Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Heloise" deur SHEILA CUSSONS
" Heloise" deur SHEILA CUSSONS [boodskap #56901] Di, 05 Februarie 2002 23:12
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

HELOISE
Sheila Cussons

Ek het vergeet wat ons gesê het, lief,
die tyd het oud geword -
en ek lê eenkant niemand praat
daar's niemand nie - het stil geword.
Kind wat my nooit sal ken nie
nooit en nooit nie - stief groot geword ...
Nooit weer in die krom van jou lyf
my lyf as ek slaap nie, o Abelard -
maar koud en vrugloos en alleen
in 'n huis in die wind
vroetel en nie vind nie ...
ou hande in papiere papiere papiere
het kinds geword.
Vorige onderwerp: " Weskusverse" deur PAULA MAUD
Volgende onderwerp: Die gesig van God - Loit Sôls (geb. 1957)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 16:31:59 MGT 2024