Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Bafana Bafana! Amabokke! ...Proteas?
Bafana Bafana! Amabokke! ...Proteas? [boodskap #5628] Do, 01 Februarie 1996 00:00 na volgende boodskap
joh...  is tans af-lyn  joh...
Boodskappe: 25
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Viva Bafana Bafana,
was dit nie 'n goeie game nie!

Ivm die name Bafana Bafana & Amabokke (Springbokke), hierdie is name
wat die mense se verbeelding aangryp en dit kom trouens ook vanuit die mense.
(Is daar enige iemand wat presies kan sê waar die verskillende name vandaan
kom en wat dit beteken?)
Ek dink dit is egter nou tyd dat ons vir die Krieket span ook 'n naam kry wat
die volk se verbeelding aangryp. Was daar nie iets van AmaGogga nie?
"Viva Proteas Viva" klink vir my nie heeltemal lekker nie.

Groetnis
Johann
Re: Bafana Bafana! Amabokke! ...Proteas? [boodskap #5667 is 'n antwoord op boodskap #5628] Vr, 02 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
william howard wrote:

Maar van die deelnemers van die forum sal natuurlik nie kan kyk nie
>> want:
>> 1. Hulle betaal nie lisensie-geld nie
>> 2. Die kommentaar is nie in Afrikaans nie.
>> :)

> Verkeerd! Dit is wel te kry op Afrikaans Stereo. >>>

OK, so hulle het niks teen die radio-dienste nie. Dis goed om dit te
hoor.
Ek het al na dele van die Afrikaanse kommentaar geluister. Dit laat
my partykeer smile. Dit klink asof die ou enige oomblik gaan se:
"....en hy skop rigting oop paviljoen...."
Toe wonder ek of die rugby- en krieket-kommentaar in Xhosa ens. ook
so duidelik "nuwe grond" is.


N.S. Oor die krieketspan: Die naam Proteas werk nie want nie een
van
>> die kolwers staan lank genoeg daar om 'n mens te laat dink aan iets
>> wat wortel kan skiet nie.
>>

> Iemand het amashoeshoe (warm) voorgestel.>>

Heeltemal van die punt af: Ek dink dit was 'n Engelse digter (dalk
sommer 'n common soort skrywer ook) wat op 'n tyd gepraat het van
"flanneled fools on the green".

Van "common" gepraat (ek het vandag meer lateral movement in my kop
as wat Chester Williams op die rugbyveld het), iemand het op 'n tyd
die feit betwyfel of ek regtig Afrikaans is omdat ek die woord
"ko^mmon" in 'n posting gebruik het.
Dis seker een van daai baie ironiese gevalle waar 'n anglisistiese
vertaling soos die 'n mens Afrikaansheid op die kombuisvlak kan
bewys.
Vir enige plattelandse Afrikaanssprekende is daar 'n hele wereld
opgesluit in die woord "kommon".
Of nog beter: "bleddie ko^mmon".

(Hier het ek nou so baie ge-side step dat ek nou met die bal onder die
arm in die stort staan...)
Re: Bafana Bafana! Amabokke! ...Proteas? [boodskap #5668 is 'n antwoord op boodskap #5628] Vr, 02 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
william howard  is tans af-lyn  william howard
Boodskappe: 2
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
fe...@is.co.za (Koos) wrote:
> joh...@osi.co.za (Johann W. Fourie) wrote:
>
> > was dit nie 'n goeie game nie!
>
>
>> Ivm die name Bafana Bafana & Amabokke (Springbokke), hierdie is name
>> wat die mense se verbeelding aangryp en dit kom trouens ook vanuit die mense.
>> (Is daar enige iemand wat presies kan sê waar die verskillende name vandaan
>> kom en wat dit beteken?)
>> Ek dink dit is egter nou tyd dat ons vir die Krieket span ook 'n naam kry wat
>> die volk se verbeelding aangryp. Was daar nie iets van AmaGogga nie?
>> "Viva Proteas Viva" klink vir my nie heeltemal lekker nie.>>>
>
>
> Ek het die idee dat bafana bafana nie wyd aanvaar word onder
> sokker-geesdriftiges nie.

Die krieket kommentator het gese dit beteken jong mans in
xhosa en seuns in zulu. Dit klink my die seuns is die
probleem.

> Maar van die deelnemers van die forum sal natuurlik nie kan kyk nie
> want:
> 1. Hulle betaal nie lisensie-geld nie
> 2. Die kommentaar is nie in Afrikaans nie.
> :)

Verkeerd! Dit is wel te kry op Afrikaans Stereo.

> N.S. Oor die krieketspan: Die naam Proteas werk nie want nie een van
> die kolwers staan lank genoeg daar om 'n mens te laat dink aan iets
> wat wortel kan skiet nie.
>
>

Iemand het amashoeshoe (warm) voorgestel.
Re: Bafana Bafana! Amabokke! ...Proteas? [boodskap #5708 is 'n antwoord op boodskap #5628] Di, 06 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
avdm...  is tans af-lyn  avdm...
Boodskappe: 16
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article fe...@is.co.za (Koos) writes:

> joh...@osi.co.za (Johann W. Fourie) wrote:

>> Ivm die name Bafana Bafana & Amabokke (Springbokke), hierdie is name
>> wat die mense se verbeelding aangryp en dit kom trouens ook vanuit die mense.
>> (Is daar enige iemand wat presies kan sê waar die verskillende name vandaan
>> kom en wat dit beteken?)
>> Ek dink dit is egter nou tyd dat ons vir die Krieket span ook 'n naam kry wat
>> die volk se verbeelding aangryp. Was daar nie iets van AmaGogga nie?
>> "Viva Proteas Viva" klink vir my nie heeltemal lekker nie.>>>



> N.S. Oor die krieketspan: Die naam Proteas werk nie want nie een van
> die kolwers staan lank genoeg daar om 'n mens te laat dink aan iets
> wat wortel kan skiet nie.

Sal hulle maar die amaBlommeBlomme noem...
Re: Bafana Bafana! Amabokke! ...Proteas? [boodskap #5718 is 'n antwoord op boodskap #5628] Wo, 07 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jean-Pierre Botha  is tans af-lyn  Jean-Pierre Botha
Boodskappe: 85
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
fe...@is.co.za (Koos) skryf oa :

> Ek het die idee dat bafana bafana nie wyd aanvaar word onder
> sokker-geesdriftiges nie. Daar word na 'n nuwe naam gesoek. Een wat
> deur die kommentators gebruik word en wat ek baie laaik is "Rainbow
> Warriors".

Was "Rainbow Warrior" nie Greenpeace se skip se naam nie ?

Hulle skip het gesink en dis bad luck om jou span se naam dieselfde
te maak as 'n skip wat gesink het, des te meer as iemand die skip
gemaak sink het.
Re: Bafana Bafana! Amabokke! ...Proteas? [boodskap #5730 is 'n antwoord op boodskap #5628] Do, 08 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Jean-Pierre Botha wrote:

[/color]
>> Ek het die idee dat bafana bafana nie wyd aanvaar word onder
>> sokker-geesdriftiges nie. Daar word na 'n nuwe naam gesoek. Een wat
>> deur die kommentators gebruik word en wat ek baie laaik is "Rainbow
>> Warriors".

> Was "Rainbow Warrior" nie Greenpeace se skip se naam nie ?

> Hulle skip het gesink en dis bad luck om jou span se naam dieselfde
> te maak as 'n skip wat gesink het, des te meer as iemand die skip
> gemaak sink het.>>>


Hopelik speel ons dan nie ooit teen Australie nie!
Maar lyk my Bafana gaan bly.
Hier in Jo'ies was party mense nogal verontwaardig omdat die Star
besluit het om 'n wedstryd uit te skryf om 'n nuwe naam vir die span
te soek.
Toe reel Channel 702 een dag 'n "talk show" met die onderwerp: Kom ons
soek 'n nuwe naam vir die Star!
Volgende onderwerp: Afrikaans By Die Rugby
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 21:13:51 MGT 2024