Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » [AFRIKAANS:6106] Re: Reinier, HELP!
[AFRIKAANS:6106] Re: Reinier, HELP! [boodskap #5777] Di, 13 Februarie 1996 00:00 na volgende boodskap
Reinier de Vos  is tans af-lyn  Reinier de Vos
Boodskappe: 26
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Leendert skryf:

> Die Suid-Afrikaanse demokrasie word amptelik gekwalifiseer as 'n
> "open democratic society, based on freedom and equality". Daar is
> heelwat mense wat "equality" verwar met "uniformity", maar ek dink
> nie die Grondwetlike Hof sal maklik daardie fout laat deurglip nie.

Laat my dink aan Lord Acton se stelling:

"One of the finest opportunities in history was lost because the
passion for equality made vain the hope for freedom".

Ek kan nie juis die konteks in herinnering roep nie - dit klink egter
uiters geskik vir die situasie in ons land. Hierdie strewe na
"equality" was altyd voorop in Fasciste en Sosialiste se dogma.

> 'n Argument wat ek gebruik is dat "freedom and equality" sekerlik ook
> beteken "equally free". M.a.w. die individu moet net so vry wees om
> 'n keuse te maak wat verskil van die keuse wat die meerderheid maak,
> as wat hy/sy vry is om dieselfde keuse te maak as die meerderheid -
> anders is daar ongelykheid in die vryhede wat die meerderheid geniet
> teenoor die vryhede wat individue geniet wat nie lede van die
> meerderheid is nie.

As jy die nuwe voorgestelde klousules in die grondwet sien, wat
*private* diskriminasie in die ban probeer doen, weet ek nie of die
grondwetlike hof veel hond haaraf gaan maak nie. Hoe die edelagbare
regters dit teen die reg tot vryheid van assosiasie gaan opweeg, moet
nog gesien word. Sal die individu vry wees om 'n "rassis" te wees (ons
veronderstel hier dat die hof klinkklare definisies van rassisme kan
gee)? Een van die grondwetlike regters, Albie Sachs, maak in sy boek
oor "menseregte" uitsprake wat myns insiens rassisties is. Sal sy boek
verbied word volgens die voorgestelde klousule wat "racist and hate
speech" verbied? Ek twyfel. Aangesien definisies van rassisme en
haatspraak uiters buigbaar is, kan ons verwag dat slegs die staat se
vyande gemuilband sal word, terwyl die staat rustig sal kan voortgaan
met sy eie amptelike, polities-korrekte rassisme. Regters wat te veel
moeilikheid maak, sal aanvanklik 'n probleem skep, maar kan ook
geleidelik vervang word met mense wat "korrekte" uitsprake lewer, soos
nou in die VSA se Hooggeregshof gebeur - Roosevelt het hierdie tradisie
begin deur regters aan te stel wat sy "New Deal" goedgesind was.
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
#include
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
[AFRIKAANS:6101] Re: Reinier, HELP! [boodskap #5780 is 'n antwoord op boodskap #5777] Di, 13 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reinier de Vos  is tans af-lyn  Reinier de Vos
Boodskappe: 26
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Jeff Zucker skryf:

> Leendert skryf:
>
>> Ek het dringend twee of drie voorbeelde nodig van
>> despotiese/utorite^re state wat 'n groot mate van vryheid toegelaat
>> het, en dieselfde vir demokratiese state wat groot beperkings op
>> vryheid het/gehad het.
>
> Mag ek 'n antwoord hierop probeer lewer?
>
> 'n Voorbeeld van eersgenoemde is die "verligte despotisme" van
> seker van die 18de eeuse Europese vorste, bv. Friedrich die Grote
> van Pruise. Hy het glo gesê: "Ek het 'n ooreenkoms met my
> onderdane: hulle sê wat hulle wil, en ek doen wat ek wil."
>
> Voorbeelde van laasgenoemde is miskien die verskillende
> voormalige en huidige kommunistiese "volksrepublieke", wat
> in teorie, volgens hulle grondwette, volkome demokraties is.
> (Ek is nie eg tevrede met hierdie tweede voorbeeld nie, want
> hier is die demokrasie meer skyn as eg.)

Ek het vir Leendert 'n paar voorbeelde in private korrespondensie
gestuur, en ek is seker hy het ander ook ontvang. Leendert, miskien
kan jy vir ons opsommenderwys jou saamgestelde lys voorbeelde op die
poslys plaas.

Jeff se voorbeeld van die 'volksrepublieke' is egter heeltemal geldig.
'Demokrasie' is 'n woord wat maklik rondgegooi word, maar wat talle
definisies het. Dit verduidelik waarom mense nou kwalifiserende terme
soos 'veelparty demokrasie', 'liberale demokrasie', of soos in ons eie
land 'nie-rassige-nie-seksistiese-demokratiese-nuwe-suid-afrika' 'n
term wat dui op die staat se reg om sy neus in elke persoon se sake in
te steek.
---
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
#include
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Re: [AFRIKAANS:6112] Re: Reinier, HELP! [boodskap #5800 is 'n antwoord op boodskap #5777] Do, 15 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Freek Eek wrote:

is dat jy moet Coke drink, in Lux bad, ens.. Die ervaring wat deur[/color]
> eeue gevorm is om 'n spesifieke kultuur daar te stel>>>

Sorry ek meng weer in en gaan seker weer met 'n knuppel op die kop
geslaan word, maar watter ervaring van die Afrikaner oor eeue gevorm
praat ons hier van?
Vorige onderwerp: [AFRIKAANS:6123] Re: Private diskriminasie
Volgende onderwerp: vaarwel aan die e-pos lys?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 16:45:05 MGT 2024