Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Waar pas Afrikaans in die prentjie in?
Waar pas Afrikaans in die prentjie in? [boodskap #5875] Vr, 01 Maart 1996 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Helen Salter(93) died in a Toronto hospital in December.
She was believed to be the last person in Canada to speak
Tuscarora fluently.
One of the languages of the Six Nations of the Iroquois
Confederacy, Tuscarora is one of around 3,000 languages
around the world that are moving toward extinction.
Up to half of all spoken languages are in danger of
disappearing forever. According to New Scientist Magazine,
the planet is home to about 6,000 languages, but only 600
are considered to be safe.
Five languages have come to dominate the earth: Chinese,
English, Spanish, Russian and Hindi are spoken by half the
world's population. If 100 languages are added, the total
covers 95 per cent of what is spoken by the world's 5.7 billion
people.
Of Canada's 53 native languages...only three - Cree,
Ojibway and Inuktitut - are considered to have an excellent
chance of survival.
Efforts are being made to videotape and record Tuscarora,
but it is an open question whether it will be enough to help
it to survive, or whether written dictionaries and pronunciation
charts will be all that remain for future generations.
(Adapted from an article in "The Globe and Mail.")


Ek wonder waar Afrikaans gaan inpas in 'n honderd jaar?

As 'n elegie vir al daardie sprekers uit my kinderdae
wat nog "Hottentots" gepraat het daar in die Noordkaap,
herhaal ek 'n paar woorde wat Afrikaans van hulle geleen
het:
Boegoe, dagga, koekemakranka, kanna, noem-noem,
tsamma, koedoe, kwagga, geitjie, karos, kierie, hoeka,
kamma, soe, sies, ga, eina.

Gloudina
Re: Waar pas Afrikaans in die prentjie in? [boodskap #5880 is 'n antwoord op boodskap #5881] Sa, 02 Maart 1996 00:00 Na vorige boodskap
Julius Bergh  is tans af-lyn  Julius Bergh
Boodskappe: 111
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ai Glodina,

Ek reken hierde nuusgroep gaan die gees gee lank voor Afrikaans
se flammetjie uitgewaai is. Ek kry maar baie min deur hier na
Australie". Ek het n paar weke gelede ingeteken op n e-pos
gesels groep in Afrikaans maar die klopm is erg akedemies.
Hulle stry nog oor wie die beste is, die geestes wetenskappe of
die Natuurwetenskappe. Ek dog die Natuurwetensakappe het
dekades gelede al gewen :-) Waaroor nog daaroor kekkel ?
Klink soos die "my Pa se Ford is beter as jou Pa se Chev"
argumente wat ons as kinders gehad het.

Luister, jy is so n gawe meise, kan ek vir jou n bos Proyeas
stuur ? Dit sal net werk as jy n UU dekodeerder het. Sal
Izak kwaad wees ?

Groete tot later.

Hou die blik kant bo en as daar nie meer n blink kant is nie,
vryf die bokant blink.
==================================================
Julius
jbe...@onthenet.com.au
//http://www.onthenet.com.au/~jbergh

===================================================
Re: Waar pas Afrikaans in die prentjie in? [boodskap #5881 is 'n antwoord op boodskap #5880] Sa, 02 Maart 1996 00:00 Na vorige boodskap
Chris Dummett  is tans af-lyn  Chris Dummett
Boodskappe: 1
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Junior Lid
Haai Julius! Dankie vir die "hou die blink kant bo" - wenk. Ek het so
pas na jou agterplaas gekyk en dis lieflik. My agterplaas lyk heel
anders:Ek woon die afgelope agtien jaar in Engeland, en my agterplaas is
omtrent so groot soos ons Lindense huis se voorkamer was! Ek bly lekker,
maar ai, my spraakorgane smag na Afrikaans PRAAT! Het so hier en daar na
die geselsgroep se goed gekyk. Interessanterig. Sal self miskien 'n
bydrae maak. Ek het vandag half per ongeluk hier uitgekom. Groetnis aan
Ellie. Weet sy van Gloudina se proteas?
Re: Waar pas Afrikaans in die prentjie in? [boodskap #5882 is 'n antwoord op boodskap #5875] Sa, 02 Maart 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Julius Bergh wrote:
<<>Ek reken hierde nuusgroep gaan die gees gee lank voor Afrikaans
> se flammetjie uitgewaai is. >>

Ek wou dit nie se nie.
Waar lê die fout?
Ek reken (effe sinies) dalk hier: Afrikaners is groot bakleiers dat
hulle taal amptelik erkenning moet kry. Niks is vir hulle lekkerder as
wanneer iemand van 'n ander groep voor hulle heilige koeie salaam nie.
Maar wanneer dit kom by uithaal en wys op straatvlak, is hulle nie
meer so lus nie.
Dus: Die een verklaring na die ander word uitgereik oor die SAUK
minder Afrikaans uitsaai, maar niemand is bereid om die nuusgroep -
waarvoor hulle nogal ook hard baklei het! - werklik te ondersteun nie.
Ondersteun van 'n nuusgroep beteken spring in en begin praat en stry.
(Doen moeite om een keer 'n dag aan die buurman te vra hoezit swaer!
of aan hom te se hy moet sy donderse haaifaai sagter sit in die aande
of so iets - in plaas van om eers die deur te sluit en more die
eiendoms-agent te bel.)
En dit sluit aan by: Die ou volkie hou nie daarvan om betrokke te raak
as die betrokkenheid nie gesanksioneer en gesaniteer is nie.
Hulle sal hewig argumenteer op die Broederbond se vergadering, maar
sal nie daardie argumente in die koffie-"shop" voor andere herhaal
nie.

Die nuusgroep gaan een van die dae sy gat sien.
Ek hoop ek is verkeerd.

(Ek wou nou iets oor die krieket begin het, maar toe onthou ek die
Boere kyk mos nie meer na die SABC nie omdat die SABC te min salaam
voor Afrikaans....oh well....)
Vorige onderwerp: Kermis
Volgende onderwerp: Plekbeskrywing: THE THOUSAND ISLANDS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 22:45:10 MGT 2024