Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gesoek: wit rekrute vir die polisie
Gesoek: wit rekrute vir die polisie [boodskap #56427] Wo, 30 Januarie 2002 18:39 na volgende boodskap
david  is tans af-lyn  david
Boodskappe: 35
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Volle Lid
Gesoek: wit rekrute vir die polisie

Die aankondiging deur senior superintendent Sakkie Morkel, hoof van
indiensneming, dat die SAPD 'n aktiewe veldtog gaan voer om wit rekrute vir
die polisie te werf, kan verwelkom word. Dit is 'n aanduiding dat daar ten
minste in hierdie departement 'n besef begin posvat dat die blanke 'n
noodsaaklike bydrae te lewer het in die bestuur van die land, ten minste in
soverre dit die bekamping van misdaad aanbetref.

Twee aspekte van die betrokke berig in die Afrikaanse Sondagblad demp die
geesdrif. Een is die polisie se politieke hoofde, minister Steve Tswete, en
nasionale kommissaris Jackie Selebi, se lou reaksie toe hulle om kommentaar
genader is. Hulle stelling dat die SAPD plek vir alle mense het wat in die
stryd teen misdaad betrokke kan raak, is die soort geykte politieke manier
om tekenne te gee dat jy alles behalwe opgewonde oor die saak voel.

Die tweede is dat enige invloei van blanke rekrute nie noodwendig tot 'n
opgradering van die mag sal lei nie. Niks behalwe deeglike opleiding,
herstel van dissipline en die skepping van 'n behoorlike werksomgewing met
die nodige toerusting kan die SAPD uit sy huidige verval ophef nie.

Transformasie met sy onregstellende aksie het al die staatsdienste in
onvriendelike werksomgewing vir blankes en meer nog vir blanke Afrikaners
omskep. Dit geld veral vir die polisie en die weermag. Blanke offisiere wat
die dissipline probeer afdwing het wat so onontbeerlik vir doeltreffende
funksionering is, is as rassiste uitgekryt en voorwerpe van haat en
diskriminasie gemaak. Dit is geen wonder dat ervare blanke offisiere so
vinnnig moontlik uit die mag padgegee het nie. Net in 1999 alleen het 5 100
polisiebeamptes die mag verlaat.

Die kundigheid en ervaring van daardie manne kan nie met nuwe rekrute
vervang word nie.

Tog glo ons dat die polisiemag wel by 'n groter invloei van blankes kan
baat, maar dan onder sekere bepaalde voorwaardes. Ten eerste moet daar gehou
word by die minimum vereistes van 'n matrieksertifikaat, geldige rybewys,
taalkennis en 'n skoon rekord ten opsigte van misdaad. Hierdie vereistes
moet dan ook op alle rekrute van toepassing wees. Velkleur moet nie weer die
plek van meriete inneem as dit by swart rekrute kom nie. En kennis van
Engels alleen is eenvoudig nie voldoende in 'n land waar meer mense
Afrikaans verstaan as enige ander taal nie.

Ten tweede moet rekrute aan deeglike opleiding onderwerp word, sowel ten
opsigte van polisiëringsvaardighede as polisie-etiek van dissipline,
onkreukbaarheid en toegewydheid. Ons vermoed daar is tog nog ervare blankes
uit die ou bedeling in die mag oor om dit te kan behartig. Andersins kan die
dienste van bekwame uitgetrede blanke offisiere ingeroep word.

Dis vanselfsprekend dat die polisie, die laer range in besonder, regverdige
salarisse moet ontvang wat hulle in staat stel om 'n eerlike lewe te kan
lei. Daarbenewens behoort daar ook indringende ondersoek na die polisie se
werksomstandighede ingestel te word. Dit is net nie aanvaarbaar dat hulle
dikwels sonder vervoer, selfs sonder telefone of die noodsaaklikste
higiëniese geriewe moet werk nie.

Ten slotte behoort al die vrot appels, veral diegene wat op grond van
velkleur en met negatiewe meriete aangestel is om kwotas vol te maak,
uitgeroei te word.

Bowe-al moet geen diskriminasie teen blankes geduld te word nie en geen
plafon op hulle bevorderingsgeleethede geplaas te word nie.

Dan kan en sal blankes in die polisiediens 'n waardevolle bydrae lewer.
Re: Gesoek: wit rekrute vir die polisie [boodskap #56441 is 'n antwoord op boodskap #56427] Do, 31 Januarie 2002 03:57 Na vorige boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
David. Jou samevatting is m.i. in die kol.

Nou - vertaal jou brief na Engels en Zulu en stuur dit aan alle
Suid-Afrikaanse koerante.

"david" skryf in boodskap news:a39elj$ekm$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Gesoek: wit rekrute vir die polisie
>
> Die aankondiging deur senior superintendent Sakkie Morkel, hoof van
> indiensneming, dat die SAPD 'n aktiewe veldtog gaan voer om wit rekrute vir
> die polisie te werf, kan verwelkom word. Dit is 'n aanduiding dat daar ten
> minste in hierdie departement 'n besef begin posvat dat die blanke 'n
> noodsaaklike bydrae te lewer het in die bestuur van die land, ten minste in
> soverre dit die bekamping van misdaad aanbetref.
>
> Twee aspekte van die betrokke berig in die Afrikaanse Sondagblad demp die
> geesdrif. Een is die polisie se politieke hoofde, minister Steve Tswete, en
> nasionale kommissaris Jackie Selebi, se lou reaksie toe hulle om kommentaar
> genader is. Hulle stelling dat die SAPD plek vir alle mense het wat in die
> stryd teen misdaad betrokke kan raak, is die soort geykte politieke manier
> om tekenne te gee dat jy alles behalwe opgewonde oor die saak voel.
>
> Die tweede is dat enige invloei van blanke rekrute nie noodwendig tot 'n
> opgradering van die mag sal lei nie. Niks behalwe deeglike opleiding,
> herstel van dissipline en die skepping van 'n behoorlike werksomgewing met
> die nodige toerusting kan die SAPD uit sy huidige verval ophef nie.
>
> Transformasie met sy onregstellende aksie het al die staatsdienste in
> onvriendelike werksomgewing vir blankes en meer nog vir blanke Afrikaners
> omskep. Dit geld veral vir die polisie en die weermag. Blanke offisiere wat
> die dissipline probeer afdwing het wat so onontbeerlik vir doeltreffende
> funksionering is, is as rassiste uitgekryt en voorwerpe van haat en
> diskriminasie gemaak. Dit is geen wonder dat ervare blanke offisiere so
> vinnnig moontlik uit die mag padgegee het nie. Net in 1999 alleen het 5 100
> polisiebeamptes die mag verlaat.
>
> Die kundigheid en ervaring van daardie manne kan nie met nuwe rekrute
> vervang word nie.
>
> Tog glo ons dat die polisiemag wel by 'n groter invloei van blankes kan
> baat, maar dan onder sekere bepaalde voorwaardes. Ten eerste moet daar gehou
> word by die minimum vereistes van 'n matrieksertifikaat, geldige rybewys,
> taalkennis en 'n skoon rekord ten opsigte van misdaad. Hierdie vereistes
> moet dan ook op alle rekrute van toepassing wees. Velkleur moet nie weer die
> plek van meriete inneem as dit by swart rekrute kom nie. En kennis van
> Engels alleen is eenvoudig nie voldoende in 'n land waar meer mense
> Afrikaans verstaan as enige ander taal nie.
>
> Ten tweede moet rekrute aan deeglike opleiding onderwerp word, sowel ten
> opsigte van polisiëringsvaardighede as polisie-etiek van dissipline,
> onkreukbaarheid en toegewydheid. Ons vermoed daar is tog nog ervare blankes
> uit die ou bedeling in die mag oor om dit te kan behartig. Andersins kan die
> dienste van bekwame uitgetrede blanke offisiere ingeroep word.
>
> Dis vanselfsprekend dat die polisie, die laer range in besonder, regverdige
> salarisse moet ontvang wat hulle in staat stel om 'n eerlike lewe te kan
> lei. Daarbenewens behoort daar ook indringende ondersoek na die polisie se
> werksomstandighede ingestel te word. Dit is net nie aanvaarbaar dat hulle
> dikwels sonder vervoer, selfs sonder telefone of die noodsaaklikste
> higiëniese geriewe moet werk nie.
>
> Ten slotte behoort al die vrot appels, veral diegene wat op grond van
> velkleur en met negatiewe meriete aangestel is om kwotas vol te maak,
> uitgeroei te word.
>
> Bowe-al moet geen diskriminasie teen blankes geduld te word nie en geen
> plafon op hulle bevorderingsgeleethede geplaas te word nie.
>
> Dan kan en sal blankes in die polisiediens 'n waardevolle bydrae lewer.
>
Vorige onderwerp: stupid mense
Volgende onderwerp: kleure
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 12:51:42 MGT 2024