Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nuwe skilderye vir die parlement
Nuwe skilderye vir die parlement [boodskap #5724] Wo, 07 Februarie 1996 00:00 na volgende boodskap
Martin Knoetze  is tans af-lyn  Martin Knoetze
Boodskappe: 6
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Ek lees vanoggend weer oor die nuwe skilderye wat nou in die parlement hang. Dit is
nou die koerant berigte wat op die Independant se web-site is (Wat is web-site in
Afrikaans ?????)

As ek moet gaan op die beskrywings in die artikel van die Independant, klink dit of
niemand regtig kon verstaan wat die skilderye probeer uitbeeld nie - dis nou die wat
nie toegemaak was nie. Twee van die beskrywings "tickle" my nogal. Ek gee dit net
weer :
"..haloed knight killing a grimacing white ape" en "...men in Nazi-style helmets and
gas masks pulling the intestines out of a corpse".

Ek kan aan 'n paar dinge dink wat die skilderye probeer uitbeeld, of waarmee hulle
ooreenkom, maar netnou word ek van links en regs as 'n rasis beskryf - en in die
nuwe SA is so iets mos uit. Iemand 'n idee wat die skilderye probeer uitbeeld???

Martin Knoetze
Re: Nuwe skilderye vir die parlement [boodskap #5735 is 'n antwoord op boodskap #5724] Do, 08 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ant Man  is tans af-lyn  Ant Man
Boodskappe: 41
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
In , Martin Knoetze writes:
> Ek lees vanoggend weer oor die nuwe skilderye wat nou in die parlement hang. Dit is
> nou die koerant berigte wat op die Independant se web-site is (Wat is web-site in
> Afrikaans ?????)

Ek dink webblad word nou meerendeels gebruik en tuisblad vir "home page".

>
> As ek moet gaan op die beskrywings in die artikel van die Independant, klink dit of
> niemand regtig kon verstaan wat die skilderye probeer uitbeeld nie - dis nou die wat
> nie toegemaak was nie. Twee van die beskrywings "tickle" my nogal. Ek gee dit net
> weer :
> "..haloed knight killing a grimacing white ape" en "...men in Nazi-style helmets and
> gas masks pulling the intestines out of a corpse".
>
> Ek kan aan 'n paar dinge dink wat die skilderye probeer uitbeeld, of waarmee hulle
> ooreenkom, maar netnou word ek van links en regs as 'n rasis beskryf - en in die
> nuwe SA is so iets mos uit. Iemand 'n idee wat die skilderye probeer uitbeeld???

Gisteraand op die nuus het self Tony Leon maar baie sinies geklink en ook
laat blyk dat hy
nou nie eintlik verstaan wat die mense probeer uitbeeld nie. Lyk vir my die
dinge is ook bokant my vuurmaakplek.

Antonie Kotze
Re: Nuwe skilderye vir die parlement [boodskap #5736 is 'n antwoord op boodskap #5724] Do, 08 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
a...@rmb.co.za (Ant Man) wrote:


laat blyk dat hy[/color]
> nou nie eintlik verstaan wat die mense probeer uitbeeld nie. Lyk vir my die
> dinge is ook bokant my vuurmaakplek.

> Antonie Kotze>>>

Van Lodewyk die veertiende se kinders is gese: Hulle het baie gereis,
baie gesien en het niks geleer of onthou daarvan nie.
Re: Nuwe skilderye vir die parlement [boodskap #5737 is 'n antwoord op boodskap #5724] Do, 08 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Martin Knoetze wrote:


>[/color]

Klink nogal na die beskrywings wat gegee is in ondersoeke en
hof-verrigtinge van die wyse waarop die UDF/ANC-man Griffiths Mxginge
(spelling?) in die jare tagtig in Durban doodgemaak is.
Of dalk Mathews Goniwe en Fort Calata naby PE. Geskiet en aan die
brand gesteek.
In Durban is die man - wat gelok is om stil te hou deur 'n motor met
oop enjinkap, hy het klaarblyklik gestop om hulp te verleen - geskiet
en sy maag is fisiek oopgesny en hy is in die pad laat le.
Toe is sy motor-radio met die wegloop gesteel - as ek die getuienis
reg onthou....
Dirk Coetsee was betrokke hierby.
Eugene de Kock na bewering ook, as ek dit reg het.
Hierby kan die talle "necklacings" en so meer gevoeg word.
Ook Winnie en Stompie diep in die nag. 'n Kind wat na bewering dood
geslaan word te midde van 'n gedrink. (Hoekom is daar altyd drank by
betrokke?)
Steve Biko wie se kop herhaaldelik teen 'n koue selmuur gestamp word
tot hy sy bewussyn verloor en hy homself bevuil.
Dan word hy onder net 'n kombers agter in 'n Land Rover gegooi en daar
word Pretoria toe met hom gery. Waar hy doodgaan.
Dan word daar met reguit gesigte gese hy het uit frustrasie sy eie
kop teen die muur gestamp tot hy dood is.
"Mindere" aktiviste wat geskok word tot hulle arms vreemd en dik
geswel aan hulle hang. terwyl hulle martelaars lag en nog meer
belowe....
Die gallery van geweld in en oor apartheid is weersinswekkend.
Mense wat in die nag in die Noord-Transvaal hul eie graf moes graaf
nadat hulle opgedonder is - wetende dat hulle nou hul eie graf graaf
en dat hulle nooit hulle kinders of vrouens weer sal sien of vorentoe
sal ken nie - terwyl hul teregstellers om die vuur langsaan sit en
drink en vleis braai.
Dan die laaste belediging en die skoot.
(aaaaaa, Suid-Afrika....)

Die skildery begin al hoe meer korrek klink.
Re: Nuwe skilderye vir die parlement [boodskap #5753 is 'n antwoord op boodskap #5724] Sa, 10 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Kerels, kalmeer julle self nou 'n bietjie. Volgens my inligting is
dit net 'n tydelike kunsuitstalling wat daar vir ses maande gaan hang.
Gloudina
Re: Nuwe skilderye vir die parlement [boodskap #5766 is 'n antwoord op boodskap #5724] Ma, 12 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
joh...  is tans af-lyn  joh...
Boodskappe: 25
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article , iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:
>
> Kerels, kalmeer julle self nou 'n bietjie. Volgens my inligting is
> dit net 'n tydelike kunsuitstalling wat daar vir ses maande gaan hang.
> Gloudina
>
Ja, hoeveel van ons is nou eintlik in die parlement en moet heeldag in die
goed vaskyk?
Wat my betref kan hulle maar posters van Brad Pitt daar opplak soveel gee ek
om.

Groete
Johann


-----------------------------------------
Johann Fourie, Open System Integrators
email : joh...@osi.co.za
Viva Bafana Bafana Viva
Vorige onderwerp: Valentines Day
Volgende onderwerp: Koppeling met poslys
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 04:02:23 MGT 2024