Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hoe zit het met het afrikaans in Zuid-Afrika
Hoe zit het met het afrikaans in Zuid-Afrika [boodskap #5761] So, 11 Februarie 1996 00:00 na volgende boodskap
Tom Van Overbeke  is tans af-lyn  Tom Van Overbeke
Boodskappe: 1
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Kan iemand me zeggen hoe het zit met de toekomst van het Afrikaans in
Zuid-Afrika?

Nudat die apartheid afgeschaft is, is er nog een toekomst voor het
Afrikaans, of rukt ook bij jullie het Engels sterk op?

et Vlaamse groeten,


Tom.


PS. Ik zou ook graag weten hoeveel moeite Afrikaanssprekenden hebben
met het Nederlands. Kunnen jullie dit berichtje zonder veel problemen
lezen? Ikzelf begrijp het Zuidafrikaans redelijk goed, alhoewel het
mij opvalt dat jullie woordenschat soms uitgebreider is.

wij nemen vb. veel engelse termen over (tot mijn spijt), terwijl
jullie er een eigen woord voor hebben.

Het woord 'mailing list' waarvoor jullie poslys gebruiken bijvoorbeeld
(als ik het goed voorheb tenminste).




Tom Van Overbeke - Driesstraat 52 - 8790 Waregem - Vlaanderen, Belgie.
Fido: 2:291/1501.1
E-mail: tvan...@texas.knooppunt.be
Re: Hoe zit het met het afrikaans in Zuid-Afrika [boodskap #5791 is 'n antwoord op boodskap #5761] Wo, 14 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
In article Tom.Van...@ping.be (Tom Van Overbeke) writes:
> From: Tom.Van...@ping.be (Tom Van Overbeke)
> Subject: Hoe zit het met het afrikaans in Zuid-Afrika
> Date: Sun, 11 Feb 1996 22:46:48 GMT

> Kan iemand me zeggen hoe het zit met de toekomst van het Afrikaans in
> Zuid-Afrika?

Nie meer gemaklik nie. Die bre"e afdraande pad is agter die rug. Die
smal opdraande paadjie le nou voor.

> Nudat die apartheid afgeschaft is, is er nog een toekomst voor het
> Afrikaans, of rukt ook bij jullie het Engels sterk op?
^^^
Daardie woordjie 'ook' sê heelwat. Meeste mense is onder die
indruk dat rykdom (geestelik en materieel) alleen verkry kan word
deur 'n proses van assimilasie soos wat 'n spons water opneem.
Hierdie indruk bestaan wereldwyd en van die vroegste tye. Daarom,
wanner dit om assimilasie van informasie gaan, word daar hedendaags
'n voorkeur aan Engels gegee.

Maar dit is nie altyd waar nie. Soms word rykdom eers verky na 'n
proses van innerlike ontluiking ('emergence'). Dit is veral van
toepassing wanneer een tydvak ('era') oorgaan in 'n ander. Bestudeer
byvoorbeeld sulke oorgange in die kunste en die wetenskap. Dit is
belangrik om daarop te let dat ontluikinge van binne kom ('self
organization', 'autopoeisis'). Wanneer 'n taal deel is van die
ontluiking, is dit die moedertaal wat die rol speel en nie een of
ander wereldtaal nie. Boonop is heelwat van die mens se geestelike
ontluikings taalgebonde. Gevolglik word mense wat dus hulle moedertaal
minderwaardig ag self minderes omdat hulle hulself weerhou van heelwat
geestelike ontluikings.

Dis moeilik om die toekoms van Afrikaans te voorspel. Afrikaans sal
beslis nie uitsterf nie. Maar of mense sal besef watter kragte daarin
opgesluit is wanneer hulle in hulle moedertaal dink en werk, is 'n ander
saak. Ons land beleef nou 'n fase waarin daar weinig respek vir
enigiets bestaan. Ongelukkig is respekloosheid 'n vuur wat alles
verteer, selfs die liefde vir die eie. In daardie geval neem 'n
minderwaardigheidgevoel oor wat verlammend is.

> Met Vlaamse groeten,


> Tom.


> PS. Ik zou ook graag weten hoeveel moeite Afrikaanssprekenden hebben
> met het Nederlands. Kunnen jullie dit berichtje zonder veel problemen
> lezen? Ikzelf begrijp het Zuidafrikaans redelijk goed, alhoewel het
> mij opvalt dat jullie woordenschat soms uitgebreider is.

As 'n mens eers daaraan gewoond is, is dit maklik om Nederlands te
verstaan. Dit geld vir al die ander laagland tale soos Friesies,
Saksies, ensovoorts. Skryf gerus in enige van hierdie tale op hierdie
groep. Ons het dit nodig.

> wij nemen vb. veel engelse termen over (tot mijn spijt), terwijl
> jullie er een eigen woord voor hebben.

Dit was so gewees, maar nie meer nie. Die verlammende minderwaardig-
heidgevoel begin sy tol eis. Mense meng hulle tale sonder om te blik
of te bloos, so asof hulle aanvaar dat hulle gebrouselde boodskap
deurkom.

> Het woord 'mailing list' waarvoor jullie poslys gebruiken bijvoorbeeld
> (als ik het goed voorheb tenminste).

et hartlike Afrikaanse groete
At de Lange
Pretoria



> Tom Van Overbeke - Driesstraat 52 - 8790 Waregem - Vlaanderen, Belgie.
> Fido: 2:291/1501.1
> E-mail: tvan...@texas.knooppunt.be
Re: Hoe zit het met het afrikaans in Zuid-Afrika [boodskap #5802 is 'n antwoord op boodskap #5761] Do, 15 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
amde...@gold.up.ac.za wrote:
<< Ons land beleef nou 'n fase waarin daar weinig respek vir
> enigiets bestaan. Ongelukkig is respekloosheid 'n vuur wat alles
> verteer, selfs die liefde vir die eie. In daardie geval neem 'n
> minderwaardigheidgevoel oor wat verlammend is.>>>

huh?
Vorige onderwerp: Re: [AFRIKAANS:6091] Huldiging aan Robert
Volgende onderwerp: Wav's in Afrikaans wanted
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 09:06:59 MGT 2024