Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 'n Antwoord vir Koos oor sy mening van nuwe parlement skilderye en nog ander
'n Antwoord vir Koos oor sy mening van nuwe parlement skilderye en nog ander [boodskap #5769] Ma, 12 Februarie 1996 00:00 na volgende boodskap
Martin Knoetze  is tans af-lyn  Martin Knoetze
Boodskappe: 6
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Jy skryf oor die martleing van Biko en dies meer. Die huidige regering is net so
skuldig aan dieselfde misdade as waarvan die ou regering nou so beskuldig word.
Hoeveel mense wat nie saamgestem het met hulle, is vermoor nie? Die ou regering het
sy "teestanders uitgewis", hy het nie die mense vir wie hy baklei het, uitgewis nie.
Dis hoekom ek gese het, ek kan van links en regs kritiek kry. Die huidige is net so
skuldig soos die vorige. Ook 'n baie goeie rede hoekom ek dink die sogenaamde
"waarheids komisie" is in werklikheid 'n klug. Die huidige wil probeer om homself
goed te laat lyk ten koste van die vorige. Dieselfde taktiek as die vorige ?
Re: 'n Antwoord vir Koos oor sy mening van nuwe parlement skilderye en nog ander [boodskap #5806 is 'n antwoord op boodskap #5769] Do, 15 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Martin Knoetze  wrote:

<<>Jy skryf oor die martleing van Biko en dies meer. Die huidige regering is net so
> skuldig aan dieselfde misdade as waarvan die ou regering nou so beskuldig word. >>

Soos? Ek het nog  nie  gehoor van politieke gevangenisse op
Robbeneiland of politieke opponente  van die Regering van Nasionale
Eenheid wat doodgemaak is nie. Of koerante wat krities teen die nuwe
regering is wat verbied is nie.
Laat kom asseblief met voorbeelde. Ek sal graag wil  hoor.

<<>Hoeveel mense wat nie saamgestem het met hulle, is vermoor nie?>>

Die skilderye beeld geweld RONDOM  apartheid uit. Jy  bevestig die
legitimiteit van die kuns..

<< Die ou regering het
> sy "teestanders uitgewis", hy het nie die mense vir wie hy baklei het, uitgewis nie. >>

So? Die ANC het ook nooit veldtogte teen sy eie lede gevoer nie.

Behalwe as jy hier op ras argumenteer en se die "ou"regering het nie
witmense doodgemaak in sy fascistiese bewind nie. Dis natuurlik twak
(as dit is  wat jy bedoel). Hy  het witmense ook doodgemaak wat nie
met hom saamgestem het nie.

<< Die huidige is net so
> skuldig soos die vorige. >>

Twak. Die ANC het ook wandade gepleeg. Dit is waar  en niemand  betwis
dit nie maar jy kan nie die NP oor die jare en die  ANC gelykstel
nie. Skuldig waaraan, by the way?

<<Ook 'n baie goeie rede hoekom ek dink die sogenaamde
> "waarheids komisie" is in werklikheid 'n klug. Die huidige wil probeer om homself
> goed te laat lyk ten koste van die vorige. Dieselfde taktiek as die vorige ?>>

Maar die  WK gaan dan ook kyk na ANC-wandade!
Selfde taktiek? Come on.....
Chris de Jager  is op die  WK en sal alles weet, hoor  en sien wat
bespreek word. En daar is nie  'n beperking op sy  mond nie.
Dis die  ekwivalent van 'n  ANC-man op 'n raad van ondersoek sit in
1976!!!
Daar was nog nooit iets soos die WK in Suid-Afrika se geskiedenis nie.
Het jy al  gedink aan die regspresedent  wat die WK gaan stel vir die
toekoms?
Al kom net dit daaruit is dit  genoeg om hoesannas oor te sing.
Vorige onderwerp: Wav's in Afrikaans wanted
Volgende onderwerp: [AFRIKAANS:6122] Re: Private diskriminasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 01:09:29 MGT 2024