Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Martin Luther King
Re: Martin Luther King [boodskap #56473] Do, 31 Januarie 2002 18:54 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

david wrote:

> Martin Luther King
>
>
> By WILLIAM P. HOAR

En wat, david McKKK, het hierdie
Amerikaanse politiekery met die
prys van eiers in SA te doen. Of
wys jy en jou pelle maar net waar
julle lojaliteit lê, by die
Noord-Amerikaanse Neo-nazis (waar-
vandaan julle heelwaarskynlik julle
geld vandaan kry.) Skoert uit die
Afrikaanse nuusgroep met jou Amerikaans-
Engelse snert.

Die Ruiter in die Dag
Re: Martin Luther King [boodskap #56476 is 'n antwoord op boodskap #56473] Do, 31 Januarie 2002 19:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3C5993D2.40405@rogers.com...
>
> david wrote:>
>> Martin Luther King

> Skoert uit die
> Afrikaanse nuusgroep met jou Amerikaans-
> Engelse snert.
> Die Ruiter in die Dag

Plaas jou boodskappe in engels, David. Moet jou nie in die minste steur aan
hierdie kinderagtige selfaangestelde sensorita nie.
Re: Martin Luther King [boodskap #56493 is 'n antwoord op boodskap #56476] Vr, 01 Februarie 2002 02:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Kobus Pietersen wrote:


> Plaas jou boodskappe in engels, David. Moet jou nie in die minste steur aan
> hierdie kinderagtige selfaangestelde sensorita nie.

Nog een van die ouens wat nie 'n duit
kan omgee vir sy taal nie, maar wel vir
die verspreiding van verregse snert op
Engels. Ek wonder of hy ook gejuig het
toe die SAUK die hoeveelheid Afrikaans
op TV gesny het. Anders, hoekom juig hy
nou as hy Amerikaanse Engels op 'n
Afrikaanse nuusgroep sien? Engels kan
maar die Afrikaanse nuusgroep oorneem,
nè, ou Kobus. Solank julle net julle
KKK-klanke en KKK-klante kan ondersteun.

Die Ruiter in die Dag.
Re: Martin Luther King [boodskap #56496 is 'n antwoord op boodskap #56493] Vr, 01 Februarie 2002 04:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Antie Tottie.

Jy is so patriotiese dat jy in Kanada gaan bly het? En, waar jy aan die
koningin van ingeland onderdanig is, elke dag engels moet praat, en,
klaarblyklik, praat julle engels in die huis?

"Talk is cheap, but money buys the whisky..."

skryf in boodskap news:3C59FCE2.3020303@rogers.com...
>
> Kobus Pietersen wrote:
>
>
>
>> Plaas jou boodskappe in engels, David. Moet jou nie in die minste steur aan
>> hierdie kinderagtige selfaangestelde sensorita nie.
>
>
> Nog een van die ouens wat nie 'n duit
> kan omgee vir sy taal nie, maar wel vir
> die verspreiding van verregse snert op
> Engels. Ek wonder of hy ook gejuig het
> toe die SAUK die hoeveelheid Afrikaans
> op TV gesny het. Anders, hoekom juig hy
> nou as hy Amerikaanse Engels op 'n
> Afrikaanse nuusgroep sien? Engels kan
> maar die Afrikaanse nuusgroep oorneem,
> nê, ou Kobus. Solank julle net julle
> KKK-klanke en KKK-klante kan ondersteun.
>
> Die Ruiter in die Dag.
>
Re: Martin Luther King [boodskap #56506 is 'n antwoord op boodskap #56493] Vr, 01 Februarie 2002 06:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3C59FCE2.3020303@rogers.com...
>
> Kobus Pietersen wrote:
>> Plaas jou boodskappe in engels, David. Moet jou nie in die minste steur aan
>> hierdie kinderagtige selfaangestelde sensorita nie.

> Nog een van die ouens wat nie 'n duit
> kan omgee vir sy taal nie, maar wel vir
> die verspreiding van verregse snert op
> Engels.

Jou aanames is so ongekunsteld soos jyself.
Anders as jy, praat ek die taal net waar ek kan.
Hel, ek praat dit selfs vanuit huis, en jy?
Wie is jy om te besluit wat verregse snert is en wat nie?
Lyk my jy is omtrent die enigste een hier wat bang is om
beinvloed te word deur wat andere skryf.
Die ander kan stilweg hul eie minds opmaak.

> Ek wonder of hy ook gejuig het
> toe die SAUK die hoeveelheid Afrikaans
> op TV gesny het.

Nee, jy behoort te gejuig het, want jou hanteerders het Afrikaans oral
gesny.
Dis duidelik dat as jy moet kies tussen Afrikaans en die ondergang van die
Afrikaner,
dan kies jy laasgenoemde. En wie gaan dan Afrikaans praat?
As jy met die semels meng vreet die varke jou op, ou knopiespinnekop.

< Anders, hoekom juig hy
> nou as hy Amerikaanse Engels op 'n
> Afrikaanse nuusgroep sien?

Nee, soveel mense soos moontlik moet kan deelneem.
Jou soort wil net alles blok wat hulle nie aanstaan nie.
Dit is duidelik dat jy nie juis 'n voorstaander is van vryheid van spraak
nie.
Dan weer, vir jou hang dit net af wie wat sê.

> Engels kan
> maar die Afrikaanse nuusgroep oorneem,
> nê, ou Kobus.

Nee, min Engels word hier geplaas.
Siestog, jy klou vas aan Afrikaans op die nuusgroep soos 'n kleinnood.
Soos Sonja Heroldt sou sê ; "Oe-ak verlang na jou ..."
Jy't jou eie bed gemaak, so slaap maar rustig daarin voort.
Jy kan nie jou koek he^ en dit eet nie, so gaan op jou kniee
en eet gulsig aan die krummeltjies wat vir jou uitgegooi word.

> Solank julle net julle
> KKK-klanke en KKK-klante kan ondersteun.

Ja, ons almal ondersteun die Klein Karoo Kunstefees.
Net jammer dat een van jou gunstelinge 'n feesganger
laasjaar met die vuis dood gebliksem het.

So, los nou jou onderwyseres mentaliteit en hou op preek vir die bekeerdes.
En wees nou 'n goeie Britse onderdaan en sing God Save the Queen voor jy
gaan slaap.
Re: Martin Luther King [boodskap #56525 is 'n antwoord op boodskap #56496] Vr, 01 Februarie 2002 13:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Antie Tottie.
>
> Jy is so patriotiese dat jy in Kanada gaan bly het? En, waar jy aan die
> koningin van ingeland onderdanig is, elke dag engels moet praat, en,
> klaarblyklik, praat julle engels in die huis?

Dit maak nie saak waar ons bly nie,
die Afrikaners in die diaspora kom
na hierdie nuusgroep om Afrikaans
te skryf en in Afrikaans met ander
Afrikaans-sprekendes om te gaan. En
om oor Suid-Afrikaanse kultuurdinge
te praat. As die ding nou in Amerikaanse
Engels ontaard, dan het die Yankees mos
sommer nog 'n kulturele veldslag gewen,
ou Jonas.

Tant Totie.
Re: Martin Luther King [boodskap #56527 is 'n antwoord op boodskap #56506] Vr, 01 Februarie 2002 15:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Kobus Pietersen wrote:

> Jou aanames is so ongekunsteld soos jyself.

Ek dink, ou Kobus, jy gebruik die
woord "ongekunsteld" hier bo
verkeerd. Sover ek weet, is om iemand
ongekunsteld te noem, 'n kompliment.
Dit beteken dat die mens opreg, sonder
fieterjasies en natuurlik is. Ek hoop
dis wat jy bedoel het, maar ek twyfel.
Ek dink jy het bedoel "naief." Maar
wie is ek nou om met iemand te stry
wat blykbaar Afrikaans in sy huis
praat?

Gloudina
Re: Martin Luther King [boodskap #56528 is 'n antwoord op boodskap #56506] Vr, 01 Februarie 2002 15:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Kobus Pietersen wrote:

> Dis duidelik dat as jy moet kies tussen Afrikaans en die ondergang van die
> Afrikaner,
> dan kies jy laasgenoemde.

> Siestog, jy klou vas aan Afrikaans op die nuusgroep soos 'n kleinnood.

> En wees nou 'n goeie Britse onderdaan en sing God Save the Queen voor jy
> gaan slaap.

Ag, ou Kobus Pietersen, jy raak so b-o-oring.
Hoekom sit 'n sekere soort Afrikaner-joggie
altyd hierdie geykte ikoniese snert op
die nuusgroep en uitspoeg. Dit maak nie saak
waar mens bly in die een-en-twintigste eeu
nie. Dit maak nie saak watter tale jy om jou
hoor nie. Dit maak egter saak watter taal op
watter kubersite gebruik word. Anders word
die hele kuberruimte net eenvormig Engels,
gewoonlik Amerikaanse Engels. Word wakker in
die een-en-twintigste eeu, ou Kobus Pietersen.
Jy leef nog in die neëntiende eeu.

Tant Hessie van die Derde Republiek van die
een-en-twintigste eeu.
Re: Martin Luther King [boodskap #56535 is 'n antwoord op boodskap #56528] Vr, 01 Februarie 2002 18:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3C5AB318.5070507@rogers.com...
> Ag, ou Kobus Pietersen, jy raak so b-o-oring.
Jy is lankal vervelig

> Hoekom sit 'n sekere soort Afrikaner-joggie
> altyd hierdie geykte ikoniese snert op
> die nuusgroep en uitspoeg.
Ek weet nie hoekom jy dit doen nie.

> Dit maak nie saak
> waar mens bly in die een-en-twintigste eeu
> nie.
Dit maak natuurlik saak. Net die ontwikkelde lande is omtrent dieselfde.
Sal jy byvoorbeeld in Zimbabwe wil bly?

> Dit maak nie saak watter tale jy om jou
> hoor nie. Dit maak egter saak watter taal op
> watter kubersite gebruik word. Anders word
> die hele kuberruimte net eenvormig Engels,
> gewoonlik Amerikaanse Engels.
Mens wil 'n taal hoor en sien.
In watter taal is jou web site?
As die Amerikaners meer innoverend is, is hulle almal een voor.

Word wakker in
> die een-en-twintigste eeu, ou Kobus Pietersen.
> Jy leef nog in die neëntiende eeu.
Nee, toe't Afrikaans nog nie bestaan nie.
Jy moet wakker word en jou geykte voorskriftelikheid los.

> Tant Hessie van die Derde Republiek van die
> een-en-twintigste eeu.
En waar sou hierdie Republiek gelee" wees?
Re: Martin Luther King [boodskap #56536 is 'n antwoord op boodskap #56527] Vr, 01 Februarie 2002 18:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3C5AB119.8020407@rogers.com...
>
> Kobus Pietersen wrote:
>> Jou aanames is so ongekunsteld soos jyself.
>
> Ek dink, ou Kobus, jy gebruik die
> woord "ongekunsteld" hier bo
> verkeerd.
Soos ek gesê het, los nou maar jou vervelige onderwys mentaliteit.

> Sover ek weet, is om iemand
> ongekunsteld te noem, 'n kompliment.
> Dit beteken dat die mens opreg, sonder
> fieterjasies en natuurlik is. Ek hoop
> dis wat jy bedoel het, maar ek twyfel.
Hoe klink opgesmuk? Pas seker beter.

> Ek dink jy het bedoel "naief." Maar
> wie is ek nou om met iemand te stry
> wat blykbaar Afrikaans in sy huis
> praat?
Jou hele lewe was 'n stryd, so waarom nou stop?
Nou toe, lees dan maar so bietjie :-)

http://www.uhambo.co.za/Afrikaans/index.html
Daar is ook 'n Engelse weergawe vir outjies soos jy.
Re: Martin Luther King [boodskap #56541 is 'n antwoord op boodskap #56525] Vr, 01 Februarie 2002 20:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 01 Feb 2002 13:43:10 GMT, "@rogers.com" wrote:

>

> Dit maak nie saak waar ons bly nie,
> die Afrikaners in die diaspora kom
> na hierdie nuusgroep om Afrikaans
> te skryf en in Afrikaans met ander
> Afrikaans-sprekendes om te gaan.
>
> Tant Totie.
>

Kom ons kry 'n antwoord op 'n interessante vraag:
(en wat ek hier sê het niks te doen met die feit dat
Gloudina en ek versot is op mekaar nie)
Indien enige iemand anders as Gloudina dit gevra
het - aangedring het op 'n Afrikaanse nuusgroep, 'n
ng wat nie neig om so gemeng soos die Afrikaanse
taal te word nie, sou die ontvangs dieselfde gewees het?

Ek deel ook (baie meer gereeld as hier!) op 'n Nederlandse nuusgroep.
Julle sal verbaas wees hoe anti engels die Nederlanders is en hoe
hulle hul vervies as iemand slegs 'n paar woorde in engels skryf.

'n baie onlangse voorbeeld lyk so:

> "C.J. aka Karin" schreef in bericht
>
>> Hi There,
>> I am looking for the ................

"Edward ©" schreef in bericht

hello karin

dis is u dutsj groep so joe can better wreit in duts so det we cen
undertend yor qwestjon better.

alsoo keint rekaarts vrom packman
Re: Martin Luther King [boodskap #56550 is 'n antwoord op boodskap #56536] Vr, 01 Februarie 2002 23:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Kobus Pietersen wrote:

>> Ek dink, ou Kobus, jy gebruik die
>> woord "ongekunsteld" hier bo
>> verkeerd.

> Soos ek gesê het, los nou maar jou vervelige onderwys mentaliteit.

Sodat jy nou maar die Afrikaanse
taal los en vas kan opmors, ou
Kobus?

Die ongekunstelde Tant Hessie
Re: Martin Luther King [boodskap #56551 is 'n antwoord op boodskap #56535] Vr, 01 Februarie 2002 23:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Kobus Pietersen wrote:

>> Jy leef nog in die neëntiende eeu.

> Nee, toe't Afrikaans nog nie bestaan nie.

Ha, ha, ha. Hie, hie, hie. Oortuig
nou al die kampvegters van Afrikaans
dat Afrikaans nie in die Neëntiende
eeu bestaan het nie! Waarvoor het die
Genootskap van Regte Afrikaners en
S.J. du Toit dan geagiteer in die
19de eeu?

Tant Hessie van die Patriot.
Re: Martin Luther King [boodskap #56552 is 'n antwoord op boodskap #56535] Vr, 01 Februarie 2002 23:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Kobus Pietersen wrote:

>> Tant Hessie van die Derde Republiek van die
>> een-en-twintigste eeu.

> En waar sou hierdie Republiek gelee" wees?

Hierdie Republiek lê in die
breine en in die harte van dié
mense wat 'n respek het vir
Afrikaans en vir die Afrikaanse
kultuurskatte. Dit lê ook in die
kuberruimte. Dit ontwikkel omdat
daar mense is wat die Derde
Vryheidsoorlog voer.

Die Ruiter in die Dag.
Kultuur? [boodskap #56559 is 'n antwoord op boodskap #56525] Sa, 02 Februarie 2002 08:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Kan die geleerde mense op die nuusgroep vir my se of politiek en godsdiens
as "kultuur" geklassifiseer kan word?

Ou tante Koba skryf:
>
> Dit maak nie saak waar ons bly nie,
> die Afrikaners in die diaspora kom
> na hierdie nuusgroep om Afrikaans
> te skryf en in Afrikaans met ander
> Afrikaans-sprekendes om te gaan. En
> om oor Suid-Afrikaanse kultuurdinge
> te praat. >
> Tant Totie.
>
Re: Martin Luther King [boodskap #56561 is 'n antwoord op boodskap #56552] Sa, 02 Februarie 2002 09:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3C5B232F.3090809@rogers.com...
> Kobus Pietersen wrote:

>> En waar sou hierdie Republiek gelee" wees?
>
> Hierdie Republiek lê in die
> breine en in die harte van dié
> mense wat 'n respek het vir
> Afrikaans en vir die Afrikaanse
> kultuurskatte. Dit lê ook in die
> kuberruimte.

Dan sluit dit mos 'n swetterjoel minderbevooregtes uit wat nie toegang het
tot hierdie
virtuele ruimte nie? Of is dit juis 'n manier om 'n eksklusiewe ruimte vir
sekeres te skep?
'n Soort van 'n kuber Moederbond of so.

> Dit ontwikkel omdat
> daar mense is wat die Derde
> Vryheidsoorlog voer.

Teen wie word hierdie oorloggie gevoer?
Seker maar deur die hart teen die mond? :-)

> Die Ruiter in die Dag.
Wat almal in spanning laat wag
Re: Martin Luther King [boodskap #56562 is 'n antwoord op boodskap #56551] Sa, 02 Februarie 2002 09:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3C5B2270.2050501@rogers.com...
> Kobus Pietersen wrote:
>>> Jy leef nog in die neëntiende eeu.
>> Nee, toe't Afrikaans nog nie bestaan nie.
> Ha, ha, ha. Hie, hie, hie. Oortuig
> nou al die kampvegters van Afrikaans
> dat Afrikaans nie in die Ne�ntiende
> eeu bestaan het nie!

Wys my 'n stuk Afrikaans uit die 19de eeu en ek wys jou 'n stuk Nederlands.

> Waarvoor het die
> Genootskap van Regte Afrikaners en
> S.J. du Toit dan geagiteer in die
> 19de eeu?

Dit beteken mos juis dat die taal nog nie aanvaar was nie?
Die taal is eers in 1922 gebole (sonder kop en ole).

> Tant Hessie van die Patriot.
Oom Lokomotief van die Railways
Re: Martin Luther King [boodskap #56564 is 'n antwoord op boodskap #56550] Sa, 02 Februarie 2002 09:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3C5B2160.3030707@rogers.com...
>
> Kobus Pietersen wrote:
>> Soos ek gesê het, los nou maar jou vervelige onderwys mentaliteit.

> Sodat jy nou maar die Afrikaanse
> taal los en vas kan opmors, ou
> Kobus?

Die punt is dit hang nie van jou af hoe ander mense skryf nie.
Dit hou net jouself op die tone, want jy kan nie waag om 'n foutjie te maak
nie.
Maar selfs jy kry dit reg in 'n oomblik van onbewaaktheid.

Almal maak maar spelvoute, en dit help nie om elke keer iemand daarop te wys
nie. Dis so goed om na elke bliksemstraal te sê "Daar slaat die donner
weer"
Re: Kultuur? [boodskap #56566 is 'n antwoord op boodskap #56559] Sa, 02 Februarie 2002 10:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Natuurlik Hantamkiind - enige iets hier wat ons oor wil of kan gesels is
kultuur - of wil jy 'n reseppie hê?:)))
Annette

.com.au> skryf in boodskap news:hsN68.85610$HW3.118625@newsfeeds.bigpond.com...
> Kan die geleerde mense op die nuusgroep vir my se of politiek en godsdiens
> as "kultuur" geklassifiseer kan word?
>
> Ou tante Koba skryf:
>>
>> Dit maak nie saak waar ons bly nie,
>> die Afrikaners in die diaspora kom
>> na hierdie nuusgroep om Afrikaans
>> te skryf en in Afrikaans met ander
>> Afrikaans-sprekendes om te gaan. En
>> om oor Suid-Afrikaanse kultuurdinge
>> te praat. >
>> Tant Totie.
>>
>
Re: Martin Luther King [boodskap #56585 is 'n antwoord op boodskap #56561] Sa, 02 Februarie 2002 18:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Kobus Pietersen wrote:

> Dan sluit dit mos 'n swetterjoel minderbevooregtes uit wat nie toegang het
> tot hierdie
> virtuele ruimte nie? Of is dit juis 'n manier om 'n eksklusiewe ruimte vir
> sekeres te skep?
> 'n Soort van 'n kuber Moederbond of so.

Wel, Kobus Pietersen, dit moet ek vir jou
toegee. Nie alleen is jy nie op jou mond
geval nie, maar jou Afrikaans is goedversorg
en keurig.
Ek het nie gesê dat die Derde Republiek wat
totstand kom na die Derde Vryheidsoorlog
net in die kuberruimte bestaan nie. Gaan
kyk maar waar ek gesê het dit bestaan.

Die Ruiter in die Dag.
Re: Martin Luther King [boodskap #56592 is 'n antwoord op boodskap #56562] Sa, 02 Februarie 2002 20:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Kobus Pietersen wrote:

> Wys my 'n stuk Afrikaans uit die 19de eeu en ek wys jou 'n stuk Nederlands.

> Die taal is eers in 1922 gebole (sonder kop en ole).

Jy swem maar teen die stroom op. Hoekom
dink jy het Langenhoven vir jare en jare
gestry om Afrikaans toegelaat te kry as
offisiële taal in plaas van Nederlands,
as daar nie in sy opinie 'n aparte en
volwaardige taal alreeds bestaan het nie?
Dis een van die redes waarom hy tot die
politiek toegetree het. Jy klink vir my
na een van daardie mense wat tot die bitter-
einde nog daarop gestaan het dat Nederlands
die voertaal van die Afrikaners moet bly.
Het jy al Kannemeyer se biografie van
Langenhoven gelees?
Oor die ontwikkeling van Afrikaans as
iets wat nie meer Nederlands is nie, moet
jy die navorsing gaan lees van iemand soos
S. A. Louw in "Taalgeografie," waar hy met
taalkaarte aantoon dat daar soveel eenvormig-
heid bestaan het in die afwykings van
Nederlands alreeds in die vroegste jare,
dat mens veilig moet aanneem dat Afrikaans
"gebore" is in die area rondom Kaapstad, voordat
die boere oor die eerste berge begin trek het.
Dit is daarom dat die Voortrekkers almal so 'n
eenvormige taal gepraat het en nie verskillende
vorme van Nederlands in die binneland ingedra
het nie.

Tant Hessie van der Stael.
Re: Kultuur? [boodskap #56609 is 'n antwoord op boodskap #56566] So, 03 Februarie 2002 05:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 2 Feb 2002 12:53:36 +0200, "Annette" wrote:

> Hantamkind:
> Kan die geleerde mense op die nuusgroep vir my se of politiek en godsdiens
> as "kultuur" geklassifiseer kan word?

> Annette:
> Natuurlik Hantamkiind - enige iets hier wat ons oor wil of kan gesels is
> kultuur - of wil jy 'n reseppie hê?:)))

Aangesien die geleerdes nou klaar hulle beurt gehad het, gaan ek nou
ook antwoord. :-)
Ja, ek stem saam met Annette.

(Ongelukkig het ek nie 'n goeie afrikaanse woordeboek nie, maar die
Engelse ene sê:
Culture - The totality of socially transmitted behavior patterns,
arts, beliefs, institutions, and all other products of human work and
thought.
The predominating attitudes and behavior that characterize the
functioning of a group or organization

(Tensy jy natuurlik met "kultuur" bedoel het 'n kolonie van bakterië
wat spesiaal gekweek word in agar of ander media. Dan is ek nie so
seker nie) :-)))
Re: Martin Luther King [boodskap #56630 is 'n antwoord op boodskap #56564] So, 03 Februarie 2002 11:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Kobus Pietersen"
---knip--
: Almal maak maar spelvoute, en dit help nie om elke keer iemand daarop te
wys
: nie.
~~
Koebus jy kamma foute maak, my afrikaanse onnie het gemaak dat ek 'n hekel
ontwikkel het vir afrikaans. ek is baie beter in engels as in afrikaans,
alhoewel afr. my moedertaal is.
groete
Towietjie
--
Re: Martin Luther King [boodskap #56681 is 'n antwoord op boodskap #56541] Ma, 04 Februarie 2002 06:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships 'did you s  is tans af-lyn  Threeships 'did you s
Boodskappe: 200
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 01 Feb 2002 22:07:43 +0200, Davie Davis
served the following to the group:

> On Fri, 01 Feb 2002 13:43:10 GMT, "@rogers.com" wrote:
>

>
>> Dit maak nie saak waar ons bly nie,
>> die Afrikaners in die diaspora kom
>> na hierdie nuusgroep om Afrikaans
>> te skryf en in Afrikaans met ander
>> Afrikaans-sprekendes om te gaan.

>> Tant Totie.

>
> Kom ons kry 'n antwoord op 'n interessante vraag:
> (en wat ek hier sê het niks te doen met die feit dat
> Gloudina en ek versot is op mekaar nie)
> Indien enige iemand anders as Gloudina dit gevra
> het - aangedring het op 'n Afrikaanse nuusgroep, 'n
> ng wat nie neig om so gemeng soos die Afrikaanse
> taal te word nie, sou die ontvangs dieselfde gewees het?
>

wat ek natuurlik dink is eenvoudig. ek het nie `n probleem met
afrikaans nie, net met mense wat dink jy moet jouself suiwer hou.
let's face it, afrikaans is `n bastertaal, `n kombuistaal wat ek
geniet om te praat. mense wat dink hulle is slim dink maar, soos ons
aanstap met die jare, afrikaanse woorde uit vir engelse terme. enige
iemand wat in `n elektroniese, ingeneurs of rekenaar veld werk sal kan
getuig van die swak (lagwekkende) afrikaanse terme vir sekere goed.
niemand behalwe jy en die ander krygers in jou kop verstaan waarvan jy
praat as jy die terme, meestal anglisismes, gebruik. dis net as jy
baie onseker voel oor iets dat jy `n hele oorlog in jou koppie sal
begin daarvoor. ek het nie daai vrees nie, net omdat ek praat van die
kar se starter beteken nie dat daar `n oorlog is nie.

gaan lees bietjie van ons afrikaanse vryheidsvegters se vorige posts
en kyk na die gebruik van engelse woorde as afrikaans te kort skiet om
iets te verduidelik.

Threeships 'did you see that??' Mcduck
www.mothership.co.za
Re: Martin Luther King [boodskap #56722 is 'n antwoord op boodskap #56681] Ma, 04 Februarie 2002 13:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Threeships 'did you see that?? ' Mcduck wrote:

> gaan lees bietjie van ons afrikaanse vryheidsvegters se vorige posts
> en kyk na die gebruik van engelse woorde as afrikaans te kort skiet om
> iets te verduidelik.

Daar is 'n verskil deur nou en dan 'n
Engelse woord of frase te gebruik
wanneer jy op hierdie nuusgroep in
Afrikaans skryf ( selfs geradbraakte
Afrikaans, soos jy) en die gebruik
van sekere mense om hele lang stukke
Engels op hierdie nuusgroep te pos,
net omdat dit hulle amuseer. Hierdie
nuusgroep is vir die gebruik van
Afrikaans, nie vir die verspreiding
van stukke wat oorspronklik in die
VSA ontstaan het nie. Hier gaan dit
oor SA en Afrikaner-kultuur, nie oor
die pop Amerikaanse kultuur nie,
McKoesiekoesie.

Tant Hessie van die Derde Taalbeweging.
Re: Martin Luther King [boodskap #56741 is 'n antwoord op boodskap #56681] Ma, 04 Februarie 2002 18:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 04 Feb 2002 08:56:06 +0200, Threeships 'did you see that?? '
Mcduck wrote:

> kar se starter beteken nie dat daar `n oorlog is nie. Vergeet nou van die motor se knormoer maar
> let's face it, afrikaans is `n bastertaal, `n kombuistaal wat ek
> geniet om te praat. ......
sê jy nou vir my watter taal op aarde nie 'n bastertaal is nie
(afgesien miskien net miskien van oorspronklike Hebreeus)
'n Baster taal soos jy dit noem, is tog 'n taal wat onstaan het
uit ander tale. 'n Taal wat nie groei nie loop 'n Latynse pad.

Nou gebruik jy wel die 'Nick' Rygaardt Drommedaris en Goedehoop
(want dit is seker wat jy by die drie skippies bedoel' maar jy noem
Afrikaans 'n bastertaal en jy is blykbaar onder die indruk dat die
Hollands van die skipper van Die Rygaardt oorspronklik was en
geen Duitse invloed gehad het nie.
Was: Martin Luther King Nou Brittania rule the waves [boodskap #56750 is 'n antwoord op boodskap #56722] Ma, 04 Februarie 2002 19:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Maar sê my nou, Gloudina, as ek nou byv daardie stuk oor "Confucius" (a)
snaaks vind en (b) dit kan nie sonder meer in Afr vertaal word nie, mag ek
dit nou nie as deel van my kultuur opneem nie, en as sodanig aan ander mense
wat DALK soos ek dink en voel daarvan vertel nie? Of gaan dit daarom dat jy
dink ons behoort verhewe te wees bo die "Amerikaanse popkultuur" (wat
beteken dit dan nou eintlik, hmm?) Dan's ons weer besig om KûLTûûR a-la
Seders-in-Waterkloof te maak, en vaderbehoedeonstogdaarvan sou ek sê.

Wat sou jy gedoen het as die stuk in Duits of Nederlands was?

Ek het jou ook al meermale daarop gewys dat hierdie NG se "charter" pos in
ENIGE taal toelaat, so hoekom skei jy nie maar uit met jou kleingeestige
"trolling" nie?

As jy dan nou rêrig 'n "suiwer" Afrikaanse NG wil hê doen dit op die regte
Usenet manier: stel 'n charter op, vra aan vir die stigting en laat almal
kans kry om daarvoor/-teen te stem en stig hom dan. Met jouself as
moderator. Of probeer dié een se charter te verander. Toe, ek daag jou
uit. "Put up or shut up!"

O, terloops, ek moes dit eintlik seker anti totty gespel het. En Webster's
was 'n verwysing na enige goeie Engelse woordeboek, so ek veronderstel die
Heritage een sal ook werk, of so nie OED. Hoekom gebruik Kanadese 'n
Amerikaanse woordeboek, het julle g'n skaamte in julle nie? Of - my maggies
ja - Kanada HET nie 'n eie taal of woordeboek nie. Maar eintlik is Kanada
mos net 'n voorstaat van die VSA, nê?

Net ingeval jy dit nie heeltemal snap nie, bostaande paragraaf is net 'n
bietjie gekskeerdery. (Eishh! nou-nou moet ek nog die punchline ook
verduidelik!) Ek het nou die dag Robert de Niro se film The Score gesien,
wat in Montreal afspeel. Dit lyk my dis 'n mooi (Franse) stad.

Groete,
Dries Venter

wrote in message
news:3C5E8EBA.8040501@rogers.com...
>
> Threeships 'did you see that?? ' Mcduck wrote:
>
>
>> gaan lees bietjie van ons afrikaanse vryheidsvegters se vorige posts
>> en kyk na die gebruik van engelse woorde as afrikaans te kort skiet om
>> iets te verduidelik.
>
> Daar is 'n verskil deur nou en dan 'n
> Engelse woord of frase te gebruik
> wanneer jy op hierdie nuusgroep in
> Afrikaans skryf ( selfs geradbraakte
> Afrikaans, soos jy) en die gebruik
> van sekere mense om hele lang stukke
> Engels op hierdie nuusgroep te pos,
> net omdat dit hulle amuseer. Hierdie
> nuusgroep is vir die gebruik van
> Afrikaans, nie vir die verspreiding
> van stukke wat oorspronklik in die
> VSA ontstaan het nie. Hier gaan dit
> oor SA en Afrikaner-kultuur, nie oor
> die pop Amerikaanse kultuur nie,
> McKoesiekoesie.
>
> Tant Hessie van die Derde Taalbeweging.
>
Re: Martin Luther King [boodskap #56794 is 'n antwoord op boodskap #56741] Di, 05 Februarie 2002 06:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships 'did you s  is tans af-lyn  Threeships 'did you s
Boodskappe: 200
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 04 Feb 2002 20:42:20 +0200, Davie Davis
served the following to the group:

> On Mon, 04 Feb 2002 08:56:06 +0200, Threeships 'did you see that?? '
> Mcduck wrote:
>
>
>> kar se starter beteken nie dat daar `n oorlog is nie.
> Vergeet nou van die motor se knormoer maar
>> let's face it, afrikaans is `n bastertaal, `n kombuistaal wat ek
>> geniet om te praat. ......
> sê jy nou vir my watter taal op aarde nie 'n bastertaal is nie
> (afgesien miskien net miskien van oorspronklike Hebreeus)
> 'n Baster taal soos jy dit noem, is tog 'n taal wat onstaan het
> uit ander tale. 'n Taal wat nie groei nie loop 'n Latynse pad.

heeltemal reg. miskien moet ek net noem dat ek die woord bastertaal
nie as afbrekend gebruik nie. ek gebruik dit net om te wys dat ek nie
saam stem met die beginsel van suiwer afrikaans nie. as dit jou
bootjie float, great, maar ek praat dit anders. die mense wat suiwer
afrikaans praat, waar kry hulle dit? piet het gister `n nuwe woord
uitgedink vir splice en nou word dit die regte afrikaan daarvoor. dis
crap. soos ek voorheen genoem het, praat jy bietjie met `n afrikaner
oor wat binne `n rekenaar aangaan of die beginsels van projekbestuur
en ek is seker die meeste sal jou aankyk of jy besig is om mal te
raak. maar soos ek se vir die wat dit aangenaam vind, go for gold. ek
persoonlik praat maar sodat mense my kan verstaan. wat de hel is `n
knormoer. `n starter knor nie, die engine knor, en wat moer hy? hy
draai iets. ek weet nie wie dit uitgedink het nie maar duidelik het
hy/sy/dit gee benul gehad oor hoe `n starter werk nie. bottom line is,
ek knock nie afrikaans as `n taal nie (ander sou ek dit nie gepraat
het nie) ek knock ook nie die wat wil knormoer, my moer of jou moer
nie. ek knock net die wat wil he almal moet saam moer.

daars nou `n woord wat lekker op die afrikaner tong val, maar nie om
karre mee te start nie.

>
> Nou gebruik jy wel die 'Nick' Rygaardt Drommedaris en Goedehoop
> (want dit is seker wat jy by die drie skippies bedoel' maar jy noem
> Afrikaans 'n bastertaal en jy is blykbaar onder die indruk dat die
> Hollands van die skipper van Die Rygaardt oorspronklik was en
> geen Duitse invloed gehad het nie.

nee glad nie. ek het nie eers geweet wat die skepe se name was nie. ek
was in die toilet toe hulle dit in die klas genoem het. (afrikaanse
skool mind you) ek verstaan baie goed dat daar nie meer n suiwer taal
bestaan nie, ander sou ons almal dieselfde taal met 50 woorde gebruik
het, selfs die kanadese. onthou ons is almal maar net kaffers in ons
hart.

Threeships 'did you see that??' Mcduck
www.mothership.co.za
Re: Martin Luther King [boodskap #56799 is 'n antwoord op boodskap #56722] Di, 05 Februarie 2002 07:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ernest Bessinger  is tans af-lyn  Ernest Bessinger
Boodskappe: 17
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Junior Lid
Dit klink nou soos die ou antie uit Kanada wat gereeld uit die Mail &
whatsiemakallit gepos het om haar te amuseer?

skryf in boodskap news:3C5E8EBA.8040501@rogers.com...
> Daar is 'n verskil deur nou en dan 'n
> Engelse woord of frase te gebruik
> wanneer jy op hierdie nuusgroep in
> Afrikaans skryf ( selfs geradbraakte
> Afrikaans, soos jy) en die gebruik
> van sekere mense om hele lang stukke
> Engels op hierdie nuusgroep te pos,
> net omdat dit hulle amuseer.
Re: Martin Luther King [boodskap #56848 is 'n antwoord op boodskap #56794] Di, 05 Februarie 2002 13:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Threeships 'did you see that?? ' Mcduck wrote:

ek verstaan baie goed dat daar nie meer n suiwer taal
> bestaan nie, ander sou ons almal dieselfde taal met 50 woorde gebruik
> het, selfs die kanadese. onthou ons is almal maar net kaffers in ons
> hart.

Die kwessie op hierdie nuusgroep is nie
of jy geradbraakte Afrikaans mag wissel
of nie. Ek objekteer teen mense wat
stukke Engels ( gewoonlik uit Amerika)
op hierdie nuusgroep kom sit omdat
hulle niks anders het om te doen nie,
en omdat hulle dink hierdie nuusgroep
is hulle surrogaat-familie. Snaaks dat
die behoefte om Engels/Amerikaanse
grappe op die nuusgroep te plaas, of
stukke rassisme, gewoonlik saamgaan met
die geradbraakte Afrikaans.

Gloudina
Re: Martin Luther King [boodskap #56856 is 'n antwoord op boodskap #56794] Di, 05 Februarie 2002 14:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Threeships 'did you see that?? ' Mcduck wrote:

ek net noem dat ek die woord bastertaal
> nie as afbrekend gebruik nie. ek gebruik dit net om te wys dat ek nie
> saam stem met die beginsel van suiwer afrikaans nie. as dit jou
> bootjie float, great, maar ek praat dit anders

Wel, jou Engels is ook geradbraak.
Skryf jy nog "live" wanneer jy "life"
bedoel? Ek dink dis vreeslik arrogant
van jou om op hierdie nuusgroep te
kom en ewe diktatoriaal te verklaar
waarvan jy hou en waarvan jy nie hou
nie, asof jy so 'n groot outoriteit
is. Jou Afrikaanse geradbraakte gemors
sal ons seker maar moet verduur. Maar
spaar ons jou geradbraakte Engels. En
spaar ons die hervertellings van dinge
wat jou in Engels en Amerikaans amuseer.
Gaan soek 'n ander plek daarvoor.

Gloudina
Re: Martin Luther King [boodskap #56862 is 'n antwoord op boodskap #56794] Di, 05 Februarie 2002 17:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 05 Feb 2002 08:28:18 +0200, Threeships 'did you see that?? '
Mcduck wrote:
........ piet het gister `n nuwe woord
> uitgedink vir splice en nou word dit die regte afrikaan daarvoor.
Sê maar vir Piet dat die Afrikaanse woord vir splice sal vleg bly
alhoewel dit nie beteken dat twee mense vleg op hul troudag nie.
{gewoonlik het hulle dan al lankal gevleg :-)}

wat de hel is `n
> knormoer. `n starter knor nie, die engine knor, en wat moer hy? hy
> draai iets. ek weet nie wie dit uitgedink het nie uh uh, dink dit is eintlik die vertaling vir Bendix.
>

>> Nou gebruik jy wel die 'Nick' Rygaardt Drommedaris en Goedehoop
>> (want

>
> nee glad nie. ek het nie eers geweet wat die skepe se name was nie. ek
> was in die toilet toe hulle dit in die klas genoem het. (afrikaanse
> skool mind you)
Re: Martin Luther King [boodskap #56863 is 'n antwoord op boodskap #56794] Di, 05 Februarie 2002 17:52 Na vorige boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 05 Feb 2002 08:28:18 +0200, Threeships 'did you see that?? '
Mcduck wrote:

piet het gister `n nuwe woord
> uitgedink vir splice en nou word dit die regte afrikaan daarvoor.

Sê jy maar vir piet dat die Afrikaanse vir splice sal vleg bly
alhoewel dit nie nou beteken dat twee mense op hul troudag
vleg nie. {Gewoonlik het hulle dit dan al lankal gedoen :-)}

wat de hel is `n
> knormoer. `n starter knor nie, die engine knor, en wat moer hy? hy
> draai iets. ek weet nie wie dit uitgedink het nie maar duidelik het
> hy/sy/dit gee benul gehad oor hoe `n starter werk nie.

Dink dat knormoer eintlik die vertaling van Bendix is.
Die Afrikaans Vertalende Woordeboek noem dat hy die kar aan die gang
moer.

> . ek het nie eers geweet wat die skepe se name was nie. ek
> was in die toilet toe hulle dit in die klas genoem het. (afrikaanse
> skool mind you)

Nou hoe op aarde (as jy nie geweet het wat die skepe se name was nie)
het jy geweet dat ek van skepe praat wat in jou skooldae aan die Kaap
geland het?
Vorige onderwerp: 'n Hollamdse woord?
Volgende onderwerp: By die Kinki Universiteit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 02:27:38 MGT 2024