Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Seekoeivlei
Seekoeivlei [boodskap #56226] So, 27 Januarie 2002 18:33 na volgende boodskap
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Naby n klein Vrystaatse dorpie met die naam van Memel, lê daar
kilometers ver die allermooiste vleilande. Die gebied het onlangs
nuwe status gekry toe daar n Meander vir voëlliefhebbers tot stand
gekom het.

Saterdagoggend het ek en my man die gebied besoek. Ons het nie minder
nie as 30 voëlspesies positief kon identifiseer. Van die voëls
waaroor ons die mees opgewonde geraak het, was die skaars, maar
vreeslike mooi, Mahem, die Nagreier, die Reuse Visvanger en allerhande
kleiner soorte voëls. Ons was ook bevoorreg om n seekoei te kon sien
wat twee jaar gelede in hierdie gebied hervestig is.

Ek besef weereens dat dit nie saak maak waar mens woon nie, want die
mooi is oral om ons. Ons het werklik n pragtige land!
Re: Seekoeivlei [boodskap #56228 is 'n antwoord op boodskap #56226] So, 27 Januarie 2002 18:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On 27 Jan 2002 10:33:25 -0800, kin...@hotmail.com (Kinky) wrote:

> Naby n klein Vrystaatse dorpie met die naam van Memel, lê daar
> kilometers ver die allermooiste vleilande. Die gebied het onlangs
> nuwe status gekry toe daar n Meander vir voëlliefhebbers tot stand
> gekom het.
>
> Saterdagoggend het ek en my man die gebied besoek. Ons het nie minder
> nie as 30 voëlspesies positief kon identifiseer. Van die voëls
> waaroor ons die mees opgewonde geraak het, was die skaars, maar
> vreeslike mooi, Mahem, die Nagreier, die Reuse Visvanger en allerhande
> kleiner soorte voëls. Ons was ook bevoorreg om n seekoei te kon sien
> wat twee jaar gelede in hierdie gebied hervestig is.
>
> Ek besef weereens dat dit nie saak maak waar mens woon nie, want die
> mooi is oral om ons. Ons het werklik n pragtige land!

Dankie vir hierdie mooi, beskrywende boodskap! SA is inderdaad 'n
pragtige land!!
Re: Seekoeivlei [boodskap #56251 is 'n antwoord op boodskap #56226] Ma, 28 Januarie 2002 07:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
nou weet ek watter kleur ek aan jou 'postings' kan heg. iemand wat
die voëllewe waardeer en opgewonde daarvoor kan gesels soos jy,
gee ek daai spesiale kleur. :-)
(and to think names can be so deceiving especially the ones given
by oneself to oneself)
--
"Kinky"
---knip---
:Ons het nie minder nie as 30 voëlspesies positief kon identifiseer. Van die
voëls
: waaroor ons die mees opgewonde geraak het, was die skaars, maar
: vreeslike mooi, Mahem, die Nagreier, die Reuse Visvanger en allerhande
: kleiner soorte voëls.
---knip---
Re: Seekoeivlei [boodskap #56253 is 'n antwoord op boodskap #56226] Ma, 28 Januarie 2002 07:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Kan nie Seekoe(i)vlei wees nie. Hy lê daar langs Tafelberg. Is hy nog daar
Annette? Ek het baie jare gelede groot karpe daar uitgehaal.

"Kinky" skryf in boodskap news:4bb80b32.0201271033.c8e1c6f@posting.google.com...
> Naby n klein Vrystaatse dorpie met die naam van Memel, lê daar
> kilometers ver die allermooiste vleilande. Die gebied het onlangs
> nuwe status gekry toe daar n Meander vir voëlliefhebbers tot stand
> gekom het.
>
> Saterdagoggend het ek en my man die gebied besoek. Ons het nie minder
> nie as 30 voëlspesies positief kon identifiseer. Van die voëls
> waaroor ons die mees opgewonde geraak het, was die skaars, maar
> vreeslike mooi, Mahem, die Nagreier, die Reuse Visvanger en allerhande
> kleiner soorte voëls. Ons was ook bevoorreg om n seekoei te kon sien
> wat twee jaar gelede in hierdie gebied hervestig is.
>
> Ek besef weereens dat dit nie saak maak waar mens woon nie, want die
> mooi is oral om ons. Ons het werklik n pragtige land!
Re: Seekoeivlei [boodskap #56261 is 'n antwoord op boodskap #56253] Ma, 28 Januarie 2002 07:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ja, daardie Seekoeivlei is nog hier - nog steeds sonder seekoeie - Chris
Barnard het mos vir Deidre daar leer ski.
Annette

Sakkie skryf in boodskap news:3c54ff2c$0$234@hades.is.co.za...
> Kan nie Seekoe(i)vlei wees nie. Hy lê daar langs Tafelberg. Is hy nog daar
> Annette? Ek het baie jare gelede groot karpe daar uitgehaal.
>
> "Kinky" wrote in message
> news:4bb80b32.0201271033.c8e1c6f@posting.google.com...
>> Naby n klein Vrystaatse dorpie met die naam van Memel, lê daar
>> kilometers ver die allermooiste vleilande. Die gebied het onlangs
>> nuwe status gekry toe daar n Meander vir voëlliefhebbers tot stand
>> gekom het.
>>
>> Saterdagoggend het ek en my man die gebied besoek. Ons het nie minder
>> nie as 30 voëlspesies positief kon identifiseer. Van die voëls
>> waaroor ons die mees opgewonde geraak het, was die skaars, maar
>> vreeslike mooi, Mahem, die Nagreier, die Reuse Visvanger en allerhande
>> kleiner soorte voëls. Ons was ook bevoorreg om n seekoei te kon sien
>> wat twee jaar gelede in hierdie gebied hervestig is.
>>
>> Ek besef weereens dat dit nie saak maak waar mens woon nie, want die
>> mooi is oral om ons. Ons het werklik n pragtige land!
>
Re: Seekoeivlei [boodskap #56282 is 'n antwoord op boodskap #56253] Ma, 28 Januarie 2002 10:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Sakkie" skryf in boodskap news:...
> Kan nie Seekoe(i)vlei wees nie. Hy lê daar langs Tafelberg. Is hy nog daar
> Annette? Ek het baie jare gelede groot karpe daar uitgehaal.

Kinky: Is regtig hoor! Seekoeivlei met regte egte seekoeie. Ek sal
later bietjie meer besonderhede deurgee oor die stukkie ongerepte
natuur. Jy weet mos in ons land kry mens oral plekkies met dieselfde
name? :-)
Re: Seekoeivlei [boodskap #56290 is 'n antwoord op boodskap #56282] Ma, 28 Januarie 2002 12:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Kinky" skryf in boodskap news:4bb80b32.0201280225.4b95e4b2@posting.google.com...
> "Sakkie" wrote in message
news:...
>> Kan nie Seekoe(i)vlei wees nie. Hy lê daar langs Tafelberg. Is hy nog daar
>> Annette? Ek het baie jare gelede groot karpe daar uitgehaal.
>
> Kinky: Is regtig hoor! Seekoeivlei met regte egte seekoeie. Ek sal
> later bietjie meer besonderhede deurgee oor die stukkie ongerepte
> natuur. Jy weet mos in ons land kry mens oral plekkies met dieselfde
> name? :-)

Miskien moet ons die kaapse een maar hou by seekoevlei. As ek reg onthou
was daar al groot stryery oor die regte naam :-)))
Laaste woord oor Seekoeivlei [boodskap #56324 is 'n antwoord op boodskap #56251] Di, 29 Januarie 2002 04:12 Na vorige boodskap
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" skryf in boodskap news:...
> nou weet ek watter kleur ek aan jou 'postings' kan heg. iemand wat
> die voëllewe waardeer en opgewonde daarvoor kan gesels soos jy,
> gee ek daai spesiale kleur. :-)
> (and to think names can be so deceiving especially the ones given
> by oneself to oneself)

KinkY: Oor Seekoeivlei naby Memel:
"Seekoeivlei is a declared Ramsar site. (weet iemand wat n Ramsar
site is, of moet ek uitvind?) The Vlei consits of a floodplain with
numerous seasonally flooded ox-bow lakes, drained by the Klip River.
Seekoeivlei is one of the most under-estimated birdwatching
destinations in SA as the vast majority of water birds normally
associated with the grassland biosphere biome are to be found here."

Oor Kinky:
Eendag as ek julle beter ken sal ek vertel van die naam en hoekom ek
dit gekies het vir hierdie ng.
;-)
Vorige onderwerp: Ware kleure@ware sterre!
Volgende onderwerp: skree vir my
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 04:18:20 MGT 2024