Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaans Forever ?
Afrikaans Forever ? [boodskap #5695] Sa, 03 Februarie 1996 00:00
Julius Bergh  is tans af-lyn  Julius Bergh
Boodskappe: 111
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Hello Gloudina,

Jong, ek is in effe agter met die lees van die Afrikaanse nuusgreop op
die net. Ek laai die artikels gereeld af en lees oor naweke.

Nou lees ek die lekker stuk hierbo aangehaal.

ooi ideaal wat jy stel. Maar is dit die moeite werd? In my ervaring
is taal in verdelende ding. n Manier om mense te groepeer - ons VS
hulle.

Ek het geen besondere voorliefde vir die Britte nie, maar die wrede
Bulldog wat meer dele van die wêreld verower het as Gengish Khan,
het ten minste as een goeie erfenis, n We^reld taal geskep. Dit het
sake heelwat vereenvoudig.

Hoekom moet ons n taal aan die lewe hou? Daar is ander kultuurgoedere
wat meer belangrik en meer universeel is - soos jy noem in jou
artikel.

Die Waliesers en Iere se tale was ook doelbewus onderdruk deur die
Bulldog (selfs in hierdie eeu) maar nou vlam die tale weer op -
ongelukkig gepaart met groter Nasionalisme en "ons VS hulle" .

Maar my hart is nie waar my bek is nie!

Nou dat ek hier in n multi-kulturele gemeenskap woon, geniet ek
hierdie Afrikaanse nuusgroep, artikels en veral die gedigte BAIE.
Afrikaans is ook n handige medium vir n private gesprek wanneer dit
nodig is. Jy moet egter versigtig wees want daar is heelwat mense wat
Afrikaans of Nederlands verstaan. Dit is n goeie manier om nuwe
vriende te maak - n doelbewuste "ons is anders as julle maar as jy on
verstaan is jy mos een van ons - so soek n maatjie vir n praatjie".

My Afrikaner vrou was vir 6 maande in Taiwan on Engels aan Sjinese te
leer en handboek te skrywe!

Lank lewe Afrikaans!

of is dit nou, in die nuwe SA: Viva Afrikaans !?

Julius Bergh

jbe...@onthenet.com.au
http://www.onthenet.com.au/~jbergh
32 Koola Dr, Nerang QLD 4211 Australia
Phone: 61 7 55960462
Vorige onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5804] Staatsonderwys, Switserland, ens.
Volgende onderwerp: LORDS PRAYER (ONSE VADER)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 21:52:59 MGT 2024