Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Johann de Lange (geb. 1959) Kusdorp
Johann de Lange (geb. 1959) Kusdorp [boodskap #57726] Do, 21 Februarie 2002 14:23 na volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Johann de Lange (geb. 1959)

Kusdorp

Hier veg die see sy landgoed terug:
dit sien mens aan die soutsweet
teen 'n ruit, 'n windpomp kraanstyf
vasgeroes, bome deur die seewind
teruggedryf, 'n plaag duiwe
op 'n weggeroeste dak. Dieper in
verbrei hy sy domein met newelbank,
brak oewerende siltrivier.
Ook binnenshuis skryf hy op:
meubels ruik na diepversonke hout,
brood muf, gordyn skif, verf skilfer af,
slotte en sleutels slaan aan.

In die kamer waar twee heupe beuk,
herhaal die see sy seminale reuk.

André P. Brink (samest.), Groot Verseboek 2000, (Kaapstad: Tafelberg) 2000.
Re: Johann de Lange (geb. 1959) Kusdorp [boodskap #57727 is 'n antwoord op boodskap #57726] Do, 21 Februarie 2002 14:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Die ou was beslis in Durban toe hy die geskryf het.

"Kwarantyn" skryf in boodskap news:Qp7d8.32215$kG.713776285@newssvr16.news.prodigy.com...
>
> Johann de Lange (geb. 1959)
>
> Kusdorp
>
> Hier veg die see sy landgoed terug:
> dit sien mens aan die soutsweet
> teen 'n ruit, 'n windpomp kraanstyf
> vasgeroes, bome deur die seewind
> teruggedryf, 'n plaag duiwe
> op 'n weggeroeste dak. Dieper in
> verbrei hy sy domein met newelbank,
> brak oewerende siltrivier.
> Ook binnenshuis skryf hy op:
> meubels ruik na diepversonke hout,
> brood muf, gordyn skif, verf skilfer af,
> slotte en sleutels slaan aan.
>
> In die kamer waar twee heupe beuk,
> herhaal die see sy seminale reuk.
>
> André P. Brink (samest.), Groot Verseboek 2000, (Kaapstad: Tafelberg) 2000.
>
Re: Johann de Lange (geb. 1959) Kusdorp [boodskap #57729 is 'n antwoord op boodskap #57727] Do, 21 Februarie 2002 17:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Is daar baie windpompe in Durban, Sakkie?
Wouter

Sakkie skryf in boodskap news:3c75086b$0$225@hades.is.co.za...
Die ou was beslis in Durban toe hy die geskryf het.

"Kwarantyn" skryf in boodskap news:Qp7d8.32215$kG.713776285@newssvr16.news.prodigy.com...
>
> Johann de Lange (geb. 1959)
>
> Kusdorp
>
> Hier veg die see sy landgoed terug:
> dit sien mens aan die soutsweet
> teen 'n ruit, 'n windpomp kraanstyf
> vasgeroes, bome deur die seewind
> teruggedryf, 'n plaag duiwe
> op 'n weggeroeste dak. Dieper in
> verbrei hy sy domein met newelbank,
> brak oewerende siltrivier.
> Ook binnenshuis skryf hy op:
> meubels ruik na diepversonke hout,
> brood muf, gordyn skif, verf skilfer af,
> slotte en sleutels slaan aan.
>
> In die kamer waar twee heupe beuk,
> herhaal die see sy seminale reuk.
>
> André P. Brink (samest.), Groot Verseboek 2000, (Kaapstad: Tafelberg) 2000.
>
Re: Johann de Lange (geb. 1959) Kusdorp [boodskap #57740 is 'n antwoord op boodskap #57726] Do, 21 Februarie 2002 22:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Kwarantyn wrote:

> Johann de Lange (geb. 1959)
>
> Kusdorp
>
> Hier veg die see sy landgoed terug:

As ek 'n raaiskoot moet waag oor waar
dié kusdorp is, sou ek sê dis miskien
aan die weskus van die Boland. Die
sleepmis is tipies van die weskus, en
die droër klimaat sou die teenwoordigheid
van windpompe verklaar.
Maar mens moet nie die subtiele ondertou
van die gedig se seksuele verwysings mis nie.
Miskien begin dit alreeds in die titel van
die gedig - "Kusdorp." Uiteindelik is daar
'n duidelike verwysing na die seksdaad - in
die enigste twee reëls wat rym. Ek wonder of
hierdie gedig veronderstel is om 'n sonnet
te wees? Dit het veertien reëls, maar volg in
die eerste twaalf geen rymskema nie.

Gloudina
Re: Johann de Lange (geb. 1959) Kusdorp [boodskap #57748 is 'n antwoord op boodskap #57729] Vr, 22 Februarie 2002 05:49 Na vorige boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
:-)))) Dis omtrent die enigste een wat ek nie lekker kon plaas nie. Ek
sukkel nou nog om gewoond te raak aan 'n handdoek wat vanoggend gewas is en
more oggend ruik asof iemand wat goed sweet dit vir 'n week lank gebruik
het.

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3c752ca4.0@news1.mweb.co.za...
> Is daar baie windpompe in Durban, Sakkie?
> Wouter
>
> Sakkie skryf in boodskap news:3c75086b$0$225@hades.is.co.za...
> Die ou was beslis in Durban toe hy die geskryf het.
>
> "Kwarantyn" wrote in message
> news:Qp7d8.32215$kG.713776285@newssvr16.news.prodigy.com...
>>
>> Johann de Lange (geb. 1959)
>>
>> Kusdorp
>>
>> Hier veg die see sy landgoed terug:
>> dit sien mens aan die soutsweet
>> teen 'n ruit, 'n windpomp kraanstyf
>> vasgeroes, bome deur die seewind
>> teruggedryf, 'n plaag duiwe
>> op 'n weggeroeste dak. Dieper in
>> verbrei hy sy domein met newelbank,
>> brak oewerende siltrivier.
>> Ook binnenshuis skryf hy op:
>> meubels ruik na diepversonke hout,
>> brood muf, gordyn skif, verf skilfer af,
>> slotte en sleutels slaan aan.
>>
>> In die kamer waar twee heupe beuk,
>> herhaal die see sy seminale reuk.
>>
>> André P. Brink (samest.), Groot Verseboek 2000, (Kaapstad: Tafelberg)
> 2000.
>>
>
Vorige onderwerp: Tilla Diedericks (geb. 1946) Huisvrou
Volgende onderwerp: Die gene wat my ken
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 00:46:44 MGT 2024