Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die gene wat my ken
Die gene wat my ken [boodskap #57535] Vr, 15 Februarie 2002 10:15 na volgende boodskap
Voetleuce  is tans af-lyn  Voetleuce
Boodskappe: 127
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Die gene wat my nie ken nie, skip maar gerus. Ek en my vroutjie Ijlant het
vanoggend om 09:54 'n seuntjie ryker geword, dié Finn Genly heet. Baie
vinnige kraam, heel verras... verwag hom eers die 22ste! Groetjies.
Re: Die gene wat my ken [boodskap #57536 is 'n antwoord op boodskap #57535] Vr, 15 Februarie 2002 10:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Baie geluk aan die ouers, en welkom Finn Voetleuce:)))
Annette

news:3c6d6d75_3@batman.vip-za.com...
> Die gene wat my nie ken nie, skip maar gerus. Ek en my vroutjie Ijlant het
> vanoggend om 09:54 'n seuntjie ryker geword, dié Finn Genly heet. Baie
> vinnige kraam, heel verras... verwag hom eers die 22ste! Groetjies.
>
Re: Die gene wat my ken [boodskap #57538 is 'n antwoord op boodskap #57535] Vr, 15 Februarie 2002 11:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Baie geluk man, ek is oortuig pa loop met 'n breë bors rond.

"Voetleuce" skryf in boodskap news:3c6d6d75_3@batman.vip-za.com...
> Die gene wat my nie ken nie, skip maar gerus. Ek en my vroutjie Ijlant het
> vanoggend om 09:54 'n seuntjie ryker geword, dié Finn Genly heet. Baie
> vinnige kraam, heel verras... verwag hom eers die 22ste! Groetjies.
>
Re: Die gene wat my ken [boodskap #57541 is 'n antwoord op boodskap #57536] Vr, 15 Februarie 2002 12:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

>> Die gene wat my nie ken nie, skip maar gerus. Ek en my vroutjie Ijlant het
>> vanoggend om 09:54 'n seuntjie ryker geword, dié Finn Genly heet. Baie
>> vinnige kraam, heel verras... verwag hom eers die 22ste! Groetjies.

Baie geluk, Samuel. Kan jy vir ons die
naam verduidelik. Ek neem aan dis nie
Nederlands nie. Jou oorgrootjie was 'n
seerower wat op Robbeneiland sy dinge
gedoen het. Ek neem dus aan Finn
Genly het iets te doen met Skots van die
Hooglande of so iets ,of is ek
die kluts geheel kwyt.

Gloudina
Re: Die gene wat my ken [boodskap #57549 is 'n antwoord op boodskap #57535] Vr, 15 Februarie 2002 17:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Voetleuce" skryf in boodskap news:...
> Die gene wat my nie ken nie, skip maar gerus. Ek en my vroutjie Ijlant het
> vanoggend om 09:54 'n seuntjie ryker geword, dié Finn Genly heet. Baie
> vinnige kraam, heel verras... verwag hom eers die 22ste! Groetjies.

Geluk van my kant af ook, uit die Oos kaap. 'n Nuwe wesentjie is altyd
'n groot plesier. Dra dit ook oor na jou goeie vrou. Vat vyf!
Drom
Re: Die gene wat my ken [boodskap #57551 is 'n antwoord op boodskap #57535] Vr, 15 Februarie 2002 18:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Grahame  is tans af-lyn  Grahame
Boodskappe: 131
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek ken jou nog nie maar BAIE geluk vir jou en vroutjie. Die name Ijlant en
Finn Genly klink vreemd - van watter afkoms?
Grahame

Voetleuce skryf in boodskap news:3c6d6d75_3@batman.vip-za.com...
> Die gene wat my nie ken nie, skip maar gerus. Ek en my vroutjie Ijlant het
> vanoggend om 09:54 'n seuntjie ryker geword, dié Finn Genly heet. Baie
> vinnige kraam, heel verras... verwag hom eers die 22ste! Groetjies.
>
Re: Die gene wat my ken [boodskap #57561 is 'n antwoord op boodskap #57541] Vr, 15 Februarie 2002 19:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 15 Feb 2002 12:22:37 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> . Jou oorgrootjie was 'n
> seerower wat op Robbeneiland sy dinge
> gedoen het. Ek neem dus aan Finn
> Genly het iets te doen met Skots van die
> Hooglande of so iets ,of is ek
> die kluts geheel kwyt.
>
> Gloudina

En ek neem dus aan dat
Nelson Mandela nie
oorspronklik was nie
of is jy die kluts geheel kwyt?

Jou Held

Davie Davis
Re: Die gene wat my ken [boodskap #57589 is 'n antwoord op boodskap #57536] Sa, 16 Februarie 2002 12:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gefelisiteerd. Weet nie of my Nederlandse spelling nog op datum is nie, maar
daar gaat hy! 'n Virtuele bottel sjampanje vir jou en jou gade!

(Die Nederlanders is mos berug daarvoor dat hulle die hele kaboedel
gelukwens met 'n verjaardsag, geboorte, troue en wat nog. Buurman, buurvrou,
die kruidenier, slagter, poeliesman of wie ookal daar langs sou kom. As die
kat lank genoeg sou stilstaan word die ook geluk gewens.)

Karoo groete van die Hantamkind in Australië

> news:3c6d6d75_3@batman.vip-za.com...
>> Die gene wat my nie ken nie, skip maar gerus. Ek en my vroutjie Ijlant het
>> vanoggend om 09:54 'n seuntjie ryker geword, dié Finn Genly heet. Baie
>> vinnige kraam, heel verras... verwag hom eers die 22ste! Groetjies.
Re: Die gene wat my ken [boodskap #57593 is 'n antwoord op boodskap #57551] Sa, 16 Februarie 2002 17:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Voetleuce  is tans af-lyn  Voetleuce
Boodskappe: 127
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Grahame" skryf in boodskap news:a4jkvk$q42$1@ctb-nnrp1.saix.net...

> Voetleuce wrote in message
> news:3c6d6d75_3@batman.vip-za.com...

>> Die gene wat my nie ken nie, skip maar gerus. Ek en my vroutjie Ijlant het
>> vanoggend om 09:54 'n seuntjie ryker geword, dié Finn Genly heet. Baie
>> vinnige kraam, heel verras... verwag hom eers die 22ste! Groetjies.

> Ek ken jou nog nie maar BAIE geluk vir jou en vroutjie. Die name Ijlant en
> Finn Genly klink vreemd - van watter afkoms?

My vroutjie se naam is "Marion", en haar internet-nicknaam is "Ijlant". Sit
twee en twee bymekaar. Oor "Finn Genly" verduidelik ek in @home se possie.
Re: Die gene wat my ken [boodskap #57594 is 'n antwoord op boodskap #57538] Sa, 16 Februarie 2002 17:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Voetleuce  is tans af-lyn  Voetleuce
Boodskappe: 127
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Sakkie" skryf in boodskap news:3c6cf3d4$0$225@hades.is.co.za...

> "Voetleuce" wrote in message
> news:3c6d6d75_3@batman.vip-za.com...

>> Die gene wat my nie ken nie, skip maar gerus. Ek en my vroutjie Ijlant het
>> vanoggend om 09:54 'n seuntjie ryker geword, dié Finn Genly heet. Baie
>> vinnige kraam, heel verras... verwag hom eers die 22ste! Groetjies.

> Baie geluk man, ek is oortuig pa loop met 'n breë bors rond.

Ek verseker jou, my vrou se bors is breër :-)
Re: Die gene wat my ken [boodskap #57595 is 'n antwoord op boodskap #57541] Sa, 16 Februarie 2002 17:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Voetleuce  is tans af-lyn  Voetleuce
Boodskappe: 127
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3C6CFE7D.5030909@rogers.com...

>> Die gene wat my nie ken nie, skip maar gerus. Ek en my
>> vroutjie Ijlant het vanoggend om 09:54 'n seuntjie ryker
>> geword, dié Finn Genly heet.

> Baie geluk, Samuel. Kan jy vir ons die
> naam verduidelik.

Dis nie famieljename nie, hoor. Die "Finn" kom uit die fliek "Great
Expectations" (in die boek heet dié karaker "Pip"... nee dankie). Die
"Genly" kom uit Ursula le Guinn se boek "The Left Hand of Darkness"... aan
te beveel. Finn is Fins vir "wit" (dis ook Klingon vir "swart"...(grappie))
en "Genly" is afkoms is waarskynlik 'n Russies-Japanees
geretrotranslitereerde "Henry" (maar dit het ons eers agtergekom nádat ons
die naam gekies het).
Re: Die gene wat my ken [boodskap #57596 is 'n antwoord op boodskap #57561] Sa, 16 Februarie 2002 18:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Voetleuce  is tans af-lyn  Voetleuce
Boodskappe: 127
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Davie Davis" skryf in boodskap news:7nnq6ucq6ds62221h02u5egrg92eoo7p40@4ax.com...

> On Fri, 15 Feb 2002 12:22:37 GMT, "@rogers.com" wrote:

>> Jou oorgrootjie was 'n
>> seerower wat op Robbeneiland sy dinge
>> gedoen het.

> En ek neem dus aan dat
> Nelson Mandela nie
> oorspronklik was nie
> of is jy die kluts geheel kwyt?

Dawie, nee kyk, meisie Gloudina hier ken 'n stukkie van my voorgeskiedenis,
naamlik dat my voorvader John 'n walvisstasie op Robbeneiland besit het in
1797, vandaar oor die naam van die baai by Robbeneiland (kyk op 'n kaart om
te sien wat my van is, m.a.w.). Die regering het hom 'n som geld aangebied
in die 1800's om die walvisaanleg na die vasteland te verskuif omdat te veel
prisoniers op sy bote ontsnap het.

Hy was egter allermins 'n seerower. Waarskynlik wel 'n deurtrapte skelm,
maar nie 'n seerower nie.
Re: Die gene wat my ken [boodskap #57600 is 'n antwoord op boodskap #57594] Sa, 16 Februarie 2002 19:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
En seerder:)))
Annette

Voetleuce skryf in boodskap news:3c6f3f7f_1@batman.vip-za.com...
>
> "Sakkie" wrote in message
> news:3c6cf3d4$0$225@hades.is.co.za...
>
>> "Voetleuce" wrote in message
>> news:3c6d6d75_3@batman.vip-za.com...
>
>>> Die gene wat my nie ken nie, skip maar gerus. Ek en my vroutjie
Ijlant het

>>> vanoggend om 09:54 'n seuntjie ryker geword, dié Finn Genly heet. Baie
>>> vinnige kraam, heel verras... verwag hom eers die 22ste! Groetjies.
>
>> Baie geluk man, ek is oortuig pa loop met 'n breë bors rond.
>
> Ek verseker jou, my vrou se bors is breër :-)
>
Re: Die gene wat my ken [boodskap #57628 is 'n antwoord op boodskap #57593] Ma, 18 Februarie 2002 08:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Voetleuce skryf in boodskap news:3c6f3f7e_1@batman.vip-za.com...
>
> "Grahame" wrote in message
> news:a4jkvk$q42$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>
>> Voetleuce wrote in message
>> news:3c6d6d75_3@batman.vip-za.com...
>
>>> Die gene wat my nie ken nie, skip maar gerus. Ek en my vroutjie Ijlant het
>>> vanoggend om 09:54 'n seuntjie ryker geword, dié Finn Genly heet. Baie
>>> vinnige kraam, heel verras... verwag hom eers die 22ste! Groetjies.
>
>> Ek ken jou nog nie maar BAIE geluk vir jou en vroutjie. Die name Ijlant en
>> Finn Genly klink vreemd - van watter afkoms?
>
> My vroutjie se naam is "Marion", en haar internet-nicknaam is "Ijlant". Sit
> twee en twee bymekaar. Oor "Finn Genly" verduidelik ek in @home se possie.
>

Baie geluk met jul nuweling! Ek is dol oor name wat anders is, as die
normale.

Twee en twee maak vier. 'n Heel kreatiewe naam wat jou vrou het. My pa het
my weer altyd kaatjie kekkelbek genoem to ek klein was, natuurlik omdat ek
so geweldig baie gepraat het, aaneen sonder ophou! Nou is ek gelukkig 'n
bietjie stiller, want ek het gesien 'n toe bek is 'n heel bek. (veral
op die ng!)

Ons gesin het ook uitgerei...ons is so 8 hamsters ryker (my jongste dogter
s'n). Gelukkig gaan slapelose nagte nie daarmee saam nie!
Re: Die gene wat my ken [boodskap #57738 is 'n antwoord op boodskap #57596] Do, 21 Februarie 2002 19:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Voetleuce  is tans af-lyn  Voetleuce
Boodskappe: 127
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 15 Feb 2002 12:22:37 GMT, "@rogers.com" wrote:

>>> Jou oorgrootjie was 'n
>>> seerower wat op Robbeneiland sy dinge
>>> gedoen het.

Gloumeisie (en ander genes), my skoonbroer het foto'tjies op die net gesit.
vandermerwe.virafrikaans.com. Geniet (dit lyk maar soos alle babafoto's).
Re: Die gene wat my ken [boodskap #57742 is 'n antwoord op boodskap #57738] Vr, 22 Februarie 2002 00:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Voetleuce wrote:

my skoonbroer het foto'tjies op die net gesit.
> vandermerwe.virafrikaans.com. Geniet (dit lyk maar soos alle babafoto's).

Oulik. Die baba lyk so groot al, en wa-
wyd wakker. Maar die eerste paar weke
voel elke dag mos soos 'n jaar en elke
week soos 'n eeu. En somtyds is die
baba nog vreeslik "soet" tot so omtrent
tien dae, en dan "word hulle wakker" soos
my ma altyd gesê het.
Wie se vinger is so knaend in die baba
se mond? Ek is van die skool-wat-nie-dink-
dis-so-'n-goeie-ding nie, maar my man
behoort nie aan dieselfde skool nie.

Gloudina
Re: Die gene wat my ken [boodskap #57749 is 'n antwoord op boodskap #57738] Vr, 22 Februarie 2002 06:05 Na vorige boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Voetleuce skryf in boodskap news:3c75d704_3@batman.vip-za.com...
> On Fri, 15 Feb 2002 12:22:37 GMT, "@rogers.com" wrote:
>
>>>> Jou oorgrootjie was 'n
>>>> seerower wat op Robbeneiland sy dinge
>>>> gedoen het.
>
> Gloumeisie (en ander genes), my skoonbroer het foto'tjies op die net gesit.
> vandermerwe.virafrikaans.com. Geniet (dit lyk maar soos alle babafoto's).
>
Pragtige seun. Hy lyk heel op en wakker en lyk reeds soos 'n maand oue
baba.
Vorige onderwerp: Johann de Lange (geb. 1959) Kusdorp
Volgende onderwerp: Vernie Plaatjies (geb. 1962) O Goddit sillie ka soe nie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 06:01:31 MGT 2024