Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Ek vra jou mos" deur DAVID KRAMER
" Ek vra jou mos" deur DAVID KRAMER [boodskap #57295] Di, 12 Februarie 2002 03:29 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

En ek vra jou mos, ek vra jou mos
Ek vra jou mos so nice
Hoekom blaf die honne
By die hekke van paradise

David Kramer
Re: " Ek vra jou mos" deur DAVID KRAMER [boodskap #57309 is 'n antwoord op boodskap #57295] Di, 12 Februarie 2002 09:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3C688D38.1000603@rogers.com...
En ek vra jou mos, ek vra jou mos
Ek vra jou mos so nice
Hoekom blaf die honne
By die hekke van paradise
David Kramer

Wouter
Hierdie is die refrein van 'n liedjie op een van Kramer se eerste
langspeelplate, waar hy grootliks oor sy jong dae in Worcester sing.
Interessant dat die liedjie se naam "Hekke van Paradise" is, terwyl die
refrein klaarblyklik onder 'n ander naam gepubliseer is? Weet jy dalk die
datum waarop dit geskryf is? Ek vermoed die plaat is in die middel 70's
vrygestel.
Re: " Ek vra jou mos" deur DAVID KRAMER [boodskap #57310 is 'n antwoord op boodskap #57309] Di, 12 Februarie 2002 10:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nou die aand by die Labia on Kloof is David en vroulief Renee daar - sy word
jonger en blonder by die dag, en David se blessie by die kroontjie word al
groter;))
Sexy:))
Annette

Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:3c68e61a.0@news1.mweb.co.za...
>
> skryf in boodskap news:3C688D38.1000603@rogers.com...
> En ek vra jou mos, ek vra jou mos
> Ek vra jou mos so nice
> Hoekom blaf die honne
> By die hekke van paradise
> David Kramer
>
>
> Wouter
> Hierdie is die refrein van 'n liedjie op een van Kramer se eerste
> langspeelplate, waar hy grootliks oor sy jong dae in Worcester sing.
> Interessant dat die liedjie se naam "Hekke van Paradise" is, terwyl die
> refrein klaarblyklik onder 'n ander naam gepubliseer is? Weet jy dalk die
> datum waarop dit geskryf is? Ek vermoed die plaat is in die middel 70's
> vrygestel.
>
Re: " Ek vra jou mos" deur DAVID KRAMER [boodskap #57316 is 'n antwoord op boodskap #57309] Di, 12 Februarie 2002 13:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Hierdie is die refrein van 'n liedjie op een van Kramer se eerste
> langspeelplate, waar hy grootliks oor sy jong dae in Worcester sing.
> Interessant dat die liedjie se naam "Hekke van Paradise" is, terwyl die
> refrein klaarblyklik onder 'n ander naam gepubliseer is? Weet jy dalk die
> datum waarop dit geskryf is? Ek vermoed die plaat is in die middel 70's
> vrygestel.

Nee, Wouter, dis my fout. Ek het die refrein
alleen geplaas en die titel vir die refrein
geskep. As ek tyd het, gaan soek ek die woorde
van die hele ding vir jou.

Gloudina
Re: " Ek vra jou mos" deur DAVID KRAMER [boodskap #57322 is 'n antwoord op boodskap #57310] Di, 12 Februarie 2002 15:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Labia on Kloof? Is dit nou die Labia (filmteater) se naam? Nooit
gedink dat jy daar sou uithang nie, Annette...

______________________________________________________

"Annette"
> Nou die aand by die Labia on Kloof... (knip)
Re: " Ek vra jou mos" deur DAVID KRAMER [boodskap #57326 is 'n antwoord op boodskap #57316] Di, 12 Februarie 2002 15:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wouter Plaasvark wrote:
> Interessant dat die liedjie se naam "Hekke van Paradise" is, terwyl die
> refrein klaarblyklik onder 'n ander naam gepubliseer is?

Gloudina
Nee, Wouter, dis my fout. Ek het die refrein
alleen geplaas en die titel vir die refrein
geskep. As ek tyd het, gaan soek ek die woorde
van die hele ding vir jou.

Wouter
Toemaar dis nie nodig nie, ek het die liedjie nog redelik goed in my kop,
ek was 'n groot Kramer-aanhanger. En wat my verbaas, is hoe gewild
Kramer se optredes deesdae by die jongmense is. Hy en sy inheemse
orkes speel en sing hulle aan die brand op 'n regte 60's rock-manier.
Iets baie besonders, sy energievlakke is ongelooflik.

Naskrif
Hier is die woorde (en dit gaan duidelik oor Worcester)

HEKKE VAN PARADISE

I'm driving through this facebrick town
My radio up, but the window is down
I'm listening to the late Jim Reeves
In my nylon jersey with the raglan sleeves

This town, this town is like a, like a two cent piece
It's got a coat of arms, it's got a wildebeest
Like a clean white shirt with a gold cuff link
It looks quite clean, but the armpits stink

KOOR:

En ek vra jou mos (3 x) so nice
Ek sê hoekom, blaf daai honde by die hekke van paradise

Got twin coffee, sit in this jammy that I drive
You can take me for a dice, I bet you won't survive
Well I need new tyres and I need new shocks
And I need to phone my bokkie
Gonna phone her from a tickybox

Ja, she's got the cutest little pair of legs
She shaves them clean till they look like ostrich eggs
And at night, at night she takes her teddy bears to bed
But I wonder why she paints her toenails red

KOOR (1 x)

Ja, this is where I spent my teens
It's a dirty little town
With the council clean, got orange lights
Oh, they prick the dark and the streets are wide
There's always room to park

KOOR (1 x)

Ek sê hoekom blaf daai honde by die hekke van paradise (2 x)
Ek sê hoekom blaf daai honne ook
Re: " Ek vra jou mos" deur DAVID KRAMER [boodskap #57347 is 'n antwoord op boodskap #57322] Wo, 13 Februarie 2002 04:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wel Max - Die Labia het nou 4 teaters in hulle ou klein kompleks, en het toe
nog twee teaters oopgemaak in die spiksplinternuwe Kloofsentrum - wat hulle
Labia on Kloof noem - in sigself 'n uiters suggestiewe naam:))))
Dus, ja - ek hang al jarrrrrre by die Labia uit, en die nuwe teaters is ook
nie slegs vir mans nie:)))
Annette

Max skryf in boodskap news:e720f1c7.0202120703.11751cc9@posting.google.com...
> Labia on Kloof? Is dit nou die Labia (filmteater) se naam? Nooit
> gedink dat jy daar sou uithang nie, Annette...
>
> ______________________________________________________
>
> "Annette"
>> Nou die aand by die Labia on Kloof... (knip)
Labia on Kloof [boodskap #57364 is 'n antwoord op boodskap #57347] Wo, 13 Februarie 2002 10:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Nou toe nou! Wys hulle nog steeds sulke "eksklusiewe" flieks? Of is
hulle meer gekomersialiseer?

Laas toe ek daar was het ek gesien dat daar 'n tweede teatertjie by
die buitetrap op oopgemaak het, nou wonder ek waar hulle plek gekry
het om nóg twee daar oop te maak. Moenie vir my sê hulle het die
oorspronklike groot saal nou verbou nie...

Die Labia was, toe ek in 1989 Kaap toe trek, die eerste plek wat ek
gaan opsoek het. Het destyds, in die Vrystaat, daarvan gelees in die
Vrye Weekblad.

Ek het jou opgesom as 'n Afrikaanse tannie, wat net in die Afrikaanse
noorde sou rondhang, ek vra verskoning daarvoor.
_________________________________________________________

"Annette"
> Wel Max - Die Labia het nou 4 teaters in hulle ou klein kompleks, en het toe
> nog twee teaters oopgemaak in die spiksplinternuwe Kloofsentrum - wat hulle
> Labia on Kloof noem - in sigself 'n uiters suggestiewe naam:))))
> Dus, ja - ek hang al jarrrrrre by die Labia uit, en die nuwe teaters is ook
> nie slegs vir mans nie:)))
> Annette
Re: Labia on Kloof [boodskap #57367 is 'n antwoord op boodskap #57364] Wo, 13 Februarie 2002 11:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee Max, alles van die Ou Labia is nog net soos van ouds - tot die
kaartjiehokkie en die popcorntoonbank:))
Dinge verander mos hier hier in die Kaap - dit gaan goed met ons ekonomie,
sien?

Soos ek verduidelik het, het die Labia 2 nuwe teaters oopgemaak in die nuwe
Kloofsentrum - 'n blok weg van die oue.

Hulle vertoon nuwe vrystellings - maar goeie rolprente wat al lankal ophou
vertoon is in die kommersiële teaters, kan mens nog steeds by die Labia te
sien kry.

Dan is daar nog die verskillende filmfeeste ook - ek dink juis daar is 'n
Hollandse filmfees aan die gang daar vroeg volgende maand - sal seker maak
van hierdie jaar se filmfeeste by Die Labia, en julle laat weet.

Ek kan nie sien hoe jy en Gloudina en wie weet nog miskien so 'n skewe beeld
van my kan hê nie - ek het dan heel aan die begin vir julle gesê ek is hiep,
koel, by-dit en nog bekkig ook:)))

Annette

Max skryf in boodskap news:e720f1c7.0202130252.38fb4b4a@posting.google.com...
> Nou toe nou! Wys hulle nog steeds sulke "eksklusiewe" flieks? Of is
> hulle meer gekomersialiseer?
>
> Laas toe ek daar was het ek gesien dat daar 'n tweede teatertjie by
> die buitetrap op oopgemaak het, nou wonder ek waar hulle plek gekry
> het om nóg twee daar oop te maak. Moenie vir my sê hulle het die
> oorspronklike groot saal nou verbou nie...
>
> Die Labia was, toe ek in 1989 Kaap toe trek, die eerste plek wat ek
> gaan opsoek het. Het destyds, in die Vrystaat, daarvan gelees in die
> Vrye Weekblad.
>
> Ek het jou opgesom as 'n Afrikaanse tannie, wat net in die Afrikaanse
> noorde sou rondhang, ek vra verskoning daarvoor.
> _________________________________________________________
>
> "Annette"
>> Wel Max - Die Labia het nou 4 teaters in hulle ou klein kompleks, en het toe
>> nog twee teaters oopgemaak in die spiksplinternuwe Kloofsentrum - wat hulle
>> Labia on Kloof noem - in sigself 'n uiters suggestiewe naam:))))
>> Dus, ja - ek hang al jarrrrrre by die Labia uit, en die nuwe teaters is ook
>> nie slegs vir mans nie:)))
>> Annette
Re: Labia on Kloof [boodskap #57393 is 'n antwoord op boodskap #57367] Wo, 13 Februarie 2002 15:18 Na vorige boodskap
Max[1]  is tans af-lyn  Max[1]
Boodskappe: 241
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Sorry, Annette, ek het jou vorige pos skeef gelees en gedog daar's nog
twee by die ou kompleks, en die twee by Kloof...

As daar 'n Hollandse filmfees aan is, en hulle wys "Antonia", MOET jy
dit gaan kyk. (Dis ook die rede hoekom ek hier sit). "Karakter" was
ook goed. "Ik ook van jou" was vir my persoonlik minder, en "Wilde
Mossels" het ek nog nie gesien nie, maar die wêreld hier het daaroor
ook gegons... (Dis nog nie uit op video/DVD nie, maar ek wag en sal
jou laat weet as ek dit gesien het.)

Ek het eenkeer 'n verbande (goeie ou dae!) fliek in die Labia gesien,
waarin Paloma Piccasso gespeel het. Ek sal die stukkie waar al die
meisies om haar die pêreltjies van haar rok afskeur en in haar
watsenaam sit, nooit vergeet nie. Dit was 'n Franse fliek, maar daar
was net so 'n paar sinnetjies om te lees, want hulle het nie veel
gepraat nie...

Pragtig, die popcorntoonbank!

Nou verlang ek na die Kaap.

____________________________________________________________ __

"Annette"
> Nee Max, alles van die Ou Labia is nog net soos van ouds - tot die
> kaartjiehokkie en die popcorntoonbank:))
> Dinge verander mos hier hier in die Kaap - dit gaan goed met ons ekonomie,
> sien?
>
> Soos ek verduidelik het, het die Labia 2 nuwe teaters oopgemaak in die nuwe
> Kloofsentrum - 'n blok weg van die oue.
>
> Hulle vertoon nuwe vrystellings - maar goeie rolprente wat al lankal ophou
> vertoon is in die kommersiële teaters, kan mens nog steeds by die Labia te
> sien kry.
>
> Dan is daar nog die verskillende filmfeeste ook - ek dink juis daar is 'n
> Hollandse filmfees aan die gang daar vroeg volgende maand - sal seker maak
> van hierdie jaar se filmfeeste by Die Labia, en julle laat weet.
>
> Ek kan nie sien hoe jy en Gloudina en wie weet nog miskien so 'n skewe beeld
> van my kan hê nie - ek het dan heel aan die begin vir julle gesê ek is hiep,
> koel, by-dit en nog bekkig ook:)))
>
> Annette
>
>
> Max wrote in message
> news:e720f1c7.0202130252.38fb4b4a@posting.google.com...
>> Nou toe nou! Wys hulle nog steeds sulke "eksklusiewe" flieks? Of is
>> hulle meer gekomersialiseer?
>>
>> Laas toe ek daar was het ek gesien dat daar 'n tweede teatertjie by
>> die buitetrap op oopgemaak het, nou wonder ek waar hulle plek gekry
>> het om nóg twee daar oop te maak. Moenie vir my sê hulle het die
>> oorspronklike groot saal nou verbou nie...
>>
>> Die Labia was, toe ek in 1989 Kaap toe trek, die eerste plek wat ek
>> gaan opsoek het. Het destyds, in die Vrystaat, daarvan gelees in die
>> Vrye Weekblad.
>>
>> Ek het jou opgesom as 'n Afrikaanse tannie, wat net in die Afrikaanse
>> noorde sou rondhang, ek vra verskoning daarvoor.
>> _________________________________________________________
>>
>> "Annette"
>>> Wel Max - Die Labia het nou 4 teaters in hulle ou klein kompleks, en het
> toe
>>> nog twee teaters oopgemaak in die spiksplinternuwe Kloofsentrum - wat
> hulle
>>> Labia on Kloof noem - in sigself 'n uiters suggestiewe naam:))))
>>> Dus, ja - ek hang al jarrrrrre by die Labia uit, en die nuwe teaters is
> ook
>>> nie slegs vir mans nie:)))
>>> Annette
Vorige onderwerp: " Muezzen " deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: betekenis en woordbetekenis deur Breyten Breytenbach
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 06:08:24 MGT 2024