Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Johann de Lange (geb. 1959) - Geel dag
Johann de Lange (geb. 1959) - Geel dag [boodskap #58869] Ma, 18 Maart 2002 18:53
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Johann de Lange (geb. 1959)

Geel dag

Kusdorpe met sonsoet lemoene en immergroen
boorde, met die vol uier van die somer,
sorgelose oes van die donker aarde.
Soggens as die krewe rooi op die dekplanke lê,
as die ou mans bier drink saam met vis
en suurlemoen, en die vissersbote fluit
op die bedrywige see, dan weet ek:
ek kan maar net by benadering leef,
net die voortekens van die volheid weet,
net ruweg ken die moeitelose skoonheid
van hierdie dag: die smal hawens, kerkies,
die kloosters met binnehowe vol blomme en 'n put,
die geweldige rooi lewe van papawers
teen 'n ou kalkmuur. Dank God ek is ook hier.

André P. Brink (samest.), Groot Verseboek 2000, (Kaapstad: Tafelberg) 2000.
Vorige onderwerp: Daniel Hugo (geb. 1955) - donkerkamer-alchemis
Volgende onderwerp: Gloudina
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 18:11:39 MGT 2024