Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » vaarwel aan die e-pos lys?
vaarwel aan die e-pos lys? [boodskap #5751] Vr, 09 Februarie 1996 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Deur die afwesigheid van "Wagenaar-pos" op die
Afrikaanse nuusgroep neem ek aan dat die e-pos
lys nou weer 'n onafhanklike bestaan gaan voer
weg van die nuusgroep af. (Hoekom laat dit my
dink aan 'n mini-groot trek, 'n apartheid in die
kleine, 'n poging om maar net weer in 'n laertjie
in te gaan?) Izak en ek gaan beslis nie op die
lys inskryf nie. Ons moet ons e-pos ruimte bewaar
vir ander dinge : ons belangstelling in die digter
William Blake en die skrywers van Japannese haiku.
Dis jammer as die skeiding nou gekom het. Ek het
byna altyd die besprekings geniet, veral oor die
ekonomie en dies meer. Maar nou ja, so is die lewe.
Leendert, as jy my nog kan lees, totsiens.. totsiens.
Re: vaarwel aan die e-pos lys? [boodskap #5815 is 'n antwoord op boodskap #5751] Vr, 16 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Ant Man  is tans af-lyn  Ant Man
Boodskappe: 41
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
In , iz...@igs.net (Izak Bouwer) writes:
> Deur die afwesigheid van "Wagenaar-pos" op die
> Afrikaanse nuusgroep neem ek aan dat die e-pos
> lys nou weer 'n onafhanklike bestaan gaan voer
> weg van die nuusgroep af. (Hoekom laat dit my
> dink aan 'n mini-groot trek, 'n apartheid in die
> kleine, 'n poging om maar net weer in 'n laertjie
> in te gaan?)

Hoe jy dit kan sê weet nugter. Die eposlys is al sedert 1993 aan die gang (dus lank voor die nuusgroep van die grond af kon kom). Robert het die berigte oor en weer laat verskyn omdat die nuusgroep aan die begin betreklik min berigte bevat het. Die aantal deelnemers het nou gegroei en die aantal berigte wat nou oor die eposlys verskyn het net te veel geword. Die skeiding was dus net 'n praktiese reeling en niks anders nie.

Van laer trek weet ek nie so mooi nie. Die eposlys is oop vir enige persoon wat wil inteken.

> Izak en ek gaan beslis nie op die
> lys inskryf nie. Ons moet ons e-pos ruimte bewaar
> vir ander dinge : ons belangstelling in die digter
> William Blake en die skrywers van Japannese haiku.
> Dis jammer as die skeiding nou gekom het. Ek het
> byna altyd die besprekings geniet, veral oor die
> ekonomie en dies meer. Maar nou ja, so is die lewe.
> Leendert, as jy my nog kan lees, totsiens.. totsiens.
>

Antonie
Vorige onderwerp: [AFRIKAANS:6106] Re: Reinier, HELP!
Volgende onderwerp: [AFRIKAANS:6128] Rachelle B in Holland
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 20:47:44 MGT 2024