Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Weer marogo
Weer marogo [boodskap #57291] Di, 12 Februarie 2002 00:19 na volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Die drade het bietjie deurmekaar geloop, dus 'n nuwe een.

Eestens aan Hantamkind: Ek weet nie wat die slegte betekenis van marog
is nie maar die regte woord is defnitief marogo. My wyfiemens het 'n
goeie kennis van Sesotho en dis uit daai groep tale (sesotho, sepedi,
setswana, iewers moet daar hoofletters wees, verskoon asseblief) dat
die woord kom. Sy sê ook dat waar sy vandaan kom, die 'g' sag
uitgespeek is. Dalk 'n dialek.

Tweedens aan Pijotr (hoop dis reg gespel!): In die Molteno omgewing
was die woord heelwaarskynlik mfino. Dis die isiXhosa woord vir
dieselfde ding.

Laastens aan Danielle: Jy's heeltemal reg. Die woord verwys na baie
genusse en baie species. Dalk kan mens 'n draad deurtrek en sê dis
eetbare onkruid, nie "mak" plante soos pampoen nie. Ek was vandag so
siek soos 'n hond by die huis en het toe my tuinboukundige kollega by
die werk gebel. Hy het 'n boek wat oor die topic handel. Wat hy gesê
het is dat dit 'n streeksding is. "Onkruid" in Natal is defnitief nie
dieselfde as in die Vrystaat nie.

My eie idees: Ek dink die naam marogo/mfino verwys maar net na
kookbare groengoed. Voor die witmense hier ingekom het was moderne
groentes nie hier bekend nie, dus moes hulle plaaslike plante gebruik.
En dan, enige groengoed wat jy kook smaak maar na spinasie. Probeer
gerus 'n slaaikop kook, met uie en aartappels.

Drom
Re: Weer marogo [boodskap #57292 is 'n antwoord op boodskap #57291] Di, 12 Februarie 2002 02:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On 11 Feb 2002 16:19:07 -0800, ddu...@ufh.ac.za (Drom) wrote:

> Laastens aan Danielle: Jy's heeltemal reg.

Yehaa!! :-)))

> Die woord verwys na baie
> genusse en baie species. Dalk kan mens 'n draad deurtrek en sê dis
> eetbare onkruid, nie "mak" plante soos pampoen nie.

Maar dalk kry mens wille pampoene - dan was ek 100% reg. :-))

> Ek was vandag so
> siek soos 'n hond by die huis en het toe my tuinboukundige kollega by
> die werk gebel. Hy het 'n boek wat oor die topic handel. Wat hy gesê
> het is dat dit 'n streeksding is. "Onkruid" in Natal is defnitief nie
> dieselfde as in die Vrystaat nie.

Jammer om te hoor dat jy siek is - dis goor. Maar dankie vir jou
moeite, Drom.

> My eie idees: Ek dink die naam marogo/mfino verwys maar net na
> kookbare groengoed. Voor die witmense hier ingekom het was moderne
> groentes nie hier bekend nie, dus moes hulle plaaslike plante gebruik.
> En dan, enige groengoed wat jy kook smaak maar na spinasie. Probeer
> gerus 'n slaaikop kook, met uie en aartappels.

Weet jy, ek is geneig om met jou saam te stem. Dit was ook deels
waarom ek die "okra en collards" genoem het wat ons hier in die Suide
van Amerika kry. Beide groentesoorte was deur die slawe vanaf Afrika
hiernatoe gebring. En ek het 'n vermoede gehad dat "collard greens"
ook oorspronklik maar net blare van een of ander koolagtige plant was
wat bekend gelyk het vir die slawe. Elkgeval - dit was baie
interessant.
Re: Weer marogo [boodskap #57296 is 'n antwoord op boodskap #57292] Di, 12 Februarie 2002 03:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Danielle - miskien is dit 'n streeksding - maar ek ken marog nie net as
sommer enige soort groen onkruid nie. Dit is 'n defnitiewe soort plant, met
'n donkergroen blaar - donkerder as spinasie.

Hanekam en lewer is ook name van plante.
Annette

Danielle skryf in boodskap news:puug6ukuii13qda8f58t62b0nf61bnvhrb@4ax.com...
> On 11 Feb 2002 16:19:07 -0800, ddu...@ufh.ac.za (Drom) wrote:
>
>
>> Laastens aan Danielle: Jy's heeltemal reg.
>
> Yehaa!! :-)))
>
>> Die woord verwys na baie
>> genusse en baie species. Dalk kan mens 'n draad deurtrek en sê dis
>> eetbare onkruid, nie "mak" plante soos pampoen nie.
>
> Maar dalk kry mens wille pampoene - dan was ek 100% reg. :-))
>
>> Ek was vandag so
>> siek soos 'n hond by die huis en het toe my tuinboukundige kollega by
>> die werk gebel. Hy het 'n boek wat oor die topic handel. Wat hy gesê
>> het is dat dit 'n streeksding is. "Onkruid" in Natal is defnitief nie
>> dieselfde as in die Vrystaat nie.
>
> Jammer om te hoor dat jy siek is - dis goor. Maar dankie vir jou
> moeite, Drom.
>
>> My eie idees: Ek dink die naam marogo/mfino verwys maar net na
>> kookbare groengoed. Voor die witmense hier ingekom het was moderne
>> groentes nie hier bekend nie, dus moes hulle plaaslike plante gebruik.
>> En dan, enige groengoed wat jy kook smaak maar na spinasie. Probeer
>> gerus 'n slaaikop kook, met uie en aartappels.
>
> Weet jy, ek is geneig om met jou saam te stem. Dit was ook deels
> waarom ek die "okra en collards" genoem het wat ons hier in die Suide
> van Amerika kry. Beide groentesoorte was deur die slawe vanaf Afrika
> hiernatoe gebring. En ek het 'n vermoede gehad dat "collard greens"
> ook oorspronklik maar net blare van een of ander koolagtige plant was
> wat bekend gelyk het vir die slawe. Elkgeval - dit was baie
> interessant.
>
Re: Weer marogo [boodskap #57301 is 'n antwoord op boodskap #57296] Di, 12 Februarie 2002 05:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 12 Feb 2002 05:57:14 +0200, "Annette" wrote:

> Danielle - miskien is dit 'n streeksding - maar ek ken marog nie net as
> sommer enige soort groen onkruid nie. Dit is 'n defnitiewe soort plant, met
> 'n donkergroen blaar - donkerder as spinasie.

Ek dink julle is almal reg - ek verkies net Drom se weergawe van
"reg". :-))

Maar ek glo jy is ook reg - in die opsig dat dit nie sommer enige
onkruid is nie. Maar ek dink wel dat dit 'n hele paar tipes onkruid
is wat almal iets in gemeen moes hê wat mense erken het as eetbaar.
En miskien het dit toe op 'n stadium 'n spesifieke veldplant geraak
wat toe ook kommersieel beskikbaar gemaak is. Wat jy van praat as
"marog" is dalk Cowpeas?
Re: Weer marogo [boodskap #57307 is 'n antwoord op boodskap #57292] Di, 12 Februarie 2002 08:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Danielle

Hier spring ek alweer skuinsweg van 'n ander draad af hier in. Hanekam
is nou wel die ding op 'n hoender se kop maar dis ook een van die
algemeenste onkruide in die Vrystaat, in tuine, koring- en mielielande
en sommer enige plek waar die grond versteur is. As ek reg onthou is
die jong plantjies een van die hoofbronne van marogo daar.

Drom

Dankie vir die mooi helende woorde van simpatie :-)
Re: Weer marogo [boodskap #57409 is 'n antwoord op boodskap #57307] Wo, 13 Februarie 2002 19:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On 12 Feb 2002 00:06:29 -0800, ddu...@ufh.ac.za (Drom) wrote:

> Danielle
>
> Hier spring ek alweer skuinsweg van 'n ander draad af hier in.

Nee, dis reg so Drom. Solank jy net nie jou drade kruis nie, is
die saak reg. :-))
Maar ernstig - ek vind jou insette baie interessant - dankie.

> Hanekam
> is nou wel die ding op 'n hoender se kop maar dis ook een van die
> algemeenste onkruide in die Vrystaat, in tuine, koring- en mielielande
> en sommer enige plek waar die grond versteur is. As ek reg onthou is
> die jong plantjies een van die hoofbronne van marogo daar.

Dit lyk my dis wat Wouter se woordeboek ook probeer sê het. Was maar
net ek wat alweer moerswillig probeer wees het. Maar in die proses
dink ek het ons almal baie meer geleer van wat marog is of nie is nie?
:-)

> Dankie vir die mooi helende woorde van simpatie :-)

My plesier, hoor. :-)
Re: Weer marogo [boodskap #57419 is 'n antwoord op boodskap #57409] Wo, 13 Februarie 2002 20:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee, ek het niks nuuts geleer van marog wat ek nie klaar geweet het nie;)))
Annette

> skryf in boodskap news:8qel6u8l93hhc35hale26jnm9d40codh2q@4ax.com...
> On 12 Feb 2002 00:06:29 -0800, ddu...@ufh.ac.za (Drom) wrote:
>
>> Danielle
>>
>> Hier spring ek alweer skuinsweg van 'n ander draad af hier in.
>
> Nee, dis reg so Drom. Solank jy net nie jou drade kruis nie, is
> die saak reg. :-))
> Maar ernstig - ek vind jou insette baie interessant - dankie.
>
>> Hanekam
>> is nou wel die ding op 'n hoender se kop maar dis ook een van die
>> algemeenste onkruide in die Vrystaat, in tuine, koring- en mielielande
>> en sommer enige plek waar die grond versteur is. As ek reg onthou is
>> die jong plantjies een van die hoofbronne van marogo daar.
>
> Dit lyk my dis wat Wouter se woordeboek ook probeer sê het. Was maar
> net ek wat alweer moerswillig probeer wees het. Maar in die proses
> dink ek het ons almal baie meer geleer van wat marog is of nie is nie?
> :-)
>
>> Dankie vir die mooi helende woorde van simpatie :-)
>
> My plesier, hoor. :-)
>
Re: Weer marogo [boodskap #57426 is 'n antwoord op boodskap #57419] Wo, 13 Februarie 2002 21:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 13 Feb 2002 22:34:42 +0200, "Annette" wrote:

> Nee, ek het niks nuuts geleer van marog wat ek nie klaar geweet het nie;)))
> Annette
>
>

Ek het O geleer wat marog aanbetref.
'Die laaste 'O' wat iemand nou aangesit
het om dit 'marogo' te maak :-)))
Re: Weer marogo [boodskap #57433 is 'n antwoord op boodskap #57426] Wo, 13 Februarie 2002 23:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
> On Wed, 13 Feb 2002 22:34:42 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Nee, ek het niks nuuts geleer van marog wat ek nie klaar geweet het nie;)))
>> Annette

Jaaa ''kay hoor. As mens alles weet van alles af, dan hoef mens seker
nooit iets nuuts te leer nie. :-)
Re: Weer marogo [boodskap #57437 is 'n antwoord op boodskap #57433] Do, 14 Februarie 2002 02:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Haai!! Ek weet van 'n klomp goed net mooi absoluut niks nie - dis net van
marog wat ek iets weet, want ek hou van dit;))))
Annette

Danielle skryf in boodskap news:v8sl6ugv4bvduvgfdg4ajvagrp3248debu@4ax.com...
>
>> On Wed, 13 Feb 2002 22:34:42 +0200, "Annette"
>> wrote:
>>
>>> Nee, ek het niks nuuts geleer van marog wat ek nie klaar geweet het nie;)))
>>> Annette
>
> Jaaa ''kay hoor. As mens alles weet van alles af, dan hoef mens seker
> nooit iets nuuts te leer nie. :-)
>
Re: Weer marogo [boodskap #57450 is 'n antwoord op boodskap #57409] Do, 14 Februarie 2002 13:45 Na vorige boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Mmm, ek 'n stukkie gepos oor die wilde spinasie onder bespreking, maar dit
het tot noutoe nie sy verkyning hier gemaak nie. Sal weer moet probeer as
hierdie een dit maak...

HK

"Danielle" skryf in boodskap news:8qel6u8l93hhc35hale26jnm9d40codh2q@4ax.com...
> On 12 Feb 2002 00:06:29 -0800, ddu...@ufh.ac.za (Drom) wrote:
>
>> Danielle
>>
>> Hier spring ek alweer skuinsweg van 'n ander draad af hier in.
>
> Nee, dis reg so Drom. Solank jy net nie jou drade kruis nie, is
> die saak reg. :-))
> Maar ernstig - ek vind jou insette baie interessant - dankie.
>
>> Hanekam
>> is nou wel die ding op 'n hoender se kop maar dis ook een van die
>> algemeenste onkruide in die Vrystaat, in tuine, koring- en mielielande
>> en sommer enige plek waar die grond versteur is. As ek reg onthou is
>> die jong plantjies een van die hoofbronne van marogo daar.
>
> Dit lyk my dis wat Wouter se woordeboek ook probeer sê het. Was maar
> net ek wat alweer moerswillig probeer wees het. Maar in die proses
> dink ek het ons almal baie meer geleer van wat marog is of nie is nie?
> :-)
>
>> Dankie vir die mooi helende woorde van simpatie :-)
>
> My plesier, hoor. :-)
>
Vorige onderwerp: " Ek hou van blou" deur A.D. KEET
Volgende onderwerp: NP se Nuwe Naam
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 20:20:42 MGT 2024