Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Pieter Pieterse
Re: Moegoes [boodskap #59780 is 'n antwoord op boodskap #59733] So, 07 April 2002 21:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Didi" skryf in boodskap news:kp31bu4pnfud4s8807fff1uakp4ee91q5h@4ax.com...

> Nogal interessant Katryn, hoe Bobby vir meer mense hier name geskep
> het.
> So by myself dink ek dat Bobby vir sommige mense met 'n grinnik
> vernoem het maar dit nie wêreldkundig maak nie:-)))
>
Hie-hie-hieee! Ja-nee, Boet, die helfte sal jy nooit eers kan raai nie. Ek
leer elke dag nuwe woorde hier by die skool, erg-gekruides, en hulle pas
perfek hier. Eendag is eendag vertel ek vir julle...

Terloops, vandag gaan ek terug skool toe, om nuwe woorde te leer! Kort
vakansietjie is verby. Onthou net, ek hou julle goed dop hier van onner af,
en sal so af en toe 'n missiel afstuur.
Re: Moegoes [boodskap #59884 is 'n antwoord op boodskap #59704] Di, 09 April 2002 10:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
He he... in die army het ons dit NAFI genoem. No Ambition, F..all Interest.

HK
>
>> Somtyds raak ek MOEG (Moerse Ongeinterriseerd En Gatvol - en iemand wat so
>> voel staan bekend as 'n MOEGOE),
Re: Moegoes [boodskap #59888 is 'n antwoord op boodskap #59884] Di, 09 April 2002 11:40 Na vorige boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Hantamkind" skryf in boodskap news:kizs8.32633$uR5.79615@newsfeeds.bigpond.com...
> He he... in die army het ons dit NAFI genoem. No Ambition, F..all Interest.
>
> HK
>>
>>> Somtyds raak ek MOEG (Moerse Ongeinterriseerd En Gatvol - en iemand wat
> so
>>> voel staan bekend as 'n MOEGOE),

Ja, die term het natuurlik voorkeur. Ek het NAFI in 1980 die eerste keer
teegekom. Dis beskryf as die gevoel wat jou oorweldig wanneer 'n Nafel ('n
klein wollerige diertjie) op jou skouer kom sit en in jou oor fluister dat
jy die dag in die bed moet bly. En die ouens wat NAFI was, het op
sportparade sulke sporte beoefen soos Landloop en Seil (hardloop na jou bed
toe en seil onder die lakens in), Block and Tackle (blok jou deur en tackle
jou bed), ens

Ek het die term MOEGOE vir die eerste keer in 1991 tussen die Mech Mackies
van Middelburg (Tvl) teegekom as 'n alternatief vir NAFI. Weet nie wat die
volle herkoms is nie.

Q
Vorige onderwerp: Internationaal gerechtshof
Volgende onderwerp: Wat sou jy gedoen het?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jun 06 08:01:17 MGT 2024