Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Blom van die Baaierd " (4) deur D.J. OPPERMAN
"Blom van die Baaierd " (4) deur D.J. OPPERMAN [boodskap #58247] Do, 07 Maart 2002 17:32
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Blom van die Baaierd (4)

"Hoe lank wil U my hou met krom kraakbeen
in skadu's van U skepping afgesonder?
Die grond buig en boggel om my heen
en die nag en sterre lê hol onder -
ek val en haak my aan die wêreld.... steeds alleen.

"Ek moet met rympies in U duister maal,
'n rukkerige vlug my lewe lank,
en tussen sterre en die stekels staal
telkens met klank en weerklank
my wisselende plek in die heelal bepaal.

"Waarom, my Meester, dan so koud en hoog?
Hoe is U as ek deur 'n ander liggaam kyk?
Ken 'n uintjie U? Hoe sou die rant se boog,
die maan wat opkom, en 'n miershoop lyk
deur oop glasholtes van 'n perd se oog?

"Ek móét my lyf van hierdie lyf vervreem -
die drade tussen wye wêrelde loop dun!
Ek moet een nag die flonkerende steen
van mag en kennis wat U my misgun,
uit die verbode kamp van doringdrade neem."

(word vervolg)
Vorige onderwerp: "Blom van die Baaierd" (3) deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: " Blom van die Baaierd" (5) deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 08:58:30 MGT 2024