Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » UNISA en die Xhosa Nostra
Studentemag [boodskap #57188 is 'n antwoord op boodskap #57144] Sa, 09 Februarie 2002 12:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wouter Plaasvark wrote:
> Studenterade probeer hulle bes om 'n rol te speel
> Die Studenteraad se vermoë
> om meer te doen as om 'n geraas te maak is baie beperk.

Gloudina
Dit is wel waar dat studenterade uit die
aard van die saak nie deurslaggewende mag
het (of behoort te hê nie.) Maar in sekere
politieke klimate in die laaste vyftig jaar
kon hulle kritiese magsposisies beklee.
Mens dink nou maar aan die VSA gedurende
die sestig- en sewentigerjare, die studente
opstande in Parys iewers gedurende daardie
tyd, en die studentebewegings in SA gedurende
die "struggle."

Wouter
In omtrent al die gevalle waarna jy verwys, was dit 'n ander beweging
as die studenteraad wat die inisiatief geneem het. En hulle het buite die
stelsel gewerk. Studente as 'n groep kan beslis verandering forseer,
maar dit het gewoonlik nie deur geïnstitusionaliseerde liggame soos
die studenterade gebeur nie. Minstens in SA is die kommunikasie
tussen die studente en die bestuur van universiteite deesdae beter
as in die verlede en sal veranderings hopelik meer evolusionêr en
minder deur revolusie geskied.

Gloudina
'n Gesonde demokrasie gee aandag aan wat
studente sê. Hier in Kanada is daar 'n Federasie
van studente-liggame wat 'n Uitvoerende Direkteur
het wat gewoonlik so pas 'n student was. En as
hulle uitsprake doen en kante kies, dan luister
die outoriteite gewoonlik.

Wouter
Ek stem saam. In SA moet universiteite deesdae ook
'n Institusionele Forum hê, waarin omtrent alle belanghebbers,
ook studente en personeel, verteenwoordig is. Hopelik sal
dit die kommunikasie verder verbeter.
Re: UNISA en die Xhosa Nostra [boodskap #57267 is 'n antwoord op boodskap #57141] Ma, 11 Februarie 2002 12:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Johnnie wrote:
>
> Lou skryf in boodskap news:...
>
>>> Ek is bly jy erken jy is oningelig. Die feite soos vir ons ingeligtes
>>> is:
>>
>> Dem - my sarkasme weereens gemors - tut tut. Sien dit "'" om die woord
>> feit? Hello!
>
> My sarkasme is obviously ook gemors ;-(
>
>>>
>>> Nie heelremal korrek nie. UNISA se Raad DINK hulle het gronde -
>>> gegrond op hulle regsadvies. Asmal DINK weer hy het gronde om te doen
>>> wat hy wil doen, ook gegrond op regadvies. Dan is daar net twee
>>> uitwe"e uit die dilemma: (a) die partye onderhandel [wat op die
>>> oomblik plaasvind] of hulle laat die hof oor die meriete besluit [die
>>> saak is op die hofrol ook op die oomblik].
>>
>> Regstelling - JY DINK dat Unisa dink hulle het gronde. UNISA se raad
>> glo hulle het gronde.
>
> Weer 'n regstelling: die rektor het nou die dag in 'n e-pos vir ons
> geskryf:
> "we BELIEVE after obtaining legal advice that ..."
>
>> Asmal het redelik vinnig gebackpeddel toe die hofsaak aanhanging
>> gemaak is.
>
> Laat ek as 'n ingeligte vir jou weer iets hier vertel: Asmal het nie
> gebackpeddel nie. Hy het nie enige toegewings gemaak in die saak nie,
> en die saak is nog op die rol.

Nou laat ek jou dan op jou fout wys - een van die voorwaardes wat Asmal
gestel het was dat Unisa die saak staak - wat hulle duidelik nie gedoen
het nie. Maar die datum het steeds geskuif.

>> En sy dreigemente aangaande die hofsaak vs. die uitstel van die datum
>> het nou nioe juis 'n duik in Unisa se vasberadenheid gemaak nie ne?
>
> Nee, dit het nie. So what? Mens kan vasberade wees en nog steeds
> verkeerd daarby!

Sien backpeddel bo ...



>> So waar pas die sin in by jou vorige?
>
> Hoe meer ek lees wat ek hier geskryf het, hoe minder verstaan ek wat
> jou pla!

:) - I rest my case.

>
>>>
>>> As die "koppe gaan waai" waarom steun hulle dan die amalgamasie? Om
>>> die waarheid te sê is die enigste verskilpunte tussen die
>>> Universiteit en die Minister oor twee sekond^ere punte: (a) die datum
>>> van amalgamasie, en (b) die naam van die nuwe instelling. Dit is al.
>>
>> Nope - dit gaan oor die ALMAGAMASIE al dan nie - dit is al. En as die
>> administrasie en doserende funksies van die drie inrigtings saamsmelt
>> sal daar koppe waai - tel een en een en een bymekaar en hoeveel kry jy?
>> Sonder amalgamasie is die poste duidelik nie oorbodig nie.
>
> Maar die personeel is nie teen die amalgamasie nie! En buitendien sou
> kant kies aan die minister se kant hulle niks help nie. Ek verstaan
> nie hoe jou kop werk nie.

Ok laat ek mooi verduidelik (ek sal probeer om dit eenvoudig te hou) -
daar is nou 3 instansies - elke het administratiewe funksies soos HR, IT
ens. As die inrigtings dus saamsmelt het is daar drie HR'e :), drie IT
departetement ens. Dus wat sal moet gebeur - een HR, een IT departement.
Duidelik gaan daar dan 'n oorvleueling van funksies wees - en mense sal
oorbodig verklaar word / afbetaal word / hulle werk verloor - koppe
sal waai - verstaan jy nou? Doen nou dieslefde vir dosende funksies,
ondersteunende personeel soos drukkerye, eksamens, registrasies ens.
Deur dus die amalgamasie teen te staan sal hulle duidelik 'n beter kans
h^e om hulle poste te behou. Verstaan jy nou? En as jy dit nie vertsaan
nie ... sjym. Begin solank jou CV opdateer.

>>> Ons het hier 'n horde werkgroepe en komitees wat werk op aspekte van
>>> die amalgamasie. Dit lyk nie vir my of al die mense wat daaraan werk
>>> veel worrie oor hulle kop gaan waai al dan nie, hoor?
>>
>> Wel - dan het hulel duidelik nog nie met die mense by die ander
>> installing gepraat nie. En ek het nuus vir hulle - hulle
>> beter begin worry.
>
> Jy het duidelik baie goeie binne-inligting. Soos in die dae toe jy
> hier student was en jy gehelp het om die plek te "beheer"?
>

Haai - nou sien ek - jy verstaan uiteindelik sarkasme - maar dit maak
nog nie my laaste punt ongeldig nie.
Re: UNISA en die Xhosa Nostra [boodskap #57363 is 'n antwoord op boodskap #57267] Wo, 13 Februarie 2002 10:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johnnie  is tans af-lyn  Johnnie
Boodskappe: 36
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Volle Lid
Lou skryf in boodskap news:...

>>
>> Maar die personeel is nie teen die amalgamasie nie! En buitendien sou
>> kant kies aan die minister se kant hulle niks help nie. Ek verstaan
>> nie hoe jou kop werk nie.
>
> Ok laat ek mooi verduidelik (ek sal probeer om dit eenvoudig te hou) -
> daar is nou 3 instansies - elke het administratiewe funksies soos HR, IT
> ens. As die inrigtings dus saamsmelt het is daar drie HR'e :), drie IT
> departetement ens. Dus wat sal moet gebeur - een HR, een IT departement.
> Duidelik gaan daar dan 'n oorvleueling van funksies wees - en mense sal
> oorbodig verklaar word / afbetaal word / hulle werk verloor - koppe
> sal waai - verstaan jy nou? Doen nou dieslefde vir dosende funksies,
> ondersteunende personeel soos drukkerye, eksamens, registrasies ens.
> Deur dus die amalgamasie teen te staan sal hulle duidelik 'n beter kans
> hê om hulle poste te behou. Verstaan jy nou? En as jy dit nie vertsaan
> nie ... sjym. Begin solank jou CV opdateer.

OK: ek begin met 'n vraag, en dan gaan en aan met 'n antwoord op Lou
se storie hierbo.

Die vraag: Jy reken: "(d)eur dus die amalgamasie teen te staan sal
hulle duidelik 'n beter kans hê om hulle poste te behou". Hoe is dit
dan dat geen personeelvakbond, of geen ander groepering van die
personeel teen die amalgamasie is nie? Daardie feit het ek nou al by
herhaling genoem, so jy behoort teen hierdie tyd al bietjie "ingelig"
te raak!

Dan verder: jou scenario soos hierbo is geldig indien al daardie
afdelings en departemente en so optimaal beman [en bevrou] is. Dan
gaan ekonomie van skaal veroorsaak dat daar mense oortollig word.

Die ware feite is egter dat die plek so onderbeman is dat van die
funksies nie meer effektief werk nie. IT is een van hulle, maar gaan
maar aan met die hele lys. Een rede waarom die personeel amalgamasie
steun is juis dat mens die ekonomie van skaal saam net gaan regkry om
meer effektief te funksioneer.

Sien?

Wat myself betref: een kollega het nou die dag vir my gesê: "jou pos
is een van die veiligste in die universiteit". En ek is nie die
rektor of die voorsitter van die raad nie. So ek los my ou CV maar
eers in die hangl^eer.

Johnnie.
Re: UNISA en die Xhosa Nostra [boodskap #57371 is 'n antwoord op boodskap #57363] Wo, 13 Februarie 2002 12:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Johnnie wrote:
>
> Lou skryf in boodskap news:...
> .
>
> Die ware feite is egter dat die plek so onderbeman is dat van die
> funksies nie meer effektief werk nie. IT is een van hulle, maar gaan
> maar aan met die hele lys. Een rede waarom die personeel amalgamasie
> steun is juis dat mens die ekonomie van skaal saam net gaan regkry om
> meer effektief te funksioneer.
>
> Sien?

Nope - vat jou voorbeeld - die IT departemente gebruik verskillende
sagteware, hardeware en applikasies - dit sal na een gekonsolideer moet
word - dudelik oorbodigmaking van funksies. Ook is hule nie 50%
onderbeman nie - dus ekonomies of scale is nie relevant op die manier jy
dit probeer gebruik nie. Ekonomie van skaal is eerder van toepassing om
mense oorbodig te verklaar - want waar jy nou drie programmerders in elk
van die instansies het om die eksamen stelsels aan die gang te hou sal
vier dit kan doen op 'n gekombineerde stelsel want dit maak nie saak of
jy 100K of 200k studente het nie - jou applikasie is steeds dieselfde.
Net so het jy 'n oortollige bestuurstruktuur, operateurs,
sekretaresseses, dba's etc. - maak tog die sommetjies.

Die vakbond is nie daarteen nie? Maar hulle is dan deel van die
regerings koalisie?
Re: UNISA en die Xhosa Nostra [boodskap #57428 is 'n antwoord op boodskap #57371] Wo, 13 Februarie 2002 21:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Johnnie:
Jy reken: "(d)eur dus die amalgamasie teen te staan sal hulle
duidelik 'n beter kans hê om hulle poste te behou". Hoe is dit
dan dat geen personeelvakbond, of geen ander groepering van die
personeel teen die amalgamasie is nie? Daardie feit het ek nou al by
herhaling genoem, so jy behoort teen hierdie tyd al bietjie "ingelig"
te raak!

Lou
Die vakbond is nie daarteen nie? Maar hulle is dan deel van die
regerings koalisie?

Wouter
Dis 'n sogenaamde alliansie Lou, en dis heel anders as 'n koalisie.
(Die NP is byvoorbeeld deel van die ANC-koalisieregering die Wes-Kaap.)

En daardie alliansie verhoed die vakbonde nie om die Regering aan te
vat nie, hulle het byvoorbeeld pas weer 'n beraad geëis omdat Pres
Mbeki in sy openingstoespraak die beginsels van van die ANC se
ekonomiese beleid herbevestig het ten spyte van hulle besware.
Daar is geen manier waarop 'n vakbond sy opinie oor arbeidsake
sal temper omdat hulle deel van die alliansie is nie. Glo liewers vir
Johnnie, hy weet duidelik waarvan hy praat, terwyl jou onkunde
oor die saak al hoe duideliker uitgelig word deur die strooihalms
waarna jy probeer gryp.

Ek los die res van jou kommentaar vir Johnnie
Re: UNISA en die Xhosa Nostra [boodskap #57446 is 'n antwoord op boodskap #57371] Do, 14 Februarie 2002 11:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johnnie  is tans af-lyn  Johnnie
Boodskappe: 36
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Volle Lid
Lou skryf in boodskap news:...
>
> Nope - vat jou voorbeeld - die IT departemente gebruik verskillende
> sagteware, hardeware en applikasies - dit sal na een gekonsolideer moet
> word - dudelik oorbodigmaking van funksies. Ook is hule nie 50%
> onderbeman nie - dus ekonomies of scale is nie relevant op die manier jy
> dit probeer gebruik nie. Ekonomie van skaal is eerder van toepassing om
> mense oorbodig te verklaar - want waar jy nou drie programmerders in elk
> van die instansies het om die eksamen stelsels aan die gang te hou sal
> vier dit kan doen op 'n gekombineerde stelsel want dit maak nie saak of
> jy 100K of 200k studente het nie - jou applikasie is steeds dieselfde.
> Net so het jy 'n oortollige bestuurstruktuur, operateurs,
> sekretaresseses, dba's etc. - maak tog die sommetjies.

Om aan te gaan met jou voorbeeld: daar is 3 programmeerPOSTE in elkeen
van die 2 instansies, wat gevul is deur 1 programmeerder in elkeen.
Geen oordywing nie, dit is hoe dit met IT in universiteite gaan.

Nou na amalgamasie gaan daar 'n helse klomp werk wees om die stelsels
te versoen. Dit geskied nie oornag nie. Dus: meer werk aanvanklik.

Daarna sit jy met 2 programmeerders in 4 poste. Kyk nou weer na my
argument oor groter effektiwiteit wat jy gaan h^e.

>
> Die vakbond is nie daarteen nie? Maar hulle is dan deel van die
> regerings koalisie?

Drie antwoorde hierop:

1. Geen vakbond in die land is in "koalisie" met die regering nie.

2. Geen vakbond in die land, of hulle nou die regering steun of te
not, is ten gunste van 'n vermindering van indiensneming van hulle
lede nie.

3. Loop lees wat ek geskryf het, en jy sal sien ek het gepraat van
vakbondE. Daar is 3 van hulle. Een is Cosatu-geaffilieer, twee is
laas toe ek nog met my vloerbeampte gepraat het, baie ver van in 'n
"koalisie" met die regering.

Johnnie
Re: UNISA en die Xhosa Nostra [boodskap #57456 is 'n antwoord op boodskap #57446] Do, 14 Februarie 2002 14:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Johnnie wrote:

> 3. Loop lees wat ek geskryf het, en jy sal sien ek het gepraat van
> vakbondE. Daar is 3 van hulle. Een is Cosatu-geaffilieer, twee is
> laas toe ek nog met my vloerbeampte gepraat het, baie ver van in 'n
> "koalisie" met die regering.

Kan jy die name van die vakbonde noem?
Is daar 'n nasionale vakbond vir die
onderwysende personeel in SA? Ek dink
nie hier in Kanada het die professors
'n nasionale vakbond nie. Maar almal
behoort aan die CAUT, die Canadian
Association for University Teachers,
en as die CAUT byvoorbeeld 'n Universiteit
onder sensuur plaas, moet al die lede
die sensuur gehoorsaam.

Gloudina
Re: UNISA en die Xhosa Nostra [boodskap #57531 is 'n antwoord op boodskap #57446] Vr, 15 Februarie 2002 09:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Johnnie wrote:
>
> Lou skryf in boodskap news:...
>>
>> Nope - vat jou voorbeeld - die IT departemente gebruik verskillende
>> sagteware, hardeware en applikasies - dit sal na een gekonsolideer moet
>> word - dudelik oorbodigmaking van funksies. Ook is hule nie 50%
>> onderbeman nie - dus ekonomies of scale is nie relevant op die manier jy
>> dit probeer gebruik nie. Ekonomie van skaal is eerder van toepassing om
>> mense oorbodig te verklaar - want waar jy nou drie programmerders in elk
>> van die instansies het om die eksamen stelsels aan die gang te hou sal
>> vier dit kan doen op 'n gekombineerde stelsel want dit maak nie saak of
>> jy 100K of 200k studente het nie - jou applikasie is steeds dieselfde.
>> Net so het jy 'n oortollige bestuurstruktuur, operateurs,
>> sekretaresseses, dba's etc. - maak tog die sommetjies.
>
> Om aan te gaan met jou voorbeeld: daar is 3 programmeerPOSTE in elkeen
> van die 2 instansies, wat gevul is deur 1 programmeerder in elkeen.
> Geen oordywing nie, dit is hoe dit met IT in universiteite gaan.

Ne!?

>
> Nou na amalgamasie gaan daar 'n helse klomp werk wees om die stelsels
> te versoen. Dit geskied nie oornag nie. Dus: meer werk aanvanklik.
>
> Daarna sit jy met 2 programmeerders in 4 poste. Kyk nou weer na my
> argument oor groter effektiwiteit wat jy gaan h^e.

Dit sou waar wees as jy nie vanaf 'n verkeerde aanname redeneer nie.

Verder UNISA en TSA het soos ver my beperkte :) kennis strek ook nie 'n
tekort in hulle IT departemente op IT Bestuur en ondersteuningsvlakke
nie.

Maar ons dwaal van die punt af - sjoe, ek raak al net so goed soos
Gloudina om 'n redenasie op 'n dwaalspoor te lei - kom ons gee die
amalgamasie-brousels so twee maande om te prut en dan praat ons weer.
Re: UNISA en die Xhosa Nostra [boodskap #57543 is 'n antwoord op boodskap #57456] Vr, 15 Februarie 2002 13:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johnnie  is tans af-lyn  Johnnie
Boodskappe: 36
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Volle Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
>
>
> Kan jy die name van die vakbonde noem? Is daar 'n nasionale vakbond vir
> die onderwysende personeel in SA? Ek dink nie hier in Kanada het die
> professors 'n nasionale vakbond nie. Maar almal behoort aan die CAUT,
> die Canadian Association for University Teachers, en as die CAUT
> byvoorbeeld 'n Universiteit onder sensuur plaas, moet al die lede
> die sensuur gehoorsaam.

Daar is:

NEHAWU. Dit is nou Lou se "koalisievennoot" van die regering [ :-))
]

SAPTU. Dit is die SA Professional Teachers Union. Dit is 'n interne
vakbond.

APSA. Die Academic and Professional Staff Association. Hulle is
nasionaal.

Btw jou "onderwysende personeel" klink vir my so, soos mens in Engels
sê, "quaint".

Almal tot en met die vlak van departementshoof kan aan die vakbonde
behoort.

Johnnie
Re: UNISA en die Xhosa Nostra [boodskap #57656 is 'n antwoord op boodskap #57531] Di, 19 Februarie 2002 11:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johnnie  is tans af-lyn  Johnnie
Boodskappe: 36
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Volle Lid
Lou skryf in boodskap news:...

>>
>> Om aan te gaan met jou voorbeeld: daar is 3 programmeerPOSTE in elkeen
>> van die 2 instansies, wat gevul is deur 1 programmeerder in elkeen.
>> Geen oordywing nie, dit is hoe dit met IT in universiteite gaan.
>
> Ne!?

Jup.

>
> Verder UNISA en TSA het soos ver my beperkte :) kennis strek ook nie 'n
> tekort in hulle IT departemente op IT Bestuur en ondersteuningsvlakke
> nie.

Ja. Jou kennis is beperk, en ook foutief, hoor?


> Maar ons dwaal van die punt af - sjoe, ek raak al net so goed soos
> Gloudina om 'n redenasie op 'n dwaalspoor te lei - kom ons gee die
> amalgamasie-brousels so twee maande om te prut en dan praat ons weer.

Geen probleem.

Johnnie
Re: UNISA en die Xhosa Nostra [boodskap #57659 is 'n antwoord op boodskap #57656] Di, 19 Februarie 2002 12:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Johnnie wrote:

>> Maar ons dwaal van die punt af - sjoe, ek raak al net so goed soos
>> Gloudina om 'n redenasie op 'n dwaalspoor te lei

Nee, Lou. Jy is die kampioen met
goud, silwer en brons op jou bors
en in jou mond en in jou keel en
wie weet waar. Jy het 'n Olimpiese
sport gemaak van mense te vertel
dat hulle van die punt af dwaal.
En niemand kan vir jou kers vashou
nie. Noudat Ferdi nie meer daar is
om jou game te speel en jou bluff
te call nie.

Gloudina
Re: UNISA en die Xhosa Nostra [boodskap #58029 is 'n antwoord op boodskap #57656] Vr, 01 Maart 2002 07:10 Na vorige boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Johnnie wrote:
>
> Lou skryf in boodskap news:...
>
>>>
>>> Om aan te gaan met jou voorbeeld: daar is 3 programmeerPOSTE in elkeen
>>> van die 2 instansies, wat gevul is deur 1 programmeerder in elkeen.
>>> Geen oordywing nie, dit is hoe dit met IT in universiteite gaan.
>>
>> Ne!?
>
> Jup.

Miskien moet jy net jou feite check ...

>
>>
>> Verder UNISA en TSA het soos ver my beperkte :) kennis strek ook nie 'n
>> tekort in hulle IT departemente op IT Bestuur en ondersteuningsvlakke
>> nie.
>
> Ja. Jou kennis is beperk, en ook foutief, hoor?

D^em - ek het vergeet - jy verstaan nie sarkasme nie en kan ook nie tel
nie.

>
>
>> Maar ons dwaal van die punt af - sjoe, ek raak al net so goed soos
>> Gloudina om 'n redenasie op 'n dwaalspoor te lei - kom ons gee die
>> amalgamasie-brousels so twee maande om te prut en dan praat ons weer.
>
> Geen probleem.

Ek het dit in my kalender gesit.
Vorige onderwerp: Jan Blignaut [1891]
Volgende onderwerp: beboet vir persoonlikheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 20:33:00 MGT 2024