Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » RE - Re Klagatte (of so iets)
RE - Re Klagatte (of so iets) [boodskap #59201] Di, 26 Maart 2002 19:42 na volgende boodskap
check u  is tans af-lyn  check u
Boodskappe: 1
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Junior Lid
> Intussen is die swart
> bevolking van SA wonderlik geduldig.
>
> Gloudina

Met maniere wat Gloudina haar beny
vra Hilda toe:........... (en wag steeds op 'n antwoord !!!)

Gloudina,

Prinsipieel wil ek nie meng in 'n argument oor 'n ander land nie. Ek
voel
nie ek's bevoeg daarvoor nie. Maar nou wil ek tog vra : wat stel jy
dan voor
as oplossing vir die swart bevolking ? Hoekom sê jy hulle is
'wonderlik
geduldig' ? Wat moet volgens jou gebeur om hul lot te verbeter ? Wat
moet
hulle opeis ? Is daar realistiese oplossinge om die swart bevolking in
'n
kort tyd welstellend te maak ? Of dink jy hulle moet maar in opstand
kom,
chaos veroorsaak en dan weer opnuut begin ? Dink jy as hulle
'ongeduldig'
was dat dinge vinnig sal verbeter ?
Ek begryp nie goed wat jy bedoel nie met daardie 'wonderlik geduldig'
nie.

Hilda.
Re: RE - Re Klagatte (of so iets) [boodskap #59207 is 'n antwoord op boodskap #59201] Di, 26 Maart 2002 21:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek glo ek verstaan Gloudina. Sy wil sê: eintlik mag die witmense in
SA bly wees dat hulle nog nie erger uitgemoor word soos dit die laaste

jare plaasgevind het.
Ek vra hierby verskoning vir Gloudina omdat ek haar 'n oue saag genoem
het. Sy is heeltemal geen oue saag nie. Sy is reg om die mense van
hierdie nuusgroep op 'n dimensie van die verlede van SA te wys wat
nogal gemaklik onderskat word en dis die onmenslikheid van
politiek-regse strukture. Ons moet in België daar ook vir oppas. Ons
weet nogtans al lank waartoe dit gelei het voor die 2de wêreldoorlog.
Die daaglikse geskiedenis van Suid-Afrika is ook vir ons, Belge, baie
interessant.

Die groete van

Norbert (uit Vlaanderen)

check u schreef:

>
>
>> Intussen is die swart
>> bevolking van SA wonderlik geduldig.

>> Gloudina
>
> Met maniere wat Gloudina haar beny
> vra Hilda toe:........... (en wag steeds op 'n antwoord !!!)
>
> Gloudina,
>
> Prinsipieel wil ek nie meng in 'n argument oor 'n ander land nie. Ek
> voel
> nie ek's bevoeg daarvoor nie. Maar nou wil ek tog vra : wat stel jy
> dan voor
> as oplossing vir die swart bevolking ? Hoekom sê jy hulle is
> 'wonderlik
> geduldig' ? Wat moet volgens jou gebeur om hul lot te verbeter ? Wat
> moet
> hulle opeis ? Is daar realistiese oplossinge om die swart bevolking in
> 'n
> kort tyd welstellend te maak ? Of dink jy hulle moet maar in opstand
> kom,
> chaos veroorsaak en dan weer opnuut begin ? Dink jy as hulle
> 'ongeduldig'
> was dat dinge vinnig sal verbeter ?
> Ek begryp nie goed wat jy bedoel nie met daardie 'wonderlik geduldig'
> nie.
>
> Hilda.
>
Re: RE - Re Klagatte (of so iets) [boodskap #59235 is 'n antwoord op boodskap #59207] Wo, 27 Maart 2002 15:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"*Sterrenkijker*" skryf in boodskap news:3ca0dd12.15380376@news.skynet.be...
> Ek glo ek verstaan Gloudina. Sy wil sê: eintlik mag die witmense in
> SA bly wees dat hulle nog nie erger uitgemoor word soos dit die laaste
>
> jare plaasgevind het.

Sterrenkijker,

Eers wil ek sê dat ek persoonlik nie dink dat blankes in SA uitgemoor word
nie.
Maar watter voordele sal die swart bevolking daarby kry om blankes uit te
moor ? Moenie dink dat dit in Afrika alles so swart/wit is soos dit
gewoonlik in Europa voorgestel word nie. Moenie dink dat mense van
verskillende rasse mekaar almal haat nie. Ek sou sê dat die meeste mense net
een ding wil : vreedsaam saam lewe en werk in hul land.
In elk land is daar ekstremiste - in België ook. Hulle is gelukkig nie die
meerderheid van die bevolking nie.
Gloudina sê self in een van haar bydraes dat haar ma g'n stoel vir haar
bediende gegee het nie omdat sy bang was vir wat die bure sou sê en dat sy
hartseer daaroor was.
Die stelsel was seker in baie gevalle amper net so erg vir blankes as vir
die ander rasse.
Ek kan nie daaroor oordeel omdat ek dit self nie meegemaak het nie.
Jy mag ook nie vergeet dat die meerderheid van die blank bevolking in SA vir
verandering gekies het nie.

Ek moet sê dat ek in België nog nooit iemand ontmoet het wat 'n min of meer
objektiewe idee van Afrika het nie. Of hulle dink dat swartes almal wild en
gevaarlik is en dan ons gelukkig is om weer in België te wees, óf hulle dink
dat al die blankes wat ooit in Afrika was (of nog is) slawedrywers is en dat
hulle hulself gelukkig mag ag dat hulle nog lewend daaruit gekom het - en
heimlik is hulle jammer dat ons nie uitgemoor is nie. Ek het lankal opgehou
om te probeer om vir die mense te verduidelik hoe dit werklik is, want dit
is onmoontlik.
Swart Afrika (dalk is SA 'n uitsondering) is sê verskillend van Wes-Europa
dat dit onmoontlik is om 'n korrekte indruk daaroor te kry. As jy wil weet
hoekom blankes nie uitgemoor word nie - alhoewel hulle na jou idee almal 'n
soort Hitlers of Nazi's was in Afrika, ga soontoe, bly en werk daar, probeer
om swart mense te leer ken, word vriende met hulle en dan sal jy dit dalk
verstaan.

Hilda.
Re: RE - Re Klagatte (of so iets) [boodskap #59238 is 'n antwoord op boodskap #59235] Wo, 27 Maart 2002 17:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Hilda en Gervaas wrote:

> Jy mag ook nie vergeet dat die meerderheid van die blank bevolking in SA vir
> verandering gekies het nie.

Dit is interessant om terug te gaan en te sien
wat die toestande in 1990 was. Ek kom nou die
dag op 'n Time-magazine af met 'n denkbeeldige
gesig van Mandela op die voorblad (niemand het
na 27 jaar geweet hoe hy lyk nie). Die opskrif
is "Mandela: Free at last?"
Daar is 'n stuk in oor De Klerk. Die opskrif
is "Cautious Architect of a Cloudy Future." Hullr
skryf onder andere: "De Klerk has often spoken of
a "new South Africa. The shape of that new nation
is still -deliberately- undefined. But one phrase
is clearly inked in: "group rights," De Klerk's
code name for the preservation of white privilege.
In South Africa, when whites talk about "minority
rights" they mean the protection of white power
and wealth, and when they refer to the "tyranny of
the majority" they mean black rule."
Mens kan dus nie aanneem dat die meeste mense
in SA vir die huidige opset gestem het nie. Hulle het
gestem vir wat hulle gedink het FW aanbied. Dit is tot
hulle groot eer dat hulle binne 'n dekade die huidige
toestand van sake so relatief vreedsaam aangeneem het:
bv. geen massiewe onruste in skole toe integrasie daar
toegepas is nie ( anders as in die VSA).

Gloudina
Re: RE - Re Klagatte (of so iets) [boodskap #59239 is 'n antwoord op boodskap #59238] Wo, 27 Maart 2002 18:08 Na vorige boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Dit is tot
> hulle groot eer dat hulle binne 'n dekade die huidige
> toestand van sake so relatief vreedsaam aangeneem het:
> bv. geen massiewe onruste in skole toe integrasie daar
> toegepas is nie ( anders as in die VSA).
>
> Gloudina

Toe ek nog op skool was, het ek altyd swart klasgenote gehad - net meisies,
want ek was op 'n katolieke skool en katolieke het toe nog gedink dat jy nie
seuns en meisies saam in een klas kan sit nie.
Later het ek 8 jaar skoolgehou op die Belgiese skool in Kinshasa (van 1983
tot 1991). Ons leerlinge was vir ongeveer een derde Belge, een derde
Kongolese (toe nog Zaïrese) en een derde ander nasionaliteite (tot meer as
30 verskillendes). Ek het in een klas sowel Arabiese studente gehad as
Joodse. Ons het nooit 'n rasseprobleem gehad nie - selfs nie die minste
insident nie.
Ek dink dat die meeste mense in Afrika gelukkig saam kan bly.
Die groot probleem is nie die verskillende rasse nie - ook nie die
verskillende kulture nie - dit is armoede, werkloosheid en siektes.
In België bly (of moet bly ?) die nie-Belge en selfs die genaturaliseerde
Belge van Marokkaanse of Turkse oorsprong, in wyke saam. In Kongo was al ons
bure swart.
Ek dink dat integrasie in Afrika makliker is as hier.
Hilda.
Vorige onderwerp: Statebond Skorsing
Volgende onderwerp: afrikaanse canon
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 23 02:46:33 MGT 2024