Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Katalogus van WINDE: die MISTRAL
Katalogus van WINDE: die MISTRAL [boodskap #5808] Vr, 16 Februarie 1996 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
DIE MISTRAL
van die suide van Frankryk

In Provence word die warmte van die somer versteur
deur die mistrals wat in die herfs begin waai. Die winde
is nie so sterk waar dit begin in die Massif Central nie,
maar hulle word sterker en sterker soos hulle met die Rhone
vallei afwaai. Teen die tyd dat hulle by die meer suidelike
dorp Arles kom, kan hulle nie meer geignoreer word nie.
Lateraan moet die toeriste-winkeltjies hulle ware inbring
van buite af, waar hulle die hele somer uitgestal was.

Baie van die toeriste-ware in Arles het te doen met een
van hul mees beroemde inwoners : Vincent van Gogh.
En daar is diegene wat dink dat wanneer 'n mens na sekere
skilderye van Van Gogh kyk, jy altyd die teenwoordigheid
van die Mistral in aanmerking moet neem. Wanneer die
winde waai, word die mense in Arles effens "sauvage."
Dit kan dus die emosionele en artistieke uiterstes van
Van Gogh se lewe verklaar. En wanneer 'n mens na 'n
hele klomp van sy landskappe kyk, sien jy die effek van die
istral in die windverwaaide oppervlaktes gras en die
bewegende takke van die olyfbome.

Gelukkig het Vincent van Gogh nie net in die herfs en
onder die invloed van die Mistrals geskilder nie. Wanneer
jy in die Van Gogh Museum in Amsterdam op 'n hele saal
afkom met skilderye van boorde vol lentebloeisels, dan
weet jy in jou hart : Vincent was somtyds diep gelukkig
en glad nie "sauvage" nie.

Gloudina
Re: Katalogus van WINDE: die MISTRAL [boodskap #5816 is 'n antwoord op boodskap #5808] Sa, 17 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:

Die Suidewind op Oudtshoorn.

Oudtshoorn is in die Klein Karoo wat semi-woestyn is en in die somer
het dit daar bitter warm geword.
Dit was 'n stil warmte wat soos koper op die land gele^ en bak het.
Die lug het nie geroer nie.
Dan, is die skemer van die vroegaand, het die sagte windjie oor die
Outenikwa-berge van die see by Mosselbaai gewaai.
Die dag was gebreek en die mense het almal later in die donker in hul
tuine in die koel en sagte suidewindjie gaan sit en gesels.
As 'n mens deur die dorp se strate gestap het, het die gesels van
agter die donker heinings soos sagte, borrelende water van huis na
huis opgeklink.
In daardie koel aande teen die agtergrond van die warm, dwingende dag,
het 'n mens geglo die toekoms le net om die draai en dit is mooi en
skoon.


Die Reënwind in Johannesburg

Johannesburg kry die meeste van sy ree"n in die somer van
donderstorms.
Eers begin die Suidwestewind waai. Dit kom oor die vlaktes van die
Vrystaat en waai nie hard nie, maar stewig vir 'n dag of die beste
gedeelte van die dag.
Dan begin die wolke saampak vanuit die noorde, waar Pretoria lê, en
die volgende dag reën dit gewoonlik.

> DIE MISTRAL
> van die suide van Frankryk

> In Provence word die warmte van die somer versteur
> deur die mistrals wat in die herfs begin waai. Die winde
> is nie so sterk waar dit begin in die Massif Central nie,
> maar hulle word sterker en sterker soos hulle met die Rhone
> vallei afwaai. Teen die tyd dat hulle by die meer suidelike
> dorp Arles kom, kan hulle nie meer geignoreer word nie.
> Lateraan moet die toeriste-winkeltjies hulle ware inbring
> van buite af, waar hulle die hele somer uitgestal was.

> Baie van die toeriste-ware in Arles het te doen met een
> van hul mees beroemde inwoners : Vincent van Gogh.
> En daar is diegene wat dink dat wanneer 'n mens na sekere
> skilderye van Van Gogh kyk, jy altyd die teenwoordigheid
> van die Mistral in aanmerking moet neem. Wanneer die
> winde waai, word die mense in Arles effens "sauvage."
> Dit kan dus die emosionele en artistieke uiterstes van
> Van Gogh se lewe verklaar. En wanneer 'n mens na 'n
> hele klomp van sy landskappe kyk, sien jy die effek van die
> Mistral in die windverwaaide oppervlaktes gras en die
> bewegende takke van die olyfbome.

> Gelukkig het Vincent van Gogh nie net in die herfs en
> onder die invloed van die Mistrals geskilder nie. Wanneer
> jy in die Van Gogh Museum in Amsterdam op 'n hele saal
> afkom met skilderye van boorde vol lentebloeisels, dan
> weet jy in jou hart : Vincent was somtyds diep gelukkig
> en glad nie "sauvage" nie.
> Gloudina
Vorige onderwerp: [AFRIKAANS:6128] Rachelle B in Holland
Volgende onderwerp: Afrikaans prayers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 22:40:17 MGT 2024