Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nuusies
Nuusies [boodskap #56701] Ma, 04 Februarie 2002 11:21 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ernie Els het die gholf in Australië gewen - Retief het verlede week daar en
hierdie week hier gewen.
Bafana Bafana het geflaf teen Mali - hulle is op pad terug.
SA & NZ speel in die finale van die huidige pajamareeks in Australië. Steve
Waugh is vies daaroor.
'n Mev Mienie is die afgelope week deur 'n seekoei vermoor iewers in die
Laeveld.
Mens sal seker nooit die ware storie hoor nie, want die oortreder is dood.
Daar word al hoe meer gepraat van Rudolph Straueli as die nuwe bokafriter -
maar iemand moet nog aangewys word.
Die Super 12 rugbyreeks skop glo eersdaags af, en die arme Stormers sukkel
glo nog om 'n span saam te flans .
Medici tree al hoe meer op teen die wense van Onse Prez, wat nog steeds nie
wil glo van die storie van Vigs nie - dis die konsep van die woord sindroom
in die naam wat hom totaal gooi.
Annette
Re: Nuusies [boodskap #56703 is 'n antwoord op boodskap #56701] Ma, 04 Februarie 2002 11:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Mbt Vigs-storie die volgende: Ek slaan 'n storie gade op kyknet waar 'n vrou
en haar baba die teenmiddel in 'n hospitaal ontvang. Die storie gaan egter
verder. Dieselfde vrou het 'n jaar gelede, volgens haar, haar vorige baba
aan Vigs verloor. Maw die siel het geweet dat sy positief toets, en steeds
voortgaan om nog kinders in die wêreld te bring. Help my - is dit nie
krimineel nie?

"Annette" skryf in boodskap news:a3lqq8$1967t2$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ernie Els het die gholf in Australië gewen - Retief het verlede week daar en
> hierdie week hier gewen.
> Bafana Bafana het geflaf teen Mali - hulle is op pad terug.
> SA & NZ speel in die finale van die huidige pajamareeks in Australië. Steve
> Waugh is vies daaroor.
> 'n Mev Mienie is die afgelope week deur 'n seekoei vermoor iewers in die
> Laeveld.
> Mens sal seker nooit die ware storie hoor nie, want die oortreder is dood.
> Daar word al hoe meer gepraat van Rudolph Straueli as die nuwe bokafriter -
> maar iemand moet nog aangewys word.
> Die Super 12 rugbyreeks skop glo eersdaags af, en die arme Stormers sukkel
> glo nog om 'n span saam te flans .
> Medici tree al hoe meer op teen die wense van Onse Prez, wat nog steeds nie
> wil glo van die storie van Vigs nie - dis die konsep van die woord sindroom
> in die naam wat hom totaal gooi.
> Annette
>
Re: Nuusies [boodskap #56706 is 'n antwoord op boodskap #56703] Ma, 04 Februarie 2002 11:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wel Jonas, die punt is dat daar 'n punt by betrokke is.
Sy kan haar nie self inpregneer nie - daar word 'n ander party benodig, as
jy verstaan wat ek bedoel?
Hoe dink jy moet sy vir die ander party oortuig om beskerming te gebruik as
hy weier om dit te doen, en haar heelwaarskynlik verkrag het?
Ek dink nog steeds dat alle vrouens wat al klaar Vigs het gesteriliseer
behoort te word..
Annette

Jonas skryf in boodskap news:a3lrbn$qom$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Mbt Vigs-storie die volgende: Ek slaan 'n storie gade op kyknet waar 'n vrou
> en haar baba die teenmiddel in 'n hospitaal ontvang. Die storie gaan egter
> verder. Dieselfde vrou het 'n jaar gelede, volgens haar, haar vorige baba
> aan Vigs verloor. Maw die siel het geweet dat sy positief toets, en steeds
> voortgaan om nog kinders in die wêreld te bring. Help my - is dit nie
> krimineel nie?
>
>
> "Annette" wrote in message
> news:a3lqq8$1967t2$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Ernie Els het die gholf in Australië gewen - Retief het verlede week
daar
> en
>> hierdie week hier gewen.
>> Bafana Bafana het geflaf teen Mali - hulle is op pad terug.
>> SA & NZ speel in die finale van die huidige pajamareeks in Australië.
> Steve
>> Waugh is vies daaroor.
>> 'n Mev Mienie is die afgelope week deur 'n seekoei vermoor iewers in die
>> Laeveld.
>> Mens sal seker nooit die ware storie hoor nie, want die oortreder is dood.
>> Daar word al hoe meer gepraat van Rudolph Straueli as die nuwe
> bokafriter -
>> maar iemand moet nog aangewys word.
>> Die Super 12 rugbyreeks skop glo eersdaags af, en die arme Stormers sukkel
>> glo nog om 'n span saam te flans .
>> Medici tree al hoe meer op teen die wense van Onse Prez, wat nog steeds
> nie
>> wil glo van die storie van Vigs nie - dis die konsep van die woord
> sindroom
>> in die naam wat hom totaal gooi.
>> Annette
>>
>
Re: Nuusies [boodskap #56708 is 'n antwoord op boodskap #56701] Ma, 04 Februarie 2002 11:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:a3lqq8$1967t2$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> 'n Mev Mienie is die afgelope week deur 'n seekoei vermoor iewers in die
> Laeveld.
> Mens sal seker nooit die ware storie hoor nie, want die oortreder is dood.
> Annette
>

Na gelang van jou boodskap bel ek een van die rugby pa's van 'Toti se
juniors. Hy kuier baie in die laeveld. Ek was bekommerd dat dit dalk sy
vrou was. Dis toe sy niggie, en dit klink of hulle fotos geneem het van die
seekoei en haar kalf. Die seekoei het nie daarvan gehou dat hulle so na aan
haar kalf kom nie en het net die kleintjie beskerm. Hoe vér is dit van wat
die koerant sê?
Re: Nuusies [boodskap #56715 is 'n antwoord op boodskap #56708] Ma, 04 Februarie 2002 12:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Net oor die nuus gehoor - ook dat die seekoei 'n kalfie het - en dat daar
glo borde was wat die mense waarsku om nie te na-aan die diere te gaan nie.
Daar is glo laasnag deur die nag 'n heining om die seekoeigat opgerig.
Nou word die arme seekoeie in hulle natuurlike omgewing ingehok agv onnosele
mense.

Ek dink nie eers die borde is nodig nie - enige regdenkende mens behoort te
weet om 'n gesonde afstand weg te staan van enige wilde dier in die se
natuurlike habitat.
Jammer om te hoor dat dit famiie van kennisse is Sakkie, maar werklik, dit
gaan my verstand te bowe hoe sekere mense optree en dink in 'n wesentlike
gevaarlike omgewing.
Annette

Sakkie skryf in boodskap news:3c5e7536$0$236@hades.is.co.za...
>
> "Annette" wrote in message
> news:a3lqq8$1967t2$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> 'n Mev Mienie is die afgelope week deur 'n seekoei vermoor iewers in die
>> Laeveld.
>> Mens sal seker nooit die ware storie hoor nie, want die oortreder is dood.
>> Annette
>>
>
> Na gelang van jou boodskap bel ek een van die rugby pa's van 'Toti se
> juniors. Hy kuier baie in die laeveld. Ek was bekommerd dat dit dalk sy
> vrou was. Dis toe sy niggie, en dit klink of hulle fotos geneem het van die
> seekoei en haar kalf. Die seekoei het nie daarvan gehou dat hulle so na aan
> haar kalf kom nie en het net die kleintjie beskerm. Hoe vér is dit van wat
> die koerant sê?
>
Re: Nuusies [boodskap #56716 is 'n antwoord op boodskap #56715] Ma, 04 Februarie 2002 12:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek stem een honderd persent met jou saam. Enigiemand wat die natuur ken
weet dat jy nie naby wilde diere kom nie. Die wat die natuur goed ken weet
dat jy diere met kleintjies uitlos. Die mense wat tyd in die natuur
spandeer, die diere en hul gedrag bestudeer sal jou vertel dat 'n seekoei bo
twyfel die gevaarlikste, onvoorspelbaarste dier op die Afrika kontinent is,
en verantwoordelik is vir meer mense sterftes as al die ander saam,
uitgesluit 'n muskiet maar ons praat nie van insekte nie:-))).

Enigeen wat gaan rond donner by 'n seekoei met 'n kalf soek vir baie meer
moeilikheid as wat jy sal glo!! Ek self het nie veel simpatie met mense wat
krap waar dit nie jeuk nie. Afrika is nie vir sissies nie, ook nie vir
mense wat nie weet waarmee hulle speel nie.

"Annette" skryf in boodskap news:a3ltvl$19apvn$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>
> Ek dink nie eers die borde is nodig nie - enige regdenkende mens behoort te
> weet om 'n gesonde afstand weg te staan van enige wilde dier in die se
> natuurlike habitat.
> Jammer om te hoor dat dit famiie van kennisse is Sakkie, maar werklik, dit
> gaan my verstand te bowe hoe sekere mense optree en dink in 'n wesentlike
> gevaarlike omgewing.
> Annette
>
Re: Nuusies [boodskap #56782 is 'n antwoord op boodskap #56701] Di, 05 Februarie 2002 02:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
my busi...  is tans af-lyn  my busi...
Boodskappe: 3
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Junior Lid
> SA & NZ speel in die finale van die huidige pajamareeks in Australië. Steve
> Waugh is vies daaroor.

Nou wonder ek net hoe gelukkig Pollock of Fleming sou gewees het as hulle nie in die eindwedstryd was nie.
Re: Nuusies [boodskap #56784 is 'n antwoord op boodskap #56782] Di, 05 Februarie 2002 03:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hulle sou dit aanvaar het.
Dis hoe hulle is.
Hoekom sou Steve nie heel aan die begin teen die bonuspuntstelsel uitgevaar
het nie? - omdat hy absoluut seker was sy span sou in die finale speel.
Nou moet dood 'n oorsaak hê.

Fleming self het vroeg al verklaar dat hy nie ten gunste van die bonuspunt
sisteem is nie, maar dat hy dit tot voordeel kan gebruik.
Ek hoor hulle gaan nou ook die bonuspunt gedagte inbring by volgende jaar se
wêreldbekertoernooi.
Ek dink self dit is 'n baie onregverdige stelsel - en ek hoop die voorstel
gaan nie aanvaar word nie.
Annette

wrote in message
news:3c5f4009_2@news.teranews.com...
>
>> SA & NZ speel in die finale van die huidige pajamareeks in Australië. Steve
>> Waugh is vies daaroor.
>
> Nou wonder ek net hoe gelukkig Pollock of Fleming sou gewees het as hulle
nie in die eindwedstryd was nie.
Re: Nuusies [boodskap #56800 is 'n antwoord op boodskap #56701] Di, 05 Februarie 2002 07:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek dink Terror Lakota praat die maklikste en suiwerste Afrikaans.
Ja - ek dink ook Bobo behoort 'n kans te kry voor die prima donnas wat ons
deesda vir senters het.

Annette

Happiness is a State of Mind

Drom skryf in boodskap news:1e507c17.0202042343.1d1ff356@posting.google.com...
> "Annette" skryf in boodskap news:...
>
>> Daar word al hoe meer gepraat van Rudolph Straueli as die nuwe bokafriter -
>> maar iemand moet nog aangewys word.
>
> In Vrydag se Herald (van Port Elizabeth) was die pos van afrigter
> geadverteer, seker vir "deursigtigheid." Een van die vereistes is
> "enhanced stress tolerance levels."
>
> En gisteroggend op RSG het ons geliefde sports(!)minister weer net
> gepraat van transformasie in rugby. Wens hy wil ophou. Dinge sal
> vanself uitwerk nou dat swart kinders na die ou blanke skole gaan en
> beter afrigting kry. Kyk maar na Gcobani Bobo, hy is 'n produk van
> Dale College.
>
> Moet sê die mini ster praat heel skaflik Afrikaans. Dit het hom darem
> so kerfie of twee in my estimasie laat styg.
>
> Drom
Re: Nuusies [boodskap #56801 is 'n antwoord op boodskap #56701] Di, 05 Februarie 2002 07:43 Na vorige boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:...

> Daar word al hoe meer gepraat van Rudolph Straueli as die nuwe bokafriter -
> maar iemand moet nog aangewys word.

In Vrydag se Herald (van Port Elizabeth) was die pos van afrigter
geadverteer, seker vir "deursigtigheid." Een van die vereistes is
"enhanced stress tolerance levels."

En gisteroggend op RSG het ons geliefde sports(!)minister weer net
gepraat van transformasie in rugby. Wens hy wil ophou. Dinge sal
vanself uitwerk nou dat swart kinders na die ou blanke skole gaan en
beter afrigting kry. Kyk maar na Gcobani Bobo, hy is 'n produk van
Dale College.

Moet sê die mini ster praat heel skaflik Afrikaans. Dit het hom darem
so kerfie of twee in my estimasie laat styg.

Drom
Vorige onderwerp: Danielle...
Volgende onderwerp: Nederlands / Vlaams
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 21:09:55 MGT 2024