Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » KOM ONS BESKRYF PLEKKE
KOM ONS BESKRYF PLEKKE [boodskap #5749] Vr, 09 Februarie 1996 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek voel 'n behoefte om te lees oor plekke. Kom ons
pos beskrywings van plekke uit ons verlede
waarna ons nou heimwee het, of mooi plekke wat
ons onlangs besoek het en met ander wil deel. Dit
hoef nie noodsaaklik in Suid-Afrika te wees nie. En
ons kan byvoorbeeld versoeke aanvra. Ek sou by-
voorbeeld dankbaar wees as iemand in Stellenbosch
taamlik gereeld rapporteer hoe daardie mooi ou dorp
daar uitsien in verskillende seisoene. Dit sal vir
aties versprei oor die land en die buiteland so lekker
wees om te weet die loekwarte is nou weer daar in die
tuine, ryp en reg om oor die muur gesteel te word. Ek
het nog 'n ander versoek : dat iemand vir my die Seder-
berge moet beskryf. Ek was nog nooit daar nie, en sal
ook seker nooit daar uitkom nie, maar dis asof daar 'n
hunkering in my is om van die streek te hoor.
Ek begin die ketting van herinneringe deur te praat
oor 'n plek in die heuwels bokant Pietermaritzburg. Die
naam van die plek is Hilton Road en daar groei die azaleas
so groot soos bome in sulke lang lanings. (As ek dit hier in
Kanada vir mense vertel, kyk hulle my net ongelowig aan.
Vir hulle is 'n azalea iets wat in 'n pot groei en waarvoor
jy duur betaal.) Hilton Road is in die misbelt. As dit dus
baie warm word onder in Pietermaritzburg, dan sak daar 'n
digte mis oor alles, so dig dat 'n mens letterlik kan verdwaal
tussen een gebou en 'n ander. As gevolg van die vog van die
mis groei daar egter in Hilton Road allerlei Engelse soort
blomme : regte "primroses" en "columbines" tussen al die
weelde van subtropiese plante wat ook daar groei. As jy in
die rigting van Pietermaritzburg stap met 'n sekere pad, dan
kom jy by 'n plek waar hulle se die Voortrekkers se waens
diep kepe in die klippe gemaak het soos hulle gerem het om
die waens stadig die heuwel te laat afgaan na Pietermaritzburg
toe. In 'n onbewoonde tuin daar naby het ons eenkeer 'n
regte silwerboom ontdek, iets wat net veronderstel was om in
die Boland te groei.
As 'n mens op sekere plekke staan, kan jy een van die
pieke van die Drakensberg ook sien, vol sneeu in die winter.
Ek dink die piek se naam is Giants Castle. As jy met die
trein na Pietermaritzburg toe gaan, ry jy deur 'n tonnel onder
Hilton Road. As jy met die hoofpad gaan, ry jy dit ook mis.
Dis egter die moeite werd om die draai te ry en Hilton Road
te besoek. Ek wonder of die klein treintjie nog loop teen die
heuwel uit. Om met daardie klein treintjie wanneer dit donker
is uit Pietermaritzburg na Hilton Road te ry en al die liggies
van die stad nou aan die een kant van die trein en dan aan die
anderkant te sien, is een van die beste herinnerings wat ek
het. Gloudina Bouwer
Re: KOM ONS BESKRYF PLEKKE [boodskap #5782 is 'n antwoord op boodskap #5749] Di, 13 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Jean-Pierre Botha  is tans af-lyn  Jean-Pierre Botha
Boodskappe: 85
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Izak Bouwer wrote:
>
> Ek voel 'n behoefte om te lees oor plekke. Kom ons
> pos beskrywings van plekke uit ons verlede
> waarna ons nou heimwee het, of mooi plekke wat
> ons onlangs besoek het en met ander wil deel.

kom kuier by

http://www-jfd.its.uct.ac.za

en kyk by "In die skadu van ..."

groetnis
Vorige onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5941] Poslys en nuusgroep
Volgende onderwerp: Beskrywing van plekke - Gloudina se idee
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 23:11:49 MGT 2024