Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Taxi avontuur
Taxi avontuur [boodskap #57345] Wo, 13 Februarie 2002 03:37 na volgende boodskap
Piet Pompie  is tans af-lyn  Piet Pompie
Boodskappe: 13
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Junior Lid
Ek was omtrent 6h50 Woensdag oggend (13 Februarie 2002) op die M1 Suid
op pad werk toe in die regterbaan in 'n Corsa bakkie. Die verkeer was
redelik
dig maar het vinnig beweeg.

Naby die Marlboro afrit het 'n taxi in die middelbaan vinnig probeer
oorskuif na die regterbaan sonder om rigtingwysers te gebruik. Daar was nie
plek vir nog 'n voertuig nie en toe ek nie stadiger ry nie, moes hy
noodgedwonge agter my inval. Die middel en die regterbaan het om die beurt
vinniger en stadiger gery en die taxi het bane gewissel om vinniger te
probeer vorder. Op 'n stadium het hy toe weer voor my probeer inskuif maar
daar was steeds nie vir hom plek nie en hy moes weer agter inval.

Ek het aan gery tot by die Grayston afrit toe ewe skielik drie taxis my
genader
het. Een het in die geelstreep aan my regterkant verby gekom, een was in die
middelbaan en een het in die heel linkerbaan verbygekom en voor my inbeweeg.
Die twee taxis aan die kante het ingeswaai maar ek het my spoed gehou en
hulle moes weer uitswaai. In die beweging het die taxi in die middelbaan my
linker spieëltjie afgery waarna dit los gehang het aan die kant. Die drie
taxis het toe spoed verminder totdat ons tot stilstand gekom het. Dit was
net na die Grayston afrit.

Die taxi bestuurder aan linkerkant het uitgeleun by die venster en die
spieëltjie wat los hang afgeruk en op die pad gegooi. Ek het 'n afstand
oopgehou tussen my en die voorste taxi sodat ek kan uitkom as dit gevaarlik
raak. Baie prominent op die voorste taxi se agterruit was 'n Johannesburg
taxivereniging plakker. Die passasiers op die agterse sitplek was net een ry
glimlagte. Na 'n paar sekondes het die verkeer begin ophoop en
het die voorste taxi weer begin ry. Ek het vir my vrou gesê om almal se
registrasie nommers af te neem. Sy het dit op die selfoon gestoor.

Die beige taxi (JZC861 GP) in die middelbaan het langs my gebly en die
bestuurder
het begin skree. Ek het na links gekyk en 'n enkel swart man met 'n
vertrekte gesig in 'n
beige minibussie gesien. Die bussie het 'n stamp regs agter met 'n stukkende
lig.
Eintlik was hy nie heeltemal swart nie, maar 'n bietjie gelerig.

Ek het nie een keer tydens die hele episode enige handgebare gebruik of
enige iets gesê behalwe my vrou of enigsins 'n agressiewe uitdrukking op my
gesig gehad nie.
Trouens, my vrou het my gekritiseer omdat ek deurgaans 'n eentonige deuntjie
gefluit het. Ek het ook geen tekens gesien van dodelike geweld nie en het
nooit
gevoel enige van ons lewens word bedreig nie.

Die voorste taxi (JRD 738 GP) en die taxi in die geelstreep (KXY 204 GP)
was vol passasiers en het weer normaal aangery (ek het tred van hulle
verloor)
maar die bestuurder van die beige taxi in die middelbaan het 'n swaar metaal
voorwerp gebruik en op hoë spoed uitgeleun en die passasierskant se ruit
probeer uitslaan.
My vrou het die ruit effens afgedraai en paniekbevange haar handsak teen die
ruit gedruk. 'n Rukkie daarna het hy die voorwerp teen die ruit gegooi
waarna
dit gebreek het en die metaal voorwerp op die pad geval het. My vrou het
ligte
snywonde opgedoen van die glas wat oral gespat het.

Hierna het die taxi herhaaldelik my probeer intimideer deur vinnig van die
kant af
in te swaai. Ek het hom geensins toegelaat om tussen my en die voertuig voor
my in te kom nie en het presies in die middel van die regterbaan gebly. Na
die eerste
slag by Grayston het het hy nie weer kontak gemaak nie.

Daar is beige verf afgesmeer aan die linker voorkant van die bakkie en daar
is 'n klop geluid
wanneer ek skerp regs draai. Behalwe die stukkende ruit en die spieëltjie is
die bakkie
nog heeltemal padwaardig. Daar is ook geen opsigtelike duike aan die
linkerkant nie.

Die beige taxi bestuurder het uiteindelik die Harrow afrit geneem, kort
voordat my vrou
telefonies kontak gemaak het met die polisie.
Re: Taxi avontuur [boodskap #57449 is 'n antwoord op boodskap #57345] Do, 14 Februarie 2002 13:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Is jy nie nou spyt dat jy hom nie maar die gap gegee het voor jou nie.
Persoonlik dink ek dis baie dom van jou, veral as jy jou vrou ook in
die kar het...

Kuier die Suid-Afrikaners nog so lekker in die regterbaan?

_______________________________________________________
"Piet Pompie"
> Ek was omtrent 6h50 Woensdag oggend (13 Februarie 2002) op die M1 Suid
> op pad werk toe in die regterbaan in 'n Corsa bakkie. Die verkeer was
> redelik
> dig maar het vinnig beweeg.

ens...
Re: Taxi avontuur [boodskap #57453 is 'n antwoord op boodskap #57449] Do, 14 Februarie 2002 13:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Max - stuur asb vir my Piet se oorspronklike berig - ek het dit nie
gekry/.gesien nie.

Wie kuier in die regterbaan?
Dis mos die manne se jaagplek:)))
Annette

Max skryf in boodskap news:e720f1c7.0202140544.ed77b46@posting.google.com...
> Is jy nie nou spyt dat jy hom nie maar die gap gegee het voor jou nie.
> Persoonlik dink ek dis baie dom van jou, veral as jy jou vrou ook in
> die kar het...
>
> Kuier die Suid-Afrikaners nog so lekker in die regterbaan?
>
> _______________________________________________________
> "Piet Pompie"
>> Ek was omtrent 6h50 Woensdag oggend (13 Februarie 2002) op die M1 Suid
>> op pad werk toe in die regterbaan in 'n Corsa bakkie. Die verkeer was
>> redelik
>> dig maar het vinnig beweeg.
>
> ens...
Re: Taxi avontuur [boodskap #57459 is 'n antwoord op boodskap #57449] Do, 14 Februarie 2002 14:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Max skryf in boodskap news:e720f1c7.0202140544.ed77b46@posting.google.com...
> Is jy nie nou spyt dat jy hom nie maar die gap gegee het voor jou nie.
> Persoonlik dink ek dis baie dom van jou, veral as jy jou vrou ook in
> die kar het...
>
> Kuier die Suid-Afrikaners nog so lekker in die regterbaan?
>
> _______________________________________________________
> "Piet Pompie"
>> Ek was omtrent 6h50 Woensdag oggend (13 Februarie 2002) op die M1 Suid
>> op pad werk toe in die regterbaan in 'n Corsa bakkie. Die verkeer was
>> redelik
>> dig maar het vinnig beweeg.
>

Max, gaan lees nou w�����r wat hy geskryf het, daar was nie 'n 'gap' vir die
taxi gewees nie.

Ek dink dit moes 'n skrikwekkende ervaring gewees het.

> ens...
Re: Taxi avontuur [boodskap #57481 is 'n antwoord op boodskap #57449] Do, 14 Februarie 2002 19:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Grahame  is tans af-lyn  Grahame
Boodskappe: 131
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Senior Lid
Eintlik dink ek dit was baie dom van jou dat jy nie 'n haelgeweer of iets
saam met jou gehad het nie en onder die klomp bliksems begin skiet het nie.
Grahame

Max skryf in boodskap news:e720f1c7.0202140544.ed77b46@posting.google.com...
> Is jy nie nou spyt dat jy hom nie maar die gap gegee het voor jou nie.
> Persoonlik dink ek dis baie dom van jou, veral as jy jou vrou ook in
> die kar het...
>
> Kuier die Suid-Afrikaners nog so lekker in die regterbaan?
>
> _______________________________________________________
> "Piet Pompie"
>> Ek was omtrent 6h50 Woensdag oggend (13 Februarie 2002) op die M1 Suid
>> op pad werk toe in die regterbaan in 'n Corsa bakkie. Die verkeer was
>> redelik
>> dig maar het vinnig beweeg.
>
> ens...
Re: Taxi avontuur [boodskap #57483 is 'n antwoord op boodskap #57345] Do, 14 Februarie 2002 19:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tjaart  Riekert  is tans af-lyn  Tjaart Riekert
Boodskappe: 38
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Volle Lid
Vertel bietjie vir ons wat die reaksie en/of hulp van die polisie was. (En
net vir klaarheid - ek het geen bybedoelings nie, wil net graag weet)

Patricia

"Piet Pompie" skryf in boodskap news:a4fbdh$3mm$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek was omtrent 6h50 Woensdag oggend (13 Februarie 2002) op die M1 Suid
> op pad werk toe in die regterbaan in 'n Corsa bakkie. Die verkeer was
> redelik
> dig maar het vinnig beweeg.
>
> Naby die Marlboro afrit het 'n taxi in die middelbaan vinnig probeer
> oorskuif na die regterbaan sonder om rigtingwysers te gebruik. Daar was nie
> plek vir nog 'n voertuig nie en toe ek nie stadiger ry nie, moes hy
> noodgedwonge agter my inval. Die middel en die regterbaan het om die beurt
> vinniger en stadiger gery en die taxi het bane gewissel om vinniger te
> probeer vorder. Op 'n stadium het hy toe weer voor my probeer inskuif maar
> daar was steeds nie vir hom plek nie en hy moes weer agter inval.
>
> Ek het aan gery tot by die Grayston afrit toe ewe skielik drie taxis my
> genader
> het. Een het in die geelstreep aan my regterkant verby gekom, een was in die
> middelbaan en een het in die heel linkerbaan verbygekom en voor my inbeweeg.
> Die twee taxis aan die kante het ingeswaai maar ek het my spoed gehou en
> hulle moes weer uitswaai. In die beweging het die taxi in die middelbaan my
> linker spieëltjie afgery waarna dit los gehang het aan die kant. Die drie
> taxis het toe spoed verminder totdat ons tot stilstand gekom het. Dit was
> net na die Grayston afrit.
>
> Die taxi bestuurder aan linkerkant het uitgeleun by die venster en die
> spieëltjie wat los hang afgeruk en op die pad gegooi. Ek het 'n afstand
> oopgehou tussen my en die voorste taxi sodat ek kan uitkom as dit gevaarlik
> raak. Baie prominent op die voorste taxi se agterruit was 'n Johannesburg
> taxivereniging plakker. Die passasiers op die agterse sitplek was net een ry
> glimlagte. Na 'n paar sekondes het die verkeer begin ophoop en
> het die voorste taxi weer begin ry. Ek het vir my vrou gesê om almal se
> registrasie nommers af te neem. Sy het dit op die selfoon gestoor.
>
> Die beige taxi (JZC861 GP) in die middelbaan het langs my gebly en die
> bestuurder
> het begin skree. Ek het na links gekyk en 'n enkel swart man met 'n
> vertrekte gesig in 'n
> beige minibussie gesien. Die bussie het 'n stamp regs agter met 'n stukkende
> lig.
> Eintlik was hy nie heeltemal swart nie, maar 'n bietjie gelerig.
>
> Ek het nie een keer tydens die hele episode enige handgebare gebruik of
> enige iets gesê behalwe my vrou of enigsins 'n agressiewe uitdrukking op my
> gesig gehad nie.
> Trouens, my vrou het my gekritiseer omdat ek deurgaans 'n eentonige deuntjie
> gefluit het. Ek het ook geen tekens gesien van dodelike geweld nie en het
> nooit
> gevoel enige van ons lewens word bedreig nie.
>
> Die voorste taxi (JRD 738 GP) en die taxi in die geelstreep (KXY 204 GP)
> was vol passasiers en het weer normaal aangery (ek het tred van hulle
> verloor)
> maar die bestuurder van die beige taxi in die middelbaan het 'n swaar metaal
> voorwerp gebruik en op hoë spoed uitgeleun en die passasierskant se ruit
> probeer uitslaan.
> My vrou het die ruit effens afgedraai en paniekbevange haar handsak teen die
> ruit gedruk. 'n Rukkie daarna het hy die voorwerp teen die ruit gegooi
> waarna
> dit gebreek het en die metaal voorwerp op die pad geval het. My vrou het
> ligte
> snywonde opgedoen van die glas wat oral gespat het.
>
> Hierna het die taxi herhaaldelik my probeer intimideer deur vinnig van die
> kant af
> in te swaai. Ek het hom geensins toegelaat om tussen my en die voertuig voor
> my in te kom nie en het presies in die middel van die regterbaan gebly. Na
> die eerste
> slag by Grayston het het hy nie weer kontak gemaak nie.
>
> Daar is beige verf afgesmeer aan die linker voorkant van die bakkie en daar
> is 'n klop geluid
> wanneer ek skerp regs draai. Behalwe die stukkende ruit en die spieëltjie is
> die bakkie
> nog heeltemal padwaardig. Daar is ook geen opsigtelike duike aan die
> linkerkant nie.
>
> Die beige taxi bestuurder het uiteindelik die Harrow afrit geneem, kort
> voordat my vrou
> telefonies kontak gemaak het met die polisie.
>
Re: Taxi avontuur [boodskap #57491 is 'n antwoord op boodskap #57345] Do, 14 Februarie 2002 20:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek pos hom weer vir Annette.

Magtag Piet, ons is net bly jy is darem nog met ons!!!! Dit kon veel erger
gewees het.

Re: Taxi avontuur [boodskap #57521 is 'n antwoord op boodskap #57483] Vr, 15 Februarie 2002 06:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Piet Pompie  is tans af-lyn  Piet Pompie
Boodskappe: 13
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Junior Lid
> Vertel bietjie vir ons wat die reaksie en/of hulp van die polisie was. (En
> net vir klaarheid - ek het geen bybedoelings nie, wil net graag weet)

Man, na die eerste oproep by die Harrow afrit het ons nooit weer van
hulle gehoor nie, so ek weet nie wat verder gebeur het nie.

Ek het gisteraand die saak gaan aangee en was nogal geamuseer toe die
polisieman
"Reckless and negligent driving" op die dossier skryf.
Re: Taxi avontuur [boodskap #57522 is 'n antwoord op boodskap #57449] Vr, 15 Februarie 2002 06:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Piet Pompie  is tans af-lyn  Piet Pompie
Boodskappe: 13
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Junior Lid
> Is jy nie nou spyt dat jy hom nie maar die gap gegee het voor jou nie.
Nog nie. Daar is 'n verskil tussen moeilikheid soek en nie terugdeins daarvoor nie.

> Persoonlik dink ek dis baie dom van jou, veral as jy jou vrou ook in
As ek jou beter geken het sou jou mening meer beteken het.

> Kuier die Suid-Afrikaners nog so lekker in die regterbaan?
Ek sien nie veel van die kuiery nie want ek ry gewoonlik buite spitstye.
Re: Taxi avontuur [boodskap #57524 is 'n antwoord op boodskap #57459] Vr, 15 Februarie 2002 08:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ek haal vir jou aan: "Daar was nie plek vir nog 'n voertuig nie en toe
ek nie stadiger ry nie, moes hy noodgedwonge agter my inval."

Ja, jy's reg, daar was nie 'n gap vir die taxi nie, sorry, my fout.
Gelukkig was daar 'n gap agter hom, anders weet ek nie waar die taxi
heen sou gaan nie.

Mind the gap.

____________________________________________________________ ___
"Kekkelbek"
> Max, gaan lees nou wééééér wat hy geskryf het, daar was nie 'n 'gap' vir die
> taxi gewees nie.
>
> Ek dink dit moes 'n skrikwekkende ervaring gewees het.
>
>> ens...
Re: Taxi avontuur [boodskap #57527 is 'n antwoord op boodskap #57521] Vr, 15 Februarie 2002 09:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Piet Pompdonkie  is tans af-lyn  Piet Pompdonkie
Boodskappe: 126
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Jammer om van jou nare ondervinding te hoor, Piet
Maar hoekom skryf jy onder (amper) my naam?

Vroetelfrien wou amperrie gister saam met my
wellentaain hou nie, sy was bang daai têksiemanne
kom steek my terwyl ons besig is. (Is al erg genoeg
dat ek oor haar boyfriend moet worry.) Ek moes
mooi verduidelik dis 'n ander pompie, ek het niks
met die têksiefaaits te doen nie...

The original Piet Pompdonkie
pompd...@hot.male.com

Piet Pompie skryf in boodskap news:49e6d848.0202142230.7d2d697a@posting.google.com...
> Vertel bietjie vir ons wat die reaksie en/of hulp van die polisie was. (En
> net vir klaarheid - ek het geen bybedoelings nie, wil net graag weet)

Man, na die eerste oproep by die Harrow afrit het ons nooit weer van
hulle gehoor nie, so ek weet nie wat verder gebeur het nie.

Ek het gisteraand die saak gaan aangee en was nogal geamuseer toe die
polisieman "Reckless and negligent driving" op die dossier skryf.
Re: Taxi avontuur [boodskap #57545 is 'n antwoord op boodskap #57491] Vr, 15 Februarie 2002 13:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Sakkie wrote:
>
> Ek pos hom weer vir Annette.
>
> Magtag Piet, ons is net bly jy is darem nog met ons!!!! Dit kon veel erger
> gewees het.
>

Ja boet - maar daar is nooit 'n verkeersbeampte naby as 'n stoet van
drie vier in die geel baan ry nie.

Soortgelyke storie - 'n kollega :) was in 'n ongeluk betrokke met 'n
taxi wat deur 'n rooi lig gery het. Die meneer het toe nie versekering
nie en sy maak 'n saak teen hom. Een middag toe sy by die huis kom staan
daar drie taxis in haar inrit geparkeer en hulle verduidelik toe heel
vriendelik dat hulle dink sy moet maar eerder vergeet van die saak, want
anders sal hulle dalk weer vir haar kom kuier.

Sy het die saak maar gelos.

Ek voel natuurlik net soos Piet - meeste oggende moet ek tou staan in 'n
baan wat linksdraai, byna so km ver - die nuutste SA'nse manier is om
nou regs om te jaag, flikker aan te sit en dan in te druk, en let wel
hulle wag nie vir 'n spasie nie hulle maak hom. En as jy my nou wil de
weerlig in maak, moet jy voor my indruk as ek al lankal warm tou gestaan
is. Dis dan wanneer jy 'n 4x4 met 'n spoorstaaf voor aan nodig het.
Re: Taxi avontuur [boodskap #57546 is 'n antwoord op boodskap #57453] Vr, 15 Februarie 2002 13:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek ry gereeld deur die dag die N1 - sommige plekke het die N1 van Jhb na
Pretoria 4 bane - nou raai hoe lyk dit meeste van die tyd - regter baan
- bumper teen bumper 110 km/h, middel baan so 50 meter tussen voertuie -
80 km/h en regter baan - so 500 meter tussen voertuie 60 km/h. Waar daar
'n vierde baan is - is die heel linkerkanste een gewoonlik leeg. Die
hoof probleem is myns insiens die idiote wat op 'n drie baan hoofweg
klim en onmiddelik middel baan toe beweeg - maak nie saak hoe vinnig
hulle ry nie.

Dan kry jy natuurlik nog so nou en dan 'n verdwaalde kapenaar wat in die
verkeer rondvoeter ...

Annette wrote:
>
> Max - stuur asb vir my Piet se oorspronklike berig - ek het dit nie
> gekry/.gesien nie.
>
> Wie kuier in die regterbaan?
> Dis mos die manne se jaagplek:)))
> Annette
>
> Max wrote in message
> news:e720f1c7.0202140544.ed77b46@posting.google.com...
>> Is jy nie nou spyt dat jy hom nie maar die gap gegee het voor jou nie.
>> Persoonlik dink ek dis baie dom van jou, veral as jy jou vrou ook in
>> die kar het...
>>
>> Kuier die Suid-Afrikaners nog so lekker in die regterbaan?
>>
Re: Taxi avontuur [boodskap #57553 is 'n antwoord op boodskap #57522] Vr, 15 Februarie 2002 18:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On 14 Feb 2002 22:48:14 -0800, luilek...@hotmail.com (Piet Pompie) wrote:

>> Is jy nie nou spyt dat jy hom nie maar die gap gegee het voor jou nie.
> Nog nie. Daar is 'n verskil tussen moeilikheid soek en nie terugdeins daarvoor nie.
>

Tipiese grootbek antwoord speenvarkie1

daar is geen verskil tussen dit waneer jy
jou liefling se veiligheid op die spel plaas nie!
Re: Taxi avontuur [boodskap #57555 is 'n antwoord op boodskap #57545] Vr, 15 Februarie 2002 18:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 15 Feb 2002 15:37:32 +0200, Lou wrote:

> Die meneer het toe nie versekering
> nie en sy maak 'n saak teen hom. Een middag toe sy by die huis kom staan
> daar drie taxis in haar inrit geparkeer en hulle verduidelik toe heel
> vriendelik dat hulle dink sy moet maar eerder vergeet van die saak, want
> anders sal hulle dalk weer vir haar kom kuier.
>
> Sy het die saak maar gelos.
>

Die tipiese tipe storie wat jy in die kroeg kan vertel
maar nie hier nie, Bullshitt!

Die tipe saak sou 'n kriminele saak wees
en jy kan nooit 'n kriminele aanklag terugtrek nie.
Jy het nou in die skrum ingestorm en iemand geknyp
en die keer was dit 'n misknyp.

Dink jy werklik dat iemand die tipe van klag kan terugtrek?

]
Re: Taxi avontuur [boodskap #57569 is 'n antwoord op boodskap #57546] Sa, 16 Februarie 2002 04:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wel Lou, noudat jy van verdwaald en rondvoeter praat:))
Ek maak my ritte gewoonlik so aangenaam as moontlik.
Ek het dus hierdie weddenskap speletjie met Ian - sodra ek 'n motor sien wat
ry asof hy dink die hoofweg 'n koeksister is - jy weet - linkerbaan - oor
middelbaan na regterbaan , oor middelbaan na linkerbaan en so aan - en dit
is nogal opsigtelik agv van die gereelde gebruik van die briekliggies - dan
wed ek dat 1)
vir R10 dis 'n motor met 'n GP registrasienommer en 2) vir R5 dat die
bestuurder 'n man is.
Dit gebeur nou natuurlik terwyl ek rustig in die middelbaan voorploeter:))
Selde gebeur dit dat ons nie uiteindelik bietjie verderaan die koeksisterkar
inhaal nie - en ek gaan eet nog elke week lekker uit op my weddenskapgeld
vir die week wat ek gewen het;)
Annette

Lou skryf in boodskap news:3C6D10A9.4844D6C2@lous.zzn.com...
> Ek ry gereeld deur die dag die N1 - sommige plekke het die N1 van Jhb na
> Pretoria 4 bane - nou raai hoe lyk dit meeste van die tyd - regter baan
> - bumper teen bumper 110 km/h, middel baan so 50 meter tussen voertuie -
> 80 km/h en regter baan - so 500 meter tussen voertuie 60 km/h. Waar daar
> 'n vierde baan is - is die heel linkerkanste een gewoonlik leeg. Die
> hoof probleem is myns insiens die idiote wat op 'n drie baan hoofweg
> klim en onmiddelik middel baan toe beweeg - maak nie saak hoe vinnig
> hulle ry nie.
>
> Dan kry jy natuurlik nog so nou en dan 'n verdwaalde kapenaar wat in die
> verkeer rondvoeter ...
>
> Annette wrote:
>>
>> Max - stuur asb vir my Piet se oorspronklike berig - ek het dit nie
>> gekry/.gesien nie.
>>
>> Wie kuier in die regterbaan?
>> Dis mos die manne se jaagplek:)))
>> Annette
>>
>> Max wrote in message
>> news:e720f1c7.0202140544.ed77b46@posting.google.com...
>>> Is jy nie nou spyt dat jy hom nie maar die gap gegee het voor jou nie.
>>> Persoonlik dink ek dis baie dom van jou, veral as jy jou vrou ook in
>>> die kar het...
>>>
>>> Kuier die Suid-Afrikaners nog so lekker in die regterbaan?
>>>
Re: Taxi avontuur [boodskap #57574 is 'n antwoord op boodskap #57527] Sa, 16 Februarie 2002 07:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kleutervreter  is tans af-lyn  Kleutervreter
Boodskappe: 3
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Junior Lid
> Maar hoekom skryf jy onder (amper) my naam?
Ekskuus, ek's nuut hier.
Re: Taxi avontuur [boodskap #57575 is 'n antwoord op boodskap #57553] Sa, 16 Februarie 2002 07:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kleutervreter  is tans af-lyn  Kleutervreter
Boodskappe: 3
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Junior Lid
> Tipiese grootbek antwoord speenvarkie1
Goeie woord, "speenvarkie". Hehehe.
Het jy dit gekry deur "skree soos 'n maervark" met
"klein hulpelose speenvarkie" te meng? Ek speel so 'n bietjie
met KI en is altyd geïnteresseerd oor hoe die brein met
assosiasies werk.

Dit is eintlik nogal ironies om iemand oor die Internet
'n grootbek speenvarkie te noem. Hoeveel mense noem jy op 'n
gereelde basis so in persoonlike geselskap nadat jy twee sinne gesels
het? Tensy jy 'n sewe voet monster is met knaters van koper.
In welke geval ek nederig om verskoning vra.

> daar is geen verskil tussen dit waneer jy
> jou liefling se veiligheid op die spel plaas nie!
Kwalifiseer dit met
"daar is geen verskil vir die lewe van jou vrou"
en ek sal saamstem.
Andersins nie (Afhangende van jou liggaamsgewig natuurlik).
Re: Taxi avontuur [boodskap #57576 is 'n antwoord op boodskap #57555] Sa, 16 Februarie 2002 08:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kleutervreter  is tans af-lyn  Kleutervreter
Boodskappe: 3
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Junior Lid
> Die tipiese tipe storie wat jy in die kroeg kan vertel
> maar nie hier nie, Bullshitt!
>
> Die tipe saak sou 'n kriminele saak wees
> en jy kan nooit 'n kriminele aanklag terugtrek nie.
> Jy het nou in die skrum ingestorm en iemand geknyp
> en die keer was dit 'n misknyp.

Ek wonder nou self. Die staat gaan mos nou die
kriminele saak hanteer om die oortreder aan die pen
te laat ry. Maar die oortreeding is die rooi lig, nie die
ongeluk nie. Vir die staat is dit om't ewe of jy 'n ongeluk
gemaak het terwyl jy oortree het.
Dit voel vir my jy sal nog steeds 'n siviele saak moet
maak om jou ongeluk skade uit die ou te kry.
Re: Taxi avontuur [boodskap #57578 is 'n antwoord op boodskap #57575] Sa, 16 Februarie 2002 10:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Tensy jy 'n sewe voet monster is met knaters van koper.
> In welke geval ek nederig om verskoning vra.
Lol. of in Minnesota bly!

>> daar is geen verskil tussen dit waneer jy
>> jou liefling se veiligheid op die spel plaas nie!
> Kwalifiseer dit met
> "daar is geen verskil vir die lewe van jou vrou"
> en ek sal saamstem.
> Andersins nie (Afhangende van jou liggaamsgewig natuurlik).
>

Om watter rede sien jy 'jou liefling' en 'jou vrou' as twee
verskillende mense?
Re: Taxi avontuur [boodskap #57585 is 'n antwoord op boodskap #57555] Sa, 16 Februarie 2002 11:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Lou: Die meneer het toe nie versekering nie en sy maak 'n saak
> teen hom. Een middag toe sy by die huis kom staan
> daar drie taxis in haar inrit geparkeer en hulle verduidelik toe heel
> vriendelik dat hulle dink sy moet maar eerder vergeet van die saak, want
> anders sal hulle dalk weer vir haar kom kuier.
> Sy het die saak maar gelos.

Davie
Die tipiese tipe storie wat jy in die kroeg kan vertel
maar nie hier nie, Bullshitt!
Die tipe saak sou 'n kriminele saak wees
en jy kan nooit 'n kriminele aanklag terugtrek nie.
Jy het nou in die skrum ingestorm en iemand geknyp
en die keer was dit 'n misknyp.
Dink jy werklik dat iemand die tipe van klag kan terugtrek?

Wouter
uh uh Davie, hier is twee moontlike sake. Krimineel, as die staat besluit
om te vervolg en siviel om skade te verhaal. Jy is reg dat die klaer nie
die eerste saak kan terugtrek nie. Maar die siviele saak kan wel laat
vaar word en volgens Lou se beskrywing is dit heel waarskynlik dat
daar slegs 'n siviele saak ter sprake kon wees. Vir 'n rooilig-
oortreding is 'n afkoopboete meer waarskynlik en ook net as daar
voldoende bewyse is.
Re: Taxi avontuur [boodskap #57586 is 'n antwoord op boodskap #57576] Sa, 16 Februarie 2002 12:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> DD: Die tipiese tipe storie wat jy in die kroeg kan
> vertel maar nie hier nie, Bullshitt!
> Die tipe saak sou 'n kriminele saak wees
> en jy kan nooit 'n kriminele aanklag terugtrek nie.
> Jy het nou in die skrum ingestorm en iemand geknyp
> en die keer was dit 'n misknyp.

Kleutervreter
Ek wonder nou self. Die staat gaan mos nou die
kriminele saak hanteer om die oortreder aan die pen
te laat ry. Maar die oortreeding is die rooi lig, nie die
ongeluk nie. Vir die staat is dit om't ewe of jy 'n ongeluk
gemaak het terwyl jy oortree het.
Dit voel vir my jy sal nog steeds 'n siviele saak moet
maak om jou ongeluk skade uit die ou te kry.

Wouter
Presies. Selfs al sou hulle roekelose bestuur by die klagstaat voeg,
moet jy steeds jou skade in 'n siviele saak verhaal.
Vark!! [boodskap #57587 is 'n antwoord op boodskap #57575] Sa, 16 Februarie 2002 12:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> DD: Tipiese grootbek antwoord speenvarkie1

Kleutervreter:
Dit is eintlik nogal ironies om iemand oor die Internet
'n grootbek speenvarkie te noem. Hoeveel mense noem jy op 'n
gereelde basis so in persoonlike geselskap nadat jy twee sinne
gesels het?

Wouter
Sê hom KV, sê hom. Hier is al lank 'n klomp varke net sulke growwe
gewoontes op dié nuusgroep, maar dis net die plaasvark wat daarvan
hou om 'n vark genoem te word :-)
Re: Taxi avontuur [boodskap #57588 is 'n antwoord op boodskap #57585] Sa, 16 Februarie 2002 12:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 16 Feb 2002 13:50:53 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

> Wouter
> uh uh Davie, hier is twee moontlike sake. Krimineel, as die staat besluit
> om te vervolg en siviel om skade te verhaal. Jy is reg dat die klaer nie
> die eerste saak kan terugtrek nie. Maar die siviele saak kan wel laat
> vaar word en volgens Lou se beskrywing is dit heel waarskynlik dat
> daar slegs 'n siviele saak ter sprake kon wees. Vir 'n rooilig-
> oortreding is 'n afkoopboete meer waarskynlik en ook net as daar
> voldoende bewyse is.
>

Wat ek gesê het, het nie oor skadeverhaling gegaan nie Wouter, maar
oor die feit dat 'n kriminele saak nie teruggetrek of laat vaar kan
word nie. Ek gaan verder deur te sê dat as die ongelukskade van 'n
versekeringsmaatskappy verhaal word en daar oop kaarte gespeel word,
kan selfs die eis om skadevergoeding nie teruggetrek word nie.
Re: Taxi avontuur [boodskap #57598 is 'n antwoord op boodskap #57588] Sa, 16 Februarie 2002 18:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter
> uh uh Davie, hier is twee moontlike sake. Krimineel, as die staat besluit
> om te vervolg en siviel om skade te verhaal. Jy is reg dat die klaer nie
> die eerste saak kan terugtrek nie. Maar die siviele saak kan wel laat
> vaar word en volgens Lou se beskrywing is dit heel waarskynlik dat
> daar slegs 'n siviele saak ter sprake kon wees.

Davie
Wat ek gesê het, het nie oor skadeverhaling gegaan nie Wouter,
maar oor die feit dat 'n kriminele saak nie teruggetrek of laat
vaar kan word nie.

Wouter
Moenie met woorde probeer speel nie. Lou het 'n storie vertel en
spesifiek genoem "Die meneer het toe nie versekering nie en sy
maak 'n saak teen hom". Hy verwys dus na 'n siviele saak om
skade te verhaal. Jy het verkeerdelik die gevolgtrekking gemaak
dat dit "bullshit" is omdat jy verkeerdelik aanvaar het dat hy van
'n kriminele saak praat. Moenie dit agterna probeer wegverduidelik
nie, dit kan jy in die kroeg doen, maar nie hier op die ng nie :-)

Davie
Ek gaan verder deur te sê dat as die ongelukskade van
'n versekeringsmaatskappy verhaal word en daar oop
kaarte gespeel word, kan selfs die eis om skadevergoeding
nie teruggetrek word nie.

Wouter
Dis basies reg ja. As jy verseker is, besluit die versekeraar of
jy hof toe moet gaan om skade te verhaal. Jy kan dan steeds
die saak terugtrek, maar dan sal die versekeraar nie hoef te betaal nie.
Re: Taxi avontuur [boodskap #57625 is 'n antwoord op boodskap #57555] Ma, 18 Februarie 2002 07:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Davie Davis wrote:
>
> On Fri, 15 Feb 2002 15:37:32 +0200, Lou wrote:
>
>> Die meneer het toe nie versekering
>> nie en sy maak 'n saak teen hom. Een middag toe sy by die huis kom staan
>> daar drie taxis in haar inrit geparkeer en hulle verduidelik toe heel
>> vriendelik dat hulle dink sy moet maar eerder vergeet van die saak, want
>> anders sal hulle dalk weer vir haar kom kuier.
>>
>> Sy het die saak maar gelos.
>>
>
> Die tipiese tipe storie wat jy in die kroeg kan vertel
> maar nie hier nie, Bullshitt!
>
> Die tipe saak sou 'n kriminele saak wees
> en jy kan nooit 'n kriminele aanklag terugtrek nie.
> Jy het nou in die skrum ingestorm en iemand geknyp
> en die keer was dit 'n misknyp.
>
> Dink jy werklik dat iemand die tipe van klag kan terugtrek?
>

Nee seun - lees weer my mail, die persoon wat die ongeluk veroorsaak
het, het nia versekering gehad nie - sy het dus 'n saak teen hom gemaak
om die skade aan haar motor te verhaal - dit was dus nie 'n kriminele
saak nie. Verstaan jy nou of het jy 'n paar doppe in gehad toe jy die
ondeurdagte nonsens bo geskryf het?

So dink tog bietjie voor jy jou tik vinger loslaat?

En al was dit 'n kriminele saak - jy bly in SA en dink alle kriminele
sake gaan uiteindelik hof toe? Word wakker voor jou koffie koud is.
Re: Taxi avontuur [boodskap #57626 is 'n antwoord op boodskap #57585] Ma, 18 Februarie 2002 07:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wouter Plaasvark wrote:
>
> Wouter
> uh uh Davie, hier is twee moontlike sake. Krimineel, as die staat besluit
> om te vervolg en siviel om skade te verhaal. Jy is reg dat die klaer nie
> die eerste saak kan terugtrek nie. Maar die siviele saak kan wel laat
> vaar word en volgens Lou se beskrywing is dit heel waarskynlik dat
> daar slegs 'n siviele saak ter sprake kon wees. Vir 'n rooilig-
> oortreding is 'n afkoopboete meer waarskynlik en ook net as daar
> voldoende bewyse is.

Dum de dum ....
Re: Taxi avontuur [boodskap #57635 is 'n antwoord op boodskap #57569] Ma, 18 Februarie 2002 11:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette wrote:
>
> Wel Lou, noudat jy van verdwaald en rondvoeter praat:))
> Ek maak my ritte gewoonlik so aangenaam as moontlik.
> Ek het dus hierdie weddenskap speletjie met Ian - sodra ek 'n motor sien wat
> ry asof hy dink die hoofweg 'n koeksister is - jy weet - linkerbaan - oor
> middelbaan na regterbaan , oor middelbaan na linkerbaan en so aan - en dit
> is nogal opsigtelik agv van die gereelde gebruik van die briekliggies - dan
> wed ek dat 1)
> vir R10 dis 'n motor met 'n GP registrasienommer en 2) vir R5 dat die
> bestuurder 'n man is.
> Dit gebeur nou natuurlik terwyl ek rustig in die middelbaan voorploeter:))
> Selde gebeur dit dat ons nie uiteindelik bietjie verderaan die koeksisterkar
> inhaal nie - en ek gaan eet nog elke week lekker uit op my weddenskapgeld
> vir die week wat ek gewen het;)
> Annette

Al ooit gehoor van 'n self-fullfilling prophesy? (as jy nie het nie -
dit is wanneer jy iets voorspel en dit dan self laat gebeur :) ).

Ek speel self 'n speletjie - as ek op die tjok en blok Gauteng N1 ry en
die verkeer begin heen en weer konsertina (stop - 120 - 40 - 80 - stop -
140 ens at nauseum) dan beteken dit net een van twee dinge - daar is
twee kapenaars - een in die linker baan - hy verstaan nie jou middel
baan redenasie nie en 'n vrou in die middel baan en hulle los elk
volgafstande van 200 meters voor hulle. Met tye is hulle langs mekaar en
die ander motors moet dan in die een baan verby wurm. So nou en dan ry
die man te vinnig en kan motors aan beide kante by die middel lane
hugger verby skuur en so gaan dit aan tot die antie in die middel baan
ewe skielik sien sy moet afdraai en dan is dit flikkers, rokende bande
en is daar 'n bumper bashing 100 meter terug. :)

As die hele N1 geblok is - voeg 'n kapenaar in 'n Camry in die regter
baan by die boonste resep. Snaaks hoe mense met Camry's dink dat hulle
so vinnig as wat hullewil in die regter baan kan ry?
Re: Taxi avontuur [boodskap #57636 is 'n antwoord op boodskap #57635] Ma, 18 Februarie 2002 11:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ons het nie 'n Camry probleem hier nie - net GP, rooi, en Duitse motors wat
die meeste probleempies het;)))
Annette.
( oooooooo!!!! Dis lekker, dis lekker, dis lekker hier innie Kaap - waar ons
so singende en rustig drie-drie langs mekaar ry, vir mekaar oogknip en
soentjies blaas:)))
Annette

news:3C70DF81.C7119D66@lous.zzn.com...
>
>
> Annette wrote:
>>
>> Wel Lou, noudat jy van verdwaald en rondvoeter praat:))
>> Ek maak my ritte gewoonlik so aangenaam as moontlik.
>> Ek het dus hierdie weddenskap speletjie met Ian - sodra ek 'n motor sien wat
>> ry asof hy dink die hoofweg 'n koeksister is - jy weet - linkerbaan - oor
>> middelbaan na regterbaan , oor middelbaan na linkerbaan en so aan - en dit
>> is nogal opsigtelik agv van die gereelde gebruik van die briekliggies - dan
>> wed ek dat 1)
>> vir R10 dis 'n motor met 'n GP registrasienommer en 2) vir R5 dat die
>> bestuurder 'n man is.
>> Dit gebeur nou natuurlik terwyl ek rustig in die middelbaan voorploeter:))
>> Selde gebeur dit dat ons nie uiteindelik bietjie verderaan die koeksisterkar
>> inhaal nie - en ek gaan eet nog elke week lekker uit op my weddenskapgeld
>> vir die week wat ek gewen het;)
>> Annette
>
> Al ooit gehoor van 'n self-fullfilling prophesy? (as jy nie het nie -
> dit is wanneer jy iets voorspel en dit dan self laat gebeur :) ).
>
> Ek speel self 'n speletjie - as ek op die tjok en blok Gauteng N1 ry en
> die verkeer begin heen en weer konsertina (stop - 120 - 40 - 80 - stop -
> 140 ens at nauseum) dan beteken dit net een van twee dinge - daar is
> twee kapenaars - een in die linker baan - hy verstaan nie jou middel
> baan redenasie nie en 'n vrou in die middel baan en hulle los elk
> volgafstande van 200 meters voor hulle. Met tye is hulle langs mekaar en
> die ander motors moet dan in die een baan verby wurm. So nou en dan ry
> die man te vinnig en kan motors aan beide kante by die middel lane
> hugger verby skuur en so gaan dit aan tot die antie in die middel baan
> ewe skielik sien sy moet afdraai en dan is dit flikkers, rokende bande
> en is daar 'n bumper bashing 100 meter terug. :)
>
> As die hele N1 geblok is - voeg 'n kapenaar in 'n Camry in die regter
> baan by die boonste resep. Snaaks hoe mense met Camry's dink dat hulle
> so vinnig as wat hullewil in die regter baan kan ry?
Re: Taxi avontuur [boodskap #57640 is 'n antwoord op boodskap #57625] Ma, 18 Februarie 2002 17:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 18 Feb 2002 09:42:29 +0200, Lou wrote:

>
> Nee seun - lees weer my mail, die persoon wat die ongeluk veroorsaak
> het, het nia versekering gehad nie - sy het dus 'n saak teen hom gemaak
> om die skade aan haar motor te verhaal - dit was dus nie 'n kriminele
> saak nie. Verstaan jy nou of het jy 'n paar doppe in gehad toe jy die
> ondeurdagte nonsens bo geskryf het?
>
> So dink tog bietjie voor jy jou tik vinger loslaat?
>
> En al was dit 'n kriminele saak - jy bly in SA en dink alle kriminele
> sake gaan uiteindelik hof toe? Word wakker voor jou koffie koud is.

Weer gedink, skuld ek oom Lou wel 'n verskoning. Ek het nie vreeslik
aandagtig gelees nie en (ag enig een kan 'n foutjie maak!) buitendien
was dit net na 'n laang agtermiddag vergadering wat mens bietjie
suf (van al die pratery) by die huis bring.
Buitendien was my gedagtes by iets heel anders want ek was besig om
te ontsyfer wat die Nedrlanders bedoel by "Alles wat U over mij zegt,
zegt veel over U zelf! ;-)
Re: Taxi avontuur [boodskap #57646 is 'n antwoord op boodskap #57640] Ma, 18 Februarie 2002 20:54 Na vorige boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Davie Davis" skryf in boodskap news:4ff27ugg56ttlatoknc70mp9fvu657kgpi@4ax.com...
> On Mon, 18 Feb 2002 09:42:29 +0200, Lou wrote:
>
> Buitendien was my gedagtes by iets heel anders want ek was besig om
> te ontsyfer wat die Nedrlanders bedoel by "Alles wat U over mij zegt,
> zegt veel over U zelf! ;-)

En het jy dit al uitgevind DD??
Al wat jy oor my sê, sêjy oor jouself :-))))

Gr.Rico
>
Vorige onderwerp: THOUSANDS OF SOUTH AFRICANS BETTER OFF!!!
Volgende onderwerp: Julius Magan
Gaan na forum:
  
[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 15:28:49 MGT 2024