Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Een kontinent - twee wêrelde.
Een kontinent - twee wêrelde. [boodskap #59653] Sa, 06 April 2002 21:39
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Dit is tog so verbasend dat daar deesdae gesê word die blankes het die
swartes se grond in Afrika gesteel. Waar kom hierdie mense aan hulle
sothede? Lees bietjie wat skryf IP du Preez oor wat werklik gebeur het.

Gedurende die eerste 150 jaar na die landing van Jan van Riebeeck aan die
Kaap ontstaan `n nuwe volk met `n eie kultuur, nl. die Afrikanervolk.
Twee trekke beweeg gedurende die agtiende eeu langs die ooskus van Afrika -
`n blanke trek vanuit die suide en `n trek van swartmense vanuit die noorde.
Die swartmense het ontstaan uit `n vermenging van Negers en Hamiete in die
omgewing van die Groot Meregebied in Afrika.
Kort na 1780 ontmoet die twee groepe mekaar aan die oewers van die
Visrivier. Dit was ongetwyfeld een van die belangrikste gebeurtenisse in
die geskiedenis van Suid-Afrika. Die twee groepe was ook die draers van
twee kulture wat radikaal van mekaar verskil het.
Kultuur is ten diepste religieus bepaald. Die Afrikaners was die draers van
die Westerse kultuur met sy ryke erfenis en wat ten diepste `n
Calvinisties-Protestantse wortel het. Hierteenoor was die swartes die
draers van `n Afrika-kultuur wat weer `n animistiese (dit is die geloof in
die verering van die voorvadergeeste) wortel het met `n gevolglik
fatalistiese uitkyk op die lewe - gebaseer op die deterministiese invloed
van bonatuurlike magte.
Die Westerse kultuur word weer gekenmerk deur rasionele denke. Die
besondere Calvinisties-Protestantse lewensbeskouing van die Afrikaner het
daartoe aanleiding gegee dat die Afrikaner sy kultuurarbeid as
roepingsvervulling, dit wil sê as `n opdrag van God, gesien het. Dit is
juis hierdie besondere kultuurbeskouing wat die weg oopgemaak het vir die
tegnologiese ontwikkeling, vir navorsing en die nywerheidsgroei in
Suid-Afrika.
Op hierdie pad van onwikkeling het die Afrikaner geweldige bydraes gelewer.
Name van vele Afrikanermanne en Afrikanervroue kan genoem word wat
baanbrekerswerk verrig het op mediese-, opvoedkundige-, kernkrag- en
ekonomiese gebied, om maar enkeles te noem.
Waar die Afrikaner vandag hoofsaaklik as onderdrukker uitgekryt word, kan hy
in nederige dankbaarheid en met trots terugkyk na die geweldige bydrae wat
hy, as gevolg van sy besondere kultuurbeskouing, gelewer het tot die
beskawingsontwikkeling in hierdie land.
Hoe geniet al die inwoners van Suid-Afrika net nie vandag die vrugte van
hierdie beskawingspeil nie, terwyl sommige nog gal braak teen die Afrikaner.
Mag die Afrikanervolk uit hierdie verlede van hom, wat begin het met die
landing van Jan van Riebeeck 359 jaar gelede, nuwe inspirasie put vir die
toekoms.
Vorige onderwerp: hoi DD
Volgende onderwerp: Re: Israeli Death Squads Committing Atrocities In Palestine ---- iqajcu
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 18:06:04 MGT 2024