Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Besemheer
Die Besemheer [boodskap #5961] Vr, 15 Maart 1996 00:00 na volgende boodskap
Frank Snyckers  is tans af-lyn  Frank Snyckers
Boodskappe: 68
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
DIE BESEMHEER

Daar was 'n tyd, toe almal laf mog wees
En gek kon skeer, wat goed was vir die gees,
'n Tyd toe praatjies links en regs kon draai
En vinnig een- of anderkant toe swaai;
Die melk en heuning het toe dik gevloei,
En salig was die pret van poslysstoei.

Maar wee, o wee, toe kom die Besemheer,
Wat aaklig brul, en brom soos seervoetbeer;
Met tolerantie-pansers oor die plein,
Met mond wat kwyl, en o"e wat rol van pyn
Kom saai hy dood, kom veeg hy alles weg,
Want daar is dinge wat hy graag wil seg:

"O, ek ruik iets, wat hemelhoog fel stink,
Dis POTLATIJN! (As ek nou reguit dink),
Veeg voort, mijn tolerantie-besemspan!
Veeg voort: moet ALS verban, ja als verban,
En dit wat miskien POTLATIJN mag wees -
Maak martelfolterdood en klaar met kees.

Laat almal teen 'n muur sit, staan of val
Ons moet bewys, dat lewen sterven sal,
Vermetelheid! Om ons gesprek te sien
En glad nie eers te buig om ons te dien!
Hul luister niet, en haal ons verkeerd aan!
Hul vra ons domme vragen: HOE weerstaan?

Moet ek hul maak oor ALLES ewe Diets?
Weet hul dan NIKS, nie eers 'n bietjie iets?
My o"e raak seer, my vingers krom van skryf,
En snags kom gryp die rillings aan my lyf:
Ek droom ek's in 'n land van Potlatijn
En soggens gryp ek bew'rig na die wyn."

O wee, die Besemheer se koninkryk:
Op tolerantie-pale koppe pryk;
Bedags die brul, en snags die kermgesnik
En tussendeur die tolerantie-tik.
Maar deur besettingsmagte-heinings wink
Die VRYHEID wat met woorde graag rinkink.

Frank
Re: Die Besemheer [boodskap #5976 is 'n antwoord op boodskap #5961] So, 17 Maart 1996 00:00 Na vorige boodskap
Dirk Veltkamp[2]  is tans af-lyn  Dirk Veltkamp[2]
Boodskappe: 3
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Junior Lid
Frank Snyckers skryf:
> DIE BESEMHEER
> ...
> Frank

Skitterend!

Dit het die atmosfeer in Dirk Laurie se "poslys-kroeg" sommer opgeklaar.

Dirk
Vorige onderwerp: Taalfouten en inprenting
Volgende onderwerp: woorden/spellingboek 1997
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 07:02:55 MGT 2024