Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » afrikaanse canon
Re: een baie goededag! [boodskap #58542 is 'n antwoord op boodskap #58414] Di, 12 Maart 2002 21:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Xander Helmich  is tans af-lyn  Xander Helmich
Boodskappe: 7
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Junior Lid
Baie dankie Arthur

(of speciaal voor mijn nederlandse fan: "Bedankt!")

hahahaha

lol!

M.v.g.
Xander Helmich
(reply by mail? please remove # from address)
Re: afrikaanse canon [boodskap #58544 is 'n antwoord op boodskap #58527] Di, 12 Maart 2002 21:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Swart Simon" skryf in boodskap news:3c8e3a1e.0@news1.mweb.co.za...
> "Rico" wrote in message
> news:a6jf5g$mck$1@news1.xs4all.nl...
>>
>
> 'n Paar leestekens sou dit meer verstaanbaar gemaak het.
>
> In Afrikaans sou dit, volgens my, wees:
>
> "Ek kannie" lê op die kerkhof, en "ek wil nie" lê langs hom.

Nee Simon, hier is jy nie reg nie, wel nie in Nederlands nie.
En is 'n voegwoord en by en plaas jy nooit 'n komma, (,) nie.
Maar in Afrikaans kan dit anders wees.
En hoe kom plaas jy " " in die sin???
>
> Oftewel:
>
>     __Ś__               __Ś__
>       Ś                   Ś
>       Ś                   Ś
>
>     R I P               R I P
> E. K. KANNIE       E. K. WILNIE


Dit kan ek nou baie geniet :-))
En ek sien jy verstaan, wat ek het gesê
Gr. Rico
>
> Swart Simon
>
Re: afrikaanse canon [boodskap #58545 is 'n antwoord op boodskap #58530] Di, 12 Maart 2002 21:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Davie Davis" skryf in boodskap news:k3gs8u420p5l42gv0m11ujc6gut58i4kfs@4ax.com...
> On Tue, 12 Mar 2002 00:42:36 +0100, "Rico"
> wrote:
>
>> DD, jy is nog slimmer as ons dink!!
>> Jy is heeltemal reg, ek dink Arthur wil dit nie weet nie :-))
>>
>> Kan ik niet ligt op het kerkhof en wil ik niet ligt er naast.
>>
>> Gr.rico
>>
>
> Rico, presies die regte oomblik het jy dit gesê! Ek het
> 'n nuwe kleurkaart in my rekenaar gesit (halfuur gelede)
> en iets dom gedoen. Na my vrou dit reggemaak het
> het sy gesê dat ek somtyds soos 'n 'dom blond' is.
> Dit is hoekom ek haar gewys het dat daar mense is wat nie
> so dink nie:-)( (jislaaik watse smile is dit?)
>
>
Ja ek weet wanneer iets te sê en wanneer my mond te hou :-)).
En sê vir jou vrou, ek is blond!!!!

Gr.Rico
Re: afrikaanse canon [boodskap #58546 is 'n antwoord op boodskap #58536] Di, 12 Maart 2002 21:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Swart Simon" skryf in boodskap news:3c8e6170.0@news1.mweb.co.za...
> "Arthur Hagen" wrote in message
> news:a6lc75$p4k$1@news.kabelfoon.nl...
>> "Sakkie" schreef...
>>> Die Hollanders sal moet erg kersopsteek by die Flaminge voor dit sal gebeur.
>>
>> Die miete dat die Vlaamse dialek naderby is aan Afrikaans as Hollands is ook
>> onderdeel van die anti-Nederlands houding wat ek steeds weer raak sien.
>>
>> Julle praat byna nooit van 'Nederlands' of 'Nederland' niet, maar wanneer
>> dit om die oorsprong van Afrikaans gaan sê julle wel 'Suid-Nederlands',
>> terwyl dit werklik 'Suid-Hollands' is. Weer so'n simptoom :)
>
>
> Ek stem saam.
>
> Wat die mite betref, is dit 'n redelike onlangse verskynsel en het, glo ek,
> sy oorsprong in 'n kombinasie van (1) die algehele verstoting, veral sedert
> die 1980's, deur Nederlanders van alles wat selfs net na Afrikaans ruik, en
> (2) die ontstaan om en by daardie tyd in België van die Vlaams Blok en sy
> ver-regse politiek.
>
> Wat die 'Suid-Nederlands' betref, het ons almal op skool geleer dat Jan van
> Riebeeck van Culemborg gekom het. En waar is Culemborg - in Vlaandere?
> Naby Vlaandere? In 'Suid-Nederland' dan?
>
> Swart Simon

Nee, Culemborg lê in midden Nederland, Seker so 150 km, van Vlaandere.

Gr.Rico
>
Re: afrikaanse canon [boodskap #58547 is 'n antwoord op boodskap #58449] Di, 12 Maart 2002 21:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
schreef in bericht news:3C8CEFA8.3010808@rogers.com...
>
> Hilda en Gervaas wrote:
>
>
>> Sakkie, jong, jy sal jou daarby moet neerlê - of jy daarvan hou of nie - jou
>> taal kom
>> regstreeks van Nederlands af.
>
>
>
> Ek dink jy moet jou uitspraak hier kwalifiseer.
> Afrikaans kom NIE van Algemeen Beschaafd Nederlands
> af nie.

In die 17de eeuw, was daar nog nie Algemeen Beschaafd Nederlands nie!
Dit is ook maar net 'n reel geword, om te maak, dat alle mense in Nederland
mekaar kan verstaan.
Dit was dieselfde rede hoekom die Vlaminge het ervoor gekies om ABN op skole
te leer en as amptlike taal te kies.

Gr.Rico
Re: afrikaanse canon [boodskap #58550 is 'n antwoord op boodskap #58525] Wo, 13 Maart 2002 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Peter van der Weerd (x in email must be m) wrote:

> Ik krijg de indruk dat het hier toch om klanken gaat of dat het misschien
> fonetisch geschreven staat.

Ja, jy kan amper seker wees dat iemand
dit foneties vir julle neergeskryf het,
en dan ook nog die lettergrepe opgebreek
het, sodat wat één woord in die oorspronklike
taal is, lyk soos twee of drie lettergrepe.
Ek stel voor jy bel 'n wes-afrikaanse
ambassade en lees die stuk aan hulle, en
sien wat hulle sê. Dit klink nie vir my na
een van die sewe Afrika-tale wat in SA gebruik
word nie.

Gloudina
Re: afrikaanse canon [boodskap #58554 is 'n antwoord op boodskap #58525] Wo, 13 Maart 2002 04:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Peter, ja, ons ken ook 'n kanon as 'n herhalingslied wat met beurtsang
gedoen word.
Vader Jakob is die bekendste een.

The Click Song is nie 'n kanon nie.

Die liedere in die ander Afrika tale hier is wel herhalend van aard, maar
word selde in die kanon-formaat gesing.

Annette

m) skryf in boodskap news:a6lcem$5re$1@news1.xs4all.nl...
> Graag wil ik jullie allemaal hartelijk danken voor de reacties op mijn
> vraag.
> Een aantal dingen zijn blijkbaar niet helemaal duidelijk.
> Een canon is bij ons een lied van een aantal regels, die herhaaldelijk
> gezongen worden door een aantal personen door elkaar.
> Verder wilde ik niemand beledigen met mijn uitspraken. Voor mij is het
> gewoon een zoektocht naar iets waarvan ik niet veel weet. Met afrikaanse
> taal bedoel ik inderdaad één van de talen in Afrika. Ik had niet verwacht
> dat dit zo veel reacties op zou leveren.
> Het Xhosa wat geopperd werd als mogelijkheid lijkt het niet te zijn. De
> vertaalprogramma's op internet komen er niet ver mee.
> Ik krijg de indruk dat het hier toch om klanken gaat of dat het misschien
> fonetisch geschreven staat.
>
>
> "Peter van der Weerd (x in email must be m)" schreef in
> bericht news:a65gva$7h3$1@news1.xs4all.nl...
>> Met ons koor zingen wij een afrikaanse canon met de volgende tekst:
>> E-lah pakwama
>>
>> walache wagwanahe
>> a kinana gwanahe
>>
>> mba mawa elah
>> de danaledeh
>>
>> mba mawa ungaeh
>> gwanahe pakwamaeh
>>
>> We vragen ons af of dit alleen maar klanken zijn of dat het ook nog iets
>> betekent.
>> Wie kan ons helpen aan een eventuele vertaling
>>
>> mete vriendelijke groet, Karin
>>
>
Re: afrikaanse kanon skietekat [boodskap #58555 is 'n antwoord op boodskap #58531] Wo, 13 Maart 2002 04:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Arthur, jy slaan die spyker nou net daar op die kop - die feit dat sekere
woorde ooreenstem maak nie van een taal die worteltaal van 'n ander nie.

Dit is regtig vir ons hier baie makliker om die Vlaamse taal te verstaan as
die die Hollanders.

Ek is glad nie taalkundig aangelê nie, en het nog nooit 'n behoefte gehad om
op 'n Nederlandse groep deel te neem nie - nie omdat ek hulle vyandiggesind
is nie, bloot omdat ek nie wil nie.

Ek hoef ook hier nie my naam gat te maak deur te probeer om 'n powere poging
aan te wend om "Hollands" te probeer praat nie.

Dus, jy mag dit miskien dink, maar die meeste van ons voel nie vyandig
teenoor Nederlanders nie - behalwe as hulle domastrant optree;)))
Dit is ook nie 'n politieke ding, of 'n anti- Europese gevoel, of wat jy ook
al aan die kwessie wil hang nie.

Ons weet , of jy dit nou kan begryp of nie , dat Afrikaans ons taal is wat
ons hier in Suid Afrika praat - dat die verskillende tale van Afrika
Afrika-tale is - Dit is nie ons skuld dat die Nederlanders so verkeerd
aat - en dan 'n politieke vinger te wys na ons nie;)))

Annette

.com> skryf in boodskap news:a6lgci$vln$1@news.kabelfoon.nl...
> "Swart Simon" schreef...
>> "Arthur Hagen" wrote...
>>> "Tobie" schreef...
>>>> die woord 'pondok' kom ook uit Maleisië
>>
>>>> huis, paleis, pondok, varkhok !
>>>
>>> Ek het dit geweet, maar ek moet toegee ek vermoed baie mense in die lae
>>> lande sal dit nie (meer) weet nie. Die woord 'pondok' staan oorigens ook
>>> gewoon in my Nederlandse woordeboek.
>>
>> En ditto: 'kampong'.
>>
>> Maar ek wed jou julle het nie 'piering' in julle woordeboeke nie.
>
> Nee, geen piering nie.
>
> Oorigens dink ek nie die gebruik van vreemde woorde beteken jou taal het
> 'vreemde wortels' nie. Dit wys net dat daar kontakte gewees is tusse groepe
> mense of tusse lande. Waar my oupa 50 jaar geleë sy vakansiehuisie 'Pondok'
> genoem sou het, sou ek mynes nou 'Datsja' kan noem en miskien noem ek dit
> oor 50 jaar my 'retraite'. Dit beteken nie my taal het Russiese of Franse
> wortels nie...
>
> Arthur
>
Re: afrikaanse canon [boodskap #58563 is 'n antwoord op boodskap #58524] Wo, 13 Maart 2002 05:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Sakkie" schreef...
> Die Hollanders sal moet erg kersopsteek by die Flaminge voor
dit sal gebeur.

Arthur
Die miete dat die Vlaamse dialek naderby is aan Afrikaans as Hollands is ook
onderdeel van die anti-Nederlands houding wat ek steeds weer raak sien.
Julle praat byna nooit van 'Nederlands' of 'Nederland' niet, maar wanneer
dit om die oorsprong van Afrikaans gaan sê julle wel 'Suid-Nederlands',
terwyl dit werklik 'Suid-Hollands' is. Weer so'n simptoom :)

Wouter
My beperkte ondervinding is beslis dat die gemiddelde Vlaming meer
verstaanbaar is as die gemiddelde Nederlander. Ek het al verskeie
Nederlanders (veral ouer mense) ontmoet met wie ek nie kon
kommunikeer nie, dit het nog nie met Vlaminge gebeur nie.

Jy moet ook verstaan dat ons in SA grootgeword het met Holland en
nie Nederland nie. Vir baie mense is Holland en Nederland vandag
nog sinonieme, al is dit nie reg nie. En die mense uit Suid-Nederland
waarna ek verwys het, was van die Brabant. Ek weet dis in die
suide van Nederland, maar wat Suid-Holland alles insluit, dit weet ek nie.

Wat jy 'n simptoom noem, is bloot 'n historiese onakkuraatheid.
En jou opmerking is simptomaties van wat ons as Nederlandse
wysneusige beterweterigheid ervaar, 'n belangrike rede hoekom
Suid-Afrikaners nie graag met Nederland assosieer nie. Ons
het oor baie jare net te veel daarvaan beleef. Ja, dis 'n
veralgemening, maar daardie persepsie is baie sterk. Ons het
baie minder probleme met julle historiese siening oor
apartheid as die manier waarop dit aan ons oorgedra is.
Re: afrikaanse canon [boodskap #58564 is 'n antwoord op boodskap #58518] Wo, 13 Maart 2002 05:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina
....een van die menige betekenisse van "canon" in
Engels: "A Composition in which the same
melody is repeated by one or more voices,
overlapping in time in the same or related
key." Dus in Afrikaans heelwaarskynlik
'n deelsang of wat jy dit ookal noem. Ek
weet daar is 'n ander woord daarvoor in
Afrikaans, maar ek kan dit nou nie byval
nie. Kan jy dit onthou?

Wouter
Nee, ek het geen benul waarvan jy hier praat nie,
sangterme is nie my forté nie.
Re: afrikaanse canon [boodskap #58566 is 'n antwoord op boodskap #58564] Wo, 13 Maart 2002 06:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Mens kan sien jy het die sangklasse gebank en was nie in Die Voortrekkers
nie Wouter;)))
Annette

Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:3c8eea24.0@news1.mweb.co.za...
> Gloudina
> ....een van die menige betekenisse van "canon" in
> Engels: "A Composition in which the same
> melody is repeated by one or more voices,
> overlapping in time in the same or related
> key." Dus in Afrikaans heelwaarskynlik
> 'n deelsang of wat jy dit ookal noem. Ek
> weet daar is 'n ander woord daarvoor in
> Afrikaans, maar ek kan dit nou nie byval
> nie. Kan jy dit onthou?
>
> Wouter
> Nee, ek het geen benul waarvan jy hier praat nie,
> sangterme is nie my forté nie.
>
Tien Afrika-tale [boodskap #58568 is 'n antwoord op boodskap #58550] Wo, 13 Maart 2002 06:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina
Ek stel voor jy bel 'n wes-afrikaanse
ambassade en lees die stuk aan hulle, en
sien wat hulle sê. Dit klink nie vir my na
een van die sewe Afrika-tale wat in SA gebruik
word nie.

Wouter
Ons het elf amptelike tale in Suid Afrika, Gloudina
Tien van hulle is Afrika-tale, nege van hulle is inheemse tale.
Re: afrikaanse canon [boodskap #58573 is 'n antwoord op boodskap #58534] Wo, 13 Maart 2002 08:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
emmy[3]  is tans af-lyn  emmy[3]
Boodskappe: 23
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Junior Lid
"Tobie"

So ek sny maar verby die "Hollanders" se briewe. :-(
> So ek is nie 'anti' nie, maar diskrimineer net teen wat ek nie
> verstaan nie ;-)
> Is ek nou 'n rassis ......... hmmm?

Nee jij bent lui ;-))) met een beetje moeite versta je het wel.
Wij verstaan toch ook Afrikaans!!
groetjes emmy
Re: afrikaanse canon [boodskap #58576 is 'n antwoord op boodskap #58524] Wo, 13 Maart 2002 09:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Arthur Hagen" skryf in boodskap news:a6lc75$p4k$1@news.kabelfoon.nl...
> "Sakkie" schreef...
>> Die Hollanders sal moet erg kersopsteek by die Flaminge voor dit sal
> gebeur.
>
> Die miete dat die Vlaamse dialek naderby is aan Afrikaans as Hollands is ook
> onderdeel van die anti-Nederlands houding wat ek steeds weer raak sien.
>
> Julle praat byna nooit van 'Nederlands' of 'Nederland' niet, maar wanneer
> dit om die oorsprong van Afrikaans gaan sê julle wel 'Suid-Nederlands',
> terwyl dit werklik 'Suid-Hollands' is. Weer so'n simptoom :)
>
> Arthur

Arthur, jong dit is nie so maklik om jou te antwoord nie. Ek sal dit graag
so wil stel. Eerstens, die gemiddelde Afrikaner onderskei nie tussen 'n
Hollander en 'n Nederlander nie. Meeste van ons aanvaar dat dit dieselfde
is. Tweedens, die gemiddelde Afrikaner hou nie van Hollanders/Nederlanders
nie as gevolg van die persepsie wat geskep is gedurende die apartheidsjare
dat julle alles wat wit was in Suid-Afrika gekritiseer by elke moontlike
geleentheid. Sonder uitsondering was julle houding presies dieselfde as die
wat Gloudina partykeer inneem. ('Skuus tannie G, ek gebruik net jou naam om
'n punt te maak.) Ek verstaan dat dit 'n onregverdige veralgemening is van
ons kant, maar dit is niks erger as die onregverdige veralgemening wat julle
toegepas het op ons Afrikaners nie, en my nasie staan nie bekend vir hulle
vermoeë om te vergewe nie. Ons het 'n gesegde: "'n Jakkals verander van
haar maar nie van snaar" in Engels sal dit wees: "a leopard cannot change
it's spots" of so iets. Basies kom dit neer daar op dat ons
"in-die-rug-gesteek" voel deur julle, deur dat julle groot hoeveelhede geld
geskenk het aan mense wat sonder diskrimineering onskuldige mense vermoor
het. Nou kan ons seker weer 'n hele nuwe draad begin oor wat beskou word as
onskuldig. Gaan slaan maar self na oor wie die teikens was van die ANC
aanvalle en besluit vir jouself of dit regverdige oorlogsteikens was of nie.

Laastens, aanvaar dat Afrikaners nie Hollanders/Nederlanders is nie. Net
soos Belge nie is nie. Die feit dat julle ons taal kan verstaan maak ons
beslis nie dieselfde nie. Ek sukkel my gat af om party van julle pos te
verstaan en baie dinge antwoord ek suiwer deur tussen die lyne te lees. Ek
wil so ver gaan om te sê dat die gemiddelde Afrikaner baie meer na Duitsers
aard as na Hollanders. Daarom kom ons ook baie beter met hulle oor die weg,
en hier veralgemeen ek buitensporig en praat meer uit eie ondervinding as
enigiets anders. Algemene opinie is dat my voorouers van FRANSE oorsprong
is. Gerard Couché in die vyftiende eeu. Hoe vertel jy my nou dat ek 'n
Hollander is. Net omdat my taal verwant is aan Nederlands. Maggies, dit is
soos om vir 'n Amerikaner of Australianer te sê dat hy Engels is net omdat
hulle taal dieselfde is. Nog erger, dit is amper soos om vir 'n Amerikaanse
rooi Indiaan te sê dat hy Engels is net omdat hy Engels praat, terwyl hy
tien teen een nader verwant is aan vêrre-ooste Asiate.

Ek probeer nie 'n vyand van jou maak nie, ek probeer die saak in perspektief
stel.
Re: afrikaanse canon [boodskap #58577 is 'n antwoord op boodskap #58566] Wo, 13 Maart 2002 11:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter
> Nee, ek het geen benul waarvan jy hier praat nie,
> sangterme is nie my forté nie.

Annette
Mens kan sien jy het die sangklasse gebank en was nie
in Die Voortrekkers nie Wouter;)))

Wouter
Verkeerd op albei gevolgtrekkings, Annette
Maar die kanon waarmee die Voortrekkers geskiet
het, het effens anders gebulder. En in die koor het
jy op jou hel gekry as jy kanonskote los :-)
Re: afrikaanse canon [boodskap #58580 is 'n antwoord op boodskap #58564] Wo, 13 Maart 2002 12:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Dus in Afrikaans heelwaarskynlik
> 'n deelsang of wat jy dit ookal noem. Ek
> weet daar is 'n ander woord daarvoor in
> Afrikaans, maar ek kan dit nou nie byval
> nie. Kan jy dit onthou?
>
> Wouter
> Nee, ek het geen benul waarvan jy hier praat nie,
> sangterme is nie my fortè nie.

Ek sien Annette noem dit 'n
"beurtsang." Ek voel dat ons
dit iets anders genoem het.
Wonder wat 'n "rondel" is.

Gloudina
Re: Tien Afrika-tale [boodskap #58582 is 'n antwoord op boodskap #58568] Wo, 13 Maart 2002 12:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Ons het elf amptelike tale in Suid Afrika, Gloudina
> Tien van hulle is Afrika-tale, nege van hulle is inheemse tale.

Ek dog Afrikaans is 'n Europese taal.
En van die nege, is almal Afrika-tale?
Ek het gedog twee is van die Indiese
subkontinent? Gee ons weer die elf
amptelike tale, Wouter.

Gloudina
Re: afrikaanse canon [boodskap #58585 is 'n antwoord op boodskap #58577] Wo, 13 Maart 2002 13:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jammer dat so 'n duur skool so 'n swak sangonderwyser gehad het;))))
Annette

Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:3c8f331c.0@news1.mweb.co.za...
>> Wouter
>> Nee, ek het geen benul waarvan jy hier praat nie,
>> sangterme is nie my forté nie.
>
> Annette
> Mens kan sien jy het die sangklasse gebank en was nie
> in Die Voortrekkers nie Wouter;)))
>
> Wouter
> Verkeerd op albei gevolgtrekkings, Annette
> Maar die kanon waarmee die Voortrekkers geskiet
> het, het effens anders gebulder. En in die koor het
> jy op jou hel gekry as jy kanonskote los :-)
>
Re: afrikaanse canon [boodskap #58587 is 'n antwoord op boodskap #58580] Wo, 13 Maart 2002 13:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ons het dit altyd op skool 'n kanon genoem.
Annette

skryf in boodskap news:3C8F4A29.8040403@rogers.com...
>
> Wouter Plaasvark wrote:
>
>> Dus in Afrikaans heelwaarskynlik
>> 'n deelsang of wat jy dit ookal noem. Ek
>> weet daar is 'n ander woord daarvoor in
>> Afrikaans, maar ek kan dit nou nie byval
>> nie. Kan jy dit onthou?
>>
>> Wouter
>> Nee, ek het geen benul waarvan jy hier praat nie,
>> sangterme is nie my forté nie.
>
>
> Ek sien Annette noem dit 'n
> "beurtsang." Ek voel dat ons
> dit iets anders genoem het.
> Wonder wat 'n "rondel" is.
>
> Gloudina
>
Re: Tien Afrika-tale [boodskap #58589 is 'n antwoord op boodskap #58582] Wo, 13 Maart 2002 14:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Ons het elf amptelike tale in Suid Afrika, Gloudina
> Tien van hulle is Afrika-tale, nege van hulle is inheemse tale.

Gloudina
Ek dog Afrikaans is 'n Europese taal.
En van die nege, is almal Afrika-tale?
Ek het gedog twee is van die Indiese
subkontinent? Gee ons weer die elf
amptelike tale, Wouter.

Wouter
Nee, Afrikaans word deur die taalguru's as 'n Afrika-taal
met sterk Europese wortels beskou.

Jammer ek ken nie al nege amptelike swart tale se name
nie, maar daar is geen amptelike taal met Oosterse wortels
nie, behalwe natuurlik Afrikaans.

Ek verstaan dat daar ook nog tientalle swart dialekte is
Re: afrikaanse canon [boodskap #58595 is 'n antwoord op boodskap #58576] Wo, 13 Maart 2002 16:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Sakkie, jy kan nie sê die Afrikaners hou nie van Nederlanders nie.
Ons is nie almal dieselfde en dink nie almal dieselfde nie, ek kan ook teen
jou nie sê jy en Gloudina en DD en Wouter en Annette en meer is almal
dieselfde mense, soos 'n kloon.
Ek het nou gister Johannes Kerkorrel sy cd gekry en hy sing 'n liedjie in
Nederlands, geskryf deur 'n Vlaming, maar as hy dit sing lyk dit baie op
Afrikaans, julle spreek bv die "i" heeltemal anders uit.
Maar dis Nederlands met 'n Afrikaanse aksent, nou en, dis goed ons werk
saam!! Boondien die cd is pragtig.
Annette het laas nog gesê sy verstaan Stef Bos goed, maar dis nie 'n Vlaming
nie, dis heeltemal 'n kaaskop.

As jy wil dink Afrikaans is 'n Asie-taal of 'n Afrika-taal is dit jou reg,
ek het in die begin van hierdie diskussie gewoon vertel in Nederland noem
ons julle Afrikaans, Suid-Afrikaans, dit het toen 'n hoop verduidlik.

Maar nou gaan jy my vertel, ons kan beter wegbly hier, omdat Afrikaners nie
van ons hou nie.
Ek vra my af wie stem saam met jou.

Dan nog 1 saak, jy sê julle kan nie vergewe, ek is jammer vir julle, veral
omdat ek op hierdie NG hoor, julle is so 'n volk met 's sterk glo. Wel bid
maar goed die Onse Vader, meskien kan jy dan leer :-))
Vergewe is nie dieselfde as vergeet nie!!!

Gr.Rico

"Sakkie" skryf in boodskap news:3c8f2249$0$227@hades.is.co.za...
>
> "Arthur Hagen" wrote in message
> news:a6lc75$p4k$1@news.kabelfoon.nl...
>> "Sakkie" schreef...
>>> Die Hollanders sal moet erg kersopsteek by die Flaminge voor dit sal
>> gebeur.
>>
>> Die miete dat die Vlaamse dialek naderby is aan Afrikaans as Hollands is ook
>> onderdeel van die anti-Nederlands houding wat ek steeds weer raak sien.
>>
>> Julle praat byna nooit van 'Nederlands' of 'Nederland' niet, maar wanneer
>> dit om die oorsprong van Afrikaans gaan sê julle wel 'Suid-Nederlands',
>> terwyl dit werklik 'Suid-Hollands' is. Weer so'n simptoom :)
>>
>> Arthur
>
> Arthur, jong dit is nie so maklik om jou te antwoord nie. Ek sal dit graag
> so wil stel. Eerstens, die gemiddelde Afrikaner onderskei nie tussen 'n
> Hollander en 'n Nederlander nie. Meeste van ons aanvaar dat dit dieselfde
> is. Tweedens, die gemiddelde Afrikaner hou nie van Hollanders/Nederlanders
> nie as gevolg van die persepsie wat geskep is gedurende die apartheidsjare
> dat julle alles wat wit was in Suid-Afrika gekritiseer by elke moontlike
> geleentheid. Sonder uitsondering was julle houding presies dieselfde as die
> wat Gloudina partykeer inneem. ('Skuus tannie G, ek gebruik net jou naam om
> 'n punt te maak.) Ek verstaan dat dit 'n onregverdige veralgemening is van
> ons kant, maar dit is niks erger as die onregverdige veralgemening wat julle
> toegepas het op ons Afrikaners nie, en my nasie staan nie bekend vir hulle
> vermoeë om te vergewe nie. Ons het 'n gesegde: "'n Jakkals verander van
> haar maar nie van snaar" in Engels sal dit wees: "a leopard cannot change
> it's spots" of so iets. Basies kom dit neer daar op dat ons
> "in-die-rug-gesteek" voel deur julle, deur dat julle groot hoeveelhede geld
> geskenk het aan mense wat sonder diskrimineering onskuldige mense vermoor
> het. Nou kan ons seker weer 'n hele nuwe draad begin oor wat beskou word as
> onskuldig. Gaan slaan maar self na oor wie die teikens was van die ANC
> aanvalle en besluit vir jouself of dit regverdige oorlogsteikens was of nie.
>
> Laastens, aanvaar dat Afrikaners nie Hollanders/Nederlanders is nie. Net
> soos Belge nie is nie. Die feit dat julle ons taal kan verstaan maak ons
> beslis nie dieselfde nie. Ek sukkel my gat af om party van julle pos te
> verstaan en baie dinge antwoord ek suiwer deur tussen die lyne te lees. Ek
> wil so ver gaan om te sê dat die gemiddelde Afrikaner baie meer na Duitsers
> aard as na Hollanders. Daarom kom ons ook baie beter met hulle oor die weg,
> en hier veralgemeen ek buitensporig en praat meer uit eie ondervinding as
> enigiets anders. Algemene opinie is dat my voorouers van FRANSE oorsprong
> is. Gerard Couché in die vyftiende eeu. Hoe vertel jy my nou dat ek 'n
> Hollander is. Net omdat my taal verwant is aan Nederlands. Maggies, dit is
> soos om vir 'n Amerikaner of Australianer te sê dat hy Engels is net omdat
> hulle taal dieselfde is. Nog erger, dit is amper soos om vir 'n Amerikaanse
> rooi Indiaan te sê dat hy Engels is net omdat hy Engels praat, terwyl hy
> tien teen een nader verwant is aan vêrre-ooste Asiate.
>
> Ek probeer nie 'n vyand van jou maak nie, ek probeer die saak in perspektief
> stel.
>
Re: afrikaanse canon [boodskap #58616 is 'n antwoord op boodskap #58595] Do, 14 Maart 2002 05:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Rico" skryf in boodskap news:a6nun2$7r6$1@news1.xs4all.nl...
> Sakkie, jy kan nie sê die Afrikaners hou nie van Nederlanders nie.
[knip]

Hallo Rico,
Ek vra weer om verskoning as ek op 'n paar tone getrap het Rico. My
stelling dat ons nie van Nederlanders hou nie was aspris kras en oordrewe,
en ek het dit so gestel om die punt duidelik te maak. Ons nasie het
geweldig baie Nederlandse bloed in ons, maar dit is net soos die Australiane
en Amerikaners baie Engelse bloed in hulle het. Net soos dit hulle nie
Engels maak nie, is ons ook nie Hollanders nie, en dit is die punt wat ek
probeer maak. Magtag, my vader se bloedlyn kom uit Frankryk en my moeder
uit Duitsland en dan vertel almal my ek is 'n Hollander?
Re: afrikaanse canon [boodskap #58617 is 'n antwoord op boodskap #58380] Do, 14 Maart 2002 06:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Arthur Hagen wrote:
>
> "Annette" schreef...
>> Ek stem volmondig saam met Hilda - julle klomp Hollandse mannetjies soek net
>> skoor en praat strooi:))
>
> ??? Hilda het dieselfde definisie vir Afrikaans gegeë as ek! Die definisie
> uit ons woordeboek '1. uit of van Afrika, 2. Zuid-Afrikaans'. Ek het nooit
> beweer dat julle taal geen Afrikaans is nie. Julle noem dit mos so. Maar ons
> praat gewoonlik van Zuid-Afrikaans om die taal nie te verwar met die egte
> Afrikaanse tale nie :)
> Zoeloe as taal is inderdaad Afrikaans ... dis 'n Afrikaanse taal. Afrikaans
> as taal is nie Afrikaans nie ... dis 'n Europese taal.

Net so sê ons dat julle Hollands praat? En somtyds hollangs soos jy nou
bo doen?

Maar grappies op 'n stokkie - in Afrikaans sou ons nie dit nie gebruik
soos jy bo doen nie maar verwys na Zulu as 'n Afrika taal, net soos
Hollands 'n Europese taal is en Hindi 'n Asiatieses taal is en nie 'n
Europees taal of asiaties taal nie. Sien die verskil? Bloot is die
manier van praat verskillend.
Re: afrikaanse canon [boodskap #58621 is 'n antwoord op boodskap #58595] Do, 14 Maart 2002 06:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Rico, ek is seker Sakkie het nie bedoel om enige een van julle hier weg te
jaag nie.
Hy het net iets geskryf ter beskrywing.
As hy jou of enige Hollander wou wegjaag, sou hy dit in sy opskrif gesit het
om seker te maak julle sien dit:)))

Julle moet maar vra as daar Afrikaans is wat julle nie verstaan nie;))
Annette

Rico skryf in boodskap news:a6nun2$7r6$1@news1.xs4all.nl...
> Sakkie, jy kan nie sê die Afrikaners hou nie van Nederlanders nie.
> Ons is nie almal dieselfde en dink nie almal dieselfde nie, ek kan ook teen
> jou nie sê jy en Gloudina en DD en Wouter en Annette en meer is almal
> dieselfde mense, soos 'n kloon.
> Ek het nou gister Johannes Kerkorrel sy cd gekry en hy sing 'n liedjie in
> Nederlands, geskryf deur 'n Vlaming, maar as hy dit sing lyk dit baie op
> Afrikaans, julle spreek bv die "i" heeltemal anders uit.
> Maar dis Nederlands met 'n Afrikaanse aksent, nou en, dis goed ons werk
> saam!! Boondien die cd is pragtig.
> Annette het laas nog gesê sy verstaan Stef Bos goed, maar dis nie 'n Vlaming
> nie, dis heeltemal 'n kaaskop.
>
> As jy wil dink Afrikaans is 'n Asie-taal of 'n Afrika-taal is dit jou reg,
> ek het in die begin van hierdie diskussie gewoon vertel in Nederland noem
> ons julle Afrikaans, Suid-Afrikaans, dit het toen 'n hoop verduidlik.
>
> Maar nou gaan jy my vertel, ons kan beter wegbly hier, omdat Afrikaners nie
> van ons hou nie.
> Ek vra my af wie stem saam met jou.
>
> Dan nog 1 saak, jy sê julle kan nie vergewe, ek is jammer vir julle, veral
> omdat ek op hierdie NG hoor, julle is so 'n volk met 's sterk glo. Wel bid
> maar goed die Onse Vader, meskien kan jy dan leer :-))
> Vergewe is nie dieselfde as vergeet nie!!!
>
> Gr.Rico
>
> "Sakkie" schreef in bericht
> news:3c8f2249$0$227@hades.is.co.za...
>>
>> "Arthur Hagen" wrote in message
>> news:a6lc75$p4k$1@news.kabelfoon.nl...
>>> "Sakkie" schreef...
>>>> Die Hollanders sal moet erg kersopsteek by die Flaminge voor dit sal gebeur.
>>>
>>> Die miete dat die Vlaamse dialek naderby is aan Afrikaans as Hollands is ook
>>> onderdeel van die anti-Nederlands houding wat ek steeds weer raak sien.
>>>
>>> Julle praat byna nooit van 'Nederlands' of 'Nederland' niet, maar wanneer
>>> dit om die oorsprong van Afrikaans gaan sê julle wel 'Suid-Nederlands',
>>> terwyl dit werklik 'Suid-Hollands' is. Weer so'n simptoom :)
>>>
>>> Arthur
>>
>> Arthur, jong dit is nie so maklik om jou te antwoord nie. Ek sal dit graag
>> so wil stel. Eerstens, die gemiddelde Afrikaner onderskei nie tussen 'n
>> Hollander en 'n Nederlander nie. Meeste van ons aanvaar dat dit dieselfde
>> is. Tweedens, die gemiddelde Afrikaner hou nie van Hollanders/Nederlanders
>> nie as gevolg van die persepsie wat geskep is gedurende die apartheidsjare
>> dat julle alles wat wit was in Suid-Afrika gekritiseer by elke moontlike
>> geleentheid. Sonder uitsondering was julle houding presies dieselfde as die
>> wat Gloudina partykeer inneem. ('Skuus tannie G, ek gebruik net jou naam om
>> 'n punt te maak.) Ek verstaan dat dit 'n onregverdige veralgemening is van
>> ons kant, maar dit is niks erger as die onregverdige veralgemening wat julle
>> toegepas het op ons Afrikaners nie, en my nasie staan nie bekend vir hulle
>> vermoeë om te vergewe nie. Ons het 'n gesegde: "'n Jakkals verander van
>> haar maar nie van snaar" in Engels sal dit wees: "a leopard cannot change
>> it's spots" of so iets. Basies kom dit neer daar op dat ons
>> "in-die-rug-gesteek" voel deur julle, deur dat julle groot hoeveelhede geld
>> geskenk het aan mense wat sonder diskrimineering onskuldige mense vermoor
>> het. Nou kan ons seker weer 'n hele nuwe draad begin oor wat beskou word as
>> onskuldig. Gaan slaan maar self na oor wie die teikens was van die ANC
>> aanvalle en besluit vir jouself of dit regverdige oorlogsteikens was of nie.
>>
>> Laastens, aanvaar dat Afrikaners nie Hollanders/Nederlanders is nie. Net
>> soos Belge nie is nie. Die feit dat julle ons taal kan verstaan maak ons
>> beslis nie dieselfde nie. Ek sukkel my gat af om party van julle pos te
>> verstaan en baie dinge antwoord ek suiwer deur tussen die lyne te lees. Ek
>> wil so ver gaan om te sê dat die gemiddelde Afrikaner baie meer na Duitsers
>> aard as na Hollanders. Daarom kom ons ook baie beter met hulle oor die weg,
>> en hier veralgemeen ek buitensporig en praat meer uit eie ondervinding as
>> enigiets anders. Algemene opinie is dat my voorouers van FRANSE oorsprong
>> is. Gerard Couché in die vyftiende eeu. Hoe vertel jy my nou dat ek 'n
>> Hollander is. Net omdat my taal verwant is aan Nederlands. Maggies, dit is
>> soos om vir 'n Amerikaner of Australianer te sê dat hy Engels is net omdat
>> hulle taal dieselfde is. Nog erger, dit is amper soos om vir 'n Amerikaanse
>> rooi Indiaan te sê dat hy Engels is net omdat hy Engels praat, terwyl hy
>> tien teen een nader verwant is aan vêrre-ooste Asiate.
>>
>> Ek probeer nie 'n vyand van jou maak nie, ek probeer die saak in perspektief
>> stel.
>>
>
Re: Tien Afrika-tale [boodskap #58624 is 'n antwoord op boodskap #58582] Do, 14 Maart 2002 07:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
>
>
> Ek dog Afrikaans is 'n Europese taal.
> En van die nege, is almal Afrika-tale?
> Ek het gedog twee is van die Indiese
> subkontinent? Gee ons weer die elf
> amptelike tale, Wouter.
>
> Gloudina

Weereens berig ek oor iets waaroor ek nie honderd persent seker is
nie, maar ek het dit met 'n kollega bespreek en ons is redelik seker
die SA tale is die volgende:

Nguni tale; isiXhosa, isiZulu, Swazi, Tsonga, Ndebele (ek weet nie of
laasgenoemde drie ook die "isi" voorvoegsel het nie)

Sotho tale; Sesotho, Sepedi, Setswana (ook genoem Suid, Noord en Wes
Sotho)

Onverwante tale; Venda, Engels en Afrikaans

Ek stem saam met Wouter hieronder dat Afrikaans 'n Afrika-taal is. Dit
word tog nêrens elders gepraat nie.

Groete
Drom, die nie-taalkundige
Re: Tien Afrika-tale [boodskap #58625 is 'n antwoord op boodskap #58624] Do, 14 Maart 2002 07:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dit lyk vir my reg Drom - ek het net gehoor dat Sotho en Suid-Sotho twee
verskillende tale is.

Noudat die Boesmans so tekere gegaan het oor hulle uitstalling in die
Museum, wonder ek nou hoekom die Boesmans se taal nie ook as een van ons
inheemse tale erken word nie - dit is dan op die landswapen.

Annette

Drom skryf in boodskap news:1e507c17.0203132327.36402b76@posting.google.com...
> "@rogers.com" wrote in message
news:...
>>
>>
>> Ek dog Afrikaans is 'n Europese taal.
>> En van die nege, is almal Afrika-tale?
>> Ek het gedog twee is van die Indiese
>> subkontinent? Gee ons weer die elf
>> amptelike tale, Wouter.
>>
>> Gloudina
>
> Weereens berig ek oor iets waaroor ek nie honderd persent seker is
> nie, maar ek het dit met 'n kollega bespreek en ons is redelik seker
> die SA tale is die volgende:
>
> Nguni tale; isiXhosa, isiZulu, Swazi, Tsonga, Ndebele (ek weet nie of
> laasgenoemde drie ook die "isi" voorvoegsel het nie)
>
> Sotho tale; Sesotho, Sepedi, Setswana (ook genoem Suid, Noord en Wes
> Sotho)
>
> Onverwante tale; Venda, Engels en Afrikaans
>
> Ek stem saam met Wouter hieronder dat Afrikaans 'n Afrika-taal is. Dit
> word tog nêrens elders gepraat nie.
>
> Groete
> Drom, die nie-taalkundige
Re: Tien Afrika-tale [boodskap #58632 is 'n antwoord op boodskap #58589] Do, 14 Maart 2002 10:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina

Iets wat ek hierbo moes bygevoeg het maar vergeet het om te doen is
dat daar vanoggend op die nuus (radio) berig is dat die regering
(klein letter!) ook nou fingertaal (v?) 'n "amptelike" taal wil maak.
Dit sal lol nè.

En oor dialekte: Ek glo nie so nie. Al wat ek weet is dat die
Swartmense se suiwer taalgebruik baie verswak het en dat hulle baie
Afrikaanse en Engelse woorde (of verbuigings daarvan) in hulle
algemene spreektaal gebruik. 'n Hele klompie jare gelede het 'n ou
witman van die munisipaliteit my huis besoek om 'n geblokte drein te
ontblok. Toe hy wegry sê my tuinman, "Jo, daai Oubaas praat
hoog-Xhosa!" Dis almal baie moeilike tale. so mens kan verstaan dat
mense kortpaaie gebruik.

Drom, met 'n nuwe rekenaar by die werk waarmee hy hom vreksukkel
Re: afrikaanse canon [boodskap #58643 is 'n antwoord op boodskap #58585] Do, 14 Maart 2002 13:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette skryf in boodskap news:a6nksb$ftgll$3@ID-92016.news.dfncis.de...
> Jammer dat so 'n duur skool so 'n swak sangonderwyser gehad het;))))
> Annette

en hulle nooit Vader Jakob geleer het nie. Ons het dit in die laerskool
gesing, die hele sangklas is in groepe gedeel en het dan op veskillende tye
losgetrek. (om aan die einde op totaal verkeerde tyd te eindig en op 'n
vreeslike valse noot - te danke aan die wat hul ore toegedruk het sodat
hulle nie die ander kon hoor sing en dan deurmekaar te raak nie)

>
>
> Wouter Plaasvark wrote in message
> news:3c8f331c.0@news1.mweb.co.za...
>>> Wouter
>>> Nee, ek het geen benul waarvan jy hier praat nie,
>>> sangterme is nie my forté nie.
>>
>> Annette
>> Mens kan sien jy het die sangklasse gebank en was nie
>> in Die Voortrekkers nie Wouter;)))
>>
>> Wouter
>> Verkeerd op albei gevolgtrekkings, Annette
>> Maar die kanon waarmee die Voortrekkers geskiet
>> het, het effens anders gebulder. En in die koor het
>> jy op jou hel gekry as jy kanonskote los :-)
Re: afrikaanse canon [boodskap #58648 is 'n antwoord op boodskap #58643] Do, 14 Maart 2002 14:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Kekkelbek wrote:

> en hulle nooit Vader Jakob geleer het nie.

>> Wouter Plaasvark
>>>> Nee, ek het geen benul waarvan jy hier praat nie,
>>>> sangterme is nie my fortè nie.

Ek sien in die FAK Volksangbundel dat
hulle "Vader Jakob" ook 'n "Kanon"
noem. Ek, net soos Wouter, het nie geweet
hierdie woord word in Afrikaans gebruik
nie. Ek dink ons onderwysers moes dit
iets anders genoem het. Heelwaarskynlik
"beurtsang."

Gloudina
Re: afrikaanse canon [boodskap #58654 is 'n antwoord op boodskap #58617] Do, 14 Maart 2002 17:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Lou" schreef...
>> Zoeloe as taal is inderdaad Afrikaans ... dis 'n Afrikaanse taal. Afrikaans
>> as taal is nie Afrikaans nie ... dis 'n Europese taal.
>
> Maar grappies op 'n stokkie - in Afrikaans sou ons nie dit nie gebruik
> soos jy bo doen nie maar verwys na Zulu as 'n Afrika taal, net soos
> Hollands 'n Europese taal is en Hindi 'n Asiatieses taal is en nie 'n
> Europees taal of asiaties taal nie. Sien die verskil? Bloot is die
> manier van praat verskillend.

Ek begryp julle verwys na Zulu as 'n Afrika taal. Ek wil net wys
dis -taalkundig- nie logies nie. Jy sê self my taal is 'n Europese taal, nie
'n Europa taal nie en Hindi is nie 'n Asie taal nie.

Woon julle op die Afrikaanse continent of op die Afrika continent?

Arthur
Re: afrikaanse canon [boodskap #58656 is 'n antwoord op boodskap #58621] Do, 14 Maart 2002 17:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
newsgroup.nl  is tans af-lyn  newsgroup.nl
Boodskappe: 96
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Volle Lid
On Thu, 14 Mar 2002 08:52:37 +0200, "Annette" wrote:

> Rico, ek is seker Sakkie het nie bedoel om enige een van julle hier weg te
> jaag nie.
> Hy het net iets geskryf ter beskrywing.
> As hy jou of enige Hollander wou wegjaag, sou hy dit in sy opskrif gesit het
> om seker te maak julle sien dit:)))
>
> Julle moet maar vra as daar Afrikaans is wat julle nie verstaan nie;))
> Annette
>

Nee Annette, moet nie kanse vat en vir hulle sê dat hulle nie verstaan
nie. Verdomp, die Hollanders praat in 'n baie kort tydjie Afrikaans
baie netjies. Moet nie wat Sakkie gesê het probeer sagter maak met
'julle is te dom om te verstaan nie' want hulle is nie :-)))
Re: afrikaanse canon [boodskap #58669 is 'n antwoord op boodskap #58616] Do, 14 Maart 2002 19:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Sakkie" skryf in boodskap news:3c903be0$0$236@hades.is.co.za...
>
> "Rico" wrote in message
> news:a6nun2$7r6$1@news1.xs4all.nl...
>> Sakkie, jy kan nie sê die Afrikaners hou nie van Nederlanders nie.
> [knip]
>
> Hallo Rico,
> Ek vra weer om verskoning as ek op 'n paar tone getrap het Rico. My
> stelling dat ons nie van Nederlanders hou nie was aspris kras en oordrewe,
> en ek het dit so gestel om die punt duidelik te maak. Ons nasie het
> geweldig baie Nederlandse bloed in ons, maar dit is net soos die Australiane
> en Amerikaners baie Engelse bloed in hulle het. Net soos dit hulle nie
> Engels maak nie, is ons ook nie Hollanders nie, en dit is die punt wat ek
> probeer maak. Magtag, my vader se bloedlyn kom uit Frankryk en my moeder
> uit Duitsland en dan vertel almal my ek is 'n Hollander?

ek sê niet jy is 'n Nederlander nie, maar net soos Arthur sê, julle taal is
ontstaan uit Hollands en daar is baie invloede ingekom, soos ons taal
invloede het van Engels en Frans.

Dankie jy hou nou net 'n bietjie van my :-)))

Gr.Rico
>
Re: afrikaanse canon [boodskap #58670 is 'n antwoord op boodskap #58656] Do, 14 Maart 2002 19:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Davie Davis" skryf in boodskap news:uso19u4jlc67fvsc4tuqa6hadqsjt4gci3@4ax.com...
> On Thu, 14 Mar 2002 08:52:37 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Rico, ek is seker Sakkie het nie bedoel om enige een van julle hier weg te
>> jaag nie.
>> Hy het net iets geskryf ter beskrywing.
>> As hy jou of enige Hollander wou wegjaag, sou hy dit in sy opskrif gesit het
>> om seker te maak julle sien dit:)))
>>
>> Julle moet maar vra as daar Afrikaans is wat julle nie verstaan nie;))
>> Annette
>>
>
> Nee Annette, moet nie kanse vat en vir hulle sê dat hulle nie verstaan
> nie. Verdomp, die Hollanders praat in 'n baie kort tydjie Afrikaans
> baie netjies. Moet nie wat Sakkie gesê het probeer sagter maak met
> 'julle is te dom om te verstaan nie' want hulle is nie :-)))
>

DD FOR PRESIDENT!!!!!!!!!!!

Gr.Rico
>
Re: Tien Afrika-tale [boodskap #58672 is 'n antwoord op boodskap #58624] Do, 14 Maart 2002 19:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
>
> Ek stem saam met Wouter hieronder dat Afrikaans 'n Afrika-taal is. Dit
> word tog nêrens elders gepraat nie.
>
> Groete
> Drom, die nie-taalkundige

Dan is Nederlands ' wereldtaal :-)))
In Suriname, Suid-Amerika word dit ook gebruik as offieciele taal.

Gr.Rico
Re: afrikaanse canon [boodskap #58678 is 'n antwoord op boodskap #58669] Do, 14 Maart 2002 20:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Rico" skryf in boodskap news:a6qt6d$dfc$1@news1.xs4all.nl...
julle taal is
> ontstaan uit Hollands en daar is baie invloede ingekom, soos ons taal
> invloede het van Engels en Frans.

Nie een van ons het dit nog ontken nie. Wat die Hollanders wel wou op
sinspeel is dat ons 'n dialek van Hollands praat en ek is bevrees daarmee
kan ek nie saamstem nie.

>
> Dankie jy hou nou net 'n bietjie van my :-)))

Waarvan praat jy, dis nie my week vir mans nie ;-))))
Re: afrikaanse canon [boodskap #58680 is 'n antwoord op boodskap #58670] Do, 14 Maart 2002 20:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
newsgroup.nl  is tans af-lyn  newsgroup.nl
Boodskappe: 96
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Volle Lid
On Thu, 14 Mar 2002 20:26:14 +0100, "Rico" wrote:


>
> DD FOR PRESIDENT!!!!!!!!!!!
>
> Gr.Rico

>

.:-))))) sonder om die verkiesingslokale rond teskuif. Onbetwis en
makliker as wat Mugabe dit gedoen het. Geen teenstemme nie:-)
Dankie Rico, vir jou sal ek mooi sorg :-)

DD
Re: afrikaanse canon [boodskap #58698 is 'n antwoord op boodskap #58654] Vr, 15 Maart 2002 06:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Arthur Hagen wrote:
>
> "Lou" schreef...
>>> Zoeloe as taal is inderdaad Afrikaans ... dis 'n Afrikaanse taal.
> Afrikaans
>>> as taal is nie Afrikaans nie ... dis 'n Europese taal.
>>
>> Maar grappies op 'n stokkie - in Afrikaans sou ons nie dit nie gebruik
>> soos jy bo doen nie maar verwys na Zulu as 'n Afrika taal, net soos
>> Hollands 'n Europese taal is en Hindi 'n Asiatieses taal is en nie 'n
>> Europees taal of asiaties taal nie. Sien die verskil? Bloot is die
>> manier van praat verskillend.
>
> Ek begryp julle verwys na Zulu as 'n Afrika taal. Ek wil net wys
> dis -taalkundig- nie logies nie. Jy sê self my taal is 'n Europese taal, nie
> 'n Europa taal nie en Hindi is nie 'n Asie taal nie.
>
> Woon julle op die Afrikaanse continent of op die Afrika continent?
>

Ons woon op die Afrika kontinent (let op die spelling :) ). Afrikaans is
'n Afrika taal met europese invloede want dit word net hier gepraat en
die meerderheid van Afrikaans sprekendes is lankal nie meer wit nie.

En taalkunde was nog nooit logies nie :}
Re: Tien Afrika-tale [boodskap #58703 is 'n antwoord op boodskap #58625] Vr, 15 Maart 2002 07:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Drom
> Nguni tale; isiXhosa, isiZulu, Swazi, Tsonga, Ndebele (ek weet nie of
> laasgenoemde drie ook die "isi" voorvoegsel het nie)

Wouter
In Afrikaans (of Engels) is die tale Xhosa en Zulu, Drom. Dit was
nog altyd so. Ons gebruik nie die Nguni-name nie, net so min as wat
ons van Deutsch, Norsk of Francaise (spelling?) praat.
Re: Tien Afrika-tale [boodskap #58704 is 'n antwoord op boodskap #58672] Vr, 15 Maart 2002 07:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Karel Kolstert  is tans af-lyn  Karel Kolstert
Boodskappe: 14
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Junior Lid
> Ek stem saam met Wouter hieronder dat Afrikaans 'n Afrika-taal is. Dit
> word tog nêrens elders gepraat nie.
> Drom, die nie-taalkundige

Rico : Dan is Nederlands ' wereldtaal :-)))
In Suriname, Suid-Amerika word dit ook gebruik as offieciele taal.

Wouter
Afrikaans dan ook. Hulle praat dialekte daarvan in Holland en België. :-)
Re: afrikaanse canon [boodskap #58706 is 'n antwoord op boodskap #58621] Vr, 15 Maart 2002 08:55 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Haai Annettjie, jy hoef nie vir my op te kom nie, maar dankie in elk geval.
Ek voel sommer weer of ek hier hoort ;-))) Ek het net gevoel ek moes ons
Europese maatjies bietjie reghelp aangaande 'n paar
misverstande/miskonsepsies.

"Annette" skryf in boodskap news:a6pi1a$ftlfn$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Rico, ek is seker Sakkie het nie bedoel om enige een van julle hier weg te
> jaag nie.
> Hy het net iets geskryf ter beskrywing.
> As hy jou of enige Hollander wou wegjaag, sou hy dit in sy opskrif gesit het
> om seker te maak julle sien dit:)))
>
> Julle moet maar vra as daar Afrikaans is wat julle nie verstaan nie;))
> Annette
>
>
> Rico wrote in message
> news:a6nun2$7r6$1@news1.xs4all.nl...
>> Sakkie, jy kan nie sê die Afrikaners hou nie van Nederlanders nie.
>> Ons is nie almal dieselfde en dink nie almal dieselfde nie, ek kan ook teen
>> jou nie sê jy en Gloudina en DD en Wouter en Annette en meer is almal
>> dieselfde mense, soos 'n kloon.
>> Ek het nou gister Johannes Kerkorrel sy cd gekry en hy sing 'n liedjie in
>> Nederlands, geskryf deur 'n Vlaming, maar as hy dit sing lyk dit baie op
>> Afrikaans, julle spreek bv die "i" heeltemal anders uit.
>> Maar dis Nederlands met 'n Afrikaanse aksent, nou en, dis goed ons werk
>> saam!! Boondien die cd is pragtig.
>> Annette het laas nog gesê sy verstaan Stef Bos goed, maar dis nie 'n Vlaming
>> nie, dis heeltemal 'n kaaskop.
>>
>> As jy wil dink Afrikaans is 'n Asie-taal of 'n Afrika-taal is dit jou reg,
>> ek het in die begin van hierdie diskussie gewoon vertel in Nederland noem
>> ons julle Afrikaans, Suid-Afrikaans, dit het toen 'n hoop verduidlik.
>>
>> Maar nou gaan jy my vertel, ons kan beter wegbly hier, omdat Afrikaners nie
>> van ons hou nie.
>> Ek vra my af wie stem saam met jou.
>>
>> Dan nog 1 saak, jy sê julle kan nie vergewe, ek is jammer vir julle, veral
>> omdat ek op hierdie NG hoor, julle is so 'n volk met 's sterk glo. Wel bid
>> maar goed die Onse Vader, meskien kan jy dan leer :-))
>> Vergewe is nie dieselfde as vergeet nie!!!
>>
>> Gr.Rico
>>
>> "Sakkie" schreef in bericht
>> news:3c8f2249$0$227@hades.is.co.za...
>>>
>>> "Arthur Hagen" wrote in message
>>> news:a6lc75$p4k$1@news.kabelfoon.nl...
>>>> "Sakkie" schreef...
>>>> > Die Hollanders sal moet erg kersopsteek by die Flaminge voor dit sal gebeur.
>>>>
>>>> Die miete dat die Vlaamse dialek naderby is aan Afrikaans as Hollands is ook
>>>> onderdeel van die anti-Nederlands houding wat ek steeds weer raak sien.
>>>>
>>>> Julle praat byna nooit van 'Nederlands' of 'Nederland' niet, maar wanneer
>>>> dit om die oorsprong van Afrikaans gaan sê julle wel 'Suid-Nederlands',
>>>> terwyl dit werklik 'Suid-Hollands' is. Weer so'n simptoom :)
>>>>
>>>> Arthur
>>>
>>> Arthur, jong dit is nie so maklik om jou te antwoord nie. Ek sal dit graag
>>> so wil stel. Eerstens, die gemiddelde Afrikaner onderskei nie tussen 'n
>>> Hollander en 'n Nederlander nie. Meeste van ons aanvaar dat dit dieselfde
>>> is. Tweedens, die gemiddelde Afrikaner hou nie van Hollanders/Nederlanders
>>> nie as gevolg van die persepsie wat geskep is gedurende die apartheidsjare
>>> dat julle alles wat wit was in Suid-Afrika gekritiseer by elke moontlike
>>> geleentheid. Sonder uitsondering was julle houding presies dieselfde as die
>>> wat Gloudina partykeer inneem. ('Skuus tannie G, ek gebruik net jou naam om
>>> 'n punt te maak.) Ek verstaan dat dit 'n onregverdige veralgemening is van
>>> ons kant, maar dit is niks erger as die onregverdige veralgemening wat julle
>>> toegepas het op ons Afrikaners nie, en my nasie staan nie bekend vir hulle
>>> vermoeë om te vergewe nie. Ons het 'n gesegde: "'n Jakkals verander van
>>> haar maar nie van snaar" in Engels sal dit wees: "a leopard cannot change
>>> it's spots" of so iets. Basies kom dit neer daar op dat ons
>>> "in-die-rug-gesteek" voel deur julle, deur dat julle groot hoeveelhede geld
>>> geskenk het aan mense wat sonder diskrimineering onskuldige mense vermoor
>>> het. Nou kan ons seker weer 'n hele nuwe draad begin oor wat beskou word as
>>> onskuldig. Gaan slaan maar self na oor wie die teikens was van die ANC
>>> aanvalle en besluit vir jouself of dit regverdige oorlogsteikens was of nie.
>>>
>>> Laastens, aanvaar dat Afrikaners nie Hollanders/Nederlanders is nie. Net
>>> soos Belge nie is nie. Die feit dat julle ons taal kan verstaan maak ons
>>> beslis nie dieselfde nie. Ek sukkel my gat af om party van julle pos te
>>> verstaan en baie dinge antwoord ek suiwer deur tussen die lyne te lees. Ek
>>> wil so ver gaan om te sê dat die gemiddelde Afrikaner baie meer na Duitsers
>>> aard as na Hollanders. Daarom kom ons ook baie beter met hulle oor die weg,
>>> en hier veralgemeen ek buitensporig en praat meer uit eie ondervinding as
>>> enigiets anders. Algemene opinie is dat my voorouers van FRANSE oorsprong
>>> is. Gerard Couché in die vyftiende eeu. Hoe vertel jy my nou dat ek 'n
>>> Hollander is. Net omdat my taal verwant is aan Nederlands. Maggies, dit is
>>> soos om vir 'n Amerikaner of Australianer te sê dat hy Engels is net omdat
>>> hulle taal dieselfde is. Nog erger, dit is amper soos om vir 'n Amerikaanse
>>> rooi Indiaan te sê dat hy Engels is net omdat hy Engels praat, terwyl hy
>>> tien teen een nader verwant is aan vêrre-ooste Asiate.
>>>
>>> Ek probeer nie 'n vyand van jou maak nie, ek probeer die saak in perspektief
>>> stel.
>>>
>>
>
Vorige onderwerp: RE - Re Klagatte (of so iets)
Volgende onderwerp: Hou die soentjies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 20:05:40 MGT 2024