Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » C. Louis Leipoldt: Op My Ou Ramkietjie
C. Louis Leipoldt: Op My Ou Ramkietjie [boodskap #5860] So, 25 Februarie 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
   Op  My Ou Ramkietjie
     C. Louis Leipoldt

Op my ou ramkietjie
   Met nog net een snaar
Speel ek in die maanskyn,
   Deurmekaar.

Ek sing van Adam
  En Eva se val,
Van die ou Paradys.
   "Halfpad mal!"

So se die mense
    Wat my hoor speel
As die skemer my wang soen
    Soos ferweel.

As die maan my aanhoor,
    En die sterre knik,
Dan speel ek kordaat voort,
    In my skik.

Wat gee ek om mense
     Wat se ek's mal,
As die varings my aanhoor
     By die wal?

Wat om my vrinde -
     Wat nooit nie verstaan -
As die sterre my toeknik,
      En die maan?

Op my ou ramkietjie
      Met nog net een snaar,
Speel ek in die maanskyn,
       Deurmekaar.
Vorige onderwerp: Geld & gedicht
Volgende onderwerp: Looking for USA-RSA Correspondence
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 12:18:32 MGT 2024