse$sok2b$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> In die Engelse koerante word daar gekla oor die swak Engels in berigte.
>> Dit is seker ook die geval in Afrikaanse koerante.
>> Al wat my werklik grief is wanneer daar nie suiwer Afrkaans gepraat word
>> nie, en woorde soos cool, hip, stunning, ens in berigte gebruik word.
>>
>> Ek voel sterk dat koerante - behalwe om nuus weer te gee, en kunstenaars te
>> kritiseer ( :)) ) , ook 'n baie belangrike opvoedingstaak het - naamlik om
>> die taal waarin hulle publiseer so korrek moontlik te gebruik.
>> Dit is selfs hulle taak om advertensies - nadat dit met die adverteerder
>> bespreek is, reg te stel .
>>
>> In gister se Burger 'n advertensie - werk word aangebied - en die laaste
>> reeltjie is die stukkie wat my grief:
>>
>> Hyt... ( naam van onderneming) is 'n gelyke geleentheid werkgewer.
>>
>> Duidelik 'n vertaling - maar dit maak dit nie reg nie.
>> Hoe dink julle sou die regte Afrikaans gewees het vir daardie laaste
>> sinnetjie?
>>
>> Enige persoon bo 21 mag aansoek doen - dit is wat ek sou gesê het.
>>
>> Annette
>>
>
Re: Taak van Koerante [boodskap #59563 is 'n antwoord op boodskap #59541] Vr, 05 April 2002 18:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 5 Apr 2002 08:38:55 +0200, "Annette" wrote:

> Duidelik 'n vertaling - maar dit maak dit nie reg nie.
> Hoe dink julle sou die regte Afrikaans gewees het vir daardie laaste
> sinnetjie?
>
> Enige persoon bo 21 mag aansoek doen - dit is wat ek sou gesê het.
>
> Annette
>

Verduidelik eers waarom slegs persone bo 21 'n mening kan uitspreek
oor hoe daardie laaste sinnetjie moes lees Annette:-)))

(Ek sou sò graag diè jaar al wou my weergawe daarvan gee en nie wag
tot volgende jaar nie)

DD
Re: Taak van Koerante [boodskap #59572 is 'n antwoord op boodskap #59563] Vr, 05 April 2002 19:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wel die advertensie sê die aansoekers moet 'n matrieksertifikaat hê en ten
minste 3 jaar naskoolse werkondervinding.
Toe doen ek maar 'n ou sommetjie:))
Annette

Davie Davis skryf in boodskap news:qsqraus2j28un0dkjvfiit695tmum5nv2p@4ax.com...
> On Fri, 5 Apr 2002 08:38:55 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Duidelik 'n vertaling - maar dit maak dit nie reg nie.
>> Hoe dink julle sou die regte Afrikaans gewees het vir daardie laaste
>> sinnetjie?
>>
>> Enige persoon bo 21 mag aansoek doen - dit is wat ek sou gesê het.
>>
>> Annette
>>
>
> Verduidelik eers waarom slegs persone bo 21 'n mening kan uitspreek
> oor hoe daardie laaste sinnetjie moes lees Annette:-)))
>
> (Ek sou sê graag dié jaar al wou my weergawe daarvan gee en nie wag
> tot volgende jaar nie)
>
> DD
>
Re: Taak van Koerante [boodskap #59815 is 'n antwoord op boodskap #59552] Ma, 08 April 2002 10:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Martijn van der Wind  is tans af-lyn  Martijn van der Wind
Boodskappe: 10
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Jonas,

Dis seker ook nogal maklik om die Hollanders die skuld te gee van die
probleme wat Afrikaners het om regte Afrikaans te praat. Daar is baie
Hollanders, soos prof. Paardekoper van die Universiteit van Leiden, en
Vlamingen wat hulle sterk maak vir die toekoms van Afrikaans. Ek dink maar
net aan die tyd wat daar in Suid-Afrika is gepraat om van die departemente
Afrikaans-Nederlands in Suid-Afrika toe te maak. Dit was toe die
Nederlanders en Vlaminge wat briewe geskryf het naar die president en geld
gegee het vir die departemente.

As julle sukkel met julle eie taal, soek dan veral die oorsaak by julle
self.

Martijn

> From: "Jonas"
> Organization: The South African Internet Exchange
> Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans
> Date: Fri, 5 Apr 2002 15:53:10 +0200
> Subject: Re: Taak van Koerante
>
> Annette ek vind dit ook interessant maar kommerwekkend.
>
> Mense wat aan die eenkant hulself ten gunste van die behoud van Afrikaans
> uitspreek - maar in dieselfde sin gebruik hulle 'n Engelse woord. Terwyl
> daar 'n "beter" Afrikaanse woord bestaan.
>
> Ek hoor dit op RSG en op DSTV - tydens sportuitsendings. Dan wonder ek hoe
> die omroeper sy aanstelling gekry het - taalvermoë is seker 'n (kritieke)
> kriterium in die verband?
>
> Is daar 'n gevoel aan die ontwikkel dat jy "in" is deur die enkele Engelse
> woord tussendeur laat val? Of aap die ouens die Hollanders na? (Nogal maklik
> om Hollanders na te aap ...)
>
>
> "Annette" wrote in message
> news:a8jgse$sok2b$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> In die Engelse koerante word daar gekla oor die swak Engels in berigte.
>> Dit is seker ook die geval in Afrikaanse koerante.
>> Al wat my werklik grief is wanneer daar nie suiwer Afrkaans gepraat word
>> nie, en woorde soos cool, hip, stunning, ens in berigte gebruik word.

>> Ek voel sterk dat koerante - behalwe om nuus weer te gee, en kunstenaars te
>> kritiseer ( :)) ) , ook 'n baie belangrike opvoedingstaak het - naamlik om
>> die taal waarin hulle publiseer so korrek moontlik te gebruik.
>> Dit is selfs hulle taak om advertensies - nadat dit met die adverteerder
>> bespreek is, reg te stel .

>> In gister se Burger 'n advertensie - werk word aangebied - en die laaste
>> reeltjie is die stukkie wat my grief:

>> Hyt... ( naam van onderneming) is 'n gelyke geleentheid werkgewer.

>> Duidelik 'n vertaling - maar dit maak dit nie reg nie.
>> Hoe dink julle sou die regte Afrikaans gewees het vir daardie laaste
>> sinnetjie?

>> Enige persoon bo 21 mag aansoek doen - dit is wat ek sou gesê het.

>> Annette
>
Re: Taak van Koerante [boodskap #59820 is 'n antwoord op boodskap #59815] Ma, 08 April 2002 11:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee Maartijn, jy verstaan bietjie verkeerd. Die meeste van ons sukkel nie
met ons eie taal nie. Ons praat dit graag en lekker.
Ek moet erken daar is 'n paar wat dit wel sukkel, maar hulle hou van kla;)))
Ons sukkel wel dat sommige van die Nederlanders dit nie kan verstaan dat
Afrikaans 'n eie taal is , en nie 'n Hollandse dialek nie;))
Daar bestaan nie 'n taal wat genoem word Afrikaans-Nederlands nie.
Dis die naam van 'n graadkursus - en ek wonder vir wat dit nog so genoem
word.
Annette

Martijn van der Wind skryf in boodskap news:B8D7380D.3A9A%martijn.van.der.wind@2vandaag.nl...
> Jonas,
>
> Dis seker ook nogal maklik om die Hollanders die skuld te gee van die
> probleme wat Afrikaners het om regte Afrikaans te praat. Daar is baie
> Hollanders, soos prof. Paardekoper van die Universiteit van Leiden, en
> Vlamingen wat hulle sterk maak vir die toekoms van Afrikaans. Ek dink maar
> net aan die tyd wat daar in Suid-Afrika is gepraat om van die departemente
> Afrikaans-Nederlands in Suid-Afrika toe te maak. Dit was toe die
> Nederlanders en Vlaminge wat briewe geskryf het naar die president en geld
> gegee het vir die departemente.
>
> As julle sukkel met julle eie taal, soek dan veral die oorsaak by julle
> self.
>
> Martijn
>
>> From: "Jonas"
>> Organization: The South African Internet Exchange
>> Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans
>> Date: Fri, 5 Apr 2002 15:53:10 +0200
>> Subject: Re: Taak van Koerante
>>
>> Annette ek vind dit ook interessant maar kommerwekkend.
>>
>> Mense wat aan die eenkant hulself ten gunste van die behoud van Afrikaans
>> uitspreek - maar in dieselfde sin gebruik hulle 'n Engelse woord. Terwyl
>> daar 'n "beter" Afrikaanse woord bestaan.
>>
>> Ek hoor dit op RSG en op DSTV - tydens sportuitsendings. Dan wonder ek hoe
>> die omroeper sy aanstelling gekry het - taalvermoë is seker 'n (kritieke)
>> kriterium in die verband?
>>
>> Is daar 'n gevoel aan die ontwikkel dat jy "in" is deur die enkele Engelse
>> woord tussendeur laat val? Of aap die ouens die Hollanders na? (Nogal maklik
>> om Hollanders na te aap ...)
>>
>>
>> "Annette" wrote in message
>> news:a8jgse$sok2b$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> In die Engelse koerante word daar gekla oor die swak Engels in berigte.
>>> Dit is seker ook die geval in Afrikaanse koerante.
>>> Al wat my werklik grief is wanneer daar nie suiwer Afrkaans gepraat word
>>> nie, en woorde soos cool, hip, stunning, ens in berigte gebruik word.
>
>>> Ek voel sterk dat koerante - behalwe om nuus weer te gee, en kunstenaars te
>>> kritiseer ( :)) ) , ook 'n baie belangrike opvoedingstaak het - naamlik om
>>> die taal waarin hulle publiseer so korrek moontlik te gebruik.
>>> Dit is selfs hulle taak om advertensies - nadat dit met die adverteerder
>>> bespreek is, reg te stel .
>
>>> In gister se Burger 'n advertensie - werk word aangebied - en die laaste
>>> reeltjie is die stukkie wat my grief:
>
>>> Hyt... ( naam van onderneming) is 'n gelyke geleentheid werkgewer.
>
>>> Duidelik 'n vertaling - maar dit maak dit nie reg nie.
>>> Hoe dink julle sou die regte Afrikaans gewees het vir daardie laaste
>>> sinnetjie?
>
>>> Enige persoon bo 21 mag aansoek doen - dit is wat ek sou gesê het.
>
>>> Annette
>>
>
Re: Taak van Koerante [boodskap #59835 is 'n antwoord op boodskap #59820] Ma, 08 April 2002 13:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Martijn van der Wind  is tans af-lyn  Martijn van der Wind
Boodskappe: 10
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Annette,

Dankie hoor! Daar is seker baie Nederlanders wat glo dat Afrikaans 'n simpel
dialek van Nederlands is. Die Hollanders dink egter al vir eeue lank dat
hulle alles beter weet. So hoekom sal julle nou nog daaroor bekommerd wees?
En dat die graadkursus Afrikaans-Nederlands genoem word, is seker omdat
Afrikaans sy oorsprong wel gekry het in Nederlands toe Jan van Riebeeck 350
jaar gelede die verversingspos gestig het in die Kaap. Maar deur die eeue
heen het Afrikaans egter baie duidelik ontwikkel tot 'n eie taal. Niemand
wat hom degelik inlees in die onderwerp sal hieroor stry nie.

Nederlands het egter sy oorsprong weer gekry in Germaans. Daar is egter nie
in Nederland 'n graad soos Nederlands-Germaans. So ja, hoekom sal julle nog
praat oor Afrikaans-Nederlands. Net die naam van die kursus gee klaar die
idee dat Afrikaans erens deel is van Nederlands. As dit dan nie waar is nie,
kan mens mos die Nederlands in die naam van die graad maar los. Hoe se
julle? Afrikaans is bak! Ek het self die voorreg gekry om vir 'n jaar in
Suid-Afrika te studeer en ek kan regtig se dat ek in die tyd baie lief
geword het vir Afrikaans.

Mooi bly

Martijn

> From: "Annette"
> Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans
> Date: Mon, 8 Apr 2002 13:32:23 +0200
> Subject: Re: Taak van Koerante
>
> Nee Maartijn, jy verstaan bietjie verkeerd. Die meeste van ons sukkel nie
> met ons eie taal nie. Ons praat dit graag en lekker.
> Ek moet erken daar is 'n paar wat dit wel sukkel, maar hulle hou van kla;)))
> Ons sukkel wel dat sommige van die Nederlanders dit nie kan verstaan dat
> Afrikaans 'n eie taal is , en nie 'n Hollandse dialek nie;))
> Daar bestaan nie 'n taal wat genoem word Afrikaans-Nederlands nie.
> Dis die naam van 'n graadkursus - en ek wonder vir wat dit nog so genoem
> word.
> Annette
>
>
>
> Martijn van der Wind wrote in message
> news:B8D7380D.3A9A%martijn.van.der.wind@2vandaag.nl...
>> Jonas,

>> Dis seker ook nogal maklik om die Hollanders die skuld te gee van die
>> probleme wat Afrikaners het om regte Afrikaans te praat. Daar is baie
>> Hollanders, soos prof. Paardekoper van die Universiteit van Leiden, en
>> Vlamingen wat hulle sterk maak vir die toekoms van Afrikaans. Ek dink maar
>> net aan die tyd wat daar in Suid-Afrika is gepraat om van die departemente
>> Afrikaans-Nederlands in Suid-Afrika toe te maak. Dit was toe die
>> Nederlanders en Vlaminge wat briewe geskryf het naar die president en geld
>> gegee het vir die departemente.

>> As julle sukkel met julle eie taal, soek dan veral die oorsaak by julle
>> self.

>> Martijn

>>> From: "Jonas"
>>> Organization: The South African Internet Exchange
>>> Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans
>>> Date: Fri, 5 Apr 2002 15:53:10 +0200
>>> Subject: Re: Taak van Koerante
>
>>> Annette ek vind dit ook interessant maar kommerwekkend.
>
>>> Mense wat aan die eenkant hulself ten gunste van die behoud van Afrikaans
>>> uitspreek - maar in dieselfde sin gebruik hulle 'n Engelse woord. Terwyl
>>> daar 'n "beter" Afrikaanse woord bestaan.
>
>>> Ek hoor dit op RSG en op DSTV - tydens sportuitsendings. Dan wonder ek hoe
>>> die omroeper sy aanstelling gekry het - taalvermoë is seker 'n (kritieke)
>>> kriterium in die verband?
>
>>> Is daar 'n gevoel aan die ontwikkel dat jy "in" is deur die enkele Engelse
>>> woord tussendeur laat val? Of aap die ouens die Hollanders na? (Nogal maklik
>>> om Hollanders na te aap ...)
>
>
>>> "Annette" wrote in message
>>> news:a8jgse$sok2b$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>>> In die Engelse koerante word daar gekla oor die swak Engels in berigte.
>>>> Dit is seker ook die geval in Afrikaanse koerante.
>>>> Al wat my werklik grief is wanneer daar nie suiwer Afrkaans gepraat word
>>>> nie, en woorde soos cool, hip, stunning, ens in berigte gebruik word.
>>
>>>> Ek voel sterk dat koerante - behalwe om nuus weer te gee, en kunstenaars te
>>>> kritiseer ( :)) ) , ook 'n baie belangrike opvoedingstaak het - naamlik om
>>>> die taal waarin hulle publiseer so korrek moontlik te gebruik.
>>>> Dit is selfs hulle taak om advertensies - nadat dit met die adverteerder
>>>> bespreek is, reg te stel .
>>
>>>> In gister se Burger 'n advertensie - werk word aangebied - en die laaste
>>>> reeltjie is die stukkie wat my grief:
>>
>>>> Hyt... ( naam van onderneming) is 'n gelyke geleentheid werkgewer.
>>
>>>> Duidelik 'n vertaling - maar dit maak dit nie reg nie.
>>>> Hoe dink julle sou die regte Afrikaans gewees het vir daardie laaste
>>>> sinnetjie?
>>
>>>> Enige persoon bo 21 mag aansoek doen - dit is wat ek sou gesê het.
>>
>>>> Annette
>>
>
Re: Taak van Koerante [boodskap #59839 is 'n antwoord op boodskap #59835] Ma, 08 April 2002 15:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Martijn van der Wind" schreef...
> Dankie hoor! Daar is seker baie Nederlanders wat glo dat Afrikaans 'n simpel
> dialek van Nederlands is. Die Hollanders dink egter al vir eeue lank dat
> hulle alles beter weet. So hoekom sal julle nou nog daaroor bekommerd wees?
>
>> From: "Annette"
>> Ons sukkel wel dat sommige van die Nederlanders dit nie kan verstaan dat
>> Afrikaans 'n eie taal is , en nie 'n Hollandse dialek nie;))

Annette, ek het nooit beweer dis 'n Hollandse dialek nie. Daar is nie 'n
taal soos Hollands .... dis 'n Nederlandse dialek. En Martijn, die woord
'simpel' het ek ook nooit gebruik nie; Afrikaans is minstens so 'ryk' as
Nederlands.

Groete,
Arthur
Re: Taak van Koerante [boodskap #59847 is 'n antwoord op boodskap #59839] Ma, 08 April 2002 17:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ah Arthur!! Moenie met my so raas nie - ek weet ek was moedswillig oor die
Hollands - maar toe speel Martijn saam per ongeluk:)))
Hoe gaan dit noudat julle daar in die ander tyd is?)

Annette

Arthur Hagen skryf in boodskap news:a8sdac$1td$1@news.kabelfoon.nl...
> "Martijn van der Wind" schreef...
>> Dankie hoor! Daar is seker baie Nederlanders wat glo dat Afrikaans 'n simpel
>> dialek van Nederlands is. Die Hollanders dink egter al vir eeue lank dat
>> hulle alles beter weet. So hoekom sal julle nou nog daaroor bekommerd wees?
>>
>>> From: "Annette"
>>> Ons sukkel wel dat sommige van die Nederlanders dit nie kan verstaan dat
>>> Afrikaans 'n eie taal is , en nie 'n Hollandse dialek nie;))
>
> Annette, ek het nooit beweer dis 'n Hollandse dialek nie. Daar is nie 'n
> taal soos Hollands .... dis 'n Nederlandse dialek. En Martijn, die woord
> 'simpel' het ek ook nooit gebruik nie; Afrikaans is minstens so 'ryk' as
> Nederlands.
>
> Groete,
> Arthur
>
Re: Taak van Koerante [boodskap #59854 is 'n antwoord op boodskap #59847] Ma, 08 April 2002 18:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" schreef...
> Ah Arthur!! Moenie met my so raas nie - ek weet ek was moedswillig oor
> die Hollands - maar toe speel Martijn saam per ongeluk:)))

Met 'dis 'n Nederlandse dialek' het ek eintlik nie Hollands bedoel nie ;)

> Hoe gaan dit noudat julle daar in die ander tyd is?)

Bedoel jy somertyd? Ons is al meer as 'n week op somertyd! Dis nou weer baie
koud op my fiets as ek in die oggend na my werk gaan. Die son kom dan juis
oor die horison loer en geef nog nie baie warmte nie. 's Avonds is dit
beter, nou kan ek -nadat ek tuisgekom is- nog 'n bietjie werk in my tuintjie
vir die son verdwyn.

Groete,
Arthur

> Arthur Hagen wrote...
>> "Martijn van der Wind" schreef...
>>> Dankie hoor! Daar is seker baie Nederlanders wat glo dat Afrikaans
>>> 'n simpel dialek van Nederlands is. Die Hollanders dink egter al vir
>>> eeue lank dat hulle alles beter weet. So hoekom sal julle nou nog
>>> daaroor bekommerd wees?
>>>
>>>> From: "Annette"
>>>> Ons sukkel wel dat sommige van die Nederlanders dit nie kan
>>>> verstaan dat Afrikaans 'n eie taal is , en nie 'n Hollandse dialek
>>>> nie;))
>>
>> Annette, ek het nooit beweer dis 'n Hollandse dialek nie. Daar is nie 'n
>> taal soos Hollands .... dis 'n Nederlandse dialek. En Martijn, die woord
>> 'simpel' het ek ook nooit gebruik nie; Afrikaans is minstens so 'ryk' as
>> Nederlands.
Afrikaans-Nederlands [boodskap #59887 is 'n antwoord op boodskap #59835] Di, 09 April 2002 11:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Martijn .
So ja, hoekom sal julle nog praat oor Afrikaans-Nederlands.
Net die naam van die kursus gee klaar die idee dat Afrikaans
erens deel is van Nederlands. As dit dan nie waar is nie, kan
mens mos die Nederlands in die naam van die graad maar
los. Hoe se julle? Afrikaans is bak!

Wouter
Daardie kursus sluit onder ander 'n studie van Afrikaanse
en Nederlandse letterkunde in. As jy dit enige ander naam
sou gee, sou dit nie beskrywend wees nie. En niemand
stry dat Afrikaans se hoofwortels in Nederlands lê nie,
dit maak dus sin om die twee saam te bestudeer, ons
het geen hangups daaroor nie.

As gevolg van ons geskiedenis is ons is taamlik wantrouig
ingestel teen Nederlanders, maar nie teen Nederlands nie.
Ons weet net nie veel van Nederlands nie. Ek veralgemeen
nou natuurlik, maar dit maak dit nie ongeldig nie.
Re: Afrikaans-Nederlands [boodskap #59889 is 'n antwoord op boodskap #59887] Di, 09 April 2002 12:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Martijn van der Wind  is tans af-lyn  Martijn van der Wind
Boodskappe: 10
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Jep Wouter,

Ek stem heeltemaal saam met jou analise. En ja, ek kan party keer baie goed
verstaan dat Afrikaners nie altyd ewe mal is oor die Nederlanders nie. Maar
ek is bly om te hoor julle het nie iets teen Nederlands as taal nie. Die tyd
wat ek in Suid-Afrika gebly het, het ek eendag gestry met 'n Tswana wat saam
met my in die huis gebly het. Terrence het - hoewel hy mooi Afrikaans kan
praat - heeltyd geweier om Afrikaans te praat. Toe ek vir hom vra hoekom hy
Engels verkies bo Afrikaans, se hy vir my dat Afrikaans die taal is van die
onderdrukker. Ek het vir hom probeer verduidelik, maar hy het glad nie
aanvaar dat mens nie deur 'n taal, maar net deur 'n politieke sisteem
onderdruk word nie. En jy is reg as jy se julle het party keer iets teen
Nederlanders, maar nie iets teen die taal van de Nederlanders nie.

Mooi loop,

Martijn

> From: "Wouter Plaasvark"
> Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans
> Date: Tue, 9 Apr 2002 13:37:14 +0200
> Subject: Afrikaans-Nederlands
>
> Martijn .
> So ja, hoekom sal julle nog praat oor Afrikaans-Nederlands.
> Net die naam van die kursus gee klaar die idee dat Afrikaans
> erens deel is van Nederlands. As dit dan nie waar is nie, kan
> mens mos die Nederlands in die naam van die graad maar
> los. Hoe se julle? Afrikaans is bak!
>
> Wouter
> Daardie kursus sluit onder ander 'n studie van Afrikaanse
> en Nederlandse letterkunde in. As jy dit enige ander naam
> sou gee, sou dit nie beskrywend wees nie. En niemand
> stry dat Afrikaans se hoofwortels in Nederlands lê nie,
> dit maak dus sin om die twee saam te bestudeer, ons
> het geen hangups daaroor nie.
>
> As gevolg van ons geskiedenis is ons is taamlik wantrouig
> ingestel teen Nederlanders, maar nie teen Nederlands nie.
> Ons weet net nie veel van Nederlands nie. Ek veralgemeen
> nou natuurlik, maar dit maak dit nie ongeldig nie.
>
Re: Afrikaans-Nederlands [boodskap #59892 is 'n antwoord op boodskap #59887] Di, 09 April 2002 13:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" schreef:
> As gevolg van ons geskiedenis is ons is taamlik wantrouig
> ingestel teen Nederlanders, maar nie teen Nederlands nie.
> Ons weet net nie veel van Nederlands nie. Ek veralgemeen
> nou natuurlik, maar dit maak dit nie ongeldig nie.
>

Geagte Wouter,

Ek vind dit baie interessant wat jy hier skryf...
Ek is 'n Vlaming soos jy waarskynlik wel weet en ons volk het
vóór 1830 ook teen die Nederlanders geveg om tenslotte, met die
Wale, 'n land te vorm wat onafhanklik van Nederland is.
Jy sê dat Afrikaners taamlik wantrouig ingestel is teen Nederlanders.
Ek kan dit êrens glo omdat ek dit al meerdere male in hierdie nuus-
groep het kan opmerk. Die geskiedenis daaromtrent is my eintlik
nie baie goed duidelik nie. Ek glo êrens is die tweespalt wat ontstaan
is tussen Nederlanders en Afrikaanse koloniste in Suid-Afrika gegroei
rond die jare dat Napoleon Nederland verower het en dan het Engeland
die land ingeneem. Nou, eintlik weet ek dit nie gans nie. Jy kan
verklaar en ook die andere deelnemers van hierdie nuusgroep sou
my dit kan vertel.
Maar eintlik vind ek dit jammer. Want ek sou alles doen wat ek maar
sou kan doen om tog maar 'n brug te slaan tussen die Nederlanders
en die Afrikaners as daar nog enige mistrou is tussen hulle. Dis
miskien ongelooflik dat ek dit as Vlaming wil sê (ek is self ook geen
Nederlander nie!) maar ek het daarvoor me redes. Die feit dat ons
nou 'n taal praat wat vir elk van hierdie partye nog steeds, ofskoon
soms met enige moeite, verstaanbaar is dui daarop dat in die
geskiedenis tyde bestaan het dat ons toe nog min of meer dieselfde
identiteit gehad het. Dis die geskiedenis en die omstandighede wat ons
uit mekaar gedryf het en nie die onwil om met mekaar ooreen te kom
nie. Maar tog, sien wat het gebeur: ons is nou drie volke geword in
plaas van een en omdat ons nou alle drie so'n verskillend karakter
het is dit nie meer moontlik nie om ons saam terug politiek te
herenig.
Maar ons het nog steeds dieselfde taal en dus ook 'n stuk kultuur
wat gemeenskaplik is. Me vraag vir die Afrikaners is nou: is dit nou
nog redelik dat ons ons eie in die teenwoordige wêreldsituasie waarin
Engels 'n oorheersende invloed kry nog 'n geskeie ontwikkeling
voorstaan? Me eie mening daaroor is dat Nederlands, Vlaams en
Afrikaans bedreigde tale is wat beter terug 'n alliansie sou vorm
anders is ons reddeloos verloor. Nederlanders en Vlaminge het daaroor
al min of meer 'n konsensus bereik waarby ons ons eie karakter nie
het moet verloor nie en ons politieke bestel is nog steeds geskeie.
Dit is eintlik nog so 'n slegte saak nie! Maar waar bly die
Afrikaners? 'n Taalunie beteken nie dat Afrikaners daarom hulle
eie taal moet verkrag: hulle kan dieselfde mense bly. 'n Taalunie
beteken dat die rykdom van die andere tale nou offisieel deel van
die eie kultuur word en daarmee word saamgevoeg. Ek sou dit selfs
baie plesierig vind as ek in Vlaams behalwe "citroen" ook "suurlemoen"
sou kan sê! Want dit sou beteken dat êrens op die aarde nog 'n land
bestaan waar ook 'n taal gepraat word waarop die Vlaams gelyk. On-
middellik sou die Afrikaanse kultuur 'n stuk word van die Vlaamse
kultuur en omgekeerd.
Dit is alles maar 'n idee. Daar is miskien nog Nederlanders en
Afrikaners wat sal antwoord dat Nederlands en Afrikaans die
geskiedenis wel sal oorleef... Maar as ek sien na die verwoestende
uitwerking van die Engels in onse drie taalgebiede dan het ek die
neiging om te sê: dis hoog tyd, miskien selfs al te laat, om die
taalunie nog in te stel.

Die groete van

Norbert (uit Vlaanderen)
Re: Afrikaans-Nederlands [boodskap #59894 is 'n antwoord op boodskap #59892] Di, 09 April 2002 13:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Goeie gedagte Norbert - iets waaroor ek bietjie sal gaan dink - kyk maar uit
vir die bondels rook vanuit die Suide;)))
Net dit - in België - is daar 'n vak by 'n Universiteit met die naam Vlaams?
Indien wel, word ook Nederlandse letterkunde in die vak behandel?
of
Vlaams-Nederlands?

Annette

*Sterrenkijker* skryf in boodskap news:3cb2eaa1.5784281@news.skynet.be...
> "Wouter Plaasvark" schreef:
>> As gevolg van ons geskiedenis is ons is taamlik wantrouig
>> ingestel teen Nederlanders, maar nie teen Nederlands nie.
>> Ons weet net nie veel van Nederlands nie. Ek veralgemeen
>> nou natuurlik, maar dit maak dit nie ongeldig nie.
>>
>
> Geagte Wouter,
>
> Ek vind dit baie interessant wat jy hier skryf...
> Ek is 'n Vlaming soos jy waarskynlik wel weet en ons volk het
> vóór 1830 ook teen die Nederlanders geveg om tenslotte, met die
> Wale, 'n land te vorm wat onafhanklik van Nederland is.
> Jy sê dat Afrikaners taamlik wantrouig ingestel is teen Nederlanders.
> Ek kan dit êrens glo omdat ek dit al meerdere male in hierdie nuus-
> groep het kan opmerk. Die geskiedenis daaromtrent is my eintlik
> nie baie goed duidelik nie. Ek glo êrens is die tweespalt wat ontstaan
> is tussen Nederlanders en Afrikaanse koloniste in Suid-Afrika gegroei
> rond die jare dat Napoleon Nederland verower het en dan het Engeland
> die land ingeneem. Nou, eintlik weet ek dit nie gans nie. Jy kan
> verklaar en ook die andere deelnemers van hierdie nuusgroep sou
> my dit kan vertel.
> Maar eintlik vind ek dit jammer. Want ek sou alles doen wat ek maar
> sou kan doen om tog maar 'n brug te slaan tussen die Nederlanders
> en die Afrikaners as daar nog enige mistrou is tussen hulle. Dis
> miskien ongelooflik dat ek dit as Vlaming wil sê (ek is self ook geen
> Nederlander nie!) maar ek het daarvoor me redes. Die feit dat ons
> nou 'n taal praat wat vir elk van hierdie partye nog steeds, ofskoon
> soms met enige moeite, verstaanbaar is dui daarop dat in die
> geskiedenis tyde bestaan het dat ons toe nog min of meer dieselfde
> identiteit gehad het. Dis die geskiedenis en die omstandighede wat ons
> uit mekaar gedryf het en nie die onwil om met mekaar ooreen te kom
> nie. Maar tog, sien wat het gebeur: ons is nou drie volke geword in
> plaas van een en omdat ons nou alle drie so'n verskillend karakter
> het is dit nie meer moontlik nie om ons saam terug politiek te
> herenig.
> Maar ons het nog steeds dieselfde taal en dus ook 'n stuk kultuur
> wat gemeenskaplik is. Me vraag vir die Afrikaners is nou: is dit nou
> nog redelik dat ons ons eie in die teenwoordige wêreldsituasie waarin
> Engels 'n oorheersende invloed kry nog 'n geskeie ontwikkeling
> voorstaan? Me eie mening daaroor is dat Nederlands, Vlaams en
> Afrikaans bedreigde tale is wat beter terug 'n alliansie sou vorm
> anders is ons reddeloos verloor. Nederlanders en Vlaminge het daaroor
> al min of meer 'n konsensus bereik waarby ons ons eie karakter nie
> het moet verloor nie en ons politieke bestel is nog steeds geskeie.
> Dit is eintlik nog so 'n slegte saak nie! Maar waar bly die
> Afrikaners? 'n Taalunie beteken nie dat Afrikaners daarom hulle
> eie taal moet verkrag: hulle kan dieselfde mense bly. 'n Taalunie
> beteken dat die rykdom van die andere tale nou offisieel deel van
> die eie kultuur word en daarmee word saamgevoeg. Ek sou dit selfs
> baie plesierig vind as ek in Vlaams behalwe "citroen" ook "suurlemoen"
> sou kan sê! Want dit sou beteken dat êrens op die aarde nog 'n land
> bestaan waar ook 'n taal gepraat word waarop die Vlaams gelyk. On-
> middellik sou die Afrikaanse kultuur 'n stuk word van die Vlaamse
> kultuur en omgekeerd.
> Dit is alles maar 'n idee. Daar is miskien nog Nederlanders en
> Afrikaners wat sal antwoord dat Nederlands en Afrikaans die
> geskiedenis wel sal oorleef... Maar as ek sien na die verwoestende
> uitwerking van die Engels in onse drie taalgebiede dan het ek die
> neiging om te sê: dis hoog tyd, miskien selfs al te laat, om die
> taalunie nog in te stel.
>
> Die groete van
>
> Norbert (uit Vlaanderen)
>
Re: Afrikaans-Nederlands [boodskap #59898 is 'n antwoord op boodskap #59892] Di, 09 April 2002 14:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
pfffff, pffffff, waai rookwolke om brein weg -
Nie 'n slegte idee nie Norbert - solank elke taal inherent nog steeds op sy
eie bestaan, en mense nie net sommer goedsmoeds 'n soort van Afnedvams gaan
begin praat nie.
Gebruik die Nederlandse en Vlaamse woorde, maar gee erkenning van watter
taal dit afkomstig is.
Wat hier gebeur, en waarop ons baie trots is, is dat ons taal nog lewendig
is, en baie van ons nog gedurig werk aan en dink oor nuwe Afrikaanse
uitdrukkings en woorde - ons gebruik nie sommer maklik en goedsmoeds die
Engelse woord of 'n anglisisme nie.
Ek weet ook hoekom dit vir die Nederlanders en Vlaminge soveel makliker is
om Afrikaans te lees en te verstaan as vir ons Afrikaners van veral
Nederlands. - vir my in elk geval .
Ek is glad nie taalkundig aangelê nie, en ek sien nie die punt in om
onnodige j's, ch's en e's te skryf nie.

Dit gesê - ja - natuurlik is ek daarvoor dat ons mekaar in ons tale
ondersteun - vir die behoud van elkeen - afsonderlik en gesamentlik.
Dit gaan vir my nie soseer oor die oormag van Engels nie, maar ten minste
gaan ons dan nog steeds ( en miskien meer) in ons onderskeie tale koerante,
tydskrifte, letterkunde, liedere, radioprogramme, tv programme, advertensies
en selfs aanwysings op pakette kry - waar ons gesamentlik en afsondelik ons
gaan beywer vir die behoud en suiwerheid daarvan - wat onderling en tot ons
almal se voordeel aangewend kan word.

So - vir watse Vlaamse en Nederlandse woorde het jy Afrikaans voor
nodig?:)))))))

Annette

*Sterrenkijker* skryf in boodskap news:3cb2eaa1.5784281@news.skynet.be...
> "Wouter Plaasvark" schreef:
>> As gevolg van ons geskiedenis is ons is taamlik wantrouig
>> ingestel teen Nederlanders, maar nie teen Nederlands nie.
>> Ons weet net nie veel van Nederlands nie. Ek veralgemeen
>> nou natuurlik, maar dit maak dit nie ongeldig nie.
>>
>
> Geagte Wouter,
>
> Ek vind dit baie interessant wat jy hier skryf...
> Ek is 'n Vlaming soos jy waarskynlik wel weet en ons volk het
> vóór 1830 ook teen die Nederlanders geveg om tenslotte, met die
> Wale, 'n land te vorm wat onafhanklik van Nederland is.
> Jy sê dat Afrikaners taamlik wantrouig ingestel is teen Nederlanders.
> Ek kan dit êrens glo omdat ek dit al meerdere male in hierdie nuus-
> groep het kan opmerk. Die geskiedenis daaromtrent is my eintlik
> nie baie goed duidelik nie. Ek glo êrens is die tweespalt wat ontstaan
> is tussen Nederlanders en Afrikaanse koloniste in Suid-Afrika gegroei
> rond die jare dat Napoleon Nederland verower het en dan het Engeland
> die land ingeneem. Nou, eintlik weet ek dit nie gans nie. Jy kan
> verklaar en ook die andere deelnemers van hierdie nuusgroep sou
> my dit kan vertel.
> Maar eintlik vind ek dit jammer. Want ek sou alles doen wat ek maar
> sou kan doen om tog maar 'n brug te slaan tussen die Nederlanders
> en die Afrikaners as daar nog enige mistrou is tussen hulle. Dis
> miskien ongelooflik dat ek dit as Vlaming wil sê (ek is self ook geen
> Nederlander nie!) maar ek het daarvoor me redes. Die feit dat ons
> nou 'n taal praat wat vir elk van hierdie partye nog steeds, ofskoon
> soms met enige moeite, verstaanbaar is dui daarop dat in die
> geskiedenis tyde bestaan het dat ons toe nog min of meer dieselfde
> identiteit gehad het. Dis die geskiedenis en die omstandighede wat ons
> uit mekaar gedryf het en nie die onwil om met mekaar ooreen te kom
> nie. Maar tog, sien wat het gebeur: ons is nou drie volke geword in
> plaas van een en omdat ons nou alle drie so'n verskillend karakter
> het is dit nie meer moontlik nie om ons saam terug politiek te
> herenig.
> Maar ons het nog steeds dieselfde taal en dus ook 'n stuk kultuur
> wat gemeenskaplik is. Me vraag vir die Afrikaners is nou: is dit nou
> nog redelik dat ons ons eie in die teenwoordige wêreldsituasie waarin
> Engels 'n oorheersende invloed kry nog 'n geskeie ontwikkeling
> voorstaan? Me eie mening daaroor is dat Nederlands, Vlaams en
> Afrikaans bedreigde tale is wat beter terug 'n alliansie sou vorm
> anders is ons reddeloos verloor. Nederlanders en Vlaminge het daaroor
> al min of meer 'n konsensus bereik waarby ons ons eie karakter nie
> het moet verloor nie en ons politieke bestel is nog steeds geskeie.
> Dit is eintlik nog so 'n slegte saak nie! Maar waar bly die
> Afrikaners? 'n Taalunie beteken nie dat Afrikaners daarom hulle
> eie taal moet verkrag: hulle kan dieselfde mense bly. 'n Taalunie
> beteken dat die rykdom van die andere tale nou offisieel deel van
> die eie kultuur word en daarmee word saamgevoeg. Ek sou dit selfs
> baie plesierig vind as ek in Vlaams behalwe "citroen" ook "suurlemoen"
> sou kan sê! Want dit sou beteken dat êrens op die aarde nog 'n land
> bestaan waar ook 'n taal gepraat word waarop die Vlaams gelyk. On-
> middellik sou die Afrikaanse kultuur 'n stuk word van die Vlaamse
> kultuur en omgekeerd.
> Dit is alles maar 'n idee. Daar is miskien nog Nederlanders en
> Afrikaners wat sal antwoord dat Nederlands en Afrikaans die
> geskiedenis wel sal oorleef... Maar as ek sien na die verwoestende
> uitwerking van die Engels in onse drie taalgebiede dan het ek die
> neiging om te sê: dis hoog tyd, miskien selfs al te laat, om die
> taalunie nog in te stel.
>
> Die groete van
>
> Norbert (uit Vlaanderen)
>
Re: Afrikaans-Nederlands [boodskap #59904 is 'n antwoord op boodskap #59892] Di, 09 April 2002 17:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter
> As gevolg van ons geskiedenis is ons is taamlik wantrouig
> ingestel teen Nederlanders, maar nie teen Nederlands nie.
> Ons weet net nie veel van Nederlands nie. Ek veralgemeen
> nou natuurlik, maar dit maak dit nie ongeldig nie.

*Sterrenkijker*
Geagte Wouter,
Ek vind dit baie interessant wat jy hier skryf...
Ek is 'n Vlaming soos jy waarskynlik wel weet en ons volk het
vóór 1830 ook teen die Nederlanders geveg om tenslotte, met die
Wale, 'n land te vorm wat onafhanklik van Nederland is.
Jy sê dat Afrikaners taamlik wantrouig ingestel is teen Nederlanders.
Ek kan dit êrens glo omdat ek dit al meerdere male in hierdie nuus-
groep het kan opmerk. Die geskiedenis daaromtrent is my eintlik
nie baie goed duidelik nie. Ek glo êrens is die tweespalt wat ontstaan
is tussen Nederlanders en Afrikaanse koloniste in Suid-Afrika gegroei
rond die jare dat Napoleon Nederland verower het en dan het Engeland
die land ingeneem.

Wouter
Nee, ek reken daardie geskiedenis is lankal vergete. Dit gaan eerder
oor die manier waarop daar ingemeng en veral (probeer) voorskryf is
in SA se sake in die afgelope dertig jaar of so. Sonder insig of begrip,
so van 'n paar duisend kilometer weg. Ons ervaar dit vandag nog van
sommiges, ook hier op die ng. Gelukkig is dit hier eerder die
uitsondering as die reël.

Verder is die beeld van die tipiese "Hollandse" immigrant nie goed
nie. Ons ken hulle as mense wat effe luidrugtig en nie besonder
goed gemanierd is nie. Dis waarskynlik nie heeltemaal regverdig
nie, maar dis 'n baie sterk persepsie. En ons beskou alle
Nederlanders as Hollanders, maak nie saak hoeveel keer dit
verduidelik word nie. Maar Belge se reputasie is beter, so
verduidelik so gou as moontlik dat jy 'n Vlaming is wanneer jy ons
besoek. Want Vlaams klink vier ons ook maar baie soos "Hollands".
Ja, regtig ;-)

Norbert
Maar ons het nog steeds dieselfde taal en dus ook 'n stuk kultuur
wat gemeenskaplik is. Me vraag vir die Afrikaners is nou: is dit nou
nog redelik dat ons ons eie in die teenwoordige wêreldsituasie waarin
Engels 'n oorheersende invloed kry nog 'n geskeie ontwikkeling
voorstaan? Me eie mening daaroor is dat Nederlands, Vlaams en
Afrikaans bedreigde tale is wat beter terug 'n alliansie sou vorm
anders is ons reddeloos verloor. Nederlanders en Vlaminge het daaroor
al min of meer 'n konsensus bereik waarby ons ons eie karakter nie
het moet verloor nie en ons politieke bestel is nog steeds geskeie.
Dit is eintlik nog so 'n slegte saak nie! Maar waar bly die
Afrikaners? 'n Taalunie beteken nie dat Afrikaners daarom hulle
eie taal moet verkrag: hulle kan dieselfde mense bly.

Wouter
Daar is beslis ruimte vir meer taalbande. Maar die kultuurgaping is
baie groot, die meeste Suid Afrikaners voel meer tuis saam met
byvoorbeeld Australiërs en Nieu Zeelanders as met Europeërs.
Ekself beskou my as deel van Afrika, met min gevoel vir Europa,
maar die taalband bly iets besonders.
Re: Afrikaans-Nederlands [boodskap #59914 is 'n antwoord op boodskap #59894] Di, 09 April 2002 18:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Hallo, Annette,

Neen, daar is nie 'n vak "Vlaams" by die universiteite in Vlaanderen
nie. Die rede daarvoor is dat "Vlaams" eintlik nie bestaan nie. Vlaams
is 'n mengelmoes van Nederduitse dialekte soos die ook bestaan het
in Nederland in die tyd van Van Riebeeck. Deur die politieke eenmaking
van Nederland in die sewentiende eeu is die onderskeid tussen die
Nederlandse dialekte in Nederland baie minder geword as die onderskeid
wat teenwoordig nog bestaan tussen die dialekte in Vlaanderen. Maar
dat "Vlaams" en "Nederlands" eintlik nog dieselfde taal is kan
ingesien word deurdat, as ons langsaam praat, mense uit sowel
Nederland as Vlaanderen, hulle onderling mekaar heeltemal kan ver-
staan. Ek voeg daar nog die Afrikaans an toe omdat ook daardie taal
nog door elkeen wat in Vlaanderen of Nederland woon bykans vir 90%
verstaan word. Ofskoon Afrikaans duidelik van Nederlands afstam is dit
ongelooflik om te sien hoeveel Vlaamse uitdrukkings nog in Afrikaans
bestaan wat teenwoordig al in modern Nederlands bykans nie meer
voorkom nie. Om hiervan 'n voorbeeld te gee: ek het net die woord
"bykans" gebruik wat ek nog in 'n Suidafrikaanse woordeboek
teruggevind het.. Maar hierdie woord word nie meer in Nederland
gebruik nie maar wel nog in Vlaanderen!!!
Toe ons in die begin van die twintigste eeu in Vlaanderen het ingesien
dat 'n taalunie met Nederland 'n grote waarborg vir ons eie taalbehoud

sou wees het ons eintlik nog nie kan voorsien dat ons hierin agteraf
miskien 'n bietjie te ver sou wou gaan. Ons het nou 'n "taalunie" en
sodoende is die offisiele Vlaams dieselfde geword as die Nederlands
waarby ons die woordeskatte van beide tale het aaneengevoeg. Die
spraakkuns egter is 'n bietjie in die voordeel van die Nederlanders
gekom maar dit was nie 'n beswaar nie omdat eintlik Nederlands in die
sewentiende eeu 'n grote inwyking van Vlaamstaliges geken het en
hierdie mense het in daardie tyd baie invloed gehad op die Nederlands.
Glo dit of glo dit nie maar in die sewentiende eeu was in baie stede
van Nederland van eenderde tot die helfte Vlaminge!! Deur hierdie
omstandighede en ofskoon Nederlands en Vlaams uiteindelik nog uit
verskeie dialekte bestaan is die wedersydse beïnvloeding tog so
groot gewees dat die integrasie van die Vlaams na die Nederlands
uiteindelik geen probleem geword is nie. Ook om hierdie rede sou
'n onderrig by die universiteite oor "Vlaams" geen sin het nie.
Uiteindelik bestaan alles wat in Vlaams bestaan ook in Nederland
en omgekeerd is dit ook so. Daar is natuurlik uitsonderings maar ons
het dit opgelos deur die uitsonderings geldig te verklaar in beide
taalgebiede en die offisiele spraakkuns is so 'n bietje 'n versameling

geword van wat bestaan het onder die meerderheid van die bevolking in
beide lande! "Integrasie" is 'n woord wat veral in Vlaanderen, wat die

taal aangaan, belangrik gewees is en daarom is die onderskeid tussen
Nederlandse en Vlaamse letterkunde heeltemal weggegaan. Nederlanders
herken my nog as ek Nederlands praat deur me Vlaamse aksente maar
indien ek Nederlands sou skryf om me verstaanbaar te maak dan sou
hulle nie eens weet dat ek is 'n Vlaming is nie. Ons het dit so gewil
in Vlaanderen omdat 'n eenheid in die taal vir ons belangrik was: die
Wale het altyd tereg ons kan verwyt dat ons geen eenheid kon vorm
en dat ons taal daardeur gedoem was om te verdwyn. Hierdie situasie
het heeltemal omgedraai: Wale leer nu ywerig Nederlands om Vlaminge
te kan verstaan. Natuurlik kom dit ook deurdat Vlaanderen nou
ekonomies interessant vir hulle is geword: die industriele expansie is
in Vlaanderen die laaste twintig jare baie groter gewees as in
Wallonië.
Alles kom daarop neer dat in Vlaanderen mense het ingesien dat
'n vrywillige taalunie met Nederland uiteindelik in die belang was vir
elkeen. Indien dit nie gebeur was nie dan sou in Vlaanderen elkeen
Frans gepraat het teenwoordig en ons het uiteindelik besef dat dit die
dood van die Vlaamse dialekte sou gewees het. Die besef dat Vlaams
nie ver van se dood gestaan het nie het ons doen terugslaan en daar-
deur is ons weer daar bo-op gekom. Ons het uiteindelik ingesien dat
-saam met ons taal- onse eieheid en eenheid sou gaan verdwyn en
dit was die laaste wat Vlaminge kon aanvaard. Wat ek hier mee wil
sê is ook van belang gewees vir die Afrikaners: indien hulle nie so
stom gewees was nie om in die laaste jare van die Apartheid die
Afrikaans wetlik als enigste geldige huistaal vir alle swartmense te
propageer dan sou teenwoordig die blankes in Suid-Afrika nog steeds
die mag gehad het. Dit is wat 'n wenner altyd moet verstaan: dis
toegestaan om 'n teenstander te oorwin maar moet agteraf altyd jou
respek vir hom bewaar! Selfs die Duitsers het altyd gesê: selfs van
die ergste vyand kan 'n mens nog altyd iets leer!
Ek het gesê dat Vlaminge miskien 'n bietjie te ver is gegaan in hulle
taalunie met Nederland en sodoende hulle eieheid op 'n andere manier
het verloor.. Inderdaad is daar teenwoordig baie protes vanweë
Vlaminge wat die teloorgang en gebruik van die Vlaamse dialekte soos
hulle 100 jare gelede nog bestaan het baie betreur. Ek weet nog nie
hoe die Vlaamse regering daarmee sal omgaan nie. Ek dink dit sou
verstandig wees om ook hierdie oue dialekte "offisieel" te verklaar.
Ek is nou daarvan oortuig dit sou die beste middel wees om hulle te
doen verdwyn...

Die beste groete vir Annette vanweë

Norbert uit Vlaanderen

"Annette" schreef:

> Goeie gedagte Norbert - iets waaroor ek bietjie sal gaan dink - kyk maar uit
> vir die bondels rook vanuit die Suide;)))
> Net dit - in België - is daar 'n vak by 'n Universiteit met die naam Vlaams?
> Indien wel, word ook Nederlandse letterkunde in die vak behandel?
> of
> Vlaams-Nederlands?
>
> Annette
>
> *Sterrenkijker* wrote in message
> news:3cb2eaa1.5784281@news.skynet.be...
>> "Wouter Plaasvark" schreef:
>>> As gevolg van ons geskiedenis is ons is taamlik wantrouig
>>> ingestel teen Nederlanders, maar nie teen Nederlands nie.
Re: Afrikaans-Nederlands [boodskap #59915 is 'n antwoord op boodskap #59914] Di, 09 April 2002 18:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Norbert schreef...
> Ofskoon Afrikaans duidelik van Nederlands afstam is dit
> ongelooflik om te sien hoeveel Vlaamse uitdrukkings nog in Afrikaans
> bestaan wat teenwoordig al in modern Nederlands bykans nie meer
> voorkom nie. Om hiervan 'n voorbeeld te gee: ek het net die woord
> "bykans" gebruik wat ek nog in 'n Suidafrikaanse woordeboek
> teruggevind het.. Maar hierdie woord word nie meer in Nederland
> gebruik nie maar wel nog in Vlaanderen!!!

In my eie dialek het die woord ge-evalueer na 'bekant'.

> Nederlanders herken my nog as ek Nederlands praat deur me
> Vlaamse aksente maar indien ek Nederlands sou skryf om me
> verstaanbaar te maak dan sou hulle nie eens weet dat ek is 'n
> Vlaming is nie.

Wel as jy -selfs as jy Afrikaans skryf- woordjies soos 'elkeen' gebruik :)

> Inderdaad is daar teenwoordig baie protes vanweë
> Vlaminge wat die teloorgang en gebruik van die Vlaamse dialekte soos
> hulle 100 jare gelede nog bestaan het baie betreur. Ek weet nog nie
> hoe die Vlaamse regering daarmee sal omgaan nie. Ek dink dit sou
> verstandig wees om ook hierdie oue dialekte "offisieel" te verklaar.

Dieselfde ontwikkeling sien ons alle taalgebiede. Dialekte verdwyn deur
verbeterde kommunikasiemiddels (radio, flieke, televisie, internet, ...).
Vroeër het Nederlands na die ooste toe langsaam oorgevloei in (laag) Duits en
die laag Duits in hoog Duits. Teenwoordig is daar 'n skerpe grense wat
saamval met die landsgrense; west daarvan praat mens Nederlands, oost
daarvan (hoog) Duits.

Om ou dialekte 'offisieel' te verklaar gaan nie werk nie. Die status van
dialekte is baie laag. As jou dialek te ver afwyk van die norm (ABN), is jy
dom, ongeletterd, onbeskaafd, 'n boerekinkel. Mense wil nie dom en
onbeskaafd lyk .... en hulle wil seker nie dat hulle kinders dom en
onbeskaafd lyk.

Ek dink dis 'n verlies vir die rykdom vir ons taal wanneer dialekte verdwyn.
Maar gelukkig is daar nog 'n dialek wat nie baie vinnig geassimileer sal
word nie, omdat die geografiese afstand groot is :)

Groete,
Arthur
Re: Afrikaans-Nederlands [boodskap #59919 is 'n antwoord op boodskap #59904] Di, 09 April 2002 18:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" schreef:
> Verder is die beeld van die tipiese "Hollandse" immigrant nie goed
> nie. Ons ken hulle as mense wat effe luidrugtig en nie besonder
> goed gemanierd is nie.
Norbert:
Hoeso? Wou jy dan dalk beweer dat Hollanders hulle eie oorals tuis
voel? Ek weet nie hoekom maar daar is mense wat my dit vroeër ook
al probeer wysmaak het. Sou dit dan tog werklik waar wees?

> Wouter
> Daar is beslis ruimte vir meer taalbande. Maar die kultuurgaping is
> baie groot, die meeste Suid Afrikaners voel meer tuis saam met
> byvoorbeeld Australiërs en Nieu Zeelanders as met Europeërs.
> Ekself beskou my as deel van Afrika, met min gevoel vir Europa,
> maar die taalband bly iets besonders.

Norbert:

Moet eerlik beken: dit skok my maar ek wil dit wel verstaan. Die
stryd van die lewe is vir Afrikaners in Suid-Afrika waarskynlik baie
gelykend op die stryd wat Australiërs en Nieu Zeelanders alle dae
moet voer om te kan bly bestaan. Maar ek daag jou hierby uit: laat
eens 'n klomp Australiërs of Nieu Zeelanders in jou huis loseer vir
'n paar weke en die laaste deel van die maand kom daar 'n klomp
Vlaminge in jou huis woon. Ek wed met jou dat jy nadien eerder die
Vlaminge sal terugverwag as die andere! :-)

Die groete van

Norbert (uit Vlaanderen)
Re: Afrikaans-Nederlands [boodskap #59921 is 'n antwoord op boodskap #59894] Di, 09 April 2002 19:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michel Martens  is tans af-lyn  Michel Martens
Boodskappe: 126
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" schreef op Tue, 9 Apr 2002 15:48:43
+0200 in nieuwsgroep soc.culture.south-africa.afrikaans:

> Goeie gedagte Norbert - iets waaroor ek bietjie sal gaan dink - kyk maar uit
> vir die bondels rook vanuit die Suide;)))
> Net dit - in België - is daar 'n vak by 'n Universiteit met die naam Vlaams?
> Indien wel, word ook Nederlandse letterkunde in die vak behandel?
> of
> Vlaams-Nederlands?
>
Bestaat er in Nederland een vak bij een universiteit met de naam
Hollands? Wordt er Hollandse letterkunde behandeld? Of
Hollands-Nederlands?
Neem mij niet kwalijk Annette, ik klink een beetje betweterig. Maar
Norbert heeft het dikwijls over zijn taal als 'Vlaams'. Zo worden
misverstanden geschapen. Een Vlaamse taal bestaat niet, net zomin als
er een Hollandse taal bestaat of een Brabantse. Vlaams, Hollands en
Brabants zijn regiolecten, streektalen, maar de cultuurtaal waarvan
wij ons in Vlaanderen en Nederland bedienen is het Nederlands. Wij
gebruiken dezelfde woordenboeken. In de grensstreek gaan Nederlandse
kinderen naar Vlaamse scholen en vice-versa. Wij luisteren naar
elkaars radio en kijken naar elkaars televisie, enzovoorts. We horen
wél van elkaar dat we Nederlander of Vlaming zijn. Die typische
tongval verraadt ons steeds, maar dat heb je met Duitsers en
Oostenrijkers ook en met Engelsen en Schotten en Fransen en
Franssprekende Canadezen en ga zo maar door. Het feit dat men in
latere tijden sprak over 'Vlaams' heeft zijn historische achtergrond.
Maar nu in de eenentwintigste eeuw bestaat uitsluitend het Nederlands
als officiële benaming van die taal en de Nederlands-Vlaamse commissie
die waakt over die taal is de Nederlandse Taalunie, waarbij
'Nederlandse' verwijst naar de taal en niet naar het land.
Het is dus fout van sommige Vlamingen om ten overstaan van
buitenlanders de vraag 'welke taal spreken jullie' te beantwoorden met
'Vlaams'. Evenzo is het fout van sommige Nederlanders om diezelfde
vraag te beantwoorden met 'Hollands'.

Groeten,
Michel (uit Brabant:-)

PS: Brabant is de historische naam van een hertogdom waarvan het
grondgebied thans opgedeeld is tussen Nederland en België. In
Nederland is het de provincie Noord-Brabant en in België beslaat het
de provincies Antwerpen, Vlaams-Brabant en Waals-Brabant. Zelf ben ik
van Antwerpen, dus ik ben een Brabander. Norbert is een Vlaming want
hij woont in de provincie Oost-Vlaanderen.
Maar we zijn ook beiden Vlamingen, omdat 'Vlaanderen' de moderne
staatkundige naam is die men gegeven heeft aan het Nederlandsprekend
gedeelte van België. Als we het hebben over 'Vlaanderen' doen we er in
bepaalde omstandigheden dus goed aan om te verduidelijken of we het
historische graafschap, dan wel de moderne Belgische deelstaat
bedoelen. Zo is het ook ongeveer met Holland en Nederland.
Re: Afrikaans-Nederlands [boodskap #59923 is 'n antwoord op boodskap #59915] Di, 09 April 2002 19:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Arthur Hagen" schreef:

> Om ou dialekte 'offisieel' te verklaar gaan nie werk nie.

Norbert:
Tog wel! In Vlaanderen gaan dit werk! Dit kom omdat hier in Vlaanderen
"offisiele" mense nog altyd dialek praat!! :-)

Die groete!
Re: Afrikaans-Nederlands [boodskap #59926 is 'n antwoord op boodskap #59923] Di, 09 April 2002 19:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Norbert schreef...
> "Arthur Hagen" schreef:
>> Om ou dialekte 'offisieel' te verklaar gaan nie werk nie.
>
> Tog wel! In Vlaanderen gaan dit werk! Dit kom omdat hier in Vlaanderen
> "offisiele" mense nog altyd dialek praat!! :-)

Oh, ek het altyd gedink die Vlaamse 'offisiele' mense praat twak, maar ek
begryp nou dis net hulle dialek ;-)

Groete,
Arthur
Re: Afrikaans-Nederlands [boodskap #59928 is 'n antwoord op boodskap #59898] Di, 09 April 2002 19:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" schreef:

> Wat hier gebeur, en waarop ons baie trots is, is dat ons taal nog lewendig
> is, en baie van ons nog gedurig werk aan en dink oor nuwe Afrikaanse
> uitdrukkings en woorde - ons gebruik nie sommer maklik en goedsmoeds die
> Engelse woord of 'n anglisisme nie.

Natuurlik!! En daarom ook sou ek die Afrikaans terug in die
Nederduitse taalfamilie wou sien. Ons het niks an mense wat geen
selfrespek het nie. Mag gerus beweer dat die Hollanders teenwoordig
teveel hulle "Hol" na die Engelsmanne uitsteek...
(Ho-ho-hoooooooo!!!) :-)

Die groete van

Norbert (uit Vlaanderen)
Re: Afrikaans-Nederlands [boodskap #59929 is 'n antwoord op boodskap #59928] Di, 09 April 2002 20:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Norbert schreef...
> "Annette" schreef:
>> Wat hier gebeur, en waarop ons baie trots is, is dat ons taal nog lewendig
>> is, en baie van ons nog gedurig werk aan en dink oor nuwe Afrikaanse
>> uitdrukkings en woorde - ons gebruik nie sommer maklik en goedsmoeds die
>> Engelse woord of 'n anglisisme nie.
>
> Natuurlik!! En daarom ook sou ek die Afrikaans terug in die
> Nederduitse taalfamilie wou sien. Ons het niks an mense wat geen
> selfrespek het nie. Mag gerus beweer dat die Hollanders teenwoordig
> teveel hulle "Hol" na die Engelsmanne uitsteek...
> (Ho-ho-hoooooooo!!!) :-)

He gats, Santa, sulke opmerkings het ek nie van u verwag nie :)

Ek dink nie Hollanders leen meer woorde uit Engels as Vlaminge nie. Ons is
darem nog nie so diep gesink nie dat ons -soos julle- die woonkamer 'living'
noem!

My grootste (huidige) ergernis betref viral die boordjies ooral met die
tekst 'SALE!'. Ek gaan graag op koopjiesjag in die uitverkooptyd, maar as ek
so'n boordjie sien is ek geneig na 'n ander winkel te gaan (helaas is die
boordjies alomteënwoordig). My protes teen hierdie onsin uit ek nou deur te
weier om dit uit te spreek as 'seel' .... dis saale :)

Groete,
Arthur
Re: Afrikaans-Nederlands [boodskap #59938 is 'n antwoord op boodskap #59929] Wo, 10 April 2002 06:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Arthur, ek sien ons doen soms dinge dieselfde. Ek lees ook bordjies - as
daar nie Afrikaans op is nie - in Afrikaans. Dis eintlik groot sports, en ek
verstaan dan niks wat ek lees nie, of dit is heeltemal sinneloos in
konteks - maar dit bly groot sports.

Dit het lank gelede heel onskuldig begin.
Die fliek Spartacus het gewys, en ons het saam met mense gery wie se oudste
dogtertjie slim was, maar nog nie geleer het om in Engels te lees nie. Dus
het sy alles in Afrikaans gelees.

Die banier wys toe:
Spartacus
It's Drama, It's People, It's Heroism.

En Erna lees hardop:
Spartakus. Its drama, its poeple, it heroism
Dis daardie poeple wat my nou nog laat lag.

Annette

Arthur skryf in boodskap news:a8vi6p$hsn$1@news.kabelfoon.nl...
> Norbert schreef...
>> "Annette" schreef:
>>> Wat hier gebeur, en waarop ons baie trots is, is dat ons taal nog lewendig
>>> is, en baie van ons nog gedurig werk aan en dink oor nuwe Afrikaanse
>>> uitdrukkings en woorde - ons gebruik nie sommer maklik en goedsmoeds die
>>> Engelse woord of 'n anglisisme nie.
>>
>> Natuurlik!! En daarom ook sou ek die Afrikaans terug in die
>> Nederduitse taalfamilie wou sien. Ons het niks an mense wat geen
>> selfrespek het nie. Mag gerus beweer dat die Hollanders teenwoordig
>> teveel hulle "Hol" na die Engelsmanne uitsteek...
>> (Ho-ho-hoooooooo!!!) :-)
>
> He gats, Santa, sulke opmerkings het ek nie van u verwag nie :)
>
> Ek dink nie Hollanders leen meer woorde uit Engels as Vlaminge nie. Ons is
> darem nog nie so diep gesink nie dat ons -soos julle- die woonkamer 'living'
> noem!
>
> My grootste (huidige) ergernis betref viral die boordjies ooral met die
> tekst 'SALE!'. Ek gaan graag op koopjiesjag in die uitverkooptyd, maar as ek
> so'n boordjie sien is ek geneig na 'n ander winkel te gaan (helaas is die
> boordjies alomteënwoordig). My protes teen hierdie onsin uit ek nou deur te
> weier om dit uit te spreek as 'seel' .... dis saale :)
>
> Groete,
> Arthur
>
Re: Afrikaans-Nederlands [boodskap #59954 is 'n antwoord op boodskap #59904] Wo, 10 April 2002 07:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter
> Daar is beslis ruimte vir meer taalbande. Maar die kultuurgaping is
> baie groot, die meeste Suid Afrikaners voel meer tuis saam met
> byvoorbeeld Australiërs en Nieu Zeelanders as met Europeërs.

Is dat zo?? Tussen de criminele in ;-))
Engeland heeft de criminele destijds naar Australië verbannen...

grt emmy
Re: Afrikaans-Nederlands [boodskap #59958 is 'n antwoord op boodskap #59954] Wo, 10 April 2002 08:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ja Emmy, ons weet.
Maar daar was ook soldate daar wat die kriminele daar moes oppas.
En baie van die stories wat ek gesien het, was van die geagte kriminele
iemand wat 'n hoender gesteel het omdat hy/sy honger was.
Dit is ook nie 'n voldonge feit dat kriminaliteit 'n oorerflike siekte is
nie:)))
Annette

Emmy skryf in boodskap news:a90qj5$eh7$1@scavenger.euro.net...
>
>> Wouter
>> Daar is beslis ruimte vir meer taalbande. Maar die kultuurgaping is
>> baie groot, die meeste Suid Afrikaners voel meer tuis saam met
>> byvoorbeeld Australiërs en Nieu Zeelanders as met Europeërs.
>
> Is dat zo?? Tussen de criminele in ;-))
> Engeland heeft de criminele destijds naar Australië verbannen...
>
> grt emmy
>
Re: Afrikaans-Nederlands [boodskap #59971 is 'n antwoord op boodskap #59919] Wo, 10 April 2002 10:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark"
> Verder is die beeld van die tipiese "Hollandse" immigrant nie goed
> nie. Ons ken hulle as mense wat effe luidrugtig en nie besonder
> goed gemanierd is nie.

Norbert:
Hoeso? Wou jy dan dalk beweer dat Hollanders hulle eie oorals tuis
voel? Ek weet nie hoekom maar daar is mense wat my dit vroeër
ook al probeer wysmaak het. Sou dit dan tog werklik waar wees?

Wouter
Ek ken nie die rede daarvoor nie, maar dit is hoe ek hulle gedrag
ervaar relatief tot dié van ander. En hier was baie oor die jare, hoor.

> Wouter
> Daar is beslis ruimte vir meer taalbande. Maar die kultuurgaping is
> baie groot, die meeste Suid Afrikaners voel meer tuis saam met
> byvoorbeeld Australiërs en Nieu Zeelanders as met Europeërs.
> Ekself beskou my as deel van Afrika, met min gevoel vir Europa,
> maar die taalband bly iets besonders.

Norbert:
Moet eerlik beken: dit skok my maar ek wil dit wel verstaan. Die
stryd van die lewe is vir Afrikaners in Suid-Afrika waarskynlik baie
gelykend op die stryd wat Australiërs en Nieu Zeelanders alle dae
moet voer om te kan bly bestaan. Maar ek daag jou hierby uit: laat
eens 'n klomp Australiërs of Nieu Zeelanders in jou huis loseer vir
'n paar weke en die laaste deel van die maand kom daar 'n klomp
Vlaminge in jou huis woon. Ek wed met jou dat jy nadien eerder die
Vlaminge sal terugverwag as die andere! :-)

Wouter
Ligte surprise vir jou, Norbert. Ek het al by vyf geleenthede
verskillende mense uit Nederland in my huis gehad. Ongelukkig geen
Belge nie. Net met een groep mense uit Noord-Brabant kon ek
gemaklik in Afrikaans gesels.

Hier was ook la Aussies, Amerikaners en Britte. En my rangorde van
met wie ek die gemaklikste was en wie ek ook die graagste weer
sal wil ontvang lyk so:

Australiërs
Amerikaners
Britte
Nederlanders

En ek reken die Aussies se ranglys sal baie dieselfde lyk, die
Britte sal net heel laaste wees en Suid Afrikaners heel bo.

Wat ons met Australiërs en Amerikaners deel is 'n relatief jong land
met ruimte, asook Europese voorvaders wat 'n bestaan in 'n nuwe
land gaan maak het. En taamlik min ooghare vir ons stamlande.

Dalk lê die gemaklikheid daarin?
Re: Afrikaans-Nederlands [boodskap #59972 is 'n antwoord op boodskap #59954] Wo, 10 April 2002 10:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter
> ..... die meeste Suid Afrikaners voel meer tuis saam met
> byvoorbeeld Australiërs en Nieu Zeelanders as met Europeërs.

Emmy
Is dat zo?? Tussen de criminele in ;-))
Engeland heeft de criminele destijds naar Australië verbannen...

Wouter
Dat is zo, Emmy. Aussies is gemaklike mense, dis net op
die sportveld wat hulle so krimineel arrogant is. :-)

En ja, glo dit maar gerus, ons verkies afstammelinge van
kriminele bo Hollanders ;-))
Re: Afrikaans-Nederlands [boodskap #59979 is 'n antwoord op boodskap #59972] Wo, 10 April 2002 11:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Martijn van der Wind  is tans af-lyn  Martijn van der Wind
Boodskappe: 10
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
>> Wouter
>> ..... die meeste Suid Afrikaners voel meer tuis saam met
>> byvoorbeeld Australiërs en Nieu Zeelanders as met Europeërs.
>
> Emmy
> Is dat zo?? Tussen de criminele in ;-))
> Engeland heeft de criminele destijds naar Australië verbannen...
>
> Wouter
> Dat is zo, Emmy. Aussies is gemaklike mense, dis net op
> die sportveld wat hulle so krimineel arrogant is. :-)
>
> En ja, glo dit maar gerus, ons verkies afstammelinge van
> kriminele bo Hollanders ;-))

Martijn:
Jy ou rassis! Jy se dit net of al die Hollanders erger is as kriminele. Ek
het meer en beter van jou verwag! Ek is Nederlander, getroud met 'n mooi
Afrikaner meissie en het gelukkig die voorreg gekry om baie lief te word vir
Suid-Afrika, Afrikaans en Afrikaners. Maar die Afrikaners wat ek laas jare
ontmoet het, is darem nie so rassisties dat hulle dink hulle is beter as
ander mense nie. Sies man, ek het net begin om te glô jy is 'n rasioneel en
intelektueel persoon.
Re: Afrikaans-Nederlands [boodskap #59981 is 'n antwoord op boodskap #59954] Wo, 10 April 2002 11:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Maar, Emmy tog! Pas tog op jou woorde, kind. Soiets sê ons tog nou
nie.. as sou alle Australiërs kriminele mense wees! Ek vind hierdie
uitlating van jou nie netjies nie!

Norbert (uit Vlaanderen)

"Emmy" schreef:

> Is dat zo?? Tussen de criminele in ;-))
> Engeland heeft de criminele destijds naar Australië verbannen...
>
> grt emmy
Re: Afrikaans-Nederlands [boodskap #59982 is 'n antwoord op boodskap #59979] Wo, 10 April 2002 11:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:)))) Martijn, moenie nou so liggeraak wees nie.
Dit is nie Wouter se skuld dat die eienaardige Hollanders vir hom kom kuier,
en die normales nie:)))
So hy praat in konteks van sy ondervinding en gee daarvolgens sy mening.

Ek, aan die ander kant, het nog nooit Hollanders of Vlaminge as kuiergaste
gehad wat 'n paar dae by my oorgebly het nie, maar wel mense van NZ,
Australië, Amerika, Engeland, Skotland en Kanada. Ongelukkig het almal hulle
goed en gaaf gedra, en ek kan nie 'n onderskeid tussen hulle tref nie.

Daar sing heelwat mense in die koor saam met my wat van Nederland af kom -
en ek vind hulle aangenaam.
Hulle praat soms te vinnig met mekaar in Hollands as hulle bymekaar uitkom,
en ek kan niks verstaan nie, maar dit is my probleem - ek kan vir hulle vra
waaroor hulle praat as ek wil.

Daar het die afgelope 10 jaar Hollanders langs ons gebly - en alhoewel hulle
stil en ordentlike bure was, kuier hulle nie graag by bure soos ons doen
nie.
Ek sê nie alle Hollanders is nie kuierige bure nie, maar ek aanvaar wel dat
dit miskien daar nie 'n gewoonte is nie.

Annette

wrote in message
news:B8D9EADF.3F93%martijn.van.der.wind@2vandaag.nl...
>>> Wouter
>>> ..... die meeste Suid Afrikaners voel meer tuis saam met
>>> byvoorbeeld Australiërs en Nieu Zeelanders as met Europeërs.
>>
>> Emmy
>> Is dat zo?? Tussen de criminele in ;-))
>> Engeland heeft de criminele destijds naar Australië verbannen...
>>
>> Wouter
>> Dat is zo, Emmy. Aussies is gemaklike mense, dis net op
>> die sportveld wat hulle so krimineel arrogant is. :-)
>>
>> En ja, glo dit maar gerus, ons verkies afstammelinge van
>> kriminele bo Hollanders ;-))
>
> Martijn:
> Jy ou rassis! Jy se dit net of al die Hollanders erger is as kriminele. Ek
> het meer en beter van jou verwag! Ek is Nederlander, getroud met 'n mooi
> Afrikaner meissie en het gelukkig die voorreg gekry om baie lief te word vir
> Suid-Afrika, Afrikaans en Afrikaners. Maar die Afrikaners wat ek laas jare
> ontmoet het, is darem nie so rassisties dat hulle dink hulle is beter as
> ander mense nie. Sies man, ek het net begin om te glê jy is 'n rasioneel en
> intelektueel persoon.
>
Re: Afrikaans-Nederlands [boodskap #59983 is 'n antwoord op boodskap #59972] Wo, 10 April 2002 11:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:))) Een van die redes is natuurlik dat hulle saam met ons ons speletjies
speel.
Annette

Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:3cb413e8.0@news1.mweb.co.za...
>> Wouter
>> ..... die meeste Suid Afrikaners voel meer tuis saam met
>> byvoorbeeld Australiërs en Nieu Zeelanders as met Europeërs.
>
> Emmy
> Is dat zo?? Tussen de criminele in ;-))
> Engeland heeft de criminele destijds naar Australië verbannen...
>
> Wouter
> Dat is zo, Emmy. Aussies is gemaklike mense, dis net op
> die sportveld wat hulle so krimineel arrogant is. :-)
>
> En ja, glo dit maar gerus, ons verkies afstammelinge van
> kriminele bo Hollanders ;-))
>
Re: Afrikaans-Nederlands [boodskap #59986 is 'n antwoord op boodskap #59971] Wo, 10 April 2002 12:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" schreef:

> Wat ons met Australiërs en Amerikaners deel is 'n relatief jong land
> met ruimte, asook Europese voorvaders wat 'n bestaan in 'n nuwe
> land gaan maak het. En taamlik min ooghare vir ons stamlande.
>
> Dalk lê die gemaklikheid daarin?

Jaaaa!! Ek verstaan dit baie goed! Uiteindelik is julle voorouers ook
gevlug van n' Europa waar vir hulle ook geen toekoms en geen ete meer
was nie. Dit het die drama van ons verlede gewees. Europa was te vol
geword en die tegnologie was daar toe nog nie om die landbou meer
winsgewend te maak. Indien toe Europeërs in hulle eie wêrelddeel
'n deftig lewe had kan lei dan was hulle nooit oorsee gegaan. Ek
verstaan julle mense! Maar uiteindelik sal dit ook vir Australiërs,
Amerikaners en Afrikaners ook nie kan bly duur nie, soos ek daarvoor
vrees het. Want ons het in Europa gesien hoe snel dit kan gaan om
'n ganse wêrelddeel met mense te oorbevolk. Ek het nie gesê dit sal
voor môre wees nie; in Afrika is mos nog ruimte genoeg. Ek moet
toegeef dat in Europa 'n gesonde ekspansie eintlik nie meer moontlik
is nie. Ons herbruik nou alles so'n bietjie! Die vervolg sal wees dat
ou Europa uiteindelik sal uitsterwe, 'n ou bedryf met oue mure. Ja-ja,
ek moet ten laaste saamstem met jou visie!

Die groete van

Norbert (uit Vlaanderen)

Me tuisblad staan op:
http://users.skynet.be/strandkruier/index.html
Re: Afrikaans-Nederlands [boodskap #59987 is 'n antwoord op boodskap #59982] Wo, 10 April 2002 12:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Martijn van der Wind  is tans af-lyn  Martijn van der Wind
Boodskappe: 10
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Annette:
> Ek, aan die ander kant, het nog nooit Hollanders of Vlaminge as kuiergaste
> gehad wat 'n paar dae by my oorgebly het nie, maar wel mense van NZ,
> Australië, Amerika, Engeland, Skotland en Kanada. Ongelukkig het almal hulle
> goed en gaaf gedra, en ek kan nie 'n onderskeid tussen hulle tref nie.

Martijn:
Jy se dit asof jy jammer is dat hulle hulle nie misdra het nie ;-)

> Daar sing heelwat mense in die koor saam met my wat van Nederland af kom -
> en ek vind hulle aangenaam.
> Hulle praat soms te vinnig met mekaar in Hollands as hulle bymekaar uitkom,
> en ek kan niks verstaan nie, maar dit is my probleem - ek kan vir hulle vra
> waaroor hulle praat as ek wil.
>
> Daar het die afgelope 10 jaar Hollanders langs ons gebly - en alhoewel hulle
> stil en ordentlike bure was, kuier hulle nie graag by bure soos ons doen
> nie.
> Ek sê nie alle Hollanders is nie kuierige bure nie, maar ek aanvaar wel dat
> dit miskien daar nie 'n gewoonte is nie.

Martijn:
Mmmm. Dit lyk vir my lekker om die eerste Nederlander te wees wat kom kuier
;-). Kan ek dalk ook proe van die lekker biltong waaroor jy skryf... 8-)
Re: Afrikaans-Nederlands [boodskap #59989 is 'n antwoord op boodskap #59987] Wo, 10 April 2002 12:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Natuurllik is ek jammer!! Want nou kan ek nie so 'n lekker rangorde lysie
soos Wouter saamstel nie.

Suidwester sal die behoorlike biltong moet aanstuur - geen probleem hier om
Rooiwyn, melktert, bobotie en ander lekker goedjies aanmekaar te slaan of
voor te sit nie.:)

Annette

Martijn van der Wind skryf in boodskap news:B8DA009E.3FAC%martijn.van.der.wind@2vandaag.nl...
> Annette:
>> Ek, aan die ander kant, het nog nooit Hollanders of Vlaminge as kuiergaste
>> gehad wat 'n paar dae by my oorgebly het nie, maar wel mense van NZ,
>> Australië, Amerika, Engeland, Skotland en Kanada. Ongelukkig het almal hulle
>> goed en gaaf gedra, en ek kan nie 'n onderskeid tussen hulle tref nie.
>
> Martijn:
> Jy se dit asof jy jammer is dat hulle hulle nie misdra het nie ;-)
>
>> Daar sing heelwat mense in die koor saam met my wat van Nederland af kom -
>> en ek vind hulle aangenaam.
>> Hulle praat soms te vinnig met mekaar in Hollands as hulle bymekaar uitkom,
>> en ek kan niks verstaan nie, maar dit is my probleem - ek kan vir hulle vra
>> waaroor hulle praat as ek wil.
>>
>> Daar het die afgelope 10 jaar Hollanders langs ons gebly - en alhoewel hulle
>> stil en ordentlike bure was, kuier hulle nie graag by bure soos ons doen
>> nie.
>> Ek sê nie alle Hollanders is nie kuierige bure nie, maar ek aanvaar wel dat
>> dit miskien daar nie 'n gewoonte is nie.
>
> Martijn:
> Mmmm. Dit lyk vir my lekker om die eerste Nederlander te wees wat kom kuier
> ;-). Kan ek dalk ook proe van die lekker biltong waaroor jy skryf... 8-)
>
Re: Afrikaans-Nederlands [boodskap #59994 is 'n antwoord op boodskap #59981] Wo, 10 April 2002 15:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
"*Sterrenkijker*" skryf in boodskap news:3cb425b6.512346@news.skynet.be...
> Maar, Emmy tog! Pas tog op jou woorde, kind. Soiets sê ons tog nou
> nie.. as sou alle Australiërs kriminele mense wees! Ek vind hierdie
> uitlating van jou nie netjies nie!
>
> Norbert (uit Vlaanderen)

Ik citeer uit de geschiedenisboeken ;-))

Grt Emmy

> "Emmy" schreef:
>
>> Is dat zo?? Tussen de criminele in ;-))
>> Engeland heeft de criminele destijds naar Australië verbannen...
>>
>> grt emmy
Re: Afrikaans-Nederlands [boodskap #60006 is 'n antwoord op boodskap #59981] Wo, 10 April 2002 19:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
(*Sterrenkijker*) baklei met Emmy want:

> Maar, Emmy tog! Pas tog op jou woorde, kind. Soiets sê ons tog nou
> nie.. as sou alle Australiërs kriminele mense wees! Ek vind hierdie
> uitlating van jou nie netjies nie!
>
> Norbert (uit Vlaanderen)
>
> "Emmy" het gesê:
>
>> Is dat zo?? Tussen de criminele in ;-))
>> Engeland heeft de criminele destijds naar Australië verbannen...

>> grt emmy
>

DD replaai toe:

Ag nee Norbert, die eerste keer wat Emmy wys
dat sy 'n sin vir humor het, trap jy haar uit.
Re: Afrikaans-Nederlands [boodskap #60008 is 'n antwoord op boodskap #60006] Wo, 10 April 2002 20:07 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Davie Davis schreef:

> DD replaai toe:
>
> Ag nee Norbert, die eerste keer wat Emmy wys
> dat sy 'n sin vir humor het, trap jy haar uit.

Haaaaaaaaaaaaa!!!!!!!! Ek verstaan!!!!!!!
Verskoning!

Norbert
Vorige onderwerp: Waarom?
Volgende onderwerp: Nederburg Veiling
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 01:27:50 MGT 2024