Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Blom van die Baaierd (7 ) deur D.J. OPPERMAN
"Blom van die Baaierd (7 ) deur D.J. OPPERMAN [boodskap #58455] Ma, 11 Maart 2002 18:08
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Blom van die Baaierd (7)

" Die Brakfonteiners weet dat elke klant
wat lastig is, uiteindelik moet verwag
hy sal een donker aand versmoor lê onder duine sand
of soebat uit die waters van 'n ou mynskag
of êrens in 'n petrolkonka brand.

"Die speurders gaan te menslik met ons om
en wil nie sommer gou toeslaan;
hulle weet wie handel met die "blom"
en laat in die begin glo net begaan
totdat die hoofkwartier se opdrag kom.

"Hoe kom ek in die kamertjie van jou hotel
met vissers en die wagte bymekaar
dat ek en hulle Münchner bier bestel
en, later as iemand waghou met kitaar,
ék die kontant en jy, Koen, die karate tel?

"Die wêreld word beflonker deur jou diamante;
die ruitjies hier van Brakfontein,
die groot glaskamers van die Witwatersrand,
ou groen kastele langs die Ryn
en slypers in Antwerpe by hul banke.

(word vervolg)
Vorige onderwerp: " Blom van die Baaierd" (6) deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: " Blom van die Baaierd " (8) deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 06:52:37 MGT 2024