Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Snaaksie
Snaaksie [boodskap #57621] Ma, 18 Februarie 2002 06:14 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Blykbaar is daar 'n slagter in die Ierse dorpie Rush wat bereid is om
boerewors te maak vir lustige Suid-Afrikaners.
Die slagter vra glo Suid Afrikaners se menings en selfs resepte om hierdie
lekkerny te maak.
'n Suid Afrikaner doen toe al die moeite vir die rit na Rush - en is daar
weg met 'n wors wat volgens die slagter al die regte bestanddele in het -
die wors was egter besonder dik, en stewig gestop - amper soos 'n salami.
Terug in London, is die boerewors gehou totdat sy dit kon gaarmaak vir haar
besoekende skoonfamilie uit SA.
Skoonpa het gevra na die kaneelruik toe die wors in die pan begin braai - en
by die proe was dit definitef nie boerewors nie - en die hele lot is asblik
toe.
Daar is glo 'n groot verskil tussen All Spice en Ground All Spice:)))
Annette
Re: Snaaksie [boodskap #57702 is 'n antwoord op boodskap #57621] Wo, 20 Februarie 2002 20:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tjaart  Riekert  is tans af-lyn  Tjaart Riekert
Boodskappe: 38
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Volle Lid
Ons kry ons wors, op bestelling let wel, van 'n slagter in Cellbridge,
ongeveer 'n halfuur se ry wes na die binneland toe. Die rit is elke keer
die moeite werd aangesien die wors net soos ons eie SA wors proe! Maar ek
weet van verskeie slagters wat wors vir ons ander SA vriende maak en elkeeen
sweer natuurlik by sy eie slagter!

Patricia

"Annette" skryf in boodskap news:a4q778$261ja$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Blykbaar is daar 'n slagter in die Ierse dorpie Rush wat bereid is om
> boerewors te maak vir lustige Suid-Afrikaners.
> Die slagter vra glo Suid Afrikaners se menings en selfs resepte om hierdie
> lekkerny te maak.
> 'n Suid Afrikaner doen toe al die moeite vir die rit na Rush - en is daar
> weg met 'n wors wat volgens die slagter al die regte bestanddele in het -
> die wors was egter besonder dik, en stewig gestop - amper soos 'n salami.
> Terug in London, is die boerewors gehou totdat sy dit kon gaarmaak vir haar
> besoekende skoonfamilie uit SA.
> Skoonpa het gevra na die kaneelruik toe die wors in die pan begin braai - en
> by die proe was dit definitef nie boerewors nie - en die hele lot is asblik
> toe.
> Daar is glo 'n groot verskil tussen All Spice en Ground All Spice:)))
> Annette
>
Re: Snaaksie [boodskap #57704 is 'n antwoord op boodskap #57702] Wo, 20 Februarie 2002 21:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 20 Feb 2002 20:57:18 -0000, "Patricia" wrote:
> Ons kry ons wors, op bestelling let wel, van 'n slagter in Cellbridge,
> ongeveer 'n halfuur se ry wes na die binneland toe. Die rit is elke keer
> die moeite werd aangesien die wors net soos ons eie SA wors proe! Maar ek
> weet van verskeie slagters wat wors vir ons ander SA vriende maak en elkeeen
> sweer natuurlik by sy eie slagter!
>
> Patricia
>

Heel interessant Patricia, wat jy en Annette praat van SA wors.
Interessant dat smaak so kan verskil né. Dit klink gewoonlik
of Annette - selfs al woon sy in Skaapstad!:-) die fynproewer hier
tussen ons is. Sal graag julle mening wil hoor wanneer ek sê dat
ek nie omgee wie die wors gemaak het nie maar wel hoeveel
koljander daarin is. Dit is asof wors sonder koljander onafgerond is.
En tòg steek ek vas by 'n yskas met baie verskillende tipes wors
vir 'n geleentheid wat ons vanaand gevier het (my vrou se verjaardag)
en op my vraag oor watter van die wors koljander in het, moes ek hoor
dat die spesifieke voorbereider geen koljander gebruik nie.
Soos ek sê, vandag is my vrou se verjaardag 20 02 2002.
Drie ure gelede was dir 20 02 20 02 2002
Vinkel en Koljander - Re: Snaaksie [boodskap #57708 is 'n antwoord op boodskap #57704] Wo, 20 Februarie 2002 21:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 20 Feb 2002 23:19:00 +0200, Davie Davis wrote:

> tussen ons is. Sal graag julle mening wil hoor wanneer ek sê dat
> ek nie omgee wie die wors gemaak het nie maar wel hoeveel
> koljander daarin is. Dit is asof wors sonder koljander onafgerond is.

En skielik dink ek jy maak baie sin. Ek moet saamstem dat ek ook dink
dis die koljander wat belangrik is. :-)

Maar so van koljander gepraat - iets wat ek NOOIT kon verstaan nie, is
gesegdes soos "vinkel en koljander" wat mos veronderstel is om
iets/iemand wat dieselfde is aan te dui? Maar vinkel is mos nie
dieselfde as koljander nie? Of is dit dalk? Vinkel is mos fennel, en
koljander is coriander? (Ek dink koljander is wat hulle hier in
Amerika ken as cilantro.)

Ons is baie lief vir vinkel. Het juis gister so gelag in die winkel
toe ek vir ons vars vinkel gaan koop het. Die dame vra my wat ek met
die snaakse goed gaan maak, en ek probeer verduidelik, en stel toe
ook voor dat sy dit moet probeer. Sy was duidelik nie beindruk nie!
:-)))

> En tòg steek ek vas by 'n yskas met baie verskillende tipes wors
> vir 'n geleentheid wat ons vanaand gevier het (my vrou se verjaardag)

Ek verstaan nie hoe mens jou vrou se verjaarsdag vier met verskillende
worse nie?
:-)))

> en op my vraag oor watter van die wors koljander in het, moes ek hoor
> dat die spesifieke voorbereider geen koljander gebruik nie.
> Soos ek sê, vandag is my vrou se verjaardag 20 02 2002.
> Drie ure gelede was dir 20 02 20 02 2002

Baie geluk met jou vrou se verjaarsdag, DD. Is haar naam ook 'n
palindroom? Ons kon dit mos laas nie uitspreek nie, maar dit het vir
my dieselfde van voor en agter gelyk...:-))))
Re: Snaaksie [boodskap #57714 is 'n antwoord op boodskap #57704] Do, 21 Februarie 2002 05:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dankie vir die kompliment DD:)))
Koljander in boerewors is baie lekker, maar dit hang af van persoonlke
smaak.
Ek self het lanklaas boerewors geëet met heel koljander of selfs daardie
harde blokkies vet in.
Vir my moet die boerewors nie te styf gestop wees nie, en ek verkies om my
boerewors by 'n sekere slagter te gaan koop ipv sommer by 'n supermark.
Annette

Davie Davis skryf in boodskap news:71487uoajvlp94lopoq2d20rmm32ps204n@4ax.com...
> On Wed, 20 Feb 2002 20:57:18 -0000, "Patricia"
> wrote:
>
>> Ons kry ons wors, op bestelling let wel, van 'n slagter in Cellbridge,
>> ongeveer 'n halfuur se ry wes na die binneland toe. Die rit is elke keer
>> die moeite werd aangesien die wors net soos ons eie SA wors proe! Maar ek
>> weet van verskeie slagters wat wors vir ons ander SA vriende maak en elkeeen
>> sweer natuurlik by sy eie slagter!
>>
>> Patricia
>>
>
> Heel interessant Patricia, wat jy en Annette praat van SA wors.
> Interessant dat smaak so kan verskil né. Dit klink gewoonlik
> of Annette - selfs al woon sy in Skaapstad!:-) die fynproewer hier
> tussen ons is. Sal graag julle mening wil hoor wanneer ek sê dat
> ek nie omgee wie die wors gemaak het nie maar wel hoeveel
> koljander daarin is. Dit is asof wors sonder koljander onafgerond is.
> En tóg steek ek vas by 'n yskas met baie verskillende tipes wors
> vir 'n geleentheid wat ons vanaand gevier het (my vrou se verjaardag)
> en op my vraag oor watter van die wors koljander in het, moes ek hoor
> dat die spesifieke voorbereider geen koljander gebruik nie.
> Soos ek sê, vandag is my vrou se verjaardag 20 02 2002.
> Drie ure gelede was dir 20 02 20 02 2002
>
Re: Vinkel en Koljander - Re: Snaaksie [boodskap #57715 is 'n antwoord op boodskap #57708] Do, 21 Februarie 2002 05:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Haai Danielle - ek sal nou eers moet gaan uitvind of vinkel fennel is - want
daar is 'n groot verskil tussen fennel en koljander.
Annette

Danielle skryf in boodskap news:q3687u4tgk7dad68d47sm7gg456tr5os7j@4ax.com...
> On Wed, 20 Feb 2002 23:19:00 +0200, Davie Davis wrote:
>
>
>> tussen ons is. Sal graag julle mening wil hoor wanneer ek sê dat
>> ek nie omgee wie die wors gemaak het nie maar wel hoeveel
>> koljander daarin is. Dit is asof wors sonder koljander onafgerond is.
>
> En skielik dink ek jy maak baie sin. Ek moet saamstem dat ek ook dink
> dis die koljander wat belangrik is. :-)
>
> Maar so van koljander gepraat - iets wat ek NOOIT kon verstaan nie, is
> gesegdes soos "vinkel en koljander" wat mos veronderstel is om
> iets/iemand wat dieselfde is aan te dui? Maar vinkel is mos nie
> dieselfde as koljander nie? Of is dit dalk? Vinkel is mos fennel, en
> koljander is coriander? (Ek dink koljander is wat hulle hier in
> Amerika ken as cilantro.)
>
> Ons is baie lief vir vinkel. Het juis gister so gelag in die winkel
> toe ek vir ons vars vinkel gaan koop het. Die dame vra my wat ek met
> die snaakse goed gaan maak, en ek probeer verduidelik, en stel toe
> ook voor dat sy dit moet probeer. Sy was duidelik nie beindruk nie!
> :-)))
>
>> En tóg steek ek vas by 'n yskas met baie verskillende tipes wors
>> vir 'n geleentheid wat ons vanaand gevier het (my vrou se verjaardag)
>
> Ek verstaan nie hoe mens jou vrou se verjaarsdag vier met verskillende
> worse nie?
> :-)))
>
>> en op my vraag oor watter van die wors koljander in het, moes ek hoor
>> dat die spesifieke voorbereider geen koljander gebruik nie.
>> Soos ek sê, vandag is my vrou se verjaardag 20 02 2002.
>> Drie ure gelede was dir 20 02 20 02 2002
>
> Baie geluk met jou vrou se verjaarsdag, DD. Is haar naam ook 'n
> palindroom? Ons kon dit mos laas nie uitspreek nie, maar dit het vir
> my dieselfde van voor en agter gelyk...:-))))
>
Re: Vinkel en Koljander - Re: Snaaksie [boodskap #57720 is 'n antwoord op boodskap #57715] Do, 21 Februarie 2002 10:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 21 Feb 2002 07:50:07 +0200, "Annette" wrote:

> Haai Danielle - ek sal nou eers moet gaan uitvind of vinkel fennel is - want
> daar is 'n groot verskil tussen fennel en koljander.

Sal jy vir my laat weet as jy uitgevind het? Ek dink vinkel is
fennel. :-)

Daniellus Maroggus

(Klink amper asof ek lus is vir marogo?) :-))
Re: Vinkel en Koljander - Re: Snaaksie [boodskap #57722 is 'n antwoord op boodskap #57720] Do, 21 Februarie 2002 11:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
OK - aan die Engelse kant sê hulle fennel is vinkel.
Aan die Afrikaanse kant praat hulle van vinkel(peper) en koljander wat glo
maar van dieselfde goed is, wat dit nie is nie - want ek weet nie van vinkel
wat in boerewors gesit word nie.
Die ou mense het ook maar soms foutjies gemaak:)))

Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind

Danielle skryf in boodskap news:ggj97ukbahpsnutku08l4seuer0glllmqq@4ax.com...
> On Thu, 21 Feb 2002 07:50:07 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Haai Danielle - ek sal nou eers moet gaan uitvind of vinkel fennel is - want
>> daar is 'n groot verskil tussen fennel en koljander.
>
> Sal jy vir my laat weet as jy uitgevind het? Ek dink vinkel is
> fennel. :-)
>
> Daniellus Maroggus
>
> (Klink amper asof ek lus is vir marogo?) :-))
>
Re: Vinkel en Koljander - Re: Snaaksie [boodskap #57724 is 'n antwoord op boodskap #57722] Do, 21 Februarie 2002 14:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> OK - aan die Engelse kant sê hulle fennel is vinkel.
> Aan die Afrikaanse kant praat hulle van vinkel(peper) en koljander wat glo
> maar van dieselfde goed is, wat dit nie is nie - want ek weet nie van vinkel
> wat in boerewors gesit word nie.
> Die ou mense het ook maar soms foutjies gemaak:)))

OK. Hier is wat die Dictionary of South
African English oor "vinkel" sê:

Vinkel(bos) Foeniculum vulgare, the
feathery-leaved fennel, the aromatic
seeds of which can be used as a
flavouring similar to aniseed, or
chewed whole; in Indian cookery known
as somf or saunf. ( Afr. from Dutch
venkel (fennel.)

L.G. Green: Tavern of the Seas
"Vinkel, another famous shrub, is
guaranteed to keep fleas away if you
place a branch under your bed."

Gloudina
Re: Vinkel en Koljander - Re: Snaaksie [boodskap #57733 is 'n antwoord op boodskap #57708] Do, 21 Februarie 2002 18:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
"Danielle" skryf in boodskap news:q3687u4tgk7dad68d47sm7gg456tr5os7j@4ax.com...

> Maar so van koljander gepraat - iets wat ek NOOIT kon verstaan nie, is
> gesegdes soos "vinkel en koljander" wat mos veronderstel is om
> iets/iemand wat dieselfde is aan te dui? Maar vinkel is mos nie
> dieselfde as koljander nie? Of is dit dalk? Vinkel is mos fennel, en
> koljander is coriander? (Ek dink koljander is wat hulle hier in
> Amerika ken as cilantro.)

In Nederlands (volgens van Dale) is dit 'koriander' (Coriandrum sativum) en
'venkel' (Foeniculum vulgare), dus blykbaar twee verskillende goed.

Swart Simon
Re: Vinkel en Koljander - Re: Snaaksie [boodskap #57739 is 'n antwoord op boodskap #57708] Do, 21 Februarie 2002 19:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 20 Feb 2002 16:55:56 -0500, Danielle wrote:
>
> En skielik dink ek jy maak baie sin. Ek moet saamstem dat ek ook dink
> dis die koljander wat belangrik is. :-)
>

Soos jy sê, ons sukkel steeds met die uitspraak van
haar naam wat heel palindromies is.
Sy hou daarvan dat jy sê dat dat ek baie sin maak. (vir haar gesê
dat jy van my Sjinese smaak praat!)

>
> Baie geluk met jou vrou se verjaarsdag, DD. Is haar naam ook 'n
> palindroom? Ons kon dit mos laas nie uitspreek nie, maar dit het vir
> my dieselfde van voor en agter gelyk...:-))))

Lol... :-)))
Oumensfoutjies [boodskap #57743 is 'n antwoord op boodskap #57722] Vr, 22 Februarie 2002 00:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 21 Feb 2002 13:26:54 +0200, "Annette" wrote:

> Die ou mense het ook maar soms foutjies gemaak:)))

Ja, dis waarom ek so geduldig met jou is.
:-)))))
Re: Vinkel en Koljander - Re: Snaaksie [boodskap #57744 is 'n antwoord op boodskap #57733] Vr, 22 Februarie 2002 00:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 21 Feb 2002 20:11:35 +0200, "Swart Simon"
wrote:

> In Nederlands (volgens van Dale) is dit 'koriander' (Coriandrum sativum) en
> 'venkel' (Foeniculum vulgare), dus blykbaar twee verskillende goed.

Dankie Simon, Annette en Gloudina. Terloops Gloudina, ek dink amper
dat kakiebos is ook gewild vir vlooiprobleme - maar ek weet nie of dit
ook onder beddens geplaas moes word nie. :-)

Simon, noudat jy bevestig dat dit twee verskillende goed is (ek dink
vinkel is 'n krui en koljander is 'n spesery) - maar wat beteken die
gesegde van "soos vinkel en koljander", dan? Het ek dit al die jare
verkeerd verstaan?
Re: Vinkel en Koljander - Re: Snaaksie [boodskap #57745 is 'n antwoord op boodskap #57744] Vr, 22 Februarie 2002 01:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Danielle wrote:

maar wat beteken die
> gesegde van "soos vinkel en koljander", dan? Het ek dit al die jare
> verkeerd verstaan?

Hoe het jy dit al die jare verstaan?
Die gesegde gaan soms voort " ... soos
die een is, is die ander."

Gloudina
Re: Vinkel en Koljander - Re: Snaaksie [boodskap #57746 is 'n antwoord op boodskap #57745] Vr, 22 Februarie 2002 02:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 22 Feb 2002 01:10:26 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Danielle wrote:

> maar wat beteken die
>> gesegde van "soos vinkel en koljander", dan? Het ek dit al die jare
>> verkeerd verstaan?

> Gloudina:
> Hoe het jy dit al die jare verstaan?
> Die gesegde gaan soms voort " ... soos
> die een is, is die ander."

Wel, ek het dit soortvan verstaan as bv. twee mense wat baie
"dieselfde" is (identies of nou verwant in geaardheid).

Amper soos: "like two peas in a pod". Behalwe dat "pea" en "pod"
darem 'n logiese verbintenis het.
- ek sukkel om enige verbintenis tussen vinkel en koljander te erken
wat kon gelei het tot die betekenis van die oorspronklike gesegde.
Vinkel is nie soos koljander nie. Die een is nie soos die ander nie.
Die ene is kruie en die ander 'n spesery.
Re: Vinkel en Koljander - Re: Snaaksie [boodskap #57751 is 'n antwoord op boodskap #57724] Vr, 22 Februarie 2002 06:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina, Lees jy wragtie ook Lawrence Green? Of was dit sommer net 'n
aanhaling van ierwers heen?

Thys wat wil weet oppie Bos..
skryf in boodskap news:3C75018B.9070705@rogers.com...
> L.G. Green: Tavern of the Seas
> "Vinkel, another famous shrub, is
> guaranteed to keep fleas away if you
> place a branch under your bed."
>
> Gloudina
Re: Vinkel en Koljander - Re: Snaaksie [boodskap #57752 is 'n antwoord op boodskap #57751] Vr, 22 Februarie 2002 12:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Thys de Wet wrote:

> Gloudina, Lees jy wragtie ook Lawrence Green? Of was dit sommer net 'n
> aanhaling van ierwers heen?
>
> Thys wat wil weet oppie Bos..
> skryf in boodskap news:3C75018B.9070705@rogers.com...
>
>> L.G. Green: Tavern of the Seas
>> "Vinkel, another famous shrub, is
>> guaranteed to keep fleas away if you
>> place a branch under your bed."

>> Gloudina

Die aanhaling was saam met die uitleg
van "vinkel" in die Dictionary of South
African English. Vertel van Lawrence
Green. Jy bedoel nie Graham Greene,
wat The Heart of the Matter geskryf het
nie?

Gloudina
Re: Vinkel en Koljander - Re: Snaaksie [boodskap #57754 is 'n antwoord op boodskap #57746] Vr, 22 Februarie 2002 12:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Danielle wrote:

> Wel, ek het dit soortvan verstaan as bv. twee mense wat baie
> "dieselfde" is (identies of nou verwant in geaardheid).
>
> Amper soos: "like two peas in a pod". Behalwe dat "pea" en "pod"
> darem 'n logiese verbintenis het.
> - ek sukkel om enige verbintenis tussen vinkel en koljander te erken
> wat kon gelei het tot die betekenis van die oorspronklike gesegde.
> Vinkel is nie soos koljander nie. Die een is nie soos die ander nie.
> Die ene is kruie en die ander 'n spesery.

Wel, wat soos 'n paal bo water staan,
is dat die uitdrukking beteken " twee
dinge is so eenders dat hulle amper nie
onderskei kan word nie." Maar dit
impliseer, ten minste vir my, dat hulle
wel eintlik twee verskillende dinge is,
maar op die oppervlakte so eners dat dit
moeilik is om die verskil te sien.
Ek wonder of die uitdrukking in Neder-
lands bestaan. Dit mag wees dat toe die
ou oorspronklike mense uit Europa in SA
aangeland het, hulle 'n soort van vinkel
hier gevind het wat baie soos koljander
gelyk het. Ek dink die English South
African Dictionary praat van "feathery
fennel." En hulle blomme het miskien
baie dieselfde gelyk. Hulle sade kon
miskien genoeg verskil het om as twee
aparte sade erken te word.

Gloudina
Re: Vinkel en Koljander - Re: Snaaksie [boodskap #57757 is 'n antwoord op boodskap #57754] Vr, 22 Februarie 2002 13:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gloudina - die ou mense was net pleinweg hopeloos verkeerd, en ons sit nou
met die gemors:))
Hulle het nie gesê vinkel en koljander die een LYK soos die ander nie.
Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind
skryf in boodskap news:3C763E13.3040702@rogers.com...
>
> Danielle wrote:
>
>
>> Wel, ek het dit soortvan verstaan as bv. twee mense wat baie
>> "dieselfde" is (identies of nou verwant in geaardheid).
>>
>> Amper soos: "like two peas in a pod". Behalwe dat "pea" en "pod"
>> darem 'n logiese verbintenis het.
>> - ek sukkel om enige verbintenis tussen vinkel en koljander te erken
>> wat kon gelei het tot die betekenis van die oorspronklike gesegde.
>> Vinkel is nie soos koljander nie. Die een is nie soos die ander nie.
>> Die ene is kruie en die ander 'n spesery.
>
> Wel, wat soos 'n paal bo water staan,
> is dat die uitdrukking beteken " twee
> dinge is so eenders dat hulle amper nie
> onderskei kan word nie." Maar dit
> impliseer, ten minste vir my, dat hulle
> wel eintlik twee verskillende dinge is,
> maar op die oppervlakte so eners dat dit
> moeilik is om die verskil te sien.
> Ek wonder of die uitdrukking in Neder-
> lands bestaan. Dit mag wees dat toe die
> ou oorspronklike mense uit Europa in SA
> aangeland het, hulle 'n soort van vinkel
> hier gevind het wat baie soos koljander
> gelyk het. Ek dink die English South
> African Dictionary praat van "feathery
> fennel." En hulle blomme het miskien
> baie dieselfde gelyk. Hulle sade kon
> miskien genoeg verskil het om as twee
> aparte sade erken te word.
>
> Gloudina
>
Re: Vinkel en Koljander - Re: Snaaksie [boodskap #57759 is 'n antwoord op boodskap #57757] Vr, 22 Februarie 2002 15:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> Gloudina - die ou mense was net pleinweg hopeloos verkeerd, en ons sit nou
> met die gemors:))
> Hulle het nie gesê vinkel en koljander die een LYK soos die ander nie.
> Annette

Ek wil nie argumenteer nie. Dit sal interessant
wees as ander hier hul opinies gee. Maar in my
geval dink ek tog dat dit 'n komplekse situasie
is. As jy die spreekwoord gebruik, wil jy die
volgende uitbring: dat die twee sake omtrent
dieselfde lyk, dat dit baie moeilik is om dit
as twee aparte gevalle te behandel al weet jy
dat daar 'n subtiele verskil is. Maar ek mag
verkeerd wees. Ons "Afrikaanse Idiome en
Vaste Uitdrukkings" stem ongeveer met jou en
Danielle saam: "Dis vinkel en koljander, die
een is soos die ander" gesê van (persone/dinge
wat presies eenders is."

Gloudina
Re: Snaaksie [boodskap #58092 is 'n antwoord op boodskap #57702] So, 03 Maart 2002 11:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hein[1]  is tans af-lyn  hein[1]
Boodskappe: 6
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Junior Lid
Hallo Almal,
ons woon in houston Texas en maak maar ons eie boerewors met spesirye
van Potchefstroom se boerewors koning. Ons maak so 100 lb op n slag nogal
nie sleg nie die amerikaners is mal daaroor

"Patricia" skryf in boodskap news:k4Uc8.2090$W8.16210@news.indigo.ie...
> Ons kry ons wors, op bestelling let wel, van 'n slagter in Cellbridge,
> ongeveer 'n halfuur se ry wes na die binneland toe. Die rit is elke keer
> die moeite werd aangesien die wors net soos ons eie SA wors proe! Maar ek
> weet van verskeie slagters wat wors vir ons ander SA vriende maak en elkeeen
> sweer natuurlik by sy eie slagter!
>
> Patricia
>
> "Annette" wrote in message
> news:a4q778$261ja$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Blykbaar is daar 'n slagter in die Ierse dorpie Rush wat bereid is om
>> boerewors te maak vir lustige Suid-Afrikaners.
>> Die slagter vra glo Suid Afrikaners se menings en selfs resepte om hierdie
>> lekkerny te maak.
>> 'n Suid Afrikaner doen toe al die moeite vir die rit na Rush - en is daar
>> weg met 'n wors wat volgens die slagter al die regte bestanddele in het -
>> die wors was egter besonder dik, en stewig gestop - amper soos 'n salami.
>> Terug in London, is die boerewors gehou totdat sy dit kon gaarmaak vir haar
>> besoekende skoonfamilie uit SA.
>> Skoonpa het gevra na die kaneelruik toe die wors in die pan begin braai - en
>> by die proe was dit definitef nie boerewors nie - en die hele lot is asblik
>> toe.
>> Daar is glo 'n groot verskil tussen All Spice en Ground All Spice:)))
>> Annette
>>
>
Re: Snaaksie [boodskap #58100 is 'n antwoord op boodskap #58092] So, 03 Maart 2002 13:22 Na vorige boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 3 Mar 2002 05:37:58 -0600, "hein"
wrote:

> Hallo Almal,
> ons woon in houston Texas en maak maar ons eie boerewors met spesirye
> van Potchefstroom se boerewors koning. Ons maak so 100 lb op n slag nogal
> nie sleg nie die amerikaners is mal daaroor
>

Is ek reg Hein (as jy sou weet natuurlik) dat die Boerewors Koning 'n
'Oom Hennie' was en dat hy enkele jare gelede oorlede is?
Vorige onderwerp: Saartjie kom tuis!
Volgende onderwerp: 'n Snaakse feit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 14:08:59 MGT 2024