Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Onbenullighede
Onbenullighede [boodskap #58176] Wo, 06 Maart 2002 09:24 na volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Julle is die laaste paar dae traag om hier te pos, dus pos ek nou maar
‘n paar onbenullighede.

Dis eerskomende naweek, dink ek, karriefees op Kareedouw. Daar gaan,
behalwe karriesuipery, groot bedrywighede daar wees. Karrie is 'n
heuningbier, wat, as reg onthou, ook die knol/bol/wortel van 'n sekere
plant bevat. Seker om smaak te gee, want om net heuning te fermenteer
sal maar 'n oninteressante brousel oplewer. Dit het glo soms 'n
onverwagse harde skop.

Kareedouw (wat dalk meer bekend is as die plek waar 'n sekere persoon
begrawe is) is die oostelike poort tot die Langkloof, waar, al sê
Annette nou wat ook al van Ceres se perskes, die beste somervrugte in
die land gekweek word. En met baie mooi plekname, soos Kareedouw,
Misgund, Louterwater, Avontuur en nog ander. Dis ook die enigste plek
wat ek al gesien het waar K & K (katel en kos, lekker Afrikaans!)
geadverteer word pleks van die meer algemene B & B.

Noordwaarts oor die berge van die Langkloof af kry mens Baviaanskloof.
Om daar deur te ry is nie 'n rit nie, dis 'n ekskursie want dis 'n nou
grondpad met berge, draaie en afgronde wat absoluut skrik vir niks
nie. Baie van hulle! 'n Vriend van my is onlangs daar deur en sy
kommentaar was, "I sure as hell don't know why anybody wanted to build
a road there in the first place." Dit is net omtrent 150 km maar dit
het hom amper 8 uur geneem om dit af te lê. Hy sê ook dat mens dit nou
se dae nie met enige voertuig kan aanpak nie want die pad is baie
verwaarloos. As jongmens is ek en 'n vriend met 'n VW Beetle daar
deur, maar dan, met 'n Beetle in sy tweede en derde rat kon mens
enigiets aanvat.

Baviaanskloof is rêrig een van die indrukwekkendste plekke in die
land. Dis 'n klipperige, barre stuk aarde (met afgronde!) wat onlangs
tot natuurbewaringsgebied verklaar is. Mens wonder nou net hoekom
bobbejane, koggelmanders en skerpioene bewaar moet word, want daar is
defnitief niks anders daar nie.

OK, al hierdie was maar net om iets op die NG te kry. Hoop iemand kyk
hierna.
Re: Onbenullighede [boodskap #58178 is 'n antwoord op boodskap #58176] Wo, 06 Maart 2002 10:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
kaatjie  is tans af-lyn  kaatjie
Boodskappe: 22
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Junior Lid
Ek het hierna gekyk, ek was nog nooit daar nie, maar dit klink na 'n
pragtige plek!

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0203060124.74f5a0e6@posting.google.com...
> Julle is die laaste paar dae traag om hier te pos, dus pos ek nou maar
> 'n paar onbenullighede.
>
> Dis eerskomende naweek, dink ek, karriefees op Kareedouw. Daar gaan,
> behalwe karriesuipery, groot bedrywighede daar wees. Karrie is 'n
> heuningbier, wat, as reg onthou, ook die knol/bol/wortel van 'n sekere
> plant bevat. Seker om smaak te gee, want om net heuning te fermenteer
> sal maar 'n oninteressante brousel oplewer. Dit het glo soms 'n
> onverwagse harde skop.
>
> Kareedouw (wat dalk meer bekend is as die plek waar 'n sekere persoon
> begrawe is) is die oostelike poort tot die Langkloof, waar, al sê
> Annette nou wat ook al van Ceres se perskes, die beste somervrugte in
> die land gekweek word. En met baie mooi plekname, soos Kareedouw,
> Misgund, Louterwater, Avontuur en nog ander. Dis ook die enigste plek
> wat ek al gesien het waar K & K (katel en kos, lekker Afrikaans!)
> geadverteer word pleks van die meer algemene B & B.
>
> Noordwaarts oor die berge van die Langkloof af kry mens Baviaanskloof.
> Om daar deur te ry is nie 'n rit nie, dis 'n ekskursie want dis 'n nou
> grondpad met berge, draaie en afgronde wat absoluut skrik vir niks
> nie. Baie van hulle! 'n Vriend van my is onlangs daar deur en sy
> kommentaar was, "I sure as hell don't know why anybody wanted to build
> a road there in the first place." Dit is net omtrent 150 km maar dit
> het hom amper 8 uur geneem om dit af te lê. Hy sê ook dat mens dit nou
> se dae nie met enige voertuig kan aanpak nie want die pad is baie
> verwaarloos. As jongmens is ek en 'n vriend met 'n VW Beetle daar
> deur, maar dan, met 'n Beetle in sy tweede en derde rat kon mens
> enigiets aanvat.
>
> Baviaanskloof is rêrig een van die indrukwekkendste plekke in die
> land. Dis 'n klipperige, barre stuk aarde (met afgronde!) wat onlangs
> tot natuurbewaringsgebied verklaar is. Mens wonder nou net hoekom
> bobbejane, koggelmanders en skerpioene bewaar moet word, want daar is
> defnitief niks anders daar nie.
>
> OK, al hierdie was maar net om iets op die NG te kry. Hoop iemand kyk
> hierna.
Re: Onbenullighede [boodskap #58179 is 'n antwoord op boodskap #58176] Wo, 06 Maart 2002 11:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Drom, daar is niks onbenulligs ivm ons natuur, goed en mense nie.
Maar dankie dat jy ons vertel het waar die karriebeker vandaan kom:)))
Annette

Drom skryf in boodskap news:1e507c17.0203060124.74f5a0e6@posting.google.com...
> Julle is die laaste paar dae traag om hier te pos, dus pos ek nou maar
> 'n paar onbenullighede.
>
> Dis eerskomende naweek, dink ek, karriefees op Kareedouw. Daar gaan,
> behalwe karriesuipery, groot bedrywighede daar wees. Karrie is 'n
> heuningbier, wat, as reg onthou, ook die knol/bol/wortel van 'n sekere
> plant bevat. Seker om smaak te gee, want om net heuning te fermenteer
> sal maar 'n oninteressante brousel oplewer. Dit het glo soms 'n
> onverwagse harde skop.
>
> Kareedouw (wat dalk meer bekend is as die plek waar 'n sekere persoon
> begrawe is) is die oostelike poort tot die Langkloof, waar, al sê
> Annette nou wat ook al van Ceres se perskes, die beste somervrugte in
> die land gekweek word. En met baie mooi plekname, soos Kareedouw,
> Misgund, Louterwater, Avontuur en nog ander. Dis ook die enigste plek
> wat ek al gesien het waar K & K (katel en kos, lekker Afrikaans!)
> geadverteer word pleks van die meer algemene B & B.
>
> Noordwaarts oor die berge van die Langkloof af kry mens Baviaanskloof.
> Om daar deur te ry is nie 'n rit nie, dis 'n ekskursie want dis 'n nou
> grondpad met berge, draaie en afgronde wat absoluut skrik vir niks
> nie. Baie van hulle! 'n Vriend van my is onlangs daar deur en sy
> kommentaar was, "I sure as hell don't know why anybody wanted to build
> a road there in the first place." Dit is net omtrent 150 km maar dit
> het hom amper 8 uur geneem om dit af te lê. Hy sê ook dat mens dit nou
> se dae nie met enige voertuig kan aanpak nie want die pad is baie
> verwaarloos. As jongmens is ek en 'n vriend met 'n VW Beetle daar
> deur, maar dan, met 'n Beetle in sy tweede en derde rat kon mens
> enigiets aanvat.
>
> Baviaanskloof is rêrig een van die indrukwekkendste plekke in die
> land. Dis 'n klipperige, barre stuk aarde (met afgronde!) wat onlangs
> tot natuurbewaringsgebied verklaar is. Mens wonder nou net hoekom
> bobbejane, koggelmanders en skerpioene bewaar moet word, want daar is
> defnitief niks anders daar nie.
>
> OK, al hierdie was maar net om iets op die NG te kry. Hoop iemand kyk
> hierna.
Re: Onbenullighede [boodskap #58184 is 'n antwoord op boodskap #58176] Wo, 06 Maart 2002 13:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Drom wrote:

> Baviaanskloof is rêrig een van die indrukwekkendste plekke in die
> land. Dis 'n klipperige, barre stuk aarde (met afgronde!) wat onlangs
> tot natuurbewaringsgebied verklaar is. Mens wonder nou net hoekom
> bobbejane, koggelmanders en skerpioene bewaar moet word, want daar is
> defnitief niks anders daar nie.
>
> OK, al hierdie was maar net om iets op die NG te kry. Hoop iemand kyk
> hierna.

Baie baie dankie, Drom. Ek wens jy wil gereeld
skryf oor sulke plekke. Dis die een ding wat ek
mis: dat ek nie herinnerings het van al die
hoekies en draaitjies in veral die ou Kaapland
nie. Alhoewel ek daar grootgeword het, het ek
net altyd één pad geloop vanaf die Noord-kaap
na die Boland (met die trein oor de Aar) en het
omtrent alles tussenin gemis. Ek was twee jaar
in die Oos-Kaap en ken dit bietjie beter, maar
nie genoeg nie. (Ek ken Natal soveel beter, want
ek het ag jaar van my lewe daar deurgebring.)
Jy het ook die vermoë om dinge goed te beskryf.
Wees jy ons oë.

Gloudina
Re: Onbenullighede [boodskap #58223 is 'n antwoord op boodskap #58176] Do, 07 Maart 2002 00:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On 6 Mar 2002 01:24:05 -0800, ddu...@ufh.ac.za (Drom) wrote:

> OK, al hierdie was maar net om iets op die NG te kry. Hoop iemand kyk
> hierna.

Wat kan ons doen om jou meer van hierdie tipe stukke te laat pos?
Stilbly vir lang rukke? :-)

Dankie Drom. Dit was lekker lees.
Re: Onbenullighede [boodskap #58360 is 'n antwoord op boodskap #58176] So, 10 Maart 2002 04:53 Na vorige boodskap
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
ddu...@ufh.ac.za (Drom) skryf in boodskap news:...
> Julle is die laaste paar dae traag om hier te pos, dus pos ek nou maar
> 'n paar onbenullighede.
[knip]

> OK, al hierdie was maar net om iets op die NG te kry. Hoop iemand kyk
> hierna.

KinkY: Baie dankie hiervoor! Dit was nou lekker om hier op die ng te
lees! Ekself ken nie die Kaap so goed nie maar kon in geestesoog n
prentjie vorm van die plekke wat jy beskryf het.
Vorige onderwerp: Danielle...
Volgende onderwerp: Gebruik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 22 00:30:46 MGT 2024