Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaans en Afrikanerskap in die 21ste eeu
Afrikaans en Afrikanerskap in die 21ste eeu [boodskap #5418] Wo, 24 Januarie 1996 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Baie dankie vir al die mense op die nuusgroep wat vra
dat die geklaery oor die lot van Afrikaans in die nuwe
Suid-Afrika moet ophou. Chris uit Kaapstand wys
daarop: "Afrikaans is ook nie 'n blanke taal nie...
nie-blankes.. meer as enige ander belangegroep, sal die
voortbestaan en bevordering van Afrikaans verseker."
Jan Lange in Philadelphia verwys na die Pennsylvania
Dutch as 'n voorbeeld van mense wat deur hulle harde
werk en onafhanklike gees nou al vir baie lank hulle
identiteit behou en met eerbied na opgesien word deur
hulle mede-landgenote. (In Kanada is daar verskeie
groepe van Mennoniete wat ook hul (onneergeskrewe) taal
praat, uiters nederig lewe maar baie welgesteld is, onder
andere omdat hulle nie aan krediet glo nie, en vegters vir
menseregte is.)
'n Mens kan ook nie in die toekoms sien nie. Hoe moes
die lede van 'n klein Angel-Saksiese stam in Engeland
geweet het kort na 1066 (toe die klomp Franse onder William
the Conqueror oor die kanaal gestroom het en vir 'n ruk
Frans die taal van die elite in Engeland was) dat in 1996 hul
stamtaal amper 'n wereldtaal sou word? Miskien moet ons
Afrikaners bly wees die wereldtaal is Engels, en nie Sjinees
of Russies nie. Engels het selfs woorde uit Afrikaans geab-
sorbeer. Die Engelse woordeboek begin tog met "aardvark"
en in my eie leeftyd het ek gesien hoe die woord "trek" 'n
bekende Engelse woord geword het wat almal nou ken hier
in Noord-Amerika.
Miskien begin die roeping van die Afrikaner aan die suid-
punt van Afrika nou eers in alle erns: nie net om as Suid-
Afrikaners suiwer te leef onder die mense om hulle nie,
(deur goeie boere te wees, wereldklas navorsers, intelligente
ekonome, slim besigheidsmense, joernaliste wat vreugdevol
met die woord werk), maar ook om hulle ander broeders wat
minderheidstale praat, hul erfenis te leer bewaar. Hier dink
'n mens veral aan die Khoesan-tale wat hopelik nog gered kan
word van totale verdwyning.
Ons is, volgens Alvin Toffler, nou besig om die "Third Wave"
in te gaan met die ontwikkeling van micro-sisteme, waar een van
die belangrikste voorwaardes "tolerance for diversity" is.
Ons betree ook die cybertoekoms. Is dit moontlik dat oor 'n
honderd jaar die Afrikanernasie in die cyberruimte (met die invoer
van distansie-onderrig) skole in Afrikaans sal kry, al bly hulle in
osambiek of Paraguay of Australia of Lebanon? En dat studente
'n hele graad in Afrikaans kan loop, al bly hulle in Yellowknife of
exico City. Toffler voorspel dat regerings miskien "cross-
national" sal wees. Miskien kan van my kleinkinders se kinders
lede word van 'n cyber Afrikaner-parlement! Die toekoms strek
voor ons, en dit sal ons fout wees as ons nie al die wonderlike
moontlikhede raaksien en bewaarheid maak nie.
Gloudina
DS: [AFRIKAANS:5794] Re: Afrikaans en Afrikanerskap in die 21st [boodskap #5478 is 'n antwoord op boodskap #5418] So, 28 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Leendert van Oostrum[SMTP:O...@scientia.up.ac.za]
Verzonden: vrijdag 26 januari 1996 8:31
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5794] Re: Afrikaans en Afrikanerskap in die 21st

> In soc.culture.south-africa.afrikaans, schreef iz...@igs.net (Izak
> Bouwer):

(Eintlik was dit Gloudina wat geskryf het:)

>> Ons betree ook die cybertoekoms. Is dit moontlik dat oor =11n
>> honderd jaar die Afrikanernasie in die cyberruimte (met die invoer
>> van distansie-onderrig) skole in Afrikaans sal kry, al bly hulle in
>> Mosambiek of Paraguay of Australia of Lebanon?

Dit gebeur reeds. 'n Firma in Pretoria, wat rekenaargebaseerde
materiaal verskaf aan tuisskole, lewer dienste aan die nedersetters
in Kongo en Mosambiek. Hulle voorsien die volledige leerplan van
Graad 1 tot Matriek op rekenaar, en leerlinge word ingeskryf as
leerlinge van hul gerigistreerde skool. Materiaal word op floppies,
stiffies, of internet afgelewer, en toetse, eksamens, ens op
dieselfde wyse ingedien.

Ek het voorbehoude oor die didaktiese gehalte van die materiaal (dis
hoofsaaklik 'n page turner) maar hulle is in 'n baie vroee" stadium
van ontwikkeling. Die Volkskool Orania (waar daar 100 gesinne is, 3
skole en 2 gesinne met tuisskole :-)) bied nou ook "verpakte
onderwys" op rekenaar. Ek het nog nie die materiaal gesien nie, maar
het rede om te glo dat dit weer van hoe" gehalte is. Hul diens is
egter nog nie volledig vir alle standerds nie, en hul
verspreidingstelsel is ook nog nie ontwikkel nie.

>> En dat studente =11n
>> hele graad in Afrikaans kan loop, al bly hulle in Yellowknife of
>> Mexico City.

Dis al dekades lank moontlik. Ek het in Griekeland deur medium van
Afrikaans geswot - by Unisa. En daar was 'n hele aantal studente wat
saam met my eksamen geskryf het by die ambasade in Athene. Hoe lank
UNISA nog Afrikaansmedium gaan aanbied weet 'n mens nie. Hulle het pas =
'n
groot aantal pakette aangebied met die doel dat die personeel so
vinnig as moontlik die rasseverhouding van die studentekorps moet
weerspieel. Dit sal egter 'n mark skep vir ander Afrikaanse
universiteite om afstandonderrig aan te bied - sommige
eksprimenteer reeds daarmee.

Groete, Leendert


Leendert van Oostrum Telephone: +27-12-4203656
UNIVERSITY OF PRETORIA Fax: +27-12-432863
(Which does not neces- e-mail oos...@scientia.up.ac.za
sarily endorse opinions experessed here)
DS: [AFRIKAANS:5793] Re: Afrikaans en Afrikanerskap in die 21st [boodskap #5480 is 'n antwoord op boodskap #5418] So, 28 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Reinier de Vos[SMTP:...@aqua.ccwr.ac.za]
Verzonden: donderdag 25 januari 1996 17:55
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5793] Re: Afrikaans en Afrikanerskap in die 21st

Joop skryf:

> Doen iets, laat jou stem hoor, maar hou op kerm. Ons land is vol
> Moaner Lisa's en Moanzarts.
>
> Soos Max du Preez al lank al aangeraai het: Praat Afrikaans, Lees
> Afrikaans, KOOP Afrikaanse boeke en koerante.

Linette (sp?) Retief het gesê:

As 'n Fransman bedreig voel oor sy taal, lees hy Victor Hugo.
As 'n Engelsman bedreig voel oor sy taal, lees hy Shakespeare
As 'n Afrikaner bedreig voel oor sy taal, lees hy 'n Coke-blikkie.
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
DS: [AFRIKAANS:5799] Re: Afrikaans en Afrikanerskap in die 21st [boodskap #5490 is 'n antwoord op boodskap #5418] So, 28 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Dullaart, JF, Franz[SMTP...@its.uct.ac.za]
Verzonden: vrijdag 26 januari 1996 9:36
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5799] Re: Afrikaans en Afrikanerskap in die 21st

Reinier haal aan:

> Joop skryf:
>
>> Doen iets, laat jou stem hoor, maar hou op kerm. Ons land is vol
>> Moaner Lisa's en Moanzarts.
>>
>> Soos Max du Preez al lank al aangeraai het: Praat Afrikaans, Lees
>> Afrikaans, KOOP Afrikaanse boeke en koerante.
>
> Linette (sp?) Retief het gesê:
>
> As 'n Fransman bedreig voel oor sy taal, lees hy Victor Hugo.
> As 'n Engelsman bedreig voel oor sy taal, lees hy Shakespeare
> As 'n Afrikaner bedreig voel oor sy taal, lees hy 'n Coke-blikkie.

As dit hom dan laat goed voel, gooi hy brandewyn by ... en as hy nie
so goed voel nie, gooi hy nog meer by !

Joop

_________________________________
Franz Dullaart (021) 650 3053
J...@ITS.UCT.AC.ZA
http://www-jfd.its.uct.ac.za/
Trappe van vergelyking:
min, minder, minister
_________________________________
DS: [AFRIKAANS:5786] Re: Afrikaans en Afrikanerskap in die 21st [boodskap #5491 is 'n antwoord op boodskap #5418] So, 28 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Dullaart, JF, Franz[SMTP...@its.uct.ac.za]
Verzonden: donderdag 25 januari 1996 16:22
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5786] Re: Afrikaans en Afrikanerskap in die 21st

Gloudina Glodina Bouwer se optimisme:

>
>> Baie dankie vir al die mense op die nuusgroep wat vra
>> dat die geklaery oor die lot van Afrikaans in die nuwe
>> Suid-Afrika moet ophou.

res geknip

Drie hoera's vir Gloudina.

Doen iets, laat jou stem hoor, maar hou op kerm. Ons land is vol
oaner Lisa's en Moanzarts.

Soos Max du Preez al lank al aangeraai het: Praat Afrikaans, Lees
Afrikaans, KOOP Afrikaanse boeke en koerante.


_________________________________
Franz Dullaart (021) 650 3053
J...@ITS.UCT.AC.ZA
http://www-jfd.its.uct.ac.za/
Trappe van vergelyking:
min, minder, minister
_________________________________
DS: [AFRIKAANS:5823] Re: Afrikaans en Afrikanerskap in die 2 [boodskap #5509 is 'n antwoord op boodskap #5418] Ma, 29 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: a...@rmbmain.rmb.co.za[SMTP...@rmbmain.rmb.co.za]
Verzonden: maandag 29 januari 1996 10:09
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5823] Re: Afrikaans en Afrikanerskap in die 2



>
> As 'n Fransman bedreig voel oor sy taal, lees hy Victor Hugo.
> As 'n Engelsman bedreig voel oor sy taal, lees hy Shakespeare
> As 'n Afrikaner bedreig voel oor sy taal, lees hy 'n Coke-blikkie.

Joop voeg by

> As dit hom dan laat goed voel, gooi hy brandewyn by ... en as hy nie
> so goed voel nie, gooi hy nog meer by !

Joop hou nie daarvan om as Afrikaner getipeer te word maar ek wonder wat doen hy
hier?

Antonie
DS: [AFRIKAANS:5825] Re: Afrikaans en Afrikanerskap in die 2 [boodskap #5514 is 'n antwoord op boodskap #5418] Ma, 29 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Dullaart, JF, Franz[SMTP...@its.uct.ac.za]
Verzonden: maandag 29 januari 1996 11:25
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5825] Re: Afrikaans en Afrikanerskap in die 2

Antonie

>>
>> As 'n Fransman bedreig voel oor sy taal, lees hy Victor Hugo.
>> As 'n Engelsman bedreig voel oor sy taal, lees hy Shakespeare
>> As 'n Afrikaner bedreig voel oor sy taal, lees hy 'n Coke-blikkie.
>
> Joop voeg by
>
>> As dit hom dan laat goed voel, gooi hy brandewyn by ... en as hy nie
>> so goed voel nie, gooi hy nog meer by !
>
> Joop hou nie daarvan om as Afrikaner getipeer te word maar ek wonder wat doen hy
> hier?
>
> Antonie

Hier gaaat ons alweer. Om Afrikaans te wees is alweer nie genoeg nie.
Nou word alweer gewonder wat maak die nie-Afrikaners op hierdie
poslys.

Wat myself betref, ek is deur en deur Afrikaans, maar soos ek en
soveel ander landgenote al ondervind het, moet jy nog 'n aantal ander
eienskappe NIE besit nie om gereken te word: donker gelaatskleur,
kroeshare, Rooms, Joods, liberaal ....

Dit is hierdie kaping van Afrikaans en die begrip Afrikaner wat
soveel skade berokken het dat ONS taal nou so bedreig word dat dit
daar werklike gevaar bestaan dat dit gaan verdwyn.

Antonie, jy sal self weet of jy by hierdie soort eksklusiewe
groepering behoort (of wil behoort), dit laat my koud. As die skoen
pas ...

Groetnis (ek drink op jou gesondheid, my dop is Swartland droe rooi)

Joop



_________________________________
Franz Dullaart (021) 650 3053
J...@ITS.UCT.AC.ZA
http://www-jfd.its.uct.ac.za/
Trappe van vergelyking:
min, minder, minister
_________________________________
DS: [AFRIKAANS:5879] Re: Afrikaans en Afrikanerskap in die 2 [boodskap #5569 is 'n antwoord op boodskap #5418] Wo, 31 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: a...@rmbmain.rmb.co.za[SMTP...@rmbmain.rmb.co.za]
Verzonden: woensdag 31 januari 1996 9:28
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5879] Re: Afrikaans en Afrikanerskap in die 2

Izak skryf

> Baie dankie vir al die mense op die nuusgroep wat vra
> dat die geklaery oor die lot van Afrikaans in die nuwe
> Suid-Afrika moet ophou. Chris uit Kaapstand wys
> daarop: "Afrikaans is ook nie n blanke taal nie...
> nie-blankes.. meer as enige ander belangegroep, sal die
> voortbestaan en bevordering van Afrikaans verseker."
> Jan Lange in Philadelphia verwys na die Pennsylvania
> Dutch as n voorbeeld van mense wat deur hulle harde
> werk en onafhanklike gees nou al vir baie lank hulle
> identiteit behou en met eerbied na opgesien word deur
> hulle mede-landgenote. (In Kanada is daar verskeie
> groepe van Mennoniete wat ook hul (onneergeskrewe) taal
> praat, uiters nederig lewe maar baie welgesteld is, onder
> andere omdat hulle nie aan krediet glo nie, en vegters vir
> menseregte is.)

Gaan kyk maar na die stryd van die Skotte en die Walliesers om hul tale te
handhaaf.
Chris Barnard (die skrywer) het so twee jaar gelede op Agende gesê dat as ons
vandag se tegnologie aan die begin van hierdie eeu gehad het (net na die
Boere-oorlog) sou almal vandag in SA Engels gepraat het.

Waarop hy sinspeel is die ongelooflike invloed van televisie op mense.

Antonie
DS: [AFRIKAANS:5934] Re: Afrikaans en Afrikanerskap in die [boodskap #5626 is 'n antwoord op boodskap #5418] Do, 01 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Marius Swart[SMTP...@knersus.nanoteq.co.za]
Verzonden: donderdag 1 februari 1996 10:28
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5934] Re: Afrikaans en Afrikanerskap in die

> Date sent: Mon, 29 Jan 96 10:25 SAT
> Send reply to: afri...@unseen.aztec.co.za
> From: "Dullaart, JF, Franz"
> To: Multiple recipients of list
> Subject: [AFRIKAANS:5825] Re: Afrikaans en Afrikanerskap in die 2

> Antonie
>
>>>
>>> As 'n Fransman bedreig voel oor sy taal, lees hy Victor Hugo.
>>> As 'n Engelsman bedreig voel oor sy taal, lees hy Shakespeare
>>> As 'n Afrikaner bedreig voel oor sy taal, lees hy 'n Coke-blikkie.

Ek loop gisteraand in my plaaslike bibliioteek 'n boek raak met die
titel "For God, Country and Coca-Cola".

Groete
arius
Vorige onderwerp: abusive word (scheldwoord): 'MOER'
Volgende onderwerp: Wie wou vir Koos koos?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 07:18:14 MGT 2024