Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Prinses en dagga
Prinses en dagga [boodskap #57528] Vr, 15 Februarie 2002 09:06
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Vandag se Dispatch (van Oos Londen) berig dat omtrent 50 daggaplante
in die groetetuin van 'n Nederlandse (Hollandse?) prinses, Prinses
Irene van Lippe Biesterfeld, suster van Koningin Beatrix, op haar
plaas gevind is.

Die daggavonds verbaas my nie juis nie, dis algemene Suid Afrikaanse
entrepeneurskap en gebeur baie op plase, veral as die eienaar nie
voltyds daar is nie. Wat my verbaas het is dat ons 'n prinses hier het
en dan nog op 'n baie afgeleë plek ook. Haar plaas, Bergplaas, is glo
naby Kompasberg en Kompasberg is naby Nieu Bethesda waar Suid Afrika
se beroemde Uilehuis geleë is. Middelburg en Graaff Reinet is heelwat
meer as 100 km van mekaar af en ongeveer halfpad tussen die twee draai
mens af Nieu Bethesda toe. Dis 'n ver, droë en alleen wêreld daai,
waar mens van die pad af selde selfs 'n skaap sien.

Drom
Vorige onderwerp: " Avondmaal " deur W.E.G. LOUW
Volgende onderwerp: Re: REGTERBANE-GAUTENGSIEKTE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 09:55:01 MGT 2024