Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Naweek saam meyt Likho (lang storie)
Naweek saam meyt Likho (lang storie) [boodskap #59405] Di, 02 April 2002 12:44 na volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Het die naweek iets gedoen wat menige ou rassis die horrie stuipe sal laat
kry. Maar dan moet hulle dit maar kry!

Dit het soos enige ander Paasnaweek sy begin gehad. Maar daar was iets
anders in die huis aan die gang. Na 'n 7 maande sonder kinders in die huis,
was daar weer een. Maar die ander het ook kom kyk. En loer. En vashou. En
Oe! en Aa! en wat nog als. Vasgedruk, en gekielie tot die lagbuitjies
wie-weet-waar gehoor is. Selfs buurvrou se twee kleindogters, met hul ouma
se versameling hoëhakskoene en bonte klere om, het kom kyk en saamgespeel.
Ekself het ook so nou en dan help vashou en troetel.

En snags het ek vir Hanlie gehelp met die voedings en wat nog als.

Likho het by ons gekuier hierdie Paasnaweek. Hy was ons gas, en ons had hom
heerlik kon bederf! Self Kleinbaai toe opgetrek. 'n Bakkievrag vol van alles
waarmee sulke kuiermense gaan kuier.

Likho was homself vir die eerste keer in 'n baie lang tyd. So 3 weke gelede
het almal rondom hom gedink dat hy dit nie sou maak nie.

Dit was toe. Nou is dit 'n ander storie.
Hy lag en brabbel heerlik voort in sy eie gemaakte 10-maand oue taal. En
gryp sy voet en druk dit fluks tot binne-in sy 8-tand mond. Die skattigste
klein skat! 'n Baba van 10 maande oud, wat ons by ons kon hê. Net geleen
vanaf sy liewe pleegma Bettie, van Nomzamo.

Vir die wat nou-nog wonder, hier's die storie:
Likho is 'n vondeling wat die Polisie na Bettie in Nomzamo geneem het.
Bettie het 'n creche in haar kleine HOP huis aan die gang. Na kontak deur
'n sopkombuis-program het ons gemeente met haar kontak gemaak. Ons het gaan
help waar ons kan en waarmee ons kon. Daar het ons toe met Likho kennis
gemaak. Baba, klein en fyn. 'n Paar dames het gaan help met allerhande
programme: Aktiwiteite om die kinders in die creche aktief besig te hou en
te stimuleer met allerhande dinge: Rol oor 'n groot strandbal, strek
ongeoefende spiertjies aan lyfies klein. En hulle kwetter en kweel soos net
kindertjies kan.

André en ekself gaan werk eendag aan die elektriese bedrading wat letterlik
en figuurlik skokkend is. Binne 'n uur-en-'n-half toe werk Bettie se ligte
weer, en kan sy 'n ketel gebruik sonder dat haar krag "uitskop". Daar sien
ek toe vir Likho die eerste keer. Op 'n ander een se rug, knus in kombersie
toegedraai met daai twee ogies wat so soekend na jou kyk. Wie is jy, en wat
krap jy hier in ons plek rond? En hoekom is jou gesig so wit? En jou taal
so anders?

Drie weke gelede was ek weer daar om die nuwe kombuisie se elektriese
bedrading te gaan insit. Likho lê op Bettie se bed, die enigste in die
huis. Sy ogies verlep agter in sy oogkassies. Hy kan skaars sy bottel
vashou. Bettie sê dat die kliniek nie weet wat hom makeer nie. Hy loer so
dan en wan na my waar ek hier so bokant sy kop aan die kragboks werk. Ek en
André hou kajuitraad. Iets sal ons hier moet doen. Die dames sal moet kom
kyk en planne maak, anders gaan hy dit nie maak nie.

So gesê, so gedaan. Die Maandag word hy in die hospitaal opgeneem. Sake
lyk maar sleg vir hom. Maar hy maak dit, en Bettie vra of ons hom nie kan
versorg tot hy beter is nie. Geen probleem nie. Daar is huis gesoek, en
huis gevind. Gretha en Rudy neem hom vir 'n week, Igna en haar Ingelsman
neem hom vir die naweek. Die Paasnaweek kom, en wie kan hom neem? Hanlie
en Igna neem hom Dinsdag na ons pediater-buurman. "Nee," seg hy, "Hierdie
kind het BAIE TLC nodig, en ek sal hom dokter tot hy gesond is, en sonder
enige koste van my." So kom dit dan dat Hanlie my toe vra of ons hom die
naweek by ons kan hou. Baie huiwerig sê ek ja, en dit was vir my en haar 'n
belewenis. Meer nog skat ek vir Likho.

Hy's 10 maande oud, en kan nog nie kruip nie. Hy't nog nooit enige ander
kos as melk gekry nie. Ons leer hom kou, en pap eet. Piesangs fyngemaak,
verslind hy letterlik. As jy die lepel in bakkie skraap dan gaan die
mondjie al oop. En lag hy reeds!

Die vreugde om te kon sien hoe hy binne vier dae kon vorder. Dat hy die
eerste keer homself op sy sy kon draai. Kon rek na sy speelgoed wat net
buite sy bereik gesit is. En dan beloon kon word met daai bekkie wat so
8-tand vol vir jou glimlag. Die manier waarop hy sy "dummy" in sy mond kon
sit en so met die twee handjies saam dit vasdruk. En suig dat handjies so
hop!

Maar die naweek was ook anders: Stoere boermense kon saam met ons Oe! en
Aa! oor die klein mensie. Selfs hulle vooropgestelde siening en selfs
heilige (rassistiese) koeie kon "rattle" dat hul tonge uithang. Die tannies
langs skoonma het almal kom kyk oor die kleinding, en het weggegaan met
ander hart en siening. Ander het kom inloer om te kom sekermaak dat die
kleinding wel swart is!

Waar ek die lekkerste "skokke" gekry het was om met die kleinding in 'n
stootkarretjie in die Mall te gaan loop! Mese wat my ken kom van vooraf
aangestap. Kyk na my met die stootkar. Kyk af na dit wat in die karretjie
is, en kyk weer op. Net om seker te maak of dit wat hulle gesien het wel so
is! En een tannie het sommer hardop gesê: "Ag nee! Haai shame! En nou sit
hy met die gemors!" Net hardgenoeg sodat ek dit kon hoor, en ek bars sommer
hard uit van die lag... Sy kyk maar net om en loop amper in iemand anders
vas!

Likho is maar een van baie ander soos hy. Die aanklag lê in ons ore. Nie
net my ore wat wit is nie, maar ook in die ore wat nie wit is nie. Wat doen
ons om die lot van ander te verlig? Hoe kan ek onbeskaamd sê Genees jouself
as jy dan siek is? Kan jy en ek dit doen? Het ons die reg om so 'n
hardvogtige siening te hê?

Ons land sal net vooruit kan gaan as ons die Likho's in ons midde gaan help
met die baie wat ons het. Ons wat baie het kan so baie doen om hulle wat so
min het, se lewenshoop te kan verander. Van wanhoop na hoop. Van help om
mense te leer om hulleself te help en sodat ek dan weer ander kan gaan leer
om hulleself te help.

Likho is nie HIV positief nie. Sy bloedtoets was negatief.

Gisteraand sê Skoonpa aan hom toe hy so lê en koer in al die aandag: "Haibo!
Jy moet gou groot word en slim word. Jy moet gaan leer: Skool en
universiteit, sodat jy parlement toe kan gaan, en die Nuwe Suid-Afrika 'n
werklikheid kan laat word."

Likho gaan vanaand weer terug na sy pleegma Bettie. Sy wat hom net so
liefhet soos haar eie.
Dis vir ons net so swaar om hom terug te gee, want ons het hom net so lief
gekry na 4 dae.
Dit neem nie lank om 'n baba te leer liefkry nie.

Thys oppie Bos
Re: Naweek saam meyt Likho (lang storie) [boodskap #59406 is 'n antwoord op boodskap #59405] Di, 02 April 2002 12:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dankie Thys - wat 'n wonderlike gemors is jy nou in:))))
Annette

Thys de Wet skryf in boodskap news:a8c93d$15uq$1@news.adamastor.ac.za...
> Het die naweek iets gedoen wat menige ou rassis die horrie stuipe sal laat
> kry. Maar dan moet hulle dit maar kry!
>
>
> Dit het soos enige ander Paasnaweek sy begin gehad. Maar daar was iets
> anders in die huis aan die gang. Na 'n 7 maande sonder kinders in die huis,
> was daar weer een. Maar die ander het ook kom kyk. En loer. En vashou. En
> Oe! en Aa! en wat nog als. Vasgedruk, en gekielie tot die lagbuitjies
> wie-weet-waar gehoor is. Selfs buurvrou se twee kleindogters, met hul ouma
> se versameling hoëhakskoene en bonte klere om, het kom kyk en saamgespeel.
> Ekself het ook so nou en dan help vashou en troetel.
>
> En snags het ek vir Hanlie gehelp met die voedings en wat nog als.
>
> Likho het by ons gekuier hierdie Paasnaweek. Hy was ons gas, en ons had hom
> heerlik kon bederf! Self Kleinbaai toe opgetrek. 'n Bakkievrag vol van alles
> waarmee sulke kuiermense gaan kuier.
>
> Likho was homself vir die eerste keer in 'n baie lang tyd. So 3 weke gelede
> het almal rondom hom gedink dat hy dit nie sou maak nie.
>
> Dit was toe. Nou is dit 'n ander storie.
> Hy lag en brabbel heerlik voort in sy eie gemaakte 10-maand oue taal. En
> gryp sy voet en druk dit fluks tot binne-in sy 8-tand mond. Die skattigste
> klein skat! 'n Baba van 10 maande oud, wat ons by ons kon hê. Net geleen
> vanaf sy liewe pleegma Bettie, van Nomzamo.
>
> Vir die wat nou-nog wonder, hier's die storie:
> Likho is 'n vondeling wat die Polisie na Bettie in Nomzamo geneem het.
> Bettie het 'n creche in haar kleine HOP huis aan die gang. Na kontak deur
> 'n sopkombuis-program het ons gemeente met haar kontak gemaak. Ons het gaan
> help waar ons kan en waarmee ons kon. Daar het ons toe met Likho kennis
> gemaak. Baba, klein en fyn. 'n Paar dames het gaan help met allerhande
> programme: Aktiwiteite om die kinders in die creche aktief besig te hou en
> te stimuleer met allerhande dinge: Rol oor 'n groot strandbal, strek
> ongeoefende spiertjies aan lyfies klein. En hulle kwetter en kweel soos net
> kindertjies kan.
>
> André en ekself gaan werk eendag aan die elektriese bedrading wat letterlik
> en figuurlik skokkend is. Binne 'n uur-en-'n-half toe werk Bettie se ligte
> weer, en kan sy 'n ketel gebruik sonder dat haar krag "uitskop". Daar sien
> ek toe vir Likho die eerste keer. Op 'n ander een se rug, knus in kombersie
> toegedraai met daai twee ogies wat so soekend na jou kyk. Wie is jy, en wat
> krap jy hier in ons plek rond? En hoekom is jou gesig so wit? En jou taal
> so anders?
>
> Drie weke gelede was ek weer daar om die nuwe kombuisie se elektriese
> bedrading te gaan insit. Likho lê op Bettie se bed, die enigste in die
> huis. Sy ogies verlep agter in sy oogkassies. Hy kan skaars sy bottel
> vashou. Bettie sê dat die kliniek nie weet wat hom makeer nie. Hy loer so
> dan en wan na my waar ek hier so bokant sy kop aan die kragboks werk. Ek en
> André hou kajuitraad. Iets sal ons hier moet doen. Die dames sal moet kom
> kyk en planne maak, anders gaan hy dit nie maak nie.
>
> So gesê, so gedaan. Die Maandag word hy in die hospitaal opgeneem. Sake
> lyk maar sleg vir hom. Maar hy maak dit, en Bettie vra of ons hom nie kan
> versorg tot hy beter is nie. Geen probleem nie. Daar is huis gesoek, en
> huis gevind. Gretha en Rudy neem hom vir 'n week, Igna en haar Ingelsman
> neem hom vir die naweek. Die Paasnaweek kom, en wie kan hom neem? Hanlie
> en Igna neem hom Dinsdag na ons pediater-buurman. "Nee," seg hy, "Hierdie
> kind het BAIE TLC nodig, en ek sal hom dokter tot hy gesond is, en sonder
> enige koste van my." So kom dit dan dat Hanlie my toe vra of ons hom die
> naweek by ons kan hou. Baie huiwerig sê ek ja, en dit was vir my en haar 'n
> belewenis. Meer nog skat ek vir Likho.
>
> Hy's 10 maande oud, en kan nog nie kruip nie. Hy't nog nooit enige ander
> kos as melk gekry nie. Ons leer hom kou, en pap eet. Piesangs fyngemaak,
> verslind hy letterlik. As jy die lepel in bakkie skraap dan gaan die
> mondjie al oop. En lag hy reeds!
>
> Die vreugde om te kon sien hoe hy binne vier dae kon vorder. Dat hy die
> eerste keer homself op sy sy kon draai. Kon rek na sy speelgoed wat net
> buite sy bereik gesit is. En dan beloon kon word met daai bekkie wat so
> 8-tand vol vir jou glimlag. Die manier waarop hy sy "dummy" in sy mond kon
> sit en so met die twee handjies saam dit vasdruk. En suig dat handjies so
> hop!
>
> Maar die naweek was ook anders: Stoere boermense kon saam met ons Oe! en
> Aa! oor die klein mensie. Selfs hulle vooropgestelde siening en selfs
> heilige (rassistiese) koeie kon "rattle" dat hul tonge uithang. Die tannies
> langs skoonma het almal kom kyk oor die kleinding, en het weggegaan met
> ander hart en siening. Ander het kom inloer om te kom sekermaak dat die
> kleinding wel swart is!
>
> Waar ek die lekkerste "skokke" gekry het was om met die kleinding in 'n
> stootkarretjie in die Mall te gaan loop! Mese wat my ken kom van vooraf
> aangestap. Kyk na my met die stootkar. Kyk af na dit wat in die karretjie
> is, en kyk weer op. Net om seker te maak of dit wat hulle gesien het wel so
> is! En een tannie het sommer hardop gesê: "Ag nee! Haai shame! En nou sit
> hy met die gemors!" Net hardgenoeg sodat ek dit kon hoor, en ek bars sommer
> hard uit van die lag... Sy kyk maar net om en loop amper in iemand anders
> vas!
>
> Likho is maar een van baie ander soos hy. Die aanklag lê in ons ore. Nie
> net my ore wat wit is nie, maar ook in die ore wat nie wit is nie. Wat doen
> ons om die lot van ander te verlig? Hoe kan ek onbeskaamd sê Genees jouself
> as jy dan siek is? Kan jy en ek dit doen? Het ons die reg om so 'n
> hardvogtige siening te hê?
>
> Ons land sal net vooruit kan gaan as ons die Likho's in ons midde gaan help
> met die baie wat ons het. Ons wat baie het kan so baie doen om hulle wat so
> min het, se lewenshoop te kan verander. Van wanhoop na hoop. Van help om
> mense te leer om hulleself te help en sodat ek dan weer ander kan gaan leer
> om hulleself te help.
>
> Likho is nie HIV positief nie. Sy bloedtoets was negatief.
>
> Gisteraand sê Skoonpa aan hom toe hy so lê en koer in al die aandag: "Haibo!
> Jy moet gou groot word en slim word. Jy moet gaan leer: Skool en
> universiteit, sodat jy parlement toe kan gaan, en die Nuwe Suid-Afrika 'n
> werklikheid kan laat word."
>
> Likho gaan vanaand weer terug na sy pleegma Bettie. Sy wat hom net so
> liefhet soos haar eie.
> Dis vir ons net so swaar om hom terug te gee, want ons het hom net so lief
> gekry na 4 dae.
> Dit neem nie lank om 'n baba te leer liefkry nie.
>
> Thys oppie Bos
>
Re: Naweek saam meyt Likho (lang storie) [boodskap #59413 is 'n antwoord op boodskap #59405] Di, 02 April 2002 15:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Thys de Wet wrote:

'n Baba van 10 maande oud, wat ons by ons kon hê. Net geleen
> vanaf sy liewe pleegma Bettie, van Nomzamo.

So kom dit dan dat Hanlie my toe vra of ons hom die
> naweek by ons kan hou.

> Waar ek die lekkerste "skokke" gekry het was om met die kleinding in 'n
> stootkarretjie in die Mall te gaan loop!

en ek bars sommer
> hard uit van die lag

Ek neem aan Hanlie het onthou dat die
Woord sê "vir sover julle dit aan die kleinste
en swakste doen, doen julle dit aan My."
En sy het miskien onthou dat die Afrikaner
se geskiedenis vol is van hierdie soort
dade. Watter Afrikaanse kind word nie groot
met die lied "Amakeia had belowe, toe haar
nonna sterwend was..."
En Thys, daardie lag uit jou maag in die
Mall, dit was die Buddha wat deur jou gelag
het.

Gloudina
Re: Naweek saam meyt Likho (lang storie) [boodskap #59422 is 'n antwoord op boodskap #59413] Di, 02 April 2002 18:56 Na vorige boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina,

Ag bly tog
loop speel maar met jou
buddha
en jou eie
krokodil

Thys
skryf in boodskap news:3CA9D257.9070804@rogers.com...
>
> Thys de Wet wrote:
>
>
> 'n Baba van 10 maande oud, wat ons by ons kon hê. Net geleen
>> vanaf sy liewe pleegma Bettie, van Nomzamo.
>
> So kom dit dan dat Hanlie my toe vra of ons hom die
>> naweek by ons kan hou.
>
>> Waar ek die lekkerste "skokke" gekry het was om met die kleinding in 'n
>> stootkarretjie in die Mall te gaan loop!
>
> en ek bars sommer
>> hard uit van die lag
>
>
>
> Ek neem aan Hanlie het onthou dat die
> Woord sê "vir sover julle dit aan die kleinste
> en swakste doen, doen julle dit aan My."
> En sy het miskien onthou dat die Afrikaner
> se geskiedenis vol is van hierdie soort
> dade. Watter Afrikaanse kind word nie groot
> met die lied "Amakeia had belowe, toe haar
> nonna sterwend was..."
> En Thys, daardie lag uit jou maag in die
> Mall, dit was die Buddha wat deur jou gelag
> het.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Hallo?
Volgende onderwerp: Pfizer 3
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 23 03:32:39 MGT 2024