Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » plekbeskrywing: OTTAWA IN DIE WINTER
plekbeskrywing: OTTAWA IN DIE WINTER [boodskap #5822] So, 18 Februarie 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Dis 'n helder sonskyndag vandag. As ek op die sewentiende
vloer deur ons woonstel se glasdeure kyk, sien ek die wye
Ottawa-rivier. Dit is nou hier naby ons heeltemal bevore.
Aan ons kant van die rivier loop daar iemand met sy hond
op die ys. Aan die anderkant staan daar 'n paar voertuie
geparkeer op die ys, nogal taamlik ver van die oewer af.
Hulle is besig met "ice fishing." Hulle sny 'n gat in die ys,
rig so 'n soort skerm om hulle op teen die wind, sit op iets,
en sit en wag dan geduldig vir die vis om te byt. (Tussen die
man op ons kant van die rivier en die vissermanne op die
anderkant, is daar egter 'n groot skeiding. In die middel van
die rivier loop die grens tussen Ontario en Quebec. Die man
aan hierdie kant word gedek deur Ontario se Medicare, betaal
belasting aan Ontario, en sy regstelsel is gebaseer op die
Britse "common law." Die mense oorkant die rivier is
in Quebec en hulle regstelsel van Siviele Wet is gebaseer op
die Franse patroon, wat ek aanneem 'n bietjie is soos die
Romeins-Hollandse reg wat (nog?) in Suid-Afrika gebruik word.)

Al is dit -20 C buitekant leef ons in 'n eweredige sub-tropiese
klimaat binnekant van om en by +20 C. In die groot "mall"
komplekse is daar volop winkels, eetplekke, soms klubs waar
mense gaan swem en hardloop binneshuis. (Ons het ons eie
verwarmde swembad in ons gebou.) 'n Mens kry dus nooit
eintlik koud nie, behalwe as jy van die verwarmde kar na die
verwarmde geboue stap. En daarvoor het jy deeglik-warm klere
en goeie "boots."

aar die mense in Ottawa lewe darem nou nie altyd binnenshuis
nie. Hierdie week hou hulle byvoorbeeld "Winterlude." Daar
is verskillende dinge wat jy saam met ander mense kan doen.
aar die wonderlikste is die "ice sculptures" wat in verskillende
parke verskyn. Groepe wedywer vir pryse. Vanjaar was daar
selfs persone uit Sjina wat kom deelneem het aan die
kompetisie. En dis net eenvoudig asemberowend om verby 'n
parkie in die stad te ry en 'n groot voel te sien, vier of vyf voet hoog met
uitgestrekte vlerke, alles in ys wat in die sonlig met
die kleure van die reënboog vonkel.

Ons is egter baie bly dit is al Februarie. Ons son gaan nou half-
ses in die aande onder in plaas van halfvyf, soos in laat Desember.
En die son is merkbaar sterker. Ons weet dus dat die ou aarde se
inklinasie in ons guns begin werk, en dat dit oor 'n maand of
twee ons beurt sal wees om nader aan die son te wees as die
inwoners van die suidelike halfrond. En dit maak ons baie
bly. Totdat die warm somerweer daar is, en ons vir mekaar
begin te fluister dat ons nie sal omgee as dit weer wil kom
sneeu nie. Wanneer mense hier my vra hoe iemand, gebore in
Afrika, die koue kan staan, dan antwoord ek dat ek van die
winters hier hou; dis die somers wat ek nie kan vat nie.
Gloudina
Vorige onderwerp: Afrikaans prayers
Volgende onderwerp: Re: [AFRIKAANS:6125] Wie stel belang?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 18:37:16 MGT 2024